English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 748
Total Views: 80 837 604
topics: 9 738
replies: 108 874
views: 38 158 164
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dagtrippie met Fortuner

replies: 10
views: 285
14 Apr 2018 @ 19:01:59 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4234
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Nou ja, ek het weer 'n trippie gehad Bothaville toe.....

Die keer my dogtertjie saamgevat.. 4uur opgestaan die oggend, toe is ons op die pad... Eers gou heel vol gemaak en alles reset om bietjie die fuel consumption weer te toets teenoor die vorige keer..

Naby Viljoenskroon staan die Sonneblomme pragtig maar kon nou nie daar stop met al die padwerke ens nie..

Die vrystaat lyk of die reen goed geval het...

Ek het gou bietjie my werke afgehandel en besluit toe weer op pad terug huis toe..

Sy het haar maar besig gehou met haar dingetjies in die kar op die lang pad..

Hierdie was toe ons in Parys gestop het net so voor 7..

Nou ja die consumption het gewissel tussen 6.2 en 6.5L/100km en uiteindelik aan die einde van die dag terug in Pretoria Noord gaan settle op 6.3L/100km.. Glad nie sleg nie...

Bietjie verkeer gehad op pad terug in Midrand...

En by die huis... Oor die 600km gery en skaars 'n halwe tenk diesel......... Ek glo dus ek sou 1100km tot 1200km kon haal op die huidige verbruik....

Daar is die plaas wat ek gedoen het op sonkrag...

Daar is nie eskom krag op die plaas nie... Alles word net van sonkrag af gedoen..

Die stelsel het ek laasjaar al gedoen, daar was nou basies net 'n opgradering van een van die inverters na 5000W toe (was voorheen 3000W).

Was lekker en weereens kon een van die kids saamgaan en die dag saam haar pa kom geniet en hom geselskap hou op die pad... 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2018 @ 19:37:19 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9263
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Lekker trippie so saam met kids! Brandstof verbruik baie goed...wat was jou gemiddelde spoed op die hoofweg? Was laasweek saam met vriend met sy Fortuner na Dwaalboom....kar ry heel lekker. Ek het n sms gekry van special op 4x2 2.8 vir R479k...klink goed?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2018 @ 20:03:23 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4234
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

R479k is seker die manual, dis seker goeie deal? Ekt vir my auto R520k betaal (retail was rofweg by R570k daai tyd) en toe accessories bygesit... Ek sal weer en weer vir die auto gaan.. Ek was lank 'n manual ou maar nou is ek klaar dankie. Auto is tops en daai 6 spoed is koning. Ek geniet die Fortuner baie... Het in 10 maande nou al 19000km basies op die klok, waar ek met die ander almal so 10000km 'n jaar gedoen het...  Vir die paar Rand meer as mens die geld spandeer, skiet ek vir die auto enige tyd en kry klaar.. Daai paddleshifts help vinnig as jy alreeds vooraf wou gereed maak om in sterker rat te kom en dis vir my tops met sleep...

AS ek wel pak, mis ek bietjie die pakspasie van 'n bakkie, MAAR vir die 99% wat ek nie sleep nie gaan ek nie verder my kop daaroor breek nie. 

My spoed was bitter min by 120 - 130km/h, wat dit wel tye was maar min.. Ek het meer hier rond by 110-115km/h gery waar revs net so oor 1500rpm is en die torque begin peak.. Dis nou wel spoed op die meter en nie GPS spoed nie.

Maar onthou met die BT-50 het ek ook goeie verbruik gekry.. Hy was wel manual en nie auto nie..

 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2018 @ 20:08:59 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4234
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

AS mens nou kyk op afstand van 308km het ek 3.5 ure fisies gery.. Gee so gemiddeld van 88km/h en dan is meer as 60km daarvan grondpad gewees en moes ook nog met padwerke deur.. Ek is seker as dit nie vir die padwerke, die verkeer in midrand, en die slegte pad na viljoenskroon was nie was die verbruik nog beter.. Jy stop letterlik soms dood vir slaggate dat trok eers van voor maar kom en jy om die gate kan ry en dit bevark bietjie so toets.. Want jy stop en trek weg, verminder spoed weer voor gate, vermeerder na gate, dis maar bietjie mission...

Selfs op die grondpad was dit maar ook soms bietjie rem en dan weer versnel vir diep slote, dit het maar als uitwerking op die verbruik teenoor "normale" verwagte pad..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2018 @ 18:10:49 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6223
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Was donderdag oggend 04h09 gou Kimberley toe. Het diesefde verbruik gekry teen 130km.
Terug was hy effens swaar want my voet was swaar.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 18:53:30 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Eienaardig hoe die vebruik wissel tussen eienaars. Vriend het een, en sy gemiddelde verbruik, dit is nou van stadsverkeer, lang pad teen 120, etc is sowat 10l/100km.
Selfs met my Cruiser kry ek 9l/100km sou ek net 100km/h ry op speedo, dit is dan op gps net effe oor 90.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 20:24:20 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4234
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Nog nooit wat ek kan onthou 10L/100km (of meer) gesien op enige van my voertuie sonder 'n karavaan nie.. Nog nooit... Ekt nou alreeds weer kinders gaan aflaai by skole en spar toe en terug en hy staan nogsteends op 6.3L/100km....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 04:37:24 am
Chris L
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 973
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Neef Herman, Ek kyk ook met verlange na die verbruik. My seun het die Toyota bakkie 2.8 en sy vrou die Fortuner en beide se verbruik is net oor die 9lt/100km nadat hy beide by handelaar gehad het om sagte ware te opgradeer.

Soos jy se dit wissel maar van persoon tot persoon.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 08:52:47 am
Louvan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 500
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 28 years

Neef Herman, Ek kyk ook met verlange na die verbruik. My seun het die Toyota bakkie 2.8 en sy vrou die Fortuner en beide se verbruik is net oor die 9lt/100km nadat hy beide by handelaar gehad het om sagte ware te opgradeer.

Soos jy se dit wissel maar van persoon tot persoon.

Stem saam. Ek het seker lood in my voet!
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 08:53:03 am
Louvan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 500
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 28 years

Neef Herman, Ek kyk ook met verlange na die verbruik. My seun het die Toyota bakkie 2.8 en sy vrou die Fortuner en beide se verbruik is net oor die 9lt/100km nadat hy beide by handelaar gehad het om sagte ware te opgradeer.

Soos jy se dit wissel maar van persoon tot persoon.

Stem saam. Ek het seker lood in my voet!
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 09:49:20 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4234
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Party mense ry seker maar "haastiger" as ander... Nie almal sal ooit dieselfde ry nie, jy kan slegs vergelyk as jy miskien saam jou buurman by dieselfde plek werk en julle stop by al die robotte saam en sit saam in die verkeer.. Miskien, dalk kan jy begin vergelyk.. Weereens is dit nie geplaas om te vergelyk nie, maar om te wys dis nie altyd waar dat die Fortuners (of enige kar op die stadium) swaar op brandstof hoef te wees nie.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First