English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 781
Total Replies: 209 377
Total Views: 81 298 458
topics: 10 046
replies: 112 965
views: 38 358 384
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Diepsiklus battery

replies: 17
views: 385
12 Mar 2018 @ 08:48:48 am
Cruiser crazy
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 10 Jan 2018
Experience: 38 years
More almal. Ek het n diepsiklus battery n geruime tyd al.Ek beplan n "trippy"na Botswana en het die battery herlaai en getoets met my 40lt yskas. Hy hou net sowat 2.5 uur as hy nie op herlaai is nie. My vraag is nou,moet ek hom vervang?en as ek dit doen hoelank is n nuwe een veronderstel om te hou sonder herlaaiing. Die yskas gaan op so 0 of -1 wees. En wat stel jul voor wat nie n plaas se geld gaan kos.Dankie Des.
Live ahead
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 09:12:28 am
Wegisons
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 52 years
Het ook so `n geval gehad met `n Delco Diepsiklus battery . Les wat ek geleer het .... moet nooit die battery onder se 40% van sy kapasiteit laat "drain" nie Dit veroorsaak skade en sit jy met die presiese probleem . Kry vir jou `n monitor(as jy nie reeds een het nie) (National Luna maak verskilendes) met ingeboude alarm wat jou laat weet wanneer die battery dan tot se 40% ontlaai is...
Ek gebruik `n CTEK 5 amp laaier met fantastiese resultate.
Het jy a "dual battery system" op jou voertuig?
Toets die battery en vervang maar as dit gedaan is......jou biere sal darem koud bly . n Nuwe (102 amp)is so R1800 hier in die wild west .
Sterkte
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 09:26:01 am
Cruiser crazy
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 10 Jan 2018
Experience: 38 years
Ja ek het n NL battery boks nou onlangs aangeskaf. En hy dui aan dat battery vol is en dan sodra ek die yskas koppel dan loop hy vinnig af.Ai die tegnologie laat n man arm as jy nie jou vingers op dit hou nie.
Live ahead
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 11:05:46 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 216
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Cruiser Crazy jy noem nou nie watter groote battery en battery laaier jy het en watter vrieskas jy het. Wat ek tot nou toe geleer het van die diep siklus batterye is dat hulle het spesiale behandeling nodig. Kry 'n meter om vas te stel watter sterkte (volts) jy mee werk. Hulle het 'n hoer voltage nodig om te laai as 'n gewone battery en het so 14.5 volts nodig. Moet nie hoer as 14.7 laai nie dit sal battery benadeel. As jy 'n dipsiklus battery laai, hulle vat langer om te laai as gewone batterye veral die laaste gedeelte van die laai siklus. 'n Gewone vrieskas (12/220 Engel, Nat Luna, Waeco, ens) teen die temperatuur wat jy gebruik, sal omtrent 10 amps gebruik oornag wat ver onder 'n volgelaaide 100 a/h diep siklus battery se maksimum dreineering is. As jy die gas / 12v / 220v frieskas het is dit 'n ander saak want die tipe trek verskriklik baie krag en sal nie so mooi werk op 12v.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 23:18:27 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3259
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Des ek gaan probeer om 'n rowwe aanduiding te gee met syfers.

Soos Peter genoem het kyk na die stroom wat jou yskas gebruik op sy naamplaatjie. Dit kan in die omgewing van maks 6A te wees vir 'n kamp tipe yskas.

Veronderstel dis 'n nuwer kamp tipe yskas met kompressor:

As jou battery 'n 100Ah is dan is die maks wat jy kan kry 0.8x(100Ah/6A)=13.33 uur wat die yskas kan loop op 'n nuwe battery tot dit heeltemal pap is. Nou sal dit afhang van hoeveel dit oopgemaak word en hoeveel uur uit 24 dit wel loop. Sou dit 75% v d tyd loop dan kan die battery 13.33/0.75=17.77 uur goed koud hou sonder laai. Slegs 'n aanduiding.

Gegrond op jou tyd van 2.5uur is jou battery volgens my of nie heeltemal vol gelaai toe jy die tyd begin meet het nie of jou battery is ongelukkig kis. Jou monitor dui wel aan dat dit vol gelaai is maar volts is nie die beste metode om te weet of dit vol gelaai is nie maar die maklikste.

Sou mens jou battery nie meer as 60% laat pap word nie is die beste wat jy kan kry 0.6x17.77=10.66 uur sonder om te laai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2018 @ 08:50:33 am
Cruiser crazy
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 10 Jan 2018
Experience: 38 years
Baie dankie. Die inligting het baie gehelp. Ek stoor ma so al die inligting en maak vir my n biblioteek dat ek nie dalk weer dom vrae dalk plaas nie. Hehehehe. Dankie Wardeer Des.
Live ahead
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2018 @ 09:27:18 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3259
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Plesier en vra maar weer. Mens leer net deur te vra dan bly jy nie "dom" nie. Soos jy reeds vermoed het is dit moontlik jou battery wat beter dae geken het.

Jy kan dalk jou battery met 'n CTEK laaier laai en dan weer kyk hoe lank hou dit net om seker te maak jy begin met 'n goed gelaaide battery.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2018 @ 09:46:46 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 216
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Janee, soos in die begin het ek gedink om 'n diepsiklus battery te laai van my kar af. Kos my 'n battery toe. Dit laai wel, maar die diep siklus battery sal nooit vol gelaai wees want gewone voertuie laai omtrent 14.1 volts (afhangende van jou voertuig) en diep siklus soek so 14.5 volts. In die geval moes ek nou 'n spesiale kontrole kry wat die volts optel van 14.1 tot 14.5. Die selfde met die 220v battery laaier wat sal baie beter werk as hy wel geskik is vir diep siklus baterye. Die fansie goed deesdae besef van self watter tipe battery jy het en stel dan die laai volts daar volgens. Ja nee tegnologie deesdae, en ons ou balies moet by bly!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2018 @ 09:53:23 am
Cruiser crazy
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 10 Jan 2018
Experience: 38 years
Nes jy da sĂȘ.Ek al gedink ek moet weer ma terugkeer na die jong dae soos ek by my ouers geleer kamp het. Maar dis ook lekker as nie tegnologie werk. Dae sonder krag en gas yskas parrafin lampies. Braaivuur ligte.
Live ahead
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2018 @ 10:45:19 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 216
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Ek hou 'n baie mooi Coleman lampolie lampie net vir ingeval. Ek moet ook byse, daardie spesiale geluid / atmosfeer van hom bring terug ou herringere toe ek as 'n knaap nog met my pa gekamp het. Toe moes ons met parrafin vrieskaste ens., nog sukkel ook. Ja nee die nuwe tegnologie. As die manne mekaar ondersteun soos hier kan jy jou kop nog bo die water hou!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2018 @ 19:55:37 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3259
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

@Peter - ek was nie bewus daarvan dat diep siklus gelaai word op 14.5V nie. Weens die feit dat diep siklus net dikker plate het as gewone loodsuur (starting) om die diep ontlaai te kan hanteer word daar normaalweg v dieselfde laaiers gebruik gemaak.

Sover ek weet is dit Silwer Kalsium en AGM wat verhoogde Volts nodig het. Silwer Kalsium is ook steeds 'n loodsuur battery met kalsium vir versterking in die grid - aldus Yuasa.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 09:06:00 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 216
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Ja nee Danie ek geniet dit om te deel, luister en leer oor tegnologie in my ouer dae nog. Daar is klomp waardevolle informasie tussen die manne op die Community Forum en dit is daar waar ek dit gelees het oor die diep siklus batterye. Mense soos Fluffy en Eggie ken hulle storie. Ook die rede dat die manne met diep siklus in sleepwaens wat DC na DC laaiers insit. Hulle reken omdat die diep siklus battery 100% vol gelaai word met so 14.5V, kry 'n mens 'n baie groote hoeveelheid battery krag (ipv battery wat so 80% gelaai is). Hulle praat van diep siklus batterye in die geheel. Daar is nog baie informasie daar ook.
Vind Community Forum kommentaar link hieronder:
http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php/271127-High-cycle-vs-deep-cycle
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 10:38:52 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ja nee Danie ek geniet dit om te deel, luister en leer oor tegnologie in my ouer dae nog. Daar is klomp waardevolle informasie tussen die manne op die Community Forum en dit is daar waar ek dit gelees het oor die diep siklus batterye. Mense soos Fluffy en Eggie ken hulle storie. Ook die rede dat die manne met diep siklus in sleepwaens wat DC na DC laaiers insit. Hulle reken omdat die diep siklus battery 100% vol gelaai word met so 14.5V, kry 'n mens 'n baie groote hoeveelheid battery krag (ipv battery wat so 80% gelaai is). Hulle praat van diep siklus batterye in die geheel. Daar is nog baie informasie daar ook.
Vind Community Forum kommentaar link hieronder:
http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php/271127-High-cycle-vs-deep-cycle
kontak my en ek wys jou hieveel DC to DC laaiers haal ons weer uit juis oor die "slim" manne op daai forum... ;) hulle gee my darem so bietjie ekstra werk ;) _

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 10:55:33 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 216
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Brommer wat se jy dan? Se jy die DC to DC laaiers werk nie met diep siklus batterye?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 21:10:48 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Brommer wat se jy dan? Se jy die DC to DC laaiers werk nie met diep siklus batterye?
ek se DC to DC is overrated en in 99% van gevalle nie nodig nie.... baie gevalle van my kliente ry hul nooit lank genoeg om by 14.4V uit te kom nie en dan charge die DC to DC te stadig en bereik maar 13.6V as kar weer afgesluit word... het dys nooit die 14.4 gesien nie.. maar met vinniger laai metode deur alternator kon hul al die 14V vlak bereik in baie korter tyd... die DC to DC idee word hard verkoop en gestoot op daai forum en selfs al die jaar klompie weer uitgehaal wat vir Desember installeer was en manne gesukkel het. 1 klient uit kaap opgery pta toe en ook syne oorgedoen voir hy deur botswana en namibie was en met terugkoms het hy laat weet als is 100%... _

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 21:15:20 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

En nee diepsiklus het nie n konstante 14.4V nodig om te laai nie, 99.9% van batterye kan vol laai met 14.1V... veral met voertuig alternator, dis gewoonlik swak stelsel wat jou in steek laat, nou dink mense omdat hul bietjie beter af is dat net n DC to DC die antwoord is.. ha, surprise, groot koste aangegaan vir n simpel oplossing... maar ek noem net want ek sien die inligting word so oorgegee... DC to DC is ook meer sensitief vir vibrasie en hitte...... en as daar fiutgaan met sy verwysing van spanning en jy laai te lank op 14.4V borrel jou battery heerlik...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 22:36:34 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3259
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Pieter dankie vir jou insae. Dis juis oor hierdie 14.5V wat ek saamstem oor 'n langer tydperk skadelik is en 14.1V genoeg is. Ek het ook al 'n paar keer genoem dat die C-TEK D250SA glad nie sy geld werd is nie (R5500) en ander items dalk meer waarde vir geld is. Nie dat ek die D250SA afskiet nie. Selfs tot 14.7V kan minder skade doen as dit beheer word (slim laaier) en vir kort tydperke toegepas word as 'n konstante 14.5V.

Om terug te kom na Peter se plasing wou ek net aandui dat start siklus en diep siklus albei loodsuur kan wees en dus op dieselfde wyse gelaai kan word. Die diep siklus is gewoonlik meer ontlaai en neem dus langer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2018 @ 08:42:49 am
pietpotjie
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 216
Joined: 02 Oct 2017
Experience: 58 years
Baie dankie vir julle informasie. Dit is maar so belangrik dat die goed ordentlik opgepas word want die goed is so duur deesdae.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous