-  Classifieds  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Jurgens Penta 2008  -  Sprite Tourer SW 2016  -  Forums  -  Lus vir kamp  -  GESOEK. BLINKSEIL  -  1992 Sprite Sport tent poles  -  Battery ontplof  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 440
Total Replies: 206 470
Total Views: 81 029 915
topics: 9 898
replies: 111 070
views: 38 234 463
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Roete na Swadini

replies: 13
views: 282
16 Apr 2018 @ 11:37:24 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Ons vertrek eers daags na Swadini vir n wegbreek. 

Wat is die beste roete vanaf Pretoria en hoe is die paaie.

Enige terugvoer sal waardeer word

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 16:18:03 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Laat ek dit beter stel. Watter pad oppervlak is die beste, Swadini via Nelspruit, Hazyview of via Belfast Lydenburg.

Ek besef via Nelspruit is verder maar seker beter pad toestand?

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 18:55:47 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years
Tonki, ons is vanaf 26 April by Swadini en beplan Durban, Carolina, Belfast, Dullstroom, Lydenburg, Origstad te reis. So hou hier met belangstelling dop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 04:16:27 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Jan ons is ook vanaf 26 April daar. Sal lekker wees om julle te ontmoet. Ek was sowat 2mnde gelede by Lydenburg met werk. Met daarheen gaan het ek na die Belfast afrit op die R36 afgedraai soos Garmin aandui. Dit was groot fout. Padwerke en baie modder. Met terugkoms het ek Lydenburg Belfast R540 gery en pad was redelik goed met af en toe n slaggat.

Na Lydenburg sluit die R540 by R36 aan en dit is van daar wat ek graag sal wil hoor hoe is pad toestand.

My seun was so 6mnde gelede met R540 en later na aansluiting by R36 na Hoedspruit. Volgens hom is pad in redelik goeie toestand met hier en daar slegte plekke.

 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 06:33:47 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Jan ons is ook vanaf 26 April daar. Sal lekker wees om julle te ontmoet. Ek was sowat 2mnde gelede by Lydenburg met werk. Met daarheen gaan het ek na die Belfast afrit op die R36 afgedraai soos Garmin aandui. Dit was groot fout. Padwerke en baie modder. Met terugkoms het ek Lydenburg Belfast R540 gery en pad was redelik goed met af en toe n slaggat.

Na Lydenburg sluit die R540 by R36 aan en dit is van daar wat ek graag sal wil hoor hoe is pad toestand.

My seun was so 6mnde gelede met R540 en later na aansluiting by R36 na Hoedspruit. Volgens hom is pad in redelik goeie toestand met hier en daar slegte plekke.

 


Dis amper die beste.

Vriende van Phalaborwa was hier en het Pietersburg terug gery.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 10:13:16 am
Anonymous

Lydenburg oor het maar altyd vrae oor die pad en potholes, en die Abel Erasmus pas wag vir jou, maar die afstand is baie korter. Ek dink die R36 anderkant Lydenburg was nog nooit regtig 'n probleem nie. Daar is myne op Lydenburg so klomp verkeer en trokke na die suide. Maar noord is die enigste pad uit met die pas, so die pad sien nie soveel swaar voertuie nie.

Ek dink amper die beste pad toestande na Swadini is via N1 Polokwane, en Magoebaskloof en Tzaneen, dan R526 tot op Hoedspruit. Oor Polokwane is 30km verder as oor Hazyview.

Nelspruit, Hazyview moet jy vêr deur Bosbokrand op die R40 ry, en partykeer kan jy nie eers daardeur ry nie want daar is protesaksies.

en die R526 lyk so.

 

vs R40 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 10:58:04 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years
Tonki, ja ons moet by mekaar uitkom. Ons is 'n hele familie saamtrek( kinders het gehoor ons gaan wiltuin toe) met sprite swing en Penta met tente. Land Rover freelander, Ford ranger en Toyota met GO registrasie( nou kan ons lekker stry).
My plan is die R540 van Belfast en dan die R36 na Lydenburg. Net buite Lydenburg is die eerste paar Km maar redelig sleg met die groot vragmotors maar daarna gewoonlig goed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2018 @ 06:34:45 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6021
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Bel of kontak cpf Phalaborwa nader aan vertrek hulle gee elke dag nuwe info op die oomblik baie Naga naga op die pad Boskokrand ,Houdspruit en anders,

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2018 @ 08:49:40 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years
Dankie Willem sal so maak. Jy is maar skaars deesdae.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2018 @ 11:34:58 am
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Ons ouens van Nelspruit omgewing ry maar oor Hazyview, Bosbokrand, Acornhoek en Klaserie na Swadini. Pad is goed en het nog nooit probleme ervaar nie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2018 @ 12:32:37 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6021
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Plek gekoop in aftree oord ou tannies hou my besig, kan n man nie dit doen of dat doen nie as jy weet wat ek meen.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2018 @ 13:46:20 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Dankie manne vir die raad en aanwysings.Indien ons gespaar word sien ons julle daar Jan.

WJ, jy moet dit geniet solank dit duur. Lekker koeksusters en tuisgebakte koekies. Ai, lekker man.laughing

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2018 @ 08:10:01 am
Jeckol
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 15 Jul 2016
Experience: 9 years
Ek was die afgelope vakansie by Swadini en het N1 Polokwane, Tzaneen, Modjadjiskloof en R36 gery. Dit is n ent verder, maar die pad is mooi vir as jy met n woonwa ry. Ek het n paar mense ontmoet daar wat Belfast, Dulstroom Lydenburg gery het. Hulle kommentaar oor die pad tot by Lydenburg kan ek nie op n openbare forum plaas nie. Hulle het my afgeraai. Die wat Bosbokrand oor is het beaam dat die pad nie sleg is nie en net stadig is met die verkeer, mense en diere.
Dit is maar my ervaring en inligting.
Ons het baie lekker daar gekamp en gerus.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2018 @ 13:33:03 pm
Eggie
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 18 Apr 2018
Experience: 45 years
Dagsê, aan almal.....is maar ń inboorling van Pietersburg, geniet di topieks op di blad, veral di Swadini roete...ons is so 280 km vanaf Pretoria oor di N1 en so 220 km vanaf Swadini,di ander paaie se afstande weet ons ni....di pad van hier is baie mooi....Tzaneen oor Magoebaskloof...di roete is ni lank terug oorgedeon en verbreed...by Tzaneen drink ń kofi by M&B op regterkant by di Total garage.....stel di GPS oor Letsitele in ...volg di GPS....of ry na Gravelotte R71 maar by Letsitele se 3-rigting stop draai regs R 529 na Letsitele het ń lekker slaghuis ook....vir 20 km is di pad goed behalwe vir beeste en donkies...by di volgende T -aansluiting draai regs en 30 m verder na links....dis di Tzn - Hoedspruit pad R 36 ry tot by ń T- aansluiting, draai links,R 527 tot by di R 531 draai regs volg di pad tot by Swadini se bord wat regs uitdraai....
Geniet diegene wat di sonskyn kom opsoek.....
Groete...
Eggie
Eggie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First