English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 282
Total Replies: 202 907
Total Views: 80 887 046
topics: 9 775
replies: 109 485
views: 38 189 076
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kamp en Fotografie.

replies: 50
views: 803
26 Mar 2018 @ 13:17:35 pm
Anonymous

Ek wonder hoeveel mense hier kamp ook met die doel om die fotografie stokperdjie te doen? Ek gaan nou-nou 'n foto of twee pos. Dis nou die ou met die DSLR en sommer baie lense. Dis ook die ou wat vroeg genoeg begin opstel vir een nag-skoot... een foto wat tot 8 ure duur om te kry. 

Ek het 'n paar vrae van my eie en een bly maar die regte plek op die net waar die foto regverdig word. Baie van die populêre plekke gooi die exif informasie af, die metadata wat my werk beskerm. Gewoonlik publiseer ek nie my gallery fotos op die net nie.

Ek het voorheen aan die "Nasionale Georgrafie" groep behoort, maar nie meer nie. Eie redes. My gallery werk hou ek vir 'n gedrukte uitstalling een keer so elke 2 jaar of wat ookal. Ek voel nog steeds nie die bevrediging om bestes te vertoon nie, omdat ek alreeds ervaar het dat mense my foto's vir publikasies gesteel het.

Die volgende pos, iemand wat ek op toer ontmoed het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 13:37:48 pm
Anonymous

Tweede pos, vir die fotos. Ek het op 'n toer vir Okkie en sy vrou ontmoed. Okkie se kamp opset was seker die redes waarom my toer-kar realiseer het. Hy kamp met 'n Landrover Defender met alles wat oop en toe kan maak. Opslaan dak die werke. Hy sleep dus niks.

Die landy is werklik iets om te bekyk. Ek het meer fotos van die binnekant maar om hulle privaatheid te respekteer pos ek nou net die foto. Okkie en sy vrou.

Die betrokke middag al het Okkie sy kamera opgestel vir 'n nag foto van die sterre hemel. Sulke fotos doen ek in Bulb mode. Dit vat lank omdat die fokus word in daglig gedoen en na donker bly die shutter lank oop. Sonder maanlig, tot 6 ure.

Die resultate van die tegniek is iets wat altyd ongelooflik bly. Volgende foto, sy kamera opgestel.

Die betrokke foto was ook al in my gallery as 'n Nikon foto. Meeste mense het Nee! gesê, dis dan 'n Canon! Die ironie, die foto van die Canon het ek met my Nikon geneem.

As daar nog fotografie entosiaste hier is, ek wil graag hoor wat jy doen!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 14:06:31 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
85% Profile Strength
Posts: 2138
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Johan, daar is beslis minstens een persoon wat kamp en fotografie doen hier, en dit is Survivalist - of te meer Lance Muir. 

Hy is meer Engelssprekend, en is ook besig om 'n lys te probeer saamstel oor goedkoper kampplek met basiese geriewe waar jy vir een persoon hoef te betaal.

Ek glo  hy sal een of ander tyd hierdie draad raaksien. Anders kan jy ADMIN vra om jou met hom in kontak te bring deur jou sy e-pos adres te verskaf.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 14:23:39 pm
Anonymous

Johan, daar is beslis minstens een persoon wat kamp en fotografie doen hier, en dit is Survivalist - of te meer Lance Muir. 

Hy is meer Engelssprekend, en is ook besig om 'n lys te probeer saamstel oor goedkoper kampplek met basiese geriewe waar jy vir een persoon hoef te betaal.

Ek glo  hy sal een of ander tyd hierdie draad raaksien. Anders kan jy ADMIN vra om jou met hom in kontak te bring deur jou sy e-pos adres te verskaf.

Frans

Dankie Frans, Ek het amper die pos in Engels gedoen! Ek sal kyk as Lance reageer omdat vir my maklik is om op net plasing my kontak besonderhede te dee deur my "contact form gadget". Dis veilig!

Ook dankie vir die nuus oor een persoon kamp tariewe. Dit was al vir my amper hartseer dat 'n egpaar iewers kan gaan kamp teen R150, dus R75 p/p maar ek moet die volle 150 betaal met geen uitsonderings.

Ek wil net gou toets of my cotact form gadget hier werk.

Klik hier om met my te gesels direk op my e-pos.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 17:15:05 pm
Anonymous

As u nou wonder, ek toer vêr vir een foto... Soos die volgende een.

Die foto is natuurlik in Groot druk, sonder die kopie reg merk... Ek teken dié fotos met die hand. Dit is 'n HD foto van skildery grootte. 

Wat mense somtyds doen as iemand 'n storie soek, met foto, klim mense op die net, en soek die toepaslike foto. Daarna is dit maklik om die kopie reg merk te verwyder omdat die metadata verwyder is. 

Ek wil nou 'n voorbeeld gee! Let wel dat ek nie die kopie reg op die volgende foto hou nie en ek erken die eienaar van kopie reg hier-op.

In Nico se draad, skewe karavaan, verwys ek toe na 'n adverteerder wat karavaan aste vir baie goedkoop aanbied. Dis dalk nie die regte as wat hy soek nie, maar met "misleiding" (swak Afrikaans) ... maar met woord kul, kan 'n foto en storie anders lyk...

'n Adverteerder het die foto geplaas. (Kyk net hoe maklik kon ek die foto aflaai en weer plaas!)

Nou kan u sien, dit lyk presies soos op die advertensie en in goeie definisie. Teenoor die onderskrif kan ek nou noem... Nico, moenie probeer om jou karavaan as te laat regmaak nie want 'n nuwe een is spot goedkoop! Sien u die misleiding?

In my her-plaasde foto, is die beskrywing verskillend. Die as in die foto is nie van sy karavaan nie! 

Ek wil net graag hê dat die forum lesers hiervan kennis neem, dat eintlik hoe maklik 'n foto... gesteel kan word!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 17:31:47 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6261
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Is ook n foto genie. Nie sommer net mik en druk nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 17:47:38 pm
Anonymous

Dankie Jin, ons moet gesels...

Hoe moet 'n adverteerder sy foto plaas? Dieslfde as-foto soos bo...

Die kopie reg van foto behoort aan Loftus Caravan City. Ek het nou iets by-gesit wat hulle moes doen. Die eienaar van die foto is Loftus Caravan City. Ek het 2017 ook ingebou op die kopie reg merk. (alt 0169) Dit beteken dat as iemand terug verwys na die foto en advertensie... twee jaar later, dat die geadverteerde prys nie meer R2500 vir 'n as is nie!

Verstaan u nou wat ek bedoel? Met ander woorde. Jy kan nie 'n foto her-plaas met 'n nuwe beskrywing as wat die "eienaar" daarvan dit geplaas het nie!

Dankie aan Loftus Caravans dat julle hier adverteer en ek hoop julle verwekom my bydrae met julle foto as voorbeeld! Besoek Loftus Caravan City vir jou volgende kamp avontuur!

(Ek het geen verbintenis aan dié adverteerder nie en die boodskap uit dank vir die gebruik van hulle foto vir my voorbeeld.)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 18:32:41 pm
Anonymous

Gelukkig het ek darm nie die ou wat die "paving" gedoen het, krediet gegee nie... Miskien was daar voorheen 'n pot plant... Die ou wat die swart paal, linker bo hoek in geplant het, was ook lui. Was dit 'n motorfiets parkeer ruimte? Hoe is dié geel stepe so na mekaar? Wat se wit gbreekte ding staan teen die muur?

As ek die foto moes neem, sou ek LCC vra om alles mooi op die "vloer" uit te pak! Laat jou produk mooi lyk! Aai, soek hulle nie fotograwe in Gauteng nie... Ek sukkel klaar so hier tussen die karoo bosse!

Gelukkig het ek al 'n mooi meisie in 'n seep advertensie! 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2018 @ 21:45:25 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 997
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years
.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2018 @ 10:14:23 am
Anonymous

@Gone 4 Ever. The cell phone these days takes awesome photos and videos. The video quality far better than DSLR. I have helped  many new and upcoming photograhers that used a cell phone. 

Try to avoid using the phone in "portraite" mode and rather hold the device to get a "landscape" photo. Should you manage an awesome photo in portrait, rather do a square crop of it. The reason why, the firmware (phone software) create the image in HD pixel size and the firmware can't "turn" the complete image, giving the terrible black sides when you look at it. Same with video. Hold your device for landscape. Those black areas are just "empty" pixels that could have produced a better HD photo.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2018 @ 13:31:16 pm
Anonymous

Hoe neem jy 'n mooi foto van waar jy kamp. Kyk na die volgende foto. Kyk na goed wat jy nie sien nie.

Die eerste wat jy nie sien nie, is skaduwees. Die kamp is vasgevang met die bloedige son vir die hele dag. Om in die son te kamp is nie lekker nie. Wat jy ook nie kan sien nie is dat die kamp soos 'n rugby veld lyk. 

Dis droog en dit is miskien sigbaar maar nie opsigtelik nie. Die meeste van die kamp is leeg, geen karavane of tente nie maar die foto kul die toeskouer omdat van links na regs, iets gebeur. Die kamera-hoek is ook hoog om diepte te gee. Dis soms nodig om in 'n boom te klim!

Die voorgrond area lyk na 'n lekker kamp plek. Die realiteit is eintlik iets anders. Kinders wat rond klouter teen die walle gee geen privaatheid nie. Dus kul die foto!

Ek sal oor die naweek fotos van 'n plek neem sodat dit "lekker" lyk. Baie plekke is wel lekker, maar neem die foto so dat dit nog lekkerder lyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 05:28:40 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
Hi unicamper ,ek verstaan u taal met photography, verskoon my afrikaans spelling.
My lewe best aan uit kamp en voel photography,alhoewel alle photography stel ek in belong, en ek stem saam vandag se cell phones vat amazing pics,ek gebruik die canon 7Dmk2 camera met f4 500 mm lense vir voels en die really self's blomme, maar my tablet vir portraits en scenery.u kan baie leersaam videos kry op youtube om die fyner aspecte Van photography te leer.
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 06:27:06 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 9736
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek is nou nie 'n fotograaf van formaat nie. Maar neem ook baie fotos van die kamp omgewing en dies meer.  So is ek besig om 'n album op te stel van al die kampe wat ons al gehad het. Datum, hoe lank gekamp, afstand soontoe.

Het ook 'n drone aangeskaf.  Met die neem ek fotos en 'n video van die hele Oord.

Dis maar vir myself en as iemand wil weet hoe lyk dit by 'n oord voordat hy/sy 'n bespreking maak, dan kan ek die video aanstuur.

Die manne wat regtig ingaan op detail en kwaliteit fotos geniet dit. As ek die weer patrone en mense se gesindheid so kyk gaan die fotos van julle enigste bewyse wees in die toekoms dat pragtige plekke en dier spesies wel bestaan het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 06:38:24 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9452
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Ek is nou nie 'n fotograaf van formaat nie. Maar neem ook baie fotos van die kamp omgewing en dies meer.  So is ek besig om 'n album op te stel van al die kampe wat ons al gehad het. Datum, hoe lank gekamp, afstand soontoe.

Het ook 'n drone aangeskaf.  Met die neem ek fotos en 'n video van die hele Oord.

Dis maar vir myself en as iemand wil weet hoe lyk dit by 'n oord voordat hy/sy 'n bespreking maak, dan kan ek die video aanstuur.

Die manne wat regtig ingaan op detail en kwaliteit fotos geniet dit. As ek die weer patrone en mense se gesindheid so kyk gaan die fotos van julle enigste bewyse wees in die toekoms dat pragtige plekke en dier spesies wel bestaan het.


Daai drone fotos van n oord werk vir my uitstekend. Ek neem nou byvoorbeeld Bosveld Oase....ek moes onlangs n paar plekke daar bespreek vir n groep. Ek kon lekker op hul drone fotos sien watter staanplekke ideaal geskik was vir ons groeps byeenkoms. Kan maklik sien of staanplekke skaduwee bome het....afstand na badkamers.....privaatheid ensovoorts
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 12:40:41 pm
Anonymous

Hi Lance! My hart klop sommer warm toe ek jou reply sien! Jou Afrikaans is perfek! En Leon awesome post van die gebruik van die drone.

Terloops, wat het die drone gekos? Ek sien nou-se-dae, die Chinese winkels begin dit ook verkoop en is so ongeveer R1000 met kamera punt vir 'n Go-Pro. Ek het nou nie 'n GoPro nie, maar wel die 1080P Sport DV wat iemand vir my uit die VSA gestuur het. 'n HD video & foto kamera wat in jou hand-palm pas! Ek sal 'n foto bysit.

 

Die gebruike van die kamera is legio! Selfs as Dash Cam en nog! Dit sal perfek vor 'n drone wees.

Lance, ek is maar 'n Nikon fotograaf en Nikon School hier in SA bly die beste opleiding en "tips" nog! Daar is elke maand 'n paar verskillende werk winkels reg oor die land.

Ek is ingeteken op hulle maandelikse nuusbrief en dit is net die beste.

Besoek die link: https://www.nikonschool.co.za/

Nikon is maar eintlik die handels naam maar meeste gebruik maar seker Canon.

Die gebruik van fotografie sagteware vir editing is seker waar die kuns van fotografie lê. In my draad hier het ek die foto van Loftus Caravan City gebruik.... om bietjie tips te gee. Meeste sagteware wat ek gebruik moet aangekoop word en nie freeware nie, maar mens kan iets ongelooflik doen met die rekenaar wat die foto... "laat werk".

Voorbeeld van wat ek met die karavaan as kon doen as hulle vir my sou vra. Tegnies is die foto verkeerd geneem omdat die voorgrond item nie volledig in die foto is nie. Die linker hub is weg gesteek... 

Eerste kleur ek rondom die item in. Dit foto is eintlik nie reg geneem nie want lyk soos nuttelose goed wat net buite lê.

Na inkleur doen ek Text on Jpeg en ek dink hulle foto sou 100 keer meer effektief so wees as advertensie...

Baie mense soek by my advies wat ek nie kan gee nie, omdat fotografie sagteware baie duur is. Julle gebruik seker van dit, en dit wat jy het kan ons oor gesels en watter sagteware jy dink die beste is.

Iemand het eendag vir my gesê... The real photographer is a master of the editing phase.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 13:13:31 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
Ek gebruik net die program "Faststone" vir edit Van pics,dis vernier in die eerste plek.
Die pros gebruik die program "light room " dit is duur om te Koop en fastone doen alles.
Ek hou baie Van jou klein camera, dis baie interesant.
Ja baie mense verkies Nikon en hy is tops geen issues,dit bly seker maar persoonlike keurse.
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 16:20:07 pm
Anonymous

Ek sal bietjie na Faststone kyk, aflaai en probeer. Persoonlik is my gunsteling Capture NX2 wat nou vervang is met Capture NXD. Die eerste was beter. (Aankoop Sagteware) Lightroom en Elements gebruik ek baie veral met kommersiele fotografie. (Aankoop sagteware).

Die verskil tussen Nikon en Canon is maar die firmware. Nikon is notoious for over exposure. Dis maar omdat die firmware meer vir Europa is. Vir Suid Afrika, is Canon die beter opsie sovêr die presets. Die presets is maar die gewone MASP + soos op albei, maar die Canon gee beter resulate.

Ek en 'n ander fotograaf het al vergelykende fotos geneem met die selfde ISO en F stops en die verskil was groot. 

Wat lastig is, is dat ek kan nie met Canon RAW files werk nie. Canon het sy eie software pack. My fotograaf pêl het 'n troue gedoen. Hy het 'n groot gemors gemaak toe hy die buite-lug troue met presets afneem. Geen gesigte was sigbaar nie en die egpaar Makwana, het hom nie betaal nie.

Ek het vir dae gesit om die trou fotos te kon red. Uit 200 kon ek maar so 20 red en het dit verniet gedoen. Die boodskap is maar, skiet in RAW, programming mode en leer maar die kamera ken! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 18:48:01 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
RAW is nie optional dis moet.
Wat is u opinion met auto iso?
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 19:55:11 pm
Anonymous
RAW is nie optional dis moet.
Wat is u opinion met auto iso?

I agree 100% with always shooting RAW. Many people can't edit and hence choose Jpeg and start to apply the build in filters like noise reduction. Ultimately the photo is spoiled forever!

That's what the guy did with the wedding! Within the RAW image is anyway a hidden Jpeg of that shot as by the menu setup. When the SD card is inserted to the PC that can't see the RAW files... the Jpeg's show up in any case. This brings me to your question... my thoughts on auto ISO.

I think that depends on the make of camera. Mine is a Nikon D40. The ISO increments or choices is really small, either 100, 200, 400, 800 and so on. When I studied up on the D40, I've learned the best shots is by locking the ISO on 200. This may be much different for another Nikon's. I'll upload a shot I took at Orange river Namibia side, just before sun-up, almost still dark... with ISO on auto and the result was disappointing. It looked like an over exposed day light shot!... poor sky color.
Since then, I hardly ever use auto ISO and I prefer to adjust aperture.

Another draw back of my camera is the small display to view the photo. I cant rely on that at all and almost always, while on site, load my photos to the laptop. From there I work on another PC made mobile, with a HD Syncmaster 940 BF monitor.

I select the Nikon workshops to those important to my goal. Understanding your DSLR was the best ever workshop! Very individual and was an eye-opener comparing same shot by each participant and make and model!

Long answer to a shot question. I'll see if I can post photos showing the exif info that both is visible, meta and photo... That's the best way I can evaluate ISO, aperture, focal length and all related to a specific shot.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 20:29:23 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4253
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Wys jou hier is 'n topic vir almal ;-) Kyk ek lees maar so oor die fotografie ens, dis interessant, en ek dink elke ou doen moeite met dit wat vir hom lekker is en vir iemand anders na werk klink..

Wat fotos betref, ek self is nou nie iemand wat wag vir 'n regte plek of so nie, fotos vir my is vir my 1 van 2 dinge...

1. Ervarings en herinneringe
2. Produkte ens..

Met produkte is editing nogal belangrik soos nodig sodat jy die beste "image" vir teikenmark skep.. Ek praat nou nie van die fotos wat ek sommer so laai as ek die kameras ens wys nie..

Met ervarings en herinneringe is dit ook nie vir my te belangrik nie, ek wil onthou en weer sien soos ek dit gesien en ervaar het.. Ja daar is tricks wat mens moet toepas om fotos beter te laat uitkom, maar ek wil nou nie noodwendig 1 biljoen sterre op my foto wys as ek net 2000 kon sien nie...

Nou moet ek erken fotografie vir die ernstiger manne is 'n kunswerk ook, al sien jy nie met die oog die kleure so perfek nie kan 'n mooi foto nogal mens laat smag na iets.. So vir die wat dit geniet en as stokperdjie gebruik, lekker.. So het almal iets lekker en verskeidenheid van dinge om te deel..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2018 @ 21:03:57 pm
Anonymous

Dankie Brommer.

Many people under esitimate the camera sensor size. What if I tell you, you can take a massive photo... to zoom into it and look at something like rocks or a seagull.

The following photo at Harolds Bay... with a twist...

The photo I posted here is a "marker" shot befor taking the HD shot.

The HD shot is 10417 x 4915 pixels and only 27,7 MB. It is huge!

There is no way I can place such a photo on the net, but you can download it.

I'm giving a link. The photo is uploaded to OpenDrive and a direct download connected to it. Safe and no threats! All you do, click the download link and the photo will download. 27.7 MB of photo. Just open the photo and zoom around it with your mouse or arrow keys. 

https://od.lk/d/N18xMzgxMzQyOTBf/HD%20Haroldsbaai.jpg

We, photographers, share HD photos like this and also send them to printers and galleries this way.

This photo was taken with a Nikon D40. Many people that have HD cameras are amazed with this photo. I have more, and willing to pass on the tips here on this forum... that you can also take HD photos of awesome destinations. This was edited with freeware.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 03:39:07 am
Anonymous

@Lance / Survivalist

See, photography is addictive... after 3 in the morning playing with FastStone software!

Here is my recommendation! It's awsome in the sense that it works with both Canon and Nikon RAW files! That's a huge plus! I never had "decent" software to work with Canon RAW's.

The software have all the basic tabs of windows Essentials or Win Live Photo editor... with a improvement on the sharpning tool. The only thing I use a lot that the software could have is the histogram. Once one understand to read the graphs on the histogram is really hard to work without it.

I used a old .nef Nikon RAW to test the software and this is what the software looks like on screen.

After working with the RAW, the saving options give the large choice and the Jpeg save in a good quality and file size. It retains the Metadata and doesn't add the software (FastStone) preferences.

For the readers... Metadata is the digital trail on any photograph whereby the author can add description and or copyright or publishing info. The following screenshot show the photo and the two small blocks is the Metadata and Exif information for this photo... 

Placing a photo on the net such as this forum, the metadata is removed by the forum software and copyright to the author is lost. Therefor, mark your photos clear by adding your name to it, on the photo.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 05:23:48 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
Glad you enjoyed it,I'm sure even the occasional candid photographer on forum could use it,as it's user friendly. I'm off to Marievale bird sanctuary this morning to find some models.lol
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 13:14:28 pm
Anonymous

Glad you enjoyed it,I'm sure even the occasional candid photographer on forum could use it,as it's user friendly. I'm off to Marievale bird sanctuary this morning to find some models.lol

Awesome! Share a photo or two. 1pm, just got out of bed now. I might go to Towerkraaltjie this afternoon for photos as a caravan rally of 8 caravans are there... overcast weather and should make for good shots of the campsite. The owner also removed to permanent empty caravans that sort of spoiled photos.

Towerkraaltjie was described on the forum but a few exiting photos may just invite campers to a undiscovered jewel.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 14:02:31 pm
Anonymous

Maybe I can add this for the thread readers... Taking a "bar" photo is very complicated!

I'll place that photo and look at things, that you don't see.

There are laws pertaining to photography and photographers. There are a law, you can not publish a photograph depicting product placement towards substance abuse.

Most people would go for the nice picture with all the optic's on the shelf. You may not, ...product placement... Something else you dont see, are the peoples drinks, except one guy having a Coke in a glass. You don't see happy people all holding up a drink.

How to take a bar pic, to resemble a bar... Ask the people to sort of bundle up. Ask one guy having a cold drink to pose... Look that there's no product placement in the shot. To capture focal attention of the group, ask the bar-man to tell a real funny joke or story.

At the punch line you take the photo. I remember this moment all to well! The barman was constantly making jokes about showing his behind for the photo and camera and it was constant short remarks... each time a photo opportunity.

I managed good photos on this evening and on the final, all rubbish on the overhead and lower counter was removed. A photo to resemble their bar... all by the book!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 14:15:52 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Very interesting topic guys.

Unfotunately I have an old camera (Sony DSC - H1) that cannot shoot RAW so i am limited when it comes to editing.

Generally I let the camera do the work ( P Mode) when shooting birds and game because setting the f-stop and apature is tedious and then I loose the moment. Any suggestions?

Maybe its time to upgrade??laughing 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 14:23:14 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
Check by galleries for marievale bird sanctuary
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 15:38:41 pm
Anonymous

Very interesting topic guys.

Unfotunately I have an old camera (Sony DSC - H1) that cannot shoot RAW so i am limited when it comes to editing.

Generally I let the camera do the work ( P Mode) when shooting birds and game because setting the f-stop and apature is tedious and then I loose the moment. Any suggestions?

Maybe its time to upgrade??laughing 

Thanks Lance will look at the gallery!

Hendrik, ek het so pas die review op jou kamera nagelaan. Dit kan beslis nie RAW fotos neem nie. Moenie dat dit jou afsit nie OMDAT RAW fotos vereis editing. Dit neem baie tyd en is 'n "om -slommernis" (vreeslike woord!),  vir meeste mense... selfs fotograwe.

Ek glo aan ou kêrel Ken Rockwell se tutorials. Hy het ook al geskryf van jou kamera met baie goeie terugvoer. Om RAW beter te verstaan lees die inhoud van die skakel.

https://kenrockwell.com/tech/raw.htm

Jy doen reg om in P-mode te skiet omdat die kamera firmware die beste opsie kies vir die skoot. Ekself skiet baie in "P" as tyd 'n faktor is. Veral met natuur skote waar jy werklik moet vinnag speel om die shot the kry! P gee beter resultaat as die "prentjie" presets.

Jou kamera het 'n baie oulike video funksie. Ek dink om op te gradeer sal nie nodig wees nie. Gebruik liewer daai geld en kamp iewers lekker. 

DSLR kamera verkope gaan nou deur 'n laagte-punt as gevolg van die selfoon tegnologie. Jy kan 'n beter foto met 'n tablet neem as met 'n DSLR.

RAW formaat is meer vir die "proffesionele" fotograaf wat vir publikasie skiet. Ek is einlik nie 'n natuur fotograaf nie en raak gou verveeld in die veld. MAW, vir wat jy doen, is jou kamera perfek!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 17:33:05 pm
Anonymous

@ Lance

With your permission, using your photo, I want do another example.

Lance placed an awesome gallery of his bird sanctury visit. The forum software shrunk and reduced the quality. The image you see is far from what the real photo looks like. The forum software basically create a "thumbnail" to save space on the server.

This is an aspect I call "publishing". Edit to fit the publication limit. Since the forum software produce only a thumbnail, one have to edit to justify the better result for a thumbnail. (In fact, the forum software also rename the uploaded photo as a thumb!)

I downloaded one of Lance's "thumb's". 

By now, a lot of definition is lost! To make up for the lost definition...

Can you spot the difference? The sky slightly more blue and shades slightly darker. The trick is to bring the thumb colors back to "normal" on the histogram.

Basically, when I slide the histogram, I don't look at the photo but on the amount of blue that appear... 

Lance I hope you approve me using your pic and if not, I'll mail the moderators to have the post removed. We shoul make e-mail contact. Thanks Johan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 20:19:40 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Johan, dankie vir die bemoedigende kommentaar oor my ou Sony. Kan nie eers onthou wanneer ek dit gekoop het nie maar hy trek al by 35483 fotos. Is dit baie vir 'n kamera?

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2018 @ 21:09:23 pm
Anonymous

Johan, dankie vir die bemoedigende kommentaar oor my ou Sony. Kan nie eers onthou wanneer ek dit gekoop het nie maar hy trek al by 35483 fotos. Is dit baie vir 'n kamera?

 

Nee, daai getalletjie is nog klein! Op die firmware kan jy weer die getal reset en by 1 begin. Ek sien dat dit vir sy tyd ook 'n duur kemera was... is... en Sony bly 'n baie goeie produk.

Ek sal bietjie kyk of ek vir jou 'n link kan kry vir die Sony Kamera rekenaar sagteware. Of kyk in sy oorspronklike boksie of daar 'n CD by is... wat iets soos Sony MGI op staan.

As jy dit het, awesome. Ek gebruik baie Sony sagteware... soos daai as foto wat met blou gedoen is met die text by. Dit is Sony Software wat ek gekoop het. Dit kom gewoonlik saam met Sony produkte.

Ek sal glad nie omgee om self so 'n kamera te hê nie! Is dit joune?

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2018 @ 00:51:46 am
Anonymous

Tuisgemaakte fotografie goed wat geld nie kan koop nie. Ek maak alles kompak om lekker in my toer-kar te pas. Dit is my HD rekenaar... Dit bestaan uit 'n Digitale monitor poort op 'n mini-pc met 'n monitor wat beide digitaal en analoog kan doen. 

Die monitor pas ook op my laptop. Binne die swart boks is 'n video grabber device wat enige digitale video sein kan sien. Daarom is dit ook my satteliet TV. Die 12V PSU ingebou om konstante krag na die kamera inverter te stuur om 'n video kamera te laat loop wat 'n maand lank aaneen kan opneem.

Die boks en skerm maak met skuif dekseltjies toe en alle kabels vou op agter in boks en bly gekoppel. Alle DVD en VCR vir diens is 'n aluminium kamera tasse verpak.

Ek het 2 groot kwaliteit 3 pote en een medium, maar wat ek omtrent altyd gebruik is die klein tuisgemaakte mini 3 poot staandertjie. Selfs met die 18-200 lens op die kamera staan die outjie vas!

Sommer oral en veral as daar wind waai wat maar enige 3 poot bietjie beweging gee onder die swaar lense. Die outjie staan vas! 

Ek het vir 'n tweede kamera, sak kamera, die Nikon S3200 met 16 Megapixels sensor. Ek het nog nie 'n sak kamera gesien wat die een se kwaliteit ewenaar nie! Dit gebruik ek om fotos te neem terwyl ek fotos neem... hehehe.

Ek het nog 'n paar kontrêpsies gemaak waaroor ander mense lag... tot hulle vra... Maar hoe het jy dié foto gekry? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2018 @ 21:30:53 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Die foto van die Sony is presies soos myne Johan. Kan nie onthou of ek 'n CD saamgekry het nie. Seker in die boks by die stoorplek. Genoeg van my ou Sony.

Jou toerusting lyk awesome.

Jy skryf, "RAW formaat is meer vir die "proffesionele" fotograaf wat vir publikasie skiet. Ek is einlik nie 'n natuur fotograaf nie en raak gou verveeld in die veld."

Vertel 'n bietjie van jou onderwerpe.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2018 @ 22:10:57 pm
Anonymous

Ek sit nou al amper 10 minute en skryf weer 'n lang storie...vee uit en begin weer... maar die kort van die verhaal is dat beroeps fotografie is sterwend. Ek het in 2016 laas 'n shoot gekry. 

Ek het gemik op media publikasie en het daarvoor skool gegaan. Brosjures, pamflette en sulke goed as 2de keuse.

Ek het seker omtrent R20 000 spandeer op fotografie en het tot nou toe seker nognie eens 'n duisend terug gemaak nie.

Nou is ek 'n hobby photographer en doen die ding verniet! Ek begin nou eers myself geniet!

Vandag was ek by Towerkraaltjie en het smart HD fotos geneem. SAWA Klein Karoo rally daar met so ongeveer 10 karavane. Een foto 20995x6358x16,7 miljoen pixels. Dit is een massiewe panorama van al die kampers en die hele park en het 72 individuele fotos op 'n focal length van 200 mm.

Ek het 'n 2de kleiner panorama gedoen en klomp gewone fotos. Ek ken die kamp-kommandant van die rally en elke kamper gaan van die naweek 'n CD kry by die volgende rally. Die CD gaan sy eie mooi prentjie en SAWA goete voor-op hê en die inhoud gaan my fotos wees en 'n write-up van die park eienaar.

Dit is met ander woorde wat ek kan doen. Die park eienaar en ek het gesels vandag... want eintlik wat ek vir hom doen is 'n bemarkings CD... Vir die kampers kan hy ook die CD vertoon op sy "brag-bord" karavaan deur... iets wat die oog vang.

Ek dink dit beskryf baie goed wat ek wil doen. Ek wil die foto neem en die ou wat daarna kyk moet sê f...it maar dis smart... Hoe het hy dit gedoen? Daarom gooi ek nooit publikasie fotos op die net nie. Uitgooi fotos doen ek om 'n idee te gee van wat ek doen en weet.

Ek sal wel hier 'n paar screen-shots pos van wat ek vandag gedoen het!

   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2018 @ 22:48:03 pm
Anonymous

Ek kan nie meer fotos oplaai nie. Toe ek netnou vandag se fotos wou laai, gaan die blad net "blank" met 'n error en dit is nog so. Ek weet nie wat om nou te maak nie.

Sal maar net skryf die fotos lyk mooi.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 15:05:13 pm
Anonymous

My "File Manager" blad bly leeg en niks daar nie. Enige advies?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 15:29:45 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Gaan in op "My Dashboard" en dan by "Galleries" of daar iets is. Anders klik op "Admin Contact" om vir jou te kyk wat die probleem is.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 16:22:44 pm
Anonymous

Hy skep die "gallery" maar as ek die foto in die draad wil plaas, moes hy dit upload na iewers anders.... Waar file manager was... Dis nou weg. 'n Nuwe gallery kom dan op die voorblad as draad en gooi dan die vorige gallery af... juis van die Rigtersveld. Nou maak dit die ding moeilik vir die ouens wat daai fotos wil sien, want ek het die maklike draad afgegooi...

MAW ek kan nou net 'n gallery plaas en nie direk op die draad pos nie. Die gallery kan weer op die draad as pos... Dis maak nie 'n mooi storie lyn nie. Om die fotos in die pos te hê is beter as 'n aparte gallery. 

Ek sal vra by die moderators... of admin.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 20:42:28 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Ek het flugtig na Faststone gekyk, maar wil dit nie aflaai nie want ek kry die indruk ek sal aanlyn moet wees om dit te gebruik, en die aanlyn besigheid het nog nie in die Kgalagadie uitgekom waar 'n ou onder 'n boom kan sit en edit nie. Hulle wil ook inligting hê wat ek nie dink hulle hoef te hê nie. Ek het genoeg onwelkome gemorspos van mense wat snert aan my wil afsmeer.

Al rede waarom ek dit sal oorweeg is vir RAW.

Ek het Lightroom, maar bly vergeet hoe dit werk.

Ek gebruik Fotor, en moet sê vir my eenvoudige behoeftes werk dit goed. Julle mening van Fotor?

 

 

 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 21:07:43 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
Kanneman, ek gebruik net fastone en weet dat na u dit download,kan u werk offline met hom ,net as u die pics wil deel moet jy weer oplyn gaan.
U se u het light room,daan is fast stone a waste alhoewel persoonlik is fastone meer user friendly ,verskoon my meng Van taal.
Ek glo dis n persoonlike ding, wat werk vir jou en jou doel eindes is al wat tel.
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 21:16:13 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Thanks survivalist. My camera and the associated software was one of my best investments in terms of killing a boring retirement day. I am surprised that counsellors do not recommend this therapy to people long before they reach retirement. Of course, a little computer skills goes without saying.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2018 @ 21:32:23 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
If only I remebered what was done previously. Now,the grey matter is slow to release the info, scrambled filing maybe. Or the inevitable old timers perhaps.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 05:46:07 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 45 years
I agree,before I went on pension I was heavy into fishing for relaxing,doing a little biRd photography but once on pension the photograhy became my main source of relaxing, rods still go with but as neef Herman says the grey matter doesn't always come operate when it comes to computers.
Life us short if you don't have fun with what your doing try something else.lol
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 09:34:28 am
Anonymous

Hier is faststone se download link...

http://www.faststone.org/download.htm

Daar is 4 opsies. Kies net... FastStone MaxView. 

Die video capture is pay-ware en die ander twee onnodig. 

Download die exe file en install dit terwyl jy nog online is. As die Icon op jou desktop is, bly die program vir off-line use.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 09:48:16 am
Anonymous

Ek sal op my blog 'n kort tutorial maak van hoe die tabs en programmetjie werk, soos ek met win photo editor gedoen het. Dit is werklik gebruikers vriendelik en die results is awesome. Ek sal dit in dié week doen dan die blog link hier plaas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 10:15:34 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Uno Camper, jy is my hero as die Skim vrek!

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 10:33:43 am
Anonymous

Haha... Hier is nog 'n voorbeeld waarom FastStone awesome is...

Ek het die naweek 'n groot druk foto geneem van die SAWA rally by Towerkraaltjie. Die foto is 5.544 x 1,628 meter. Veronderstel die foto moet gedruk word, sê maar Andrew, die eienaar wil dit in sy ontvangs hang... wat ek dink hy gaan doen...

Die foto kan op soos skildery lap gedruk word. (Alle gallery werk word so gedoen.) Die foto moet dan as 'n RAW na die drukkers gaan. FastStone kan dan die RAW file weer skep!

Die rede waarom die drukker 'n RAW soek... Die foto word in 'n rekenaar ingevoer en kies die formaat volgens die hoeveelheid cartridges wat gaan druk. As jy 'n JPG indien is die foto reeds in "Fine detail" en baie skerp... in definisie... maar die druk masjien kan dit nie lees nie. Nou moet die drukker sy tyd mors om jou foto weer voor te berei en daarvoor gaan hy jou laat betaal!

In FastStone... terwyl die foto save... lyk dit amper baie pixelated... maar is nie! Dit is omdat die software besig is om die JPG na RAW om te skep. Hoe groter die foto, hoe langer neem dit.

Herman het 'n Sony kamera wat nie in RAW kan skiet nie. Hy kan met daai kamera ook so 'n foto neem. Die geheim... dankie vir Survivalist! Ek het dit nog altyd gedoen maar dit was met duur programme. Dié een is Mahala!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 11:29:52 am
Anonymous

Ek probeer nou hier fotos of 'n gallery kry... as dit nie wil nie... kyk maar by gallaries... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2018 @ 18:45:49 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Hier is faststone se download link...

http://www.faststone.org/download.htm

Daar is 4 opsies. Kies net... FastStone MaxView. 

Die video capture is pay-ware en die ander twee onnodig. 

Download die exe file en install dit terwyl jy nog online is. As die Icon op jou desktop is, bly die program vir off-line use.

Hier is faststone se download link...

http://www.faststone.org/download.htm

Daar is 4 opsies. Kies net... FastStone MaxView. 

Die video capture is pay-ware en die ander twee onnodig. 

Download die exe file en install dit terwyl jy nog online is. As die Icon op jou desktop is, bly die program vir off-line use.

Uno Camper, ek het dit afgelaai, en wat ek sover gesien het beindruk my werklik. Ek moet uiteraard nog my weg vind, en wil graag 'n besonderse foto wat ek reeds ge-edit het hiermee ook edit en hier aflaai. Dit sal net eers eendag gebeur wanneer ek geleer het hoe om fotos op hierdie forum af te laai.

Nogmaals dankie aan al die ouens wat my aan hierdie program bekend gestel het, en as iemand intussen uitgevind het hoe om my te leer hoe om fotos hier af te laai maak ek so.

 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2018 @ 16:03:53 pm
Anonymous
Ek het tevore genoem van die Nikon Skool werkwinkels. Ek wens ek het in die Kaap gewoon. Af en toe is daar gratis werkwinkels...
FIRST THURSDAY IN CAPE TOWN

Ignite your senses with Heinrich Knoetze and Nikon School as we join First Thursdays Cape Town for their monthly celebration of the city's art, fashion and food scenes.
For a free cultural experience of art galleries & other cultural attactions in Cape Town, come and explore your creativity and connect with others around photography.

The First Thursday event is completely fee but this invite is exclusively available to only 15lucky attendees so click below to book your space.

Meeting Point: Corner of Bree & Shortmarket (At the Church Building), Cape Town
Date: 05 April 2018
Time: 17h00 - 20h00
Cost: Free
Duration: 3 hours
As iemand in die Kaap is en in die fotografie skool belangstel, kontak die mense... Die maandelikse nuusbrief is gratis en daar is baie te leer!

@Kanneman
Wat ek voorheen gedoen het met fotos... Klik op Advanced en dan maak 'n "menu" bo-aan oop. Op die menu klik jy dan die icon met so 'n "berg" en dit is die foto. As jy daarop klik maak jou manager oop en jy kan die foto oplaai. Nadat die foto opgelaai is klik die X regs bo-hoek van daardie blad. Klik dan weer die Berg icon en kies dan die foto wat jy wil plaas.

Die foto lê dan soos 'n blou blok op die draad en tik dan net die teks onder of bo.

Die ander alternatief is om 'n gallery te skep. Plaas die fotos in 'n gallery... Klik op die tab "Add a new photo gallary(optional) wat bo-kant die teks blok is.

Die trick is dat jy sien nie of jou gallery op jou reply is nie en verskyn eers nadat jy die "Post Reply" geklik het. Ek hoop dit help.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 22:21:51 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3452
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Vandag 'n klomp waardevolle lesse gekry van 'n semi-pro fotograaf (Phil) wat hier kamp. Ek het 'n klompie van my Kruger fotos gekies wat ek dink nogal goed is en sy kommentaar gevra. Hy het uit 'n kompetiesie oogpunt die fotos evalueer en dit was insiggewend hoeveel aspekte van belang is vir 'n wen foto.

Daarna het ons bietjie met Faststone gespeel en ek is baie beindruk met dit wat die redigeerder aanbied. My fotos het 'n tranformasie ondergaan. Gaan beslis dit aflaai en gebruik. Ongelukkig is my kamera se specs 'n beperking tot wat ek met die fotos kan doen.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous