English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 791
Total Replies: 209 477
Total Views: 81 329 772
topics: 10 050
replies: 113 014
views: 38 367 182
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

BRANDSTOF PRYSE

replies: 44
views: 595
08 Jun 2018 @ 12:29:03 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Na aanleiding van die draad oor diesel pryse,  begin ek n nuwe draad.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2018 @ 12:32:43 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Wat betaal die TAXI bedryf vir brandstof. Is hulle nou vrygestel of wat, want ek sien geen "optogte, strikes etc" oor hoë pryse nie...   maar daars optogte oor enige denkbare ding soos grond besetting, munisipale bestuur etc.

Klink nie vir my vars nie.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2018 @ 13:03:36 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ook al gewonder oor daai een......sien hulle ook nie daar waar ek brandstof ingooi nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2018 @ 17:33:00 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6045
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Ek dink hulle betaal maar die selfde hulle staan rye hier by ons om fol temaak.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2018 @ 20:41:52 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Hulle ondersteun hul eie motorhawens en hulle betaal dieselfde as ons. Hy gee uiteraard net sy hoër koste net so deur aan die arme gebruiker van sy diens. Wat voel hy.....?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2018 @ 07:49:28 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Dis mos maar hoe besigheid werk...?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2018 @ 17:02:12 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek vind sekere garages is gewild en baie gooi by dieselfde pompie in. Ek sien die Pitstop TOEP gee nou 'n datum aan wat prys laas gelaai is. Die groen werk ook nou weer reg wat beteken dis die huidige maand se prys.

Vulstasies wissel die heeltyd wat goeie afslag op diesel gee. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2018 @ 18:05:16 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ek het nie daai toep nie...maar die goedkoopste 50ppm wat ek nou sien waar ek gereeld ry is R15.19 per liter

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2018 @ 19:15:41 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek het so 5 plekke op datum gebring en die goedkoopste wat ek kon kry is MBT in Nico Smith Gezina - 50 ppm is nou R14.98. Die plekke bly wissel want Total in Atlasweg Boksburg was voorheen baie goedkoop en nou vra hulle R15.23

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2018 @ 21:01:33 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Ek stel biki uit om te gooi, maar sal rapporteer wat D.I.Y. vra vir 50- diesel sodra ek daar kom. Ons ry nou absoluut die minimum.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2018 @ 19:58:13 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Klink of diesel volgende week met 51c styg en petrol onveranderd?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2018 @ 21:18:33 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Klink of diesel volgende week met 51c styg en petrol onveranderd?

Dis diskriminasie.  😎😠

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 07:59:56 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2208
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Ek dink die pryse styg VANNAG! Ek het gister volgemaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 08:28:11 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 404
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years

Nee oom Jeep, dit is nie diskriminasie nie. Julle moet opdok vir die lugbesoedeling asook geraasbesoedeling.☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 10:12:39 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ek dink die pryse styg VANNAG! Ek het gister volgemaak.

Dis reg ja...tyd hardloop my weer vooruit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 10:31:07 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Nee oom Jeep, dit is nie diskriminasie nie. Julle moet opdok vir die lugbesoedeling asook geraasbesoedeling.☺

Geraas besoedeling ja maar fake nuus oor die lugbesoedeling. Omdat moderne diesel voertuie minder brandstof gebruik per km is hul besoedeling slegs 120g CO2/km teenoor petrol se 200g/CO2/km.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 10:35:27 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ja wel ons kan seker niks daaraan doen nie.  Maar ek is ook van opinie dat dit diskreminasie is.

Wat het hulle teen ons olie vreeters.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 10:39:43 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Petrol en dieselpryse, asook paraffien en gas, se pryse wissel nooit teen dieselfe persentasies nie.  Dis weer 'n geval van aanbod en vraag.  As die noordelike halfrond winter het, gebruik hulle baie diesel asook paraffien vir verhitting wat veroorsaak dat diesel- en paraffienpryse meer styg as petrolpryse.  In die  noordelike somer is dit weer omgekeerd.  Dis dus nie 'n geval van diskrinasie nie- hoewel ons maar almal teen gediskrimineer word asgevolg van die hoë belastings op brandstof teenoor ons buurstate.  Maar in Europa betaal hulle nog meer as by ons, so miskien moet ons nie te ongelukkig wees nie.  En Engeland het self hulle eie ru-oliebron in die Noordsee! Hulle betaal hulle sowat R24.40 per liter vir petrol en effens meer vir diesel.  In Italië kos petrol sowat R31 per liter.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 11:19:08 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Ek mag dit seker nie sê nie, want dan diskrimineer ekke weer.

Dieselprys moet nou subsideer waar daar n tekort is. Met die komende verkiesing op hande en waar die oorgrootte motoriste petrol voertuie ry,   is dit voor die hand liggend dat petrol pryse  laer gehou moet word.  Dit sal ook in Desember laer bly want die meeste "vakansie gangers"  ry ook petrol voertuie en hulle guns moet verkry word.

Ek weet hierdie klink na n negatiewe uitspraak, maar dis ongelukkig hoe ek daaroor voel. 😎

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 11:48:16 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Wel ons kan seker maar almal ons eie afleidings maak. Natuurlik is die gewildste een rondom die prys tydens die Des vakansie. Ek volg die prys redelik goed en kan bevestig dit is suiwer op grond van die gelande koste van olie. Huidiglik is daar 'n 22c oorverhaling en kan ons dus volgende maand nog 'n daling verwag.

Olieprys is af in $ en die Rand is sterker daarom moet die prys afkom. Dis oor die laaste 2 maande. Albei dui op 'n verlaging.

Hierdie is die feite rondom die verlaging:

Olie prys in $

Rand teenoor die Dollar:

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2018 @ 12:59:23 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Dis wat syfers so interessant maak veral as mens na die langer termyn kyk.

Olie per vat in Rand 01/2009 R410   Brandstof R7.18

Olie per vat in Rand 01/2014 R1217   Brandstof R13.36

Olie dus 200% op maar brandstof slegs 86%.

Soos ons weet word ons maar gemelk met belastings op brandstof - sigarette - drank. Maklik in te vorder.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 12:59:59 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Hierdie maand wag daar 'n lekker vet daling in die prys. Dit is suiwer omdat olie ge"crash" het en die Rand lekker sterk is. Defnitief nie soos daar altyd gese word die prys styg net omdat mense op vakansie wil gaan.

Olie op 'n 6 maande laagtepunt.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 13:50:34 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Danie, dankie vir jou goeie nuus!  Ons moet einde van die maand ver ry, met ons dieselvoertuig, so ek mis die "goedkoop" diesel, minstens met die heenreis.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 15:51:06 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2208
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Fred, waarheen jy ook al reis in SA, onthou om die Hinterland/ Agri/Ko-operasie-afsette op te spoor, normaalweg is die diesel (50ppm) ± 45 tot 55 sent goedkoper as by ander normale vulstasies, en bietjie meer goedkoper as vulstasies soos One-stops langs die groot paaie.

Frans 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 16:31:32 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2732
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ja Ons moet dit eers sien

Regering kort baie geld Gigabite het bedank! Hulle moet hom betaal end afskeids paartie gee

I will rather push my HILUX than drive a ...
Sorry.....you NEVER push a HILUX!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 16:47:44 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ja...mens hoop die volle afslag kom deur na die eind verbruiker...maar daars heelwat departemente wat in die knyp is wat ook seker voordeel hieruit sal wil trek. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 17:34:26 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Wat betaal die TAXI bedryf vir brandstof. Is hulle nou vrygestel of wat, want ek sien geen "optogte, strikes etc" oor hoë pryse nie...   maar daars optogte oor enige denkbare ding soos grond besetting, munisipale bestuur etc.

Klink nie vir my vars nie.

Die taxibedryf is prysnemers. Enige verhoging plus nog ekstra marge word net so aan die arme gebruiker deurgegee. Ons sit met heelwat taxi magnate in ons land. Onthou hulle ondersteun hoofsaaklik net hul eie motorhawens. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2018 @ 17:44:56 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Frans, Ons is gereeld in die Mosselbaai-omgewing en die koopersies daar- ek dink Agri Suidkaap- is gewoonlik baie goedkoper as ander diensstasies met diesel.  Daar is wel een diensstasie op Mosselbaai wat soortgelyke pryse vra.  Ander is tot oor 'n rand duurder as die Agri's.  Dis egter nie alle lanbou kooperasies wat goedkoper is nie.  Die een op Bredasdorp is byvoorbeeld nie.  Waar is die agri's waarvan jy praat- ek ken nie die plek nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2018 @ 09:47:40 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2208
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Fred, ek ken die plekke in MOsselbaai, gooi altyd daar in as ons Glentana toe gaan.

Die Agri - verwante name, is soos Landbou ko-operasies wat hulle eie vulstasies bedrywe, en is bv Agri-net, of wat ook al. By ons rond is die Hinterland, die naam van die tak. Daar is seker so 25 of meer Hinterland takke.  As ons KZN toe gaan van NoorWes af, stop ek soms in Harrismith by Hinterland.

Wanneer ons Glentana toe gaan oor Kimberley (N12) ?, kyk ons maar langs die pad vir sulke plekke - soms is daar vulstasies wat spesiaal diens verskaf aan vragmotors, een gebruik hulle.

Wanneer ons Namibië toe gaan stop ons in Upington en dan weer in Windhoek. Gelukiog sleep ons nie meer, so die ou Amabenzi  doen so 1000km plus op 'n tenk, maar ek hou nie daarvan om baie vêr onder kwart te gaan nie.

Mens kan gelukkig ook bietjie na plekke op google soek wat op jou pad is, en een of twee foonoproepe maak jou baie wyser!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2018 @ 11:10:28 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Frans hou groot is jou tenk op die sleepwa wat jy saamsleep om 1000km op 'n tenk te kry - hehehehe.

Darem maar lekker om so ver te kan ry per tenk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2018 @ 13:54:50 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2208
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Danie, haai jy!!!, kyk, ek ry nou nie 'n . . . . .  nie!!, maar ek is NIE so gelukkig met hierdie C220 CDI soos met my vorige C270CDI nie. Met hom kon ek darem so 19km/liter haal (5.2l/100km), maaar huidige een sukkel ek om 17.0km/liter (5,7l/100km)  te handhaaf.

Ek het met albei dieselfde pad 2 keer gery  tot in Glentana, maar die ou 2003 model met 5silinders was beter een!!  Namibië toe het ek die ou een redelik beproef met een rit, en so 1100km gedoen met 61 liter gebruik (en 4 liter in tenk oor - MAAR met spaar 10liter in kattebak.) Dit was so in 2006 en eerste keer in daardie rigting met die kar!!! Hy het 65 liter ingeneem, waarvan seker 5 liter in die nek van die tenk was - derhalwe die onakkurate rekenaarlesings.

Die huidige een se tenk neem so 66liter, en is meer akkuraat ook op die ingeboude rekenaar se verbruik as die ouer model. Ek ry net so 850 na 900km maksimum om nie tenk te leeg te maak nie, is maar versigtig vir vuiligheid onder in die tenk.

As ons afry Uvongo toe ry ek van Klerksdorp tot daar, en een hele week daar rond voor ek volmaak. Gelukkig het ek in Port Shepstone ook plek ontdek wat dielel verkoop teen ons ko-operasie pryse!!, so ek ry dan daar die 2de week rond en terug met betreklike goedkoop diesel.

As ek derhalwe terugdink, ek spaar BAIE brandstofkoste sedert ek karavaan verkoop het!! 

En nou gaan ek weer pak kry van die manne wat eerder karavaan vakansie hou!!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2018 @ 14:58:32 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

AA voorspel n daling van R1.54/l vir petrol en 92c vir diesel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2018 @ 12:53:43 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Baie dankie vir jou detail syfers op die MB. Dis darem een ding wat so seker is is dat vandag se voertuie baie lig is op brandstof. Selfs die petrol modelle. Mens dink bv terug aan v d Chev/Opel en Ford enjins wat vir dekades gebruik is en basies dieselfde ontwerp wat mens kon sien deur die jare net ligter raak :).

Maak dit werklik saak as 'n tenk  onder kwart sou wees - die optelpunt is tog heel onder so vullis kan selfs met 'n vol tenk opgetel word of is daar ander dinge wat ek nie aan dink nie?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2018 @ 16:38:05 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2208
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Baie dankie vir jou detail syfers op die MB. Dis darem een ding wat so seker is is dat vandag se voertuie baie lig is op brandstof. Selfs die petrol modelle. Mens dink bv terug aan v d Chev/Opel en Ford enjins wat vir dekades gebruik is en basies dieselfde ontwerp wat mens kon sien deur die jare net ligter raak :).

Maak dit werklik saak as 'n tenk  onder kwart sou wees - die optelpunt is tog heel onder so vullis kan selfs met 'n vol tenk opgetel word of is daar ander dinge wat ek nie aan dink nie?

 

 

Danie, seker maar bygeloof!!!!!! Het jare terug met ou MB 200 D probleme gehad met leë tenk, en paar keer gaan staan, gelukkig plaaslike ritte, van Klerksdorp na Stilfontein. Dit was in tye toe ek sommer 210l diesel drom by Skoonpa gekoop het, - hulle het Transport vragmotors gehad. Ek het met handpomp kar volgemaak by huis - BAIE goedkoop gery!!! GOEIE OU DAE!!!

Nee wat, dit is maar ding wat lank saam met my kom. Met eerste nuwer model MBdiesel  het ek altyd 10liter kan saamgery, vernaamlik Namibië toe, daar is dorpe mos MYLE uitmekaar. Net een of twee keer gedoen, en toe die ry-patroon uitgewerk. Ek sal tot by die merk tussen kwart en leeg ry, maar nie verder as dit. 

Ek het maar die plekke wat ek normaalweg langpad ry, en stel afstandkaarte gemaak vir elke plek/rit. So weet ek van Klerksdorp to Beaufortwes is 822km, en daar maak ek vol - min of meer 48 liter gebruik van 66. Met terugkeer van Glentana volmaak op Mosselbaai (goedkoop) en dan terugry weer volmaak op Kimberley. 

Dit is maar paar gewoontetjies. Ons beplan dan van daaride afstandkaart wanneer of waar om veilige stilhou plek te kry vir bene rek en happie te vat!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2018 @ 17:36:57 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Oor die nie-leegry van die brandstoftenk het ek ook al gewonder. Ek het al sulke wenke in motors se handboeke gesien maar ek het netsoos Danie oor die waarde daarvan getwyfel om dieselfde rede as wat Danie noem en die feit dat vortuie brandstoffilters het om onsuiwerhede wat wel altyd in brandstof is, op te vang. 

Ek het vroeër wanneer ek 'n nuwe voertuig kry, hom gery tot hy leeg gaan staan het en dan gevul met brandstof wat ek saamgery het, om te sien hoeveel kilos ek werklik op 'n tenk kry, hoe groot die tenk werklik is en waar die naald staan as hy niks brandstof in het nie.  Met inspuitingvoertuie word jy gewoonlik gewaarsku om dit nie te doen nie want die pomp kan dalk sukkel om weer brandstof in te suig (te "self-prime").  Ek het ook al met my proewe soms benoude oomblikke gehad as die voertuig nie vinnig weer wou vat nie en ek begin wonder of en ver van alles af, gestrand sal sit.  Dis inelkgeval veiliger om betyds in te gooi. 

Toe ons laas van die Suidkaap af teruggekom het met die Oyster op die haak, het ek amper 'n wind gesluk.  Op Graaff Reinette het ek gemeen ons sou genoeg diesel hê om tot op Middelburg te kom waar 'n Sasol vulstasie is en waar ek dus 'n goeie terugbetaling kry(GR het nie Sasol nie).  En dan slaan jy drie lang passe na mekaar en die oorblywende kilos word vinnig minder en later kom die rooi liggie aan.  Ek het later teen 70k/u gesleep en darem Middelburg gehaal met net enkele liters in die tenk oor.  Vroulief Tilla was niks beïndruk met my sin vir verantwoordelikheid nie.  Ek dink dis beter om nie roulette te speel nie- jy wil nie laatmiddag- of trouens enige tyd, langs die pad gestrand wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2018 @ 20:02:31 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred ek moes ook al daai baie stadig ry doen maar nog nooit as ek sleep nie. Om dinge te fyn te sny kan ongemaklik wees. Een verkeerde af draai en jy het 'n probleem. So moes ek een keer 'n lang grondpad met vrek baie klippe in die nag ry want omdraai kon ek nie weens lae petrol. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2018 @ 07:29:57 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek dink die stadig ry ding gebeur maar met almal die een of ander tyd in jou lewe.

Ons het Des 2016 weer by Harkersville gaan kamp en die keer het ons PE om gery. Dis natuurlik n roete wat ek glad nie ken nie en is aangewese op kaarte en GPS. (Ou GPS by gesê).

Als het mooi verloop tot in PE en toe ons die oggend uit PE ry oppad Plettenbergbaai se rigting besluit ek om eerder maar brandstof op die pad (N2) in te gooi. Dis mos 'n hoof roete en daar behoort Engen 1 Stop, of 'n Shell Ultra City langs die pad te wees. Brandstof naald lê net bo kwart. Dit sal my mos bring tot by so vul stasie.

Surprize surprize daar is geen Egen 1 stop of Ultracity op daai pad nie.  Ek het nader hand die GPS gevra om aanduidings na naste vulstasies. Dis of omdraai of verder tussen die gramadoelas in waar ek op grond paaie tot 400m met die karavaan moes terugstoot. Besluit toe maar ek klim terug op die N2 en ry tot ons gaan staan. Sal dan my broer op Plet bel en sê hy moet diesel bring.

Met die hulp van bo maak ons dit toe net tot by die groot Total Garage. Die Tipper op daai stadium wys ek kon nog 17km ry.

Volgende keer aanvaar ek nie net die normale van groot vulstasies langs 'n hoof roete nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2018 @ 08:39:11 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Leon jou roep was nie so sleg nie want mens sou verwag om iewers reg te kom.

In my geval ry ek van Standerton met die idee om by Vrede/Warden op die N3 te kom. Om een of ander rede in die nag volg ek my GPS en bevind myself op een verlegging na die ander. Ek sien ons is nou op pad Newcastle toe en uit my koers na die N3. Ek sien maar daar is 'n plek Memel so ek sal daar regkom. Nee daar is geen petrol nie. Moet toe maar die grondpad aandurf Harrismith toe. Om dinge erger te maak moet ons voor 21h30 inklok waar ons oornag by Van Reenen. Moes toe maar bel en laat weet ons sal voor 22h30 daar wees. Dit was behoortlik nag gewees om hierdie slegte stuk pad te ry en jy is nog laat en ook verder moes ry voor mens kan petrol kry. So leer mens 'n goeie les.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2018 @ 23:04:04 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

As jy by BP brandstof ingooi kan jy vir hulle jou Pick n Pay smart shopper kaart gee...dan kry jy 20c vir elke liter wat ingooi wat jy dan kan gebruik by PnP

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2018 @ 06:36:49 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

As jy by BP brandstof ingooi kan jy vir hulle jou Pick n Pay smart shopper kaart gee...dan kry jy 20c vir elke liter wat ingooi wat jy dan kan gebruik by PnP

Geert ek sal die een moet onthou en dit vergelyk met die hoeveelheid ABSA rewards as ek by SASOL ingooi.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2018 @ 08:21:37 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Geert baie dankie. Aangesien v d goedkoopste diesel in Centurion is juis by 'n BP beskikbaar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2018 @ 10:23:05 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1439
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 31 years

Ek stp elke 200 tot 250 km dan maak ek ooksommer vol

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2018 @ 10:49:33 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Betaal ons vir elke transaksie as jy volmaak?  Indien wel, moet 'n mens die koste daarvan afweeg teen gereelde volmaak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2018 @ 11:17:36 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

As ek nie volmaak is dit meeste v d tyd in kontant. Geen transaksie koste. Ek sien die Rand het gister versterk tot R13. 70 en die olie prys af na $63. Dan behoort petrol in Jan ook te daal. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous