English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 323
Total Replies: 204 849
Total Views: 80 952 168
topics: 9 837
replies: 110 284
views: 38 214 046
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dieselpryse

replies: 59
views: 900
page 1 of 2
07 Mar 2018 @ 19:22:22 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Waarom word diesel-kleinhandelpryse nie ook soos petrolpryse beheer nie?  Ek het vandag op Stilbaai en Mosselbaai pryse vergelyk vir 50ppm diesel en die volgende pryse verkry: R13.38, R13,80, R13.35 en R13.13.  Die hoogste prys was by een van die vulstasies naby Petro SA terwyl die laagste een by Jacks diensstasie naby die Langeberg Mall was, waar ek toe ook ingegooi het.  Ek het nie opgelet watter brandstof hulle verskaf nie want hulle is maar almal dieselfde aangesien hulle van dieselfde raffinaderye kom. Sasol trek wel my aandag aangesien ek deur my bank 'n goeie terugbetaling van hulle kry. Die verskil tussen die hoogste en laagste pryse was dus 67 sent.  Ek dink dis belaglik en pure uitbuitery!  Ek het toevallig verlede maand voor die nuutste verlaging, by 'n Sasol garage op George R13.83 betaal, dus slegs 3 sent meer as die een buite Mosselbaai- na die verlaging.  Interessant dat die vulstasie reg oorkant die uitbuiter se prys R13.35 was, steeds meer as die een binne die dorp, maar 45 send laer as hy.  Hoe regverdig vulstasie-eienaars sulke pryse?  Op die buite paaie gooi meestal mense wat deurreis in en hulle het gewoonlik nie tyd of lus om deur 'n dorp te ry om diesel in te gooi nie, maar as 'n mens in ag neem dat jy as jy wel die moeite doen om 'n klein draatjie te ry, jy moontlik meer as R30 kan spaar deur net effens van die verbypad af te ry.  Ek is oortuig hierdie is ook geen uitsondering nie want ek het dit al elders ok opgemerk.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 19:37:11 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9755
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Hier in Pretoria verskil ook baie....laas maand het ek dop gehou en die verskil tussen die duurste en goedkoopste een was net so oor die R1 per liter. Dis n R80 verskil op n 80l tank! Daar is n App wat mens kan aflaai waar mens kan opsoek waar jy die goedkoopste diesel kan kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 19:39:39 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9755
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Diesel App
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 20:01:53 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 325
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 45 years

Dankie Fred.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 22:15:08 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Ag julleself geseënd. Toe ons verlede jaar by Dwarswegstrand gekamp het, het ek diesel by die kooperasie motorhawe in Mosselbaai volgemaak. Dit was vir ons ongelooflik om sulke goedkoop diesel te kon koop.
Voor vandag se verlaging kry jy nie in Malelane 50ppm diesel onder R14.43 nie.
Net by die kooperasie as jy lid is.
Hier is 3 brandstofhandelaars en hulle span saam want die prys is by almal dieselfde. Kry darem 10ppm diesel by Sasol garage teen die 50ppm prys van die ander.
Die verskil word toegeskryf aan vervoerkoste. Nou jy kan nie by die Nkomazi vallei inkom of uitgaan sonder om deur 'n tolhek te ry nie.
Nou lyk my die tol koste van R63.00 vir die dieselvervoer word by elke liter gelaai!
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 23:00:14 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 22 years
Fred vra 'n baie goeie vraag. Ek het al deur die land gereis en verstom gestaan oor hoe dieselpryse verskil van vulstasie tot vulstasie wat 'n kilometer of so van mekaar af is. Ek het so twee jaar gelede 'n goeie ontdekking gemaak. Hoewel ek op Warmbad woon, moet ek dikwels Pretoria toe waar ek dan by 'n vulstasie, V&M Motors in Lavenderweg, diesel ingooi. Verlede maand het ek R12.88 vir 'n liter betaal teenoor R14.30 wat ek by die vulstasie in Warmbad sou betaal. Hier is egter 'n vangplek: jy moet meer as 100 liter ingooi om vir hierdie goeie prys te kwalifiseer. Ek het egter 'n ekstra tenk van Frontrunner in my Ranger (2014 XL Plus) laat installeer en dan vat ek nog twee jerrykanne en twee oliekanneties saam om nog 50 liter ekstra te koop. Daaruit gooi ek weer vir my Everest diesel in. So, my diesel kos my sowat 10% goedkoper as tevore. En ja ... daar is nie paraffien in hierdie diesel nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 23:00:42 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 22 years
Fred vra 'n baie goeie vraag. Ek het al deur die land gereis en verstom gestaan oor hoe dieselpryse verskil van vulstasie tot vulstasie wat 'n kilometer of so van mekaar af is. Ek het so twee jaar gelede 'n goeie ontdekking gemaak. Hoewel ek op Warmbad woon, moet ek dikwels Pretoria toe waar ek dan by 'n vulstasie, V&M Motors in Lavenderweg, diesel ingooi. Verlede maand het ek R12.88 vir 'n liter betaal teenoor R14.30 wat ek by die vulstasie in Warmbad sou betaal. Hier is egter 'n vangplek: jy moet meer as 100 liter ingooi om vir hierdie goeie prys te kwalifiseer. Ek het egter 'n ekstra tenk van Frontrunner in my Ranger (2014 XL Plus) laat installeer en dan vat ek nog twee jerrykanne en twee oliekanneties saam om nog 50 liter ekstra te koop. Daaruit gooi ek weer vir my Everest diesel in. So, my diesel kos my sowat 10% goedkoper as tevore. En ja ... daar is nie paraffien in hierdie diesel nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2018 @ 06:49:18 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 115
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 3 years
Ek gooi by die Agri in op George. Goedkoopste!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2018 @ 08:04:54 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 362
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years
Die mensdom bly maar onverstaanbaar en is nooit tevrede nie. Ek kan nog goed onthou toe dieselpryse ook gereguleerd was en dit ter sprake gekom het dat hulle daarmee wil weg doen, was almal bly daaroor. Mededinging sal goed wees en pryse sal laer wees was die algemene mening.

Die publiek wou ook gehad het dat petrol se prys gederuguleer moet word en was baie ongelukkig oor die feit dat dit nie geskied het nie.

Nou kla die manne met die dieselvoertuie weer omdat die pryse nie gereguleer word nie. Nou hoe nou?
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2018 @ 08:08:34 am
Ph . . . .t
Saturn Member
85% Profile Strength
Posts: 2145
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Die pryse maksimum word vasgestel min of meer volgens landdrosdistrikte -  dit is beskikbaar op google. Diesel en gas is slegs maksimum vasgestelde prys, en die handelaar kan verlaag soos hy goeddunk.

Die maksimum pryse word gewoonlik gehef by vusltasies wat langs snelweë, dorpe se ingange ens.

By ons in Klerksdorp het ek asl die vulstasies geprys, en hoe verder jy wegbeweeg van die N12, hoe beter die prys. Ons plaaslike Ko=operasie se pryse so ± 60 sent goedkoper as die norm, maar hier is instansies wat groot en sterk staan in die vervoerbedryf, wat hulle eie tenks het, en dan ook oopmaak vir ander vervoer ondernemings wat deurreis. 

Verlede maand se prys op 50ppm was R12.88, ongeag die hoeveelheid wat jy ingooi. Hulle trek diesel by ENGEN, en wanneer nie beskikbaar, by SASOL. GEEN vuil diesel!

Hier rond is dit ongeveer R1.20 goedkoper as duurste vulstasies.

Ongelukkig is dit in die Industrieële gebied, en paaie is erg uitgetrap deur vragmotors, maar ek ry maar stadig tussen die gate deur.

Daar is NIKS ander fasiliteite op perseel, slegs die pompe en afdak waar die joggies sit, vra ek eerste keer vir die pompjoggie, hoekom julle  pryse so laag - antwoord hy - Jis oubaas, jy siemn mos hier is phokkol anders te koop!!!

Ek dink dit som die prentjie baie goed op!!!

Ek het ook al aangebied vir mense wat deur ons slaggat dorp reis, en wil volmaak, om my te kontak deur admin, ek gee graag verwysings (GPS of straatadres).

Wat Fred se aanmerkings aanbetref, ek weet van die plekke in Mosselbaai, en ry ook elke keer tuusen hulle rond om beste prys te kry, en maak ook vol voor ek  terugkom. Ek verwelkom egter die feit dat hulle NIE die minimum prys beheer nie, dit is tot MY voordeel!!

Ek kry nie "kick back"nie!!!!!tongue-out

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2018 @ 10:44:31 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Geert, baie dankie vir die wenk oor Pitstop- ek het dit pas geinstalleer en sal voortaan daarvan gebruikmaak.  Lyk soos 'n toep wat elke persoon met 'n dieselvoertuik moet hê. Daar is sleg een vulstasie naby my huidige posisie so ek kan nie werklik sien hoe dit werk nie.  Dui dit presiese pryse aan of hoe weet jy watteer een die goedkoopste is?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2018 @ 23:19:31 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 63 years
Baie dankie Geert die app werk goed en dit sal baie help
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2018 @ 23:51:37 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Geert baie dankie vir die toep. Ek het ook so 3 maande terug begin lees wat ek al jare intik en 'n kort lys van waar om in te gooi. Tot dusver vind ek die Total oorkant die groot Kerk in Atlasweg Boksburg as een v d goedkoopste.

Geert en Theo het op 'n ander draad aangedui van die goedkoop diesel in Pretoriusstraat vir mense in Pretoria. So het Johann ook aangedui waar in die Vaaldriehoek diesel goedkoop is.

Fred ek kan nie met jou saamstem dat die persoon wat nie afslag gee jou uitbuit nie. Ek verwelkom die verskil. In ons area is daar 'n Shell en Engen seker 200m van mekaar af met meer as 60c verskil. Die bestuurder by die duurder vulstasie het my meegedeel dat daar geen manier is dat hy sy diesel teen dieselfde prys kan verkoop as die goedkoper vulstasie. Geen duurder vervoerkoste nie.

Dit is 'n besigheid in 'n vryemark stelsel.  So ons nie elke dag kan se SPAR buit jou uit omdat hulle duurder as P & Pay of Checkers is nie. Dis gerieflik naby aan waar die mense bly en jy betaal vir die gerief. Elkeen se keuse waar om te koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2018 @ 14:22:17 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Danie, Kom ons kom ooreen dat ons oor die sakie verskil.

Ek het vanoggend na aanleiding van P...t  en Proffie se inligitng by die kooperasie op Riversdal navraag gaan doen.  Hulle vra R12.23 vir 50ppm, ek dink van Total.  Dit is R1.57 minder as die duur vulstasie buite Mosselbaai wat beteken en sou R94 minder of meer per voltenk betaal afhangende waar ek ingooi.  Ek glo nie vervoerkoste maak hier 'n verskil nie aangesien die twee dorpe maar ongeveel 100km uitmekaar is maar as daar 'n verskil is, sal Mosselbaai se vervoerkoste sekerlik laer wees- die raffineerdery is immers op die dorp.  Dit is 13% meer en is myns insiens nie regverdigbaar nie.  As almal 'n redelike wins maak deur petrol teen dieselfde prys te verkoop, hoekom vind sommige diensstasies dit geregverdig om soveel meer vir diesel te vra?

Danie en Geert, ek kry nie die Pitstop toep om pryse te gee nie.  Dit toon slegs waar die vulstasies is maar nie wat die pryse is of selfs watter goedkoper is nie.  Die vulstasies word met 'n rooi kolletjie aangedui.  Doen ek iets verkeerd?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2018 @ 22:33:50 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred is alles reg. Dit is maar die vrye mark stelsel. Supermarkte het bv geleer om miljoene uit te gee aan drukwerk net om die voete in die winkel te kry en mens koop dan ander goed ook.

Net 'n ander voorbeeld. Ek kom in 'n winkel en kyk na iemand se kospryse op grond van hul kode en bepaal die kosprys was minder as R99. Ons lag en gesels en die ou wil weet hoe weet ek dit. Daarna stap ek in elk geval uit sonder om die artikel te koop op grond van sy R250 prys. Dis uitbuitery maar dis 'n besluit wat die eienaar moes maak. Daar is sekere sakemense wat eerder 'n klein wins sal maak eerder as wat jy daar uitstap. Is dit nie wat Game bv doen as iets elders goedkoper is.

Dus maak elke persoon sy prys en dra die gevolge. Dis baie moontlik dat van die plekke se prys so laag is dat hulle nie wins maak nie. Hul kry jou wel as jy in die vinnige winkel iets koop en hulle maak 100% profyt. My ouers het dit ook al in die 1960's in plaaswinkels gedoen op 1 artikel wat mense mense gereeld koop.

Om hierby aan te sluit het ek ook gesien hoeveel 'n sekere vulstasie goedkoper as die gemiddeld is maar 1 spesifieke maand was die diskonto laer as die vorige 3 maande.

Fred die toep werk volgens my perfek. Die oomblik wat ek ingaan word vulstasies gewys v d goedkoopste na die duurste. Dan moet mens egter gaan kyk waar is die vulstasie. Selfs al soek mens nie die goedkoopste prys is die feit dat dit op die kaart dadelik wys waar alle vulstasies is. Dis ook baie handig dan hoef mens hulle nie te gaan soek nie. Hierdie toep gaan ek nog baie gebruik.

Dalk kan jy laat weet op watter O.S. werk jou foon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2018 @ 22:53:10 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred my toep maak presies soos hierdie prentjie oop. Dit sny net nie die goedkoopste af nie. Mens moet dan die naam en adres gaan kry deur die kaart "icon" te kies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2018 @ 12:07:43 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Danie, Dankie. Ek het Android 7.  As ek die toep oopmaak, is hy by die kaart. My "loction" is aan en die selfoon sien wel akkuraat waar ek is.  Op die kaart wys dit ook die vulstasies binne 10 km.

Dit lyk of jy dan op "diesel" klik. As ek dit doen, verwag ek om die inligting te sien soos wat jy hierbo sien, maar niks gebeur nie- ek kry net 'n skoon skerm.Ek sien ook niks wat ek kan verstel nie. Ek het ge"uninstall" en weer geinstalleer met geen verbetering nie.  Ek kry ook nie inligting op internet oor probleme met die stelsel nie.  Ek hoop ek kry dit reg want dit is duidelike 'n baie nuttige toep.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2018 @ 18:04:28 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Ek kry dieselfde as Fred.
Ook net 'n skoon bladsy. Het alles gedruk wat ek kon druk.
Selfs die groot een wat petrol insluit gedownload en weer uninstall.

Danie, kan jy dalk die naam van die toep bevestig. Daar is meer as een Pitstops toep beskikbaar.

As ek na die foto bo kyk, kan die antwoord in "settings" lê.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 01:04:54 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred en Pottie ek sien julle het albei redelike nuwe O.S.

Hierdie is die icon wat ek gedownload het:

Ek het my synch aangesit so dis wat 1e gedoen word is om die nuutste pryse te kry en dit is gewoonlik in groen.

Agnee. Nou dat ek wil aandui waar ek kliek kry ek ook net 'n wit skerm as ek op DIESEL onder 2e v links kliek.

As ek op DISTANCE kliek dan kry ek net 2 stasies wat verder as 50km van my af is.

Kies ek die MAP dan kry ek 'n blanko kaart in blou. Hier het ek nou 'n fout opgetel want toe ek kliek om hierdie 2 te sorteer op afstand toe skielik kom daar 'n helse lot vulstasies op maar vulstasies binne 10km gee dit 'n astand van 4100+km. Dit wys dat dit nie my posisie optel en ek glo dit is ook hoekom julle 'n blank bladsy kry want jul posisie word dalk gesien as bv iewers in 'n oseaan waar daar geen vulstasies is. Sal hierdie probleem moet soek.

As ek die menu links bo kliek op enige tipe diesel bly my skerm wit en gisteraand het alles nog perfek gewerk.

Dis die lys van plekke binne 10km van my af wat aandui as meer as 4100km. Dit is na ek DISTANCE gekies het en die toep het die 2 vulstasies in Boksburg vervang met die stasies binne 10km maar met die verkeerde afstand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 01:31:57 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Begin rondkyk en na ek my foon afgesit het toe werk alles weer korrek soos Vrydag. So lyk dit as ek DIESEL kliek. Baie goeie toep maar lyk my dit is onstabiel wat die posisie aan betref.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 09:02:11 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Danie en ander, My sel is gestel om "Location" te gebruik.  As ek op die kaart van Pitstop kyk, wys dit ook my posisie korrek sowel as vulstasies naby my.  My selfoon was ook af en steeds werk dit nie.  As dit werk soos joue duidelik doen, is dit 'n puik toep- op die oomblik minder so.  Ek soek nog vir 'n oplossing en sal laat weet as ek iets vind.  As iemand anders raad het, laat weet asb.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 11:17:50 am
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Ek is tans in Pretoria by kinders en het nou net weer die app afgelaai op my tablet.
Heel eerste was om toestemming te gee dat posisie van die tablet toegang gee tydens dowlnload proses.
Tweedens nadat ek die toep oopgemaak het, het gesinchroniseer.
Nou werk dit 100% soos Danie aandui.
Selfde gedoen eergister en dit wou nie op Malelane werk nie. Seker te min stasies in omgewing.

Het gister in Malelane R14.01 vir 10ppm by Sasol betaal.
Steeds verbaas dat MBT in Garsfontein 10ppm diesel teen R13.35 per liter kan verkoop.
Sal daar loop volmaak voor ek terugry Malelane toe.
Dankie Geert vir die verwysing na die app en Danie vir die hulp.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 11:22:55 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred kyk op playstore daar is 2 eposse waar julle dalk kan vertel wat jul ondervinding is. Ek het ook alreeds 'n epos gestuur toe myne gisteraand sukkel voor ek my foon afgesit het.

Wat wel 'n verskil kan maak is ek werk op 'n ouer O.S. van Android. Ek dink net ipv bv Engen, Caltex, Shell aandui waar dit die goedkoopste sorteer as hulle die naam v d vulstasie getoon het of alreeds die afstand gee dan sou dit nie nodig wees om eers te gaan kyk hoe ver die vulstasie is of die naam kry.

Hoop egter julle kom reg. Ek dink hoe meer terugvoer die outeur kry hoe beter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 11:27:58 am
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Fred & Danie
Ek het nou net op my skoonseun se selfoon afgelaai. Dit wou nie werk nie.
Na gesukkel agtergekom die location funksie op die foon
Location aangeskakel en weer gesinchroniseer toe werk hy perfek.

Location funksie moet aangeskakel wees voor jy sinchroniseer.
Android sisteem.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 12:39:22 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Vir die Pretoria en Centurion kampers. Dastek Sasol by Waterkloof se prys is R12.97 vir 10ppm wat dan goedkoper is as enige v d 50ppm vulstasies binne 10km van waar ek die vergelyking gedoen het. Verder vind ek dat Dastek R1.08 goedkoper is as die 2e goedkoopste in my area. Ander Sasol stasies wissel van R14.05 tot R14.80 vir 10ppm.

Fred jammer vir die kaap v d draad. Fuel at 75 Pretorius Pretoria op R12.38 lyk asof dit die goedkoopste in Pta is. Ek merk ook heelwat stasies het niemand nog die prys gerapporteer nie en gee die toep geen prys nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 14:53:10 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3220
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 59 years

Ek het ook die ding gelaai, en soos met Fred en Proffie werk hy nie vir my op Diesel nie. Het hom afgehaal.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 15:07:18 pm
Anonymous

Ek het die toep op my tablet af gelaai, sodra ek diesel kies, vat dit so 10 minute voor die leë bladsy vervang word, en vir my net een vul stasie naby my, se prys wys.

Het toe maar die rating gaan doen en hoop die diens verskaffer doen iets daar aan.

Dit lyk na 'n baie goeie toep om te kan gebruik as mens nie in jou eie omgewing is nie.👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 17:19:54 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9755
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Ek het die toep op my tablet af gelaai, sodra ek diesel kies, vat dit so 10 minute voor die leë bladsy vervang word, en vir my net een vul stasie naby my, se prys wys.

Het toe maar die rating gaan doen en hoop die diens verskaffer doen iets daar aan.

Dit lyk na 'n baie goeie toep om te kan gebruik as mens nie in jou eie omgewing is nie.👍


Lyk my dis n toep waar die gemeenskap moet saamwerk deur middel van pryse oplaai....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 19:48:04 pm
Anonymous


Lyk my dis n toep waar die gemeenskap moet saamwerk deur middel van pryse oplaai....

Lyk my, myne het nou reg  gekom.  Ek het nou al paar keer in en uit gegaan, diesel gekies, afstande gekies, en en ook die kaart, dit het elke keer gewerk.

Jy is reg, die verskaffers moet hul pryse laai,  die ouens wie se pryse beter is, doen dit, die duurder plekke is te skaam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2018 @ 22:26:07 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Mens kan elke plek se pryse edit soos mens daar ingooi. Dis dus iets waar gebruikers v d toep saamwerk.

Soos Pottie gese het moes mens net seker maak jou "location" is aan voor jy die toep oopmaak en synch. Myne synch outomaties as ek ingaan.

Myne werk steeds korrek. Android het seker net deurmekaar geraak gisteraand.

Johann uitstekend as mens binne 10km van 'n vulstasie is wat gelys is maar jammer mens kan nie verder as 10km vulstasies kry nie. Sou nog beter werk as mens vooraf in ander dorpe/stede kon sien waar dit die beste is om vol te maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 09:37:51 am
Anonymous

Danie, ja, myne sync ook elke keer sodra ek die toep oop maak, ek sal bietjie kyk hoe om data, indien moontlik, in te  voer👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 10:11:15 am
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Johann
Laat weet wanneer jy dit gedoen het en hoe om dit te doen asseblief.
Dan kan mens dit elke keer doen sodat die inligting relevant bly.
Hierdie is briljante toep wat ek aan meer mense gaan bekendstel sodat meer inligting verifieer kan word.
Ek aanvaar mens moet weer sinchroniseer om die data vas te lê wanneer jy pryse opdateer.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 12:37:54 pm
Anonymous

Pottie, ek het gaan kyk, dit blyk betreklik maklik te wees om vul stasies en pryse by te werk, mens sal natuurlik versigtig moet wees dat jy akurate inligting versprei. 

Ek sal, sodra ek weer in Vanderbijlpark diesel ingooi, hulle ook op laai vir wie dalk dit kan gebruik.

As jy links bo kyk, is daar 'n edit funksie op die toep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 12:41:07 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Mens kan maklik enige plek se pryse edit. Sodra jy die info oop het vir 'n vulstasie. Die swart pryse is ook nog nie op datum gebring nie. So is daar ook vulstasies wat nie op die lys is wat mens kan nuut bybring.

Soos Johann genoem het moet mens net die korrekte pryse insleutel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 12:44:28 pm
Anonymous

Baie nice toep die, ek het dit op die foon en tablet met sukses gelaai. Dit gaan baie waardevol wees wanneer mens in "vreemde" omgewings is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2018 @ 22:05:10 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Hierdie toep as dit eers werk en ek was gelukkig dat dit v d begin af gewerk het gaan baie waardevol wees. Vanaand so 5km weg v d huis af en dadelik ander goedkoper vulstasies opgetel. Monument Park se Caltex is ook redelik goedkoop.

Ons moet net leer om lokasie aan te he voor die toep oopgemaak word. Verder van belang is om onder "Active Apps" dit te eindig want dit bly aktief al is dit toegemaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 16:48:06 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ek het nou die toep aan die werk na ek aanvanklik gedink het dit werk nie op my selfoon nie.  Die toep werk deurdat gebruikers die dieselpryse bywerk en indien nodig, ook vulstasies byvoeg wat nie op die kaart is nie.  Myne het gelyk of dit nie werk nie omdat niemand nog pryse op Stilbaai en Riversdal, waar ek dit probeer het, bygevoeg het nie.  Ek hoop werklik meeste dieselvoertuigeienaars gaan hiervan gebruikmaak en help om pryse by te werk.  Elke maand as die pryse verander, moet iemand dit op die stelsel verander. Die skepper van die toep het nie 'n databasis om pryse outomaties te verander nie- dit hang van die mense wat dit gebruik af om dit te doen.  Dis baie maklik en neem net 'n paar sekondes, so ek hoop daar gaan genoeg samewerking wees sodat die stelsel oral oor die land kan werk, veral op die lang pad.  Ons ken meestal ons eie dorp of stad maar dis  as jy op vreemde plekke moet volmaak wat jy onnodig baie kan betaal.  Ek het ook sommer uitgevind dat die landbou kooperasies wat pompe het, aansienlik minder vra as ander diensstasies.  So betaal ek R12.23 op Riversdal Koop vir 50ppm terwyl dit meestal in die omgewing van R13.35 by ander diensstasies is en selfs so hoog as R13.80 by een.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 17:53:16 pm
Anonymous

Fred, ek stem saam met jou, die toep gaan so goed wees, soos die data deur mense gelaai word.

Soos ek vir Danie gesê het, net jammer die afstand is nie groter as die 10Km nie.

Ek het ook gevind dat as jy 'n nuwe vulstasie bywerk, moet jy fisies daar wees om die akurate gps koordinate te kry.

Dit gaan handig weesin "vreende" areas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 20:39:26 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 414
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Ek stem saam.
Hierdie is een van die beter en mees bruikbare en relevante toeps.
Ek wou sê naas gesnyde brood, nog 'n wonder ding in die wêreld.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2018 @ 22:48:39 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

@Johann - ek stem saam dis beter om dit daar in te vul om die ko-ordinate reg te kry maar mens kan dit altyd na die tyd regstel deur te edit.

Ek het ook so paar veranderinge deurgegee wat ek op 'n "wish list" wil plaas siende dat hul bemarkingsmense so flink reageer op epos. Ek het juis gevra om iewers dalk die afstand te stel of 10km van 'n plek wat mens kies deur daardie ko-ordinate in te tik. Ek het ook gedink mens moet die ko-ordinate invul terwyl dit self opgetel word as jy 'n nuwe plek bysit. Ek het dus op my "wish list" dat mens net iewers iets "tick" wat miskien se "Use current location"

@Fred - ja as ons net meer weet oor die werking dan leer mens maar dat swart syfers beteken dit is nog nie opgedateer nie. Ek het vandag ook by so paar plekke gaan kyk of die syfers wel korrek is volgens wat die toep aandui. Dis 'n goeie punt wat jy uitwys dat wit skerms suiwer 'n gebrek van info is. Ek was bv verbaas dat die Engen by die Wilgers hospitaal nog nie op die lys is nie en dit bygevoeg. Ek gaan gereeld bysit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2018 @ 08:55:33 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Danie, Ek stem saam dat inligting van plekke buite die 10km radius nuttig sal wees om bv vooruit te beplan waar om brandstof in te gooi op lang reise.  Deur bloot die 10km te verander na 'n langer afstand gaan m.i. nie prakties wees nie.  Met die huidige 10km sien ek op jou screen shot, word reeds 'n groot aantal stasies aangedui.  As dit bv net na 50 verander word, gaan dit seker honderde toon en as dit bv na 400 verander word, soos ek sou nodig hê as ek van Pretoria af suid ry oor Bloemfontein,  gaan onwerkbaar wees.  Dit sou egter gaaf wees as die toep bv gestel kan word om 'n sekere dorp of stad se inligting gegee kan word.  Maar selfs soos hy op die oomblik is, dink ek dit is baie werkbaar.

Ek het uit onkunde 'n vulstasie ingevul terwyl ek seker 300 km daarvandaan was en die posisie waar ek dit gedoen word, word nou as die vulstasie se posisie aangegee.  Dit lyk nie of ek dit kan uitwis nie.  Ek sal moet wag tot ek weer by die stasie is en dan probeer om die korrekte koordinate in te edit. Of is daar dalk 'n manier om dit net te delete wat jy van weet?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2018 @ 09:40:43 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred my idee as mens na plekke kyk wat ver van jou af is sal wees dat die kaart net die rooi kolle aandui wat die toep wel op die databasis het. Hulle moet nie in die lys verskyn nie. As jy dan in zoom kan mens die naam v d vulstsie en ko-ordinate kry vir beplanning.

Verder as jy op enige vulstasie kliek en die info maak oop. Kyk regs onder is 'n edit potlood. Kliek op dit en jy kan die ko-ordinate regmaak omdat dit ingevul sou wees op die posisie waar jy die vulstasie bygesit het. Baie maklik. Dan kliek jy net SAVE.

As mens 'n logboek hou kan jy as die tyd dit toelaat al die plekke waarvoor mens 'n prys het na die tyd in sleutel met korrekte ko-ordinate.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2018 @ 19:39:54 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Dankie Danie- ek sal dit probeer.  Die ander saak is dat die spesifieke vulstasie reeds op die kaart is maar omdat ek nie daar naby was toe ek eksperimenteel die "nuwe" stasie ingevoer het, gaan dit nou tweemaal op die toep voorkom.  Ek sal dus graag my hele inskrywing wil verwyder.  Die data op my selfoon is egter amper op so ek kan nie juis nou eksperimenteer nie.  As ek die inskrywing nie kan wis ne, sal ek die skepper van die toep kontak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2018 @ 20:38:00 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred met my antwoord het ek vergeet jy is mos 300km weg v d plek met die ko-ordinaat probleem. Jy sal hom dus nie kan sien nie want net die stasies binne 10km sal wys.

So sal mens maar leer as mens bv buite die 10km is en jy wil iets bysit of verander. Ek sien as 'n naam eers verskyn kan dit nie verwyder word nie maar data kan net op datum gebring word. Die BP, Shell, Sasol ens kan wel verander word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2018 @ 19:37:39 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Vandag het iets opgetel wat ek nog nie vroeer gesien het nie. Die 2e goedkoopste plek in Pta wat volgens bekende gegewens is is die Q4 vulstaie in Atterburyweg. Hulle het hul diesel teen 'n laer prys oor naweke maar net deur die loop v d oggend. Hul prys is nou R13.48 maar elke naweek van 07h00 tot 16h00 verkoop hulle teen R12.74.

Om dit op die toep te toon het ek maar 'n nuwe vulstasie gelaai met "w-ends only" na die naam. Dus sal daar ook meer as 1 inskrywing wees.

Ek dink dit sal ook handig wees as die TOEP die laaste datum aantoon aangesien die prys mos maandeliks verander. So sal mens kan sien of dit wel deur iemand in die huidige maand op datum gebring is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2018 @ 11:01:31 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Danie, Jou datum idee is beslis goed.  Ek neem aan jy sal die skrywer van die toep daaroor nader?  Ek het ook al gewonder hoe ek gaan weet of die pryse by stasies die huidige is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 18:09:08 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9755
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Ek hoor gerugte van n skerp prys styging Junie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 19:53:14 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9755
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Ek hoor gerugte van n skerp prys styging Junie?

South African fuel users are currently facing increases of 74 cents a litre for petrol, 81 cents for diesel, and 78 cents for paraffin. The AA expressed concern over the impact of these price hikes on the economy.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 20:29:40 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4298
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Gelukkig ry ek nou bitter min, het my hele werks situasie verander kan nou maar tuis werk en net ry indien nodig.. Baie lekker..  Ry nou basies net skole toe en terug... Ry nogsteeds met die tenk wat ek volgemaak het vir my bothaville trippie.... En dis al hele ruk terug....

Ek sien brandstof pryse kan moontlik by R20 per liter gaan draai teen volgende jaar - so sê hulle met markpeilings.... So ek hoop maar nie dit draai daar nie, want dan moet ek daai fortunertjie druk vir 18km/L die hele tyd... gaan baie rustig moet ry.. Of dalk ry mense ook bietjie rustiger - gaan hulle kos om te jaag...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 21:16:32 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3471
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Ek se liewers niks!

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2018 @ 21:21:35 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1029
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Ek se liewers niks!

sê ek ook, en dan werk ek my gat vol eelte vir "PEANUTS".
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First