English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 791
Total Replies: 209 477
Total Views: 81 329 739
topics: 10 050
replies: 113 014
views: 38 367 174
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

3 way Kamp Yskas Cold Factor

replies: 11
views: 237
16 May 2018 @ 13:36:52 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 13 years
Enige Persoon ondervinding van die Yskas
word deur www.saftrade.co.za vervaardig in Benoni

3 Way Camping Freezer



Packaged dimensions : 525mm (H) x 685mm (W) x 560mm (D)
Physical dimensions : 495mm (H) x 655mm (W) x 530mm (D)
Weight : 28kg
Volumetric Size 45 Lt. Volume – 40 Lt. Inside Volume

Finish : - Stainless Steel


Wattage (W) : 130W
Power consumption / 24h : Gas - 400g (approx)
: Elec - 0.13 Kwh
Energy sources : LP Gas
: 220 Volt
: 12 Volt

Performance : -12˚C @ +32˚C
Product Information : Electric Thermostat (220 Volt)
: Gas Thermostat (Optional)
: Flame Indicator
: Ignitor
: Gas Safety Valve
: Metal Lock & Catch
: Metal Carry Handles
: Metal Hinges
: Absorption unit covered
: Gas Hose & Regulator

Warranty : 3 Year (South Africa Only)

Approved by The Liquefied Petroleum Gas Safety Association of South Africa


👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:01:54 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6045
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Wat prys hulle

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:12:00 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Wat prys hulle

Click hier

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:17:11 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 13 years
Op die oomblik R4999 Vir die 45l
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:20:27 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

I do not know this specific product but I do know about absorption fridges.

Here are some info you can do with what you want:

  • They work fine as long as they are standing still in one place properly leveled to ensure that the cooling unit works correctly.
  • They do not work while you are driving with it. So there is no need to make provision for 12V or 220V power or keep it working on gas while you are driving.

So if your needs or requirements are that it must work while you are on the road this is not the fridge for you. You must then get a fridge that works with a compressor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:30:38 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 13 years
Leon
Dankie Vir die Raad Is maar versigtig om te koop alhoewel dit n Goeie Prys Is volgens Andre wat hulle verkoop kan hulle n mens wel 12 v op koppel as jy ry om die Battery te laai
Het al gewonder of n Bar fridge nie n beter oplossing is nie soek net n yskas en nie n Vrieskas nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:46:26 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Leon
Dankie Vir die Raad Is maar versigtig om te koop alhoewel dit n Goeie Prys Is volgens Andre wat hulle verkoop kan hulle n mens wel 12 v op koppel as jy ry om die Battery te laai
Het al gewonder of n Bar fridge nie n beter oplossing is nie soek net n yskas en nie n Vrieskas nie

Om dit gekoppel te hou om slegs die battery te laai is seker goed.  Mens moet maar uitvind hoe lank werk hy op 'n battery. Weereens volgens my kennis nie baie lank nie want die battery moet krag verskaf aan 'n element om warm te word. Elemente trek baie krag dus kan 'n battery nie lank hou nie, maar daar is manne op die forum wat meer daaroor kan gee.

Die kostes van 'n "Bar" fridge is baie kleiner as die van 'n 12V kamp yskas. Nadeel is ook maar as jy op die pad is werk hy nie tensy jy hom op 'n gepaste inverter kan sit nie.

Maar dan weer het ek self al goed in 'n koue yskas in die karavaan gepak en heeldag gery en by die aand was dit steeds baie koud. Jy moet nie die yskas onnodig oop maak nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 15:10:14 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1095
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Leon
Dankie Vir die Raad Is maar versigtig om te koop alhoewel dit n Goeie Prys Is volgens Andre wat hulle verkoop kan hulle n mens wel 12 v op koppel as jy ry om die Battery te laai
Het al gewonder of n Bar fridge nie n beter oplossing is nie soek net n yskas en nie n Vrieskas nie
Tjaart, ek basies dieselfde gehad, maar groter as 45lt.

Ek het myne verkoop teen R 2,000-00 omrede dit vir my van geen nut was nie a.g.v. soos jy noem, jy soek 'n yskas en nie 'n vrieskas nie.

Ons het een maal met hom gekamp by Eastco Parys met die doel om koeldranke ens.. koud te hou, maar het meer 'n verlies gely a.g.v. goed wat gevries het. Ons moes daarna hom elke maal aan en af sit om genoemd te voorkom.

Ek sou ook voorstel om eerder 'n 50lt yskas aan te skaf indien jy net 'n yskas soek en nie vrieskas nie.

My 50lt yskassie het ek destyds by Hi-Fi Corporation gekoop teen R 1,950-00.

Al nadeel van die yskassies is, is dat nadat jy hom vervoer het, ten minste moet laat staan vir so +/- 2-ure voordat jy hom aanskakel.

 

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 16:21:00 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 13 years
Dankie vir al die Raad Lyk vir my die oplossing is maar n Bar Fridge soek net iets om die drinkgoeg koud te hou want om elke dag ook ys te koop werk ook nie so lekker Nie Wil net noem dat ek wel n 50 L Barfridge het maar hy is seker al meer as 20 jaar oud het hom al gebruik maar is of hy nie meer so lekker koud maak nie .
Baie Dankie vir julle Raad
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 19:56:35 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1095
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Dankie vir al die Raad Lyk vir my die oplossing is maar n Bar Fridge soek net iets om die drinkgoeg koud te hou want om elke dag ook ys te koop werk ook nie so lekker Nie Wil net noem dat ek wel n 50 L Barfridge het maar hy is seker al meer as 20 jaar oud het hom al gebruik maar is of hy nie meer so lekker koud maak nie .
Baie Dankie vir julle Raad
Tjaart, hoekom "invest" jy nie in ń ysmaker nie?

Lank kamp, neem ek myne saam.

Kort naweek kamp, maak ek genoeg by die huis en sit dit dan in die karavaan se yskas.

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 21:02:57 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 13 years

Tjaart, hoekom "invest" jy nie in ń ysmaker nie?

Lank kamp, neem ek myne saam.

Kort naweek kamp, maak ek genoeg by die huis en sit dit dan in die karavaan se yskas.

 


DK Dit is ook n opsie sal maar nog als oorweeg
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2018 @ 14:40:08 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 44 years
Het twee van die yskassies-ColdFactor wat ek selde gebruik want hy is eintlik te groot vir my doel (maar hy werk perfek-gas/220v en terwyl ek ry 12v gekoppel via brad harrison aan my motor wat ook toegerus is met "relay"(?) wat outomaties die krag na die yskas afskakel sodra die kar afgeskakel word) plus 'n ou 32liter COLEMAN "Barfridge"-hy werk ook gas/220v en 12v terwyl ek ry en hy word elke slag wat ons gaan kamp(minstens eenkeer per maand) gebruik om koeldrank,bier,melk ens koud en uit die wa se eie yskas te hou. Gebruik die Coleman nou al omtrent 12jaar en nog geen probleem met hom gehad nie. Snomaster het tot redelik onlangs 'n soortgelyke "three-way" yskasie gehad maar het om een of ander rede die vervaardiging gestaak-dit het soortgelyk gelyk aan die een wat tans op die Classifieds geadverteer word(egter slegs gas/220v op die advertensie).
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous