-  Classifieds  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Jurgens Penta 2008  -  Sprite Tourer SW 2016  -  Forums  -  Lus vir kamp  -  GESOEK. BLINKSEIL  -  1992 Sprite Sport tent poles  -  Battery ontplof  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 440
Total Replies: 206 470
Total Views: 81 029 932
topics: 9 898
replies: 111 070
views: 38 234 473
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

inligting mbt KNP

replies: 23
views: 402
15 Apr 2018 @ 17:12:23 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 338
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Ek beplan om Julie 2019 skool-vakansie deur die Kruger- Park te toer. Iemand wat dit onlangs gedoen het wat dalk kan raad gee oor watter kampplekke om by oor te staan en in watter volgorde? Prys van staanplekke gedurende Julie?  Enige inligting sal waardeer word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 17:41:59 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Jy moet jou lysie maak dan sal ons sê of jy reg besluit.

Het al van bo na onder en van onder na bo en dwars getoer. Elke keer was vir 3 weke.

Met krag of sonder krag.

Jy moet sê wat jy beplan.

Lennie is ook gereëld daar en kan ook van raad wees. Dink hulle is nou daar.

Kostes moet jy by Hoof Kantoor hoor en waar hulle oop plek het.

Ek gaan sit gewoonlik voor die tannie met my datums en plekke dan speel ons blokkies.




As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 17:46:43 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Ry een oggend vroeg deur en kom doen jou bespreking.

Baie maklik as jy voor haar sit met n tjoklit en moedeloos graad een gesiggie.

Hulle antwoord stadig n telefoon en as die lyne nie af is nie maar moeilik omte verstaan.

Wag vir jou plan.


As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 17:49:13 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Julie is oor twee maande en plekke is skaars as jy nie al laasjaar bespreek het nie.

Hier soek jy nou vir wors in n honde hok.

Beste is gaan kantoor toe.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 18:29:05 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Ek sien daar is nog hier en daar plek by Skukuza gedurende die tweede helfte van Julie. 

Gaan in op hul webtuiste en kyk na die "availabilty" by die verskillende kampe.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 18:52:20 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 492
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 43 years
Julle ou mense moet mooi lees ha ha ha grappie Riaan praat van Jullie 2019
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 19:04:53 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Julle ou mense moet mooi lees ha ha ha grappie Riaan praat van Jullie 2019

Sowaar! embarassed

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 19:41:09 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years
Julle ou mense moet mooi lees ha ha ha grappie Riaan praat van Jullie 2019

Dankie Benkie. En ons is nognie eers daar nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 20:03:24 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Jin, ek is nog nie daar nie - eers oor twee weke, maar dis nou amper !

Riaan, dink eers mooi oor "toer", veral in 'n skoolvakansie met kinders.  As kinders saamgaan, pasop om hulle nie permanent af te skrik van 'n wildtuin vakansie nie.

Oordink die volgende :-

  • Hoeveel tyd het jy beskikbaar ?
  • Jy behoort nie minder as 5 dae per kamp te kampeer nie want anders kan jy nie die rustigheid, natuur en wild van elke kampomgewing waardeer nie en dis net 'n voortdurende op-en af-pakkery.
  • Besluit of jy 'n gedrang van mense en voertuie sal kan hanteer en of jy eerder 'n meer rustiger atmosfeer met minder voertuie sou verkies.
  • Besluit of jou doel is om die groot 5 te sien en of jy eerder die mooi en rustige natuur wil waardeer en die groot 5 as 'n bonus beskou.
  • Gaan kinders saam en indien wel, hoe oud is hulle ?

As jy hierdie vrae beantwoord, sal ek probeer om 'n voorstel vir jou te maak.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 20:46:46 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Lennie kon onthou dat julle gaan maar nie die tyd nie.

Snys jammer ek het kk gelees, maar kom nog steeds HK toe en kom doen jou bespreking vir volg jaar.

Jy sit met als voor jou en kan skuif soos jy wil.

Lennie se raad oor skool vakansie stem ek saam.

Ons gaan gewoonlik die eerste drie weke van Augustus dan is dit nie warm of koud nie. Daar is ook min mense.

Eenjaar het die buitelanders ons bietjie oorval maar hulle was in die Chalets. Park was oop.




As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 21:38:16 pm
Anonymous

Ek beplan om Julie 2019 skool-vakansie deur die Kruger- Park te toer. Iemand wat dit onlangs gedoen het wat dalk kan raad gee oor watter kampplekke om by oor te staan en in watter volgorde? Prys van staanplekke gedurende Julie?  Enige inligting sal waardeer word. 


Sover ek weet maak die datums waarop jy bespreek gladnie saak by sanparks nie. So dit maak dit 'n redelike opsie vir skool vakansie itv prys, maar duur vir die "afseisoen". Was nou so pas vir 9 dae in satara. Het bietjie lank op een plek begin voel. So ek sou dink omtrent 5 dae op 'n plek is omtrent reg. Was ook 1 nag in krokodilbrug en een in malalane kamp. Het gehou van krokodilbrug, groot bome, baie koelteplek, klein kamp en nog altyd goed gedoen met wild daar rond. Op satara is koelteplek bitter skaars, maar kan orraait wees in Julie. Ook gehou van malalane, maar daar is zero koelteplek, aan ander kant is 18 van die 20 staan plekke teen die heining, het in die hoek gestaan so twee kante heining! In die winter raak die suide minder ruig, so ek sou vir daar mik. Miskien 5 dae in satara om die katte te sien, 5 in krokodilbrug, vir die renosters en 5 in berg en dal vir die landskap (jy kan sommer met die n4 va krokodilbrug na malalane hek ry). Ek sou self ook nogal graag op Maroela kamp wil bly, dalk in satara se plek?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 22:00:22 pm
Anonymous
Berg en dal, dan satara of maroela, dan weer af tot by krokodilbrug sal dalk beste werk. Want dan kan jy met N4 inkom en vertek, en bosbokrand en sy moeilikheid vermy.
As.ek so na jou karavaan(tjie) kyk raai ek jy het nie kinders om oor te bekommer nie, dalk is jou vrou 'n onderwyser....
In daai geval, Lethaba het 'n baie lekker kampplek, maar jy mag dalk net olifante sien vir 5 dae. Gaan op 'n nagrit daar is baie aksie lang die rivier as die son sak.

Ek ken nie die noorde nie, so kannie regtig veel sê daaroor nie. Maar ek gaan nog daar kamp eendag.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 23:31:20 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9984
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Aangesien die winter skool vakansies die mees populerste tyd in die wildtuin is, mag dit dalk moeilik wees om n toer vooraf te reel by verskillende kampe. Staanplekke word gewoonlik binne 2 ure opgeraap en baie mense kry vir daai tydperk nie hul 1ste of 2de voorkeur kamp nie...hulle neem soms wat nog beskikbaar is. Dis nie onmoontlik nie...maar die massa navraag wat daai oggend deurkom mag jou kans skraler maak as wat jy op ander tyd sou kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 09:17:34 am
Anonymous
Aangesien die winter skool vakansies die mees populerste tyd in die wildtuin is, mag dit dalk moeilik wees om n toer vooraf te reel by verskillende kampe. Staanplekke word gewoonlik binne 2 ure opgeraap en baie mense kry vir daai tydperk nie hul 1ste of 2de voorkeur kamp nie...hulle neem soms wat nog beskikbaar is. Dis nie onmoontlik nie...maar die massa navraag wat daai oggend deurkom mag jou kans skraler maak as wat jy op ander tyd sou kamp.

Goeie punt. So jy moet maar seker maak jy het 'n a-lys 'n b-lys en 'n c-lys, en as jy bel (wat jy sal moet doen) begin by die gewildste kamp se bespreking eerste, selfs al kamp jy nie eerste daar nie. Dit help niks jy verloor die laaste staanplek op Satara omdat jy wik of weeg of jy die eerste nag wil oorslaap in Pretoriuskop of Krokodilburg nie.
Sanparke het nie 'n probleem om besprekings te verander nie. So jy kan altyd inspring en dadelik sê gee my 15 dae in Satara, en daarna begin verander.... Onthou ook as jy nie dadelik kry wat jy soek nie, hou maar die aanlynbesprekings dop, want ander ouens is dalk ook nog besig om veranderinge te maak en jy kry dalk 'n skaars kampplek omdat iemand besluit
hy wil sy planne bietjie aanpas. Die ou wat op die eerste dag bespreek se deposito moet hy betaal binne 4 weke, dalk raak jy gelukkig as jy weer bel in die 5de week.
PS ek sê begin by Satara want dis gewild, en as jy gaan toer gaan jy waarskynlik iewers langs die pad daar staan, want dis 'n gemaklike rytyd van omtrent alles af behalwe Punda Maria.

Maar ek is seker Snys is 'n beplanner en sal alles in plek hê, want die besprekings maak eers oor 3 maande oop en hy maak al klaar reg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 15:12:06 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 338
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Dankie sover vir die insette.

Lennie, nee die kinders moet bietjie bly vir n slag. Hulle vang my elke keer met n slap riem. As ek gaan uitkamp, is hulle in die kar as ek wil ry en ek kry hulle nie uit nie. Maar as hulle iewers heen gaan, hoor ons maar net na die tyd  daarvan. So, hierdie keer as hulle nog dink aan saamgaan, stop ek al by KNP se hek. Net ek en die ander helfte.

Ek dink daaraan om by Hazeyview in te gaan en van daar af te toer.Eek kan die hele Julie vakansie gebruik. Ek dink dat die aangewese ding sal wees om bietjie weg te kom uit die gewoel en so bietjie rus en vrede te kry.  Ek het eers gedink om so twee dae per kamp oor te staan, maar jy is reg met die oppakkery. Die enigste nadeel wat ek het, is dat ek  nie ingerig is vir staanplek sonder krag nie. 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 18:52:47 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years
Riaan, as daar nie skoolkinders is wat saamgaan nie, sal ek eerder probeer om voor of na die skoolvkansie te gaan. Maar as dit nie anders kan nie, dan is Julie ook goed.

Ek bly nog by my 5 dae per kamp en stel voor julle gaan in by Punda Maria-hek en kamp julle eerste 5-dae by Punda - 'n heerlike kamp met 'n lieflike drinkgat en uitkyk punt by die kampeerterrein. Vandaar kan julle nog verder noord gaan kuier tot by die Pafuri-pieniekplek en 'n endjie daarvandaan Crook's Corner asook die pragtige Koorsboomwoud.

Daarna sal ek by Shingwedzi vir 5 dae gaan kamp en dan by Letaba ook vir 5 dae. En laastens 5 dae by Krokodilbrug op die heel suidelike grens waar daar geweldig baie wild is. Hier kan julle dan via Komatipoort terugkeer huis toe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 20:12:36 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 338
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Dankie, Lennie en almal. Dit lyk of dit kan werk. Ek dink ek het heelwat met die insette om mee te werk. Nou kan ek beplan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 21:41:54 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Riaan jy het nou baie raad gekry.

My 2 punte sal wees om aan lyn te gaan kyk wat is waar beskikbaar en jou datums daarvolgens uit te werk. Mens kan maklik datums verander as daar plekke oopgaan waar jy dalk nie kon kry nie. Met tye kan mens 'n paar dae aanpas om plek te kry by die kampe waar jy wil kamp. Aanlyn kan mens bv nou net kyk tot einde Feb 2019.

My 2e punt sal wees om die sattelliet kantore te gebruik vir bespreking. Ek het nog net die beste moontlike diens by die Pta-Oos kantoor gekry.

https://www.sanparks.org/tourism/reservations/inc/satellite_offices.php

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 05:11:02 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 338
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Dankie Danie, sal so maak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 07:03:23 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years
Riaan, as daar nie skoolkinders is wat saamgaan nie, sal ek eerder probeer om voor of na die skoolvkansie te gaan. Maar as dit nie anders kan nie, dan is Julie ook goed.

Ek bly nog by my 5 dae per kamp en stel voor julle gaan in by Punda Maria-hek en kamp julle eerste 5-dae by Punda - 'n heerlike kamp met 'n lieflike drinkgat en uitkyk punt by die kampeerterrein. Vandaar kan julle nog verder noord gaan kuier tot by die Pafuri-pieniekplek en 'n endjie daarvandaan Crook's Corner asook die pragtige Koorsboomwoud.

Daarna sal ek by Shingwedzi vir 5 dae gaan kamp en dan by Letaba ook vir 5 dae. En laastens 5 dae by Krokodilbrug op die heel suidelike grens waar daar geweldig baie wild is. Hier kan julle dan via Komatipoort terugkeer huis toe.

Het net ons laaste kamp die roete gevolg.

Baie meer gesien as voorheen.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 17:00:01 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 338
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 32 years

Dankie, Chuck. Ek dink ek gaan hierdie roete van julle probeer. Geen nodigheid om die wiel te onwterp as dit reeds gedoen is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 17:33:18 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9984
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Dankie, Chuck. Ek dink ek gaan hierdie roete van julle probeer. Geen nodigheid om die wiel te onwterp as dit reeds gedoen is nie.


Kan miskien oorweeg om jou laaste kamp Lower Sabie te maak...naby genoeg aan Krokodilbrug, maar by Lower Sabie is die rigtings waarin jy daagliks kan beweeg vir wildsbesigtiging heelwat meer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 21:37:13 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Lennie se plan klink reg en lekker.
Die noorde het sy eie bekoring en is nie so bedrywig met toeriste soos die suide nie.
Daar is baie min tot geen van die wildbesigtiging maatskappye wat daar werk. Hulle is in die suide waar die toeriste hotelle om die park gekonsentreer is. Hulle is naas 'n vlieg, een van die lastiger dinge wat mens kan pla.

Riaan, jy noem jy moet elektrisiteit hê.
Al die kampe in Kruger het staanplekke met elektrisiteit (jy moet net vra daarvoor) behalwe die volgende boskampe:
Balule naby Olifants
Tsendze naby Maroela
Olifants en Mopani het nie kampeerterreine nie. Die boskampe dien daardie doel.

Vir pryse is dit nodig om na die webblad te gaan kyk. Die park het nou ook begin om sy pryse per seisoen aan te pas.

Ons bespreek altyd per telefoon omrede Malelane effe vêr is van parke kantore.
Ek hou van Jin (Chuck Norris) se voorstel om te gaan en by die persoon te gaan sit met jou voorkeure. Dan kan jy jou toerplan daar wysig en vasmaak. Dan kan daar nie foute insluip nie.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 22:41:45 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Ek dink 15 dae in die noorde is te lank veral as jy uit is om wild te besigtig eerder as rustigheid.

Sou dit eerder opdeel 10 dae in die noorde (Punda, Shingdwedzi, Letaba). 

Dan 5 dae Satara

Dan 5 dae Laer Sabie (meer rigtings om te ry as Krok waar jy teen die grens vasgedruk is).

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First