English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 315
Total Replies: 50 201
Total Views: 80 916 753
topics: 9 797
replies: 448
views: 38 209 097
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.
Quick Navigation

Small Budget

replies: 13
views: 413
12 Mar 2018 @ 11:39:00 am
Rooster
New Member
70% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 12 Mar 2018
Experience: 28 years
Goeie More almal,
Ek is nuut hier op die forum en is nog nie seker waar om te begin nie, dalk kan iemand my help waar ek myself kan voorstel.
Maar ek het klaar 'n lekker kamp vragie.
Ek het R50 000 wat ek graag mee 'n karavaan wil koop, ek soek verkieslik 'n karavaan wat 4 kan slap, hoef nie eers kombuis in te he nie?
Wat sal julle voorstel waarna kyk mens?

Baie dankie
Rudi Burger
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Mar 2018 @ 15:01:48 pm
Nabro
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 12 years
Welkom op die forum. Ek stel voor jy hou die "Classifieds" hier op die webblad dop. Jy sal jou moet laat lei deur wat beskikbaar is in die prysklas. Dan kan jy besluit wat vir jou sal werk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Mar 2018 @ 15:09:52 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5153
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Welkom Rudi.
As ek ietsie kan voorstel. Probeer by n bekende handelaar.
As jy wel n privaat koop wil maak, maak net seker van die houtvrot situasie. Op die Classifieds is n paar wat dalkies die moeite werd is.
Praat met ons, aleer jy n besluit maak, hiers baie raat oppie forum wat jy gaan kry.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Mar 2018 @ 16:33:04 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2540
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Rudi

Welkom op die Forum. Jyt n Groot budget en kan baie doen.

Toe ek my 1ste karavaan gesoek het, het dit my 8 maande geneem om n besluit te maak en ek bly in Polony City!

Ek het baie kleiner budget gehad en het toe n Gypsey Caravette 5 gekoop vir R22 000 in die Junkmail. Van dag 1 AF het ek geweet hy het Woodrot alhoewel ek nie geweet het wat dit was nie.

Ons kon kamp! Met n karavaan en nie meer tente nie!

Ek is nie n handyman nie, maar het baie goed self gedoen. Nuwe yskas in gebou, kaste verander, ma het self nuwe gordyne gemaak, kussings oorgetrek ens. Ens.

R22 000 is nie baie geld nie, 5 pakkies sigarette, coke, kas bier en n halwe brood! So ek kon nie veel verloor nie!

Later man in Naboomspruit gekry om (danksy Jan Tax) die woodrot uit te haal vir R9000

OF

Gebruik jou R50 000 as n deposito op n R150 000 wa, en betaal R3000 per maand vir 5 jaar op n deftiger wa!

 

Geen Kamp die jaar!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
12 Mar 2018 @ 17:31:01 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 37 years
Rudi, welkom op die forum.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
13 Mar 2018 @ 09:56:45 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 572
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 19 years

Welkom,

Ek sou nie eers na `n handelaar toe gaan nie want jy gaan net meer betaal vir die selfde ding. Met R50k sou ek uit die hand uit kyk. Wat ek wel sou doen is om iemand saam te vat wat weet om uit te kyk vir hout vrot en ander probleme. (mens is geneig om sulke goed mis te kyk as mens van `n wa hou). Ons wa was R38K `n hele paar jaar terug by `n handelaar en as ek geweet het waarvoor om te kyk sou ek eerder verby geloop het, maar oor die uitleg het ons wan die wa gehou en `n paar jaar later `n baie duur herbou gehad. Probeer ook om te kyk vir iets wat onder dak gestaan het. AS dit nie onder dak was + 5 jaar vir elke jaar in die wind en weer.

En vir R50k betaal jy niks tot jy die registrasie papiere in jou hand het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
13 Mar 2018 @ 13:59:36 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4181
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

R50K vir karavaan of R50k vir karavaan, kampstoele, tafel, grondseile, ens?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
13 Mar 2018 @ 14:10:08 pm
gellies
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 08 Apr 2016
Baie goeie raad om iemand wat karavane ken saam te neem. Ek het dit nie gedoen nie en later agtergekom ek het groot fout gemaak met die koop van my eerste karavaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
13 Mar 2018 @ 15:56:22 pm
Rooster
New Member
70% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 12 Mar 2018
Experience: 28 years
Ek het alles behalwe karavaan, ek kamp al vir jare maar net met tente, so gelukkig het ek stoele en seile en als.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
13 Mar 2018 @ 17:37:31 pm
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 48 years
Middag Rooster, Welkom op die forum. Die eerste ding van jou karavaan aanskaf moet wees geduld...Koop met jou kop en nie jou hart nie!!
Besluit eerste, hoe groot en swaar moet daai wa wees, gaan jy gereeld kamp en hoe ver gaan jy sleep.. vir my werk 'n wa so lig en klein as moontlik. 'n Lekker luukse wa sonder 'n opslaandak is lieflik maar... jy kan gou moeg raak vir al die moeite en maar liewers by die huis bly op 'n naweek, dan my vriend het jy die verkeerde wa gekoop!
Andersom kan 'n kleiner wa met 'n afslaan dak ook te veel moeite en 'n on plesier wees as jy net eenkeer 'n jaar gaan kamp met vakansie en jy het groot kinders.
Ek sien jy het 'n lekker sleepvoertuig so dit gaan nie jou keuse bepaal nie, en onthou!.. 'n ouer wa wat jou begroting pas hoef nie noodwendig 'n flenter wa te wees nie .... daar is BAIE goed opgepaste waens in daai prysklas beskikbaar

Sterke en groete
More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
14 Mar 2018 @ 00:21:58 am
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 63 years
Moennie die tara en GVM gewigte op die plaatjie van die woonwa glo nie. laat die karavaan geweeg word en kyk of jou voertuig dit mag sleep. Toe ek my Palma laat weeg het het ek uitgevind dat my sleep voertuig te lig in die broek was om dit te sleep. Ek moes toe nood gedwonne my sleep voertuig vervang.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
14 Mar 2018 @ 12:18:29 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6182
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Welkom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
17 Mar 2018 @ 14:59:59 pm
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1306
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Middag Rudi. Ek was bietjie weg en merk nou eers jou vraag op. Ek weet van n baie mooi 1984 Jurgens Fleetline wat 2 weke gelede n bumper tot bumper service gehad het plus n nuwe ys/vrieskas. Alhoewel die model oud is, is hy steeds pragtig en hy val pragtig binne in jou budget. Hy het sy lewe lank onder dak gestaan en het n voltent,met rally en sykante. Skakel Nico Smit in Randfontein 0828537748.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
19 Mar 2018 @ 10:10:48 am
Rooster
New Member
70% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 12 Mar 2018
Experience: 28 years
Hallo Almal,
Baie dankie vir die kommentaar en advise.
EK het die naweek vir my 'n 1992 Jurgens fleetline gekoop, hopenlik sal ek hom more kry.
Ek sal later bietjie fotos posit en vir julle wys, baie opgewonde.
Hy was darem ook binne my budget, geen houtvrot ens.

Dankie almal
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
Not Registered
0% Profile Strength
Posts: 0
Joined: Not yet