English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 791
Total Replies: 209 477
Total Views: 81 329 738
topics: 10 050
replies: 113 014
views: 38 367 173
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Rear view camera

replies: 10
views: 348
15 May 2018 @ 08:03:20 am
REAList
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 178
Joined: 11 Aug 2015
Experience: 23 years
Wou die opskrif in Afrikaans hê maar kan dit nie lekker vertaal nie :-)
Deel asb julle nuutste ondervinding met bogenoemde.
Ek het ‘n Garmin BC 30 wat nie lekker werk nie.
Ek benodig inligting oor die nuutste modelle wat regtig bakgat is. Sien daar is posts van 2014 af.
Verkieslik nie die draadlose soorte nie - ek wil die joppie nog een keer doen en dan nie weer nie.
Watse planne het julle met die kantspieëls wat plat slaan met lorries wat verby kom? Dis ‘n probleem op my Pajero.
Wonder hoe doen die “matenters” in die Kruger met gister se 20mm reën.
Lekker dag vir almal.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 08:32:57 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Neewat gebruik die met drade en dit werk 100%... Ek het juis daai Garmin een afgehaal van 'n Bush Lapa en vir hom ander kamera opgesit met drade en skerm.

Ek dink die drade op die forum het baie inligting sover, jy kan kameras basies oral koop en elke ou se kamera is nou net die beste wat hy gekoop het ;-) (VIR HOM!) So jy kan vir jouself gaan kyk wat werk VIR JOU.... ;-) Of jy nou 180 grae fish bubble eye visie wil he, of 'n reguit plat (natuurlike) visie, en of jy nou onder op die nommerplaat wil fit, wat vir sommiges die beste is en vir ander glad nie, of bo op die dak wat weer vir ander sin maak en vir ander nie.. Daar is amper nou meer keuses as visse in die see ;-) hehe

Party hou van plat flush mount kameras, ander hou van die met dakkies ens.. Sien gerus my draad BROMMER |  REAR VIEW CAMERAS daar is baie fotos van soorte karavane ens.. Ek dink as jy net soek BROMMER sal jy al die drade kry wat ek met dit gedoen het sover.. Maar as jy "rear view camera" ook soek is daar BAIE inligting van elke ou se plan. Van Wilsur tot Leon, ens. So kan jy jou kop laat gaan en besluit wat jy van sal hou..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 14:00:39 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Vir sommige is die dryfmiddel die prys van die kamera. Een klomp dink hoe duurder hoe beter ander se gedagtes gaan hoe goedkoper die ding kos hoe makliker is dit om te vervang as hy breek.

Feit is die cheapies werk net so goed soos die duurder een want die Een wat ek op my Classique gesit het (5 jaar nou al)  loop soos stroop. Die mense is afgetree en ry die land vol.

Dan is daar mense wat dink hulle kyk na 'n 2 uur lange video en die kamera moet tot by gister toe kan terug kyk. Ander gebruik in elkgeval net die info wat naaste aan jou is om 'n verkeers beslissing te maak.

Dan kameras met stadia lyne of nie.  Aan die begin het ek self glad nie daarvan gebruik gemaak nie totdat ek myself vergewis het van hoe vêr is die rooi lyn, geel lyn en groen lyn werklik van my wa af. Dit het die afstandskat en draai op die regte oomblike baie vergemaklik.  Ek parkeer byvoorbeeld my Maia op sy plek met ongeveer 30cm spasie weerskante van die wa.

So hier is bietjie goed verskaf deur Brommer en myself waaraan jy kan kou.  Op die ou einde gaan dit oor wat werk vir jou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 15:08:15 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6451
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Vir sommige is die dryfmiddel die prys van die kamera. Een klomp dink hoe duurder hoe beter ander se gedagtes gaan hoe goedkoper die ding kos hoe makliker is dit om te vervang as hy breek.

Feit is die cheapies werk net so goed soos die duurder een want die Een wat ek op my Classique gesit het (5 jaar nou al)  loop soos stroop. Die mense is afgetree en ry die land vol.

Dan is daar mense wat dink hulle kyk na 'n 2 uur lange video en die kamera moet tot by gister toe kan terug kyk. Ander gebruik in elkgeval net die info wat naaste aan jou is om 'n verkeers beslissing te maak.

Dan kameras met stadia lyne of nie.  Aan die begin het ek self glad nie daarvan gebruik gemaak nie totdat ek myself vergewis het van hoe vêr is die rooi lyn, geel lyn en groen lyn werklik van my wa af. Dit het die afstandskat en draai op die regte oomblike baie vergemaklik.  Ek parkeer byvoorbeeld my Maia op sy plek met ongeveer 30cm spasie weerskante van die wa.

So hier is bietjie goed verskaf deur Brommer en myself waaraan jy kan kou.  Op die ou einde gaan dit oor wat werk vir jou.



Leon en Pieter

Julle kon dit nie beter gestel het nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 19:55:34 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 331
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 45 years
Neem 'n klein 12V battery en RC kabel saam as jy na die goed gaan kyk. Koppel op in die winkel en toets.
Het dit nou onlangs weer gedoen en van die goedkoper skerms het die beter beeld gelewer.
Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 20:26:22 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Neem 'n klein 12V battery en RC kabel saam as jy na die goed gaan kyk. Koppel op in die winkel en toets.
Het dit nou onlangs weer gedoen en van die goedkoper skerms het die beter beeld gelewer.
ook interessant hier word verwys na hoe goedkoper nou beter werk of lyk? Mens kan 'n produk he wat goeie beeld lewer maar in die eerste hitte son sommer so groen streep deur kry, wat help dit dan? Mens moet na kwaliteit kyk en dan bepaal of iets goedkoop of duur is, appels met appels mense.. 2 skerms is nie noodwendig dieselfde nie.. En mens sal NOOIT 'n 7duim dash skerm kan vergelyk met die een wat p die spieeltjie opklip nie.. Die 2 goed is verskillend, en sal verskillende pryse he, die een het bv 2 video inputs en die ander dalk net 1... 

Bring vir my 2 wat op die spieel klip en dieselfde lyk, die een blink meer as ander, beeld is klein bietjie verskillend, dan praat ons oor prys........

haha, en dan nie eers te praat van kwaliteit van bedradings en konneksies nie................. 

Dis soos die Ford/Toyota fight..... Jy gaan die kry wat vas glo in iets en die ander in ander rigting.... Min ouens kyk verder as net die beeld van die kamera en skerm.. Daars baie meer wat tel as net Rande en sente

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 07:37:53 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 13 years
Stem saam met Leon en Pieter, het myne by die China Shop gekoop. Self die instalasie gedoen en werk 100%.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 07:43:57 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1049
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Het ook by china shop gekoop en self geinstalleer. Werk soos n droom. Indien jy dit self doen glo ek dit word goed gedoen want jy kyk elke dag in jou hande werk vas en jy het ook nog trots in jou werk.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 07:51:52 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

My algemene opinie is dat die monitors en kameras wat by montana traders verkoop word goed genoeg is vir die doel wat dit moet dien. Dan kan jy saam met die ekstra koord wat onder deur die karavaan moet gaan wegkom onder R1200.

Die goed is plug en play en as jy dit self installeer hoef jy nie na iemand toe te gaan om dit reg te maak as iets sou breek nie. R200 tot R250 vir 'n kameratjie mense is nie geld gemeet teenoor die waarde wat dit vir jou gee nie.  Die koord wat deesdae verskaf word is 'n enkel koord met 'n RCA punt en 12Volt sok aan elke kant en jy kry dit in 5, 10 en 15 meter.  Die einste punte pas in die kamera en die monitor.

Die instalasie kan gedoen word permanent waar jy gate boor vir die kamera en die koord mooi netjies wegsteek al langs die onderstel af of binne kaste of raam werk. Semi-permanent waar die koord langs die onderstel met kabel stroppe geheg word. Of soos ek met Krimp Varkie gemaak het, die koord net bo oor die Sleepwa laat lê het en die kamera met 'n vinger klampie vas gemaak het.

Weereens die instalasie is soos jou behoefte.  Ek installeer dit normaal weg permanent want dis so goedkoop ek kry net weer ander as die wa verkoop word.

Met duur uitrusting en helse installasie koste gaan jy dit dalk wil verwyder as jy jou wa sou vervang.

Soos ek sê.......................... "What floats your boat"

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 09:07:59 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Wel ek is dankbaar vir al die ouens wat nie skaam is om te kom vir installasies nie, dit bring vir my inkomste en ek waardeer dit. Die wat dit self kan doen het nie hulp nodig nie, maar die wat nie onderdeur waens wil/kan kruip nie, het maar iemand nodig. Jy kan elkgeval nie net met die RCA plugs werk nie want jy moet dit afknip en soldeer om deur gatjies te kom en dalk op die normale plug van ligte te koppel en weer netjies te kan seël ens.

Nie almal kan dit altyd doen nie, en sommige wil soms net nie probeer nie of het nie die geduld nie ;-)

Mens hoef nie duur rekenmeesters te gebruik nie, ook nie die duur dokters as jy vir operasie moet gaan nie, ook nie die duur voertuie nie, kan goedkoper mee wegkom.......


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2018 @ 14:54:54 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Jy moet gaan vir goud met die instalasies. Die werk wat jy doen lyk goed en as dit is vir mense wat dit nodig het en dit nie self kan doen nie lewer jy 'n diens.

Soos jy te reg noem. Met die plug and play opsies is dit nie altyd moontlik om die bestaande plugs deur gaatjies gedruk te kry nie.

Ek self sal wanneer ek die spesiale 7 punt plug van Trail-link aanskaf moet afsny en soldeer.  Want dit sal maak dat ek minder punte het om op te koppel as ek sleep en dit lyk darem bietjie netjieser as daar een draad minder is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous