English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 686
Total Replies: 66 416
Total Views: 80 530 587
topics: 9 475
replies: 3 464
views: 38 034 438
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dink daaraan.

replies: 14
views: 378
11 Feb 2018 @ 17:50:12 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2470
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dagse kampers,
Afgelope jaar gaan dit maar bitter met ons, daar waar die bloed dukker as water is, genoeg gesè.
Hopelik teen 2de helfte 2018 is ons lewe weer normaal, en wil dan met oorgawe gaan toer.
Nou beplan ek so in die stillegheid om dalkies n Exclusive aan te skap, my ou Oom raak oud en wil syne eersdaags verkoop.
Ons Diesel Cruiser sal nie die mas opkom nie, en om dit inte ruil vir sterker een gaan nie reg wees nie, en dalk sowat R300k bybetaling.
My gedagte is om sowat R200k+- op n voertuig te spandeer, dit gaan maar min gebruik word.
Wat sal beskou word as n goeie sleepding, moet beslis met al 4 wiele trek, en baie onpopuler as 2de handse voertuig tov herverkoop.
Volvo en Audi klink na opsies. Enige voorstelle.
11 Feb 2018 @ 18:44:54 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4826
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Old skipper named SKIPPIE
Hi Herman
JEEP GRAND CHETOKEE. baie goeie slerp voertuig met genoeg wringkrag en gewig vir n Exclusive. Jy gaan n uitstekende voertuig kry vir baie minder as R200k.
Die modelle tussen 2006 tot 2010 diesels het almal die mercedes V6 3 liter engin . Outomaties met 510nm en 2200kg tarra.
As jy weer in Bloem land, kom maak n drasi by my dan kan jy biki kyk na my ou strydros. L. W. Ek wil nie verkoop nie, gee jou net n aanduiding.
I love camping all year round
11 Feb 2018 @ 19:11:51 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Online
Posts: 8236
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 18 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Wat van n Ford Territory...die AWD. Jy behoort een in goeie toestand ver onder R100k op te tel....heerlike kar met genoeg krag
11 Feb 2018 @ 21:31:10 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2345
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 41 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Ek dink Geert het 'n baie goeie voorstel. Mens moet net nie in die gat val met v d fabrikate wat baie duur is om te onderhou as daar wel groot probleme opduik op ouer modelle.

12 Feb 2018 @ 06:55:51 am
Jan Meyer
Jupiter Member
Online
Posts: 1581
Joined: 31 May 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 51 years
Vehicle: Landrover Freelander
Camping: Sprite Swing

Herman, nog 'n voorstel dat jy moet kyk na voertuie wat nuwe ontwerpe het, soos byvoorbeeld die land rover discovery/freelander reeks. Die ou ontwerpe/bakwerk se inruil pryse is swak en word dan teen redelike pryse herverkoop. 

12 Feb 2018 @ 06:59:58 am
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5906
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 Auto 2017
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014

Daar staan mos n Trekker in die stoor.
Hehehehe
Groete
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
12 Feb 2018 @ 07:41:56 am
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2470
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
More Jin,
Lyk my jy is weer vol stories vandag.
Ja manne, maar versigtig vir rygoed waar die basiese onderdele kan pla. As jy n windskerm moet soek, en die is nie meer beskikbaar nie ?
Hou van die Teritory veral die Turbo weergawe. Ken n handelaar, sal hom bel oor die diens etc.
Landrover, beslis nie die td5 nie, het een gehad. Dan eerder die v8.
Oom Jeep, ken eerlikwaar nie die rygoed nie, wel gehoor dat sommiges nie baie van hulle hou nie. Betroubaarheid miskien?
Oom kom 24 Feb kuier, dan gesels ons oor die Exclusive.
12 Feb 2018 @ 08:20:51 am
ELU
Titanium Member
Offline
Posts: 539
Joined: 17 Apr 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Chevrolet Trailblazer 2.8 LTZ 4x4 M/T
Camping: Caravan & Offroad trailer

As jy kyk na die Exclusive, onthou om iewers ± R24k by te reken vir 'movers', dis nou as daar nie reeds movers ge-installeer is nie....

12 Feb 2018 @ 09:18:16 am
Hurricane
Moon Member
Offline
Posts: 840
Joined: 25 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Wat van n Ford Territory...die AWD. Jy behoort een in goeie toestand ver onder R100k op te tel....heerlike kar met genoeg krag


Het self 'n Territory gehad, sleep 'n hond uit 'n bos uit en hy is swaar genoeg. Issues? Brandstof verbruik is hoog (is darem 'n 4.0 reguit ses), suspensie is raserig, niks om regtig oor bekommerd te wees nie maar dit pla tog. Enjin en ratkas is bom-proef en sal maklik 'n paar 100 duisend kilos doen. Onderdele word egter problematies, die Ford fabrieke in Australie het almal toe gemaak wat beteken party goed word skaars en duur. Aan die ander kant die voertuig is uiters gemaklik op die lang pad en is baie stil binne, as jy die turbo kan kry (hulle is egter nog steeds baie gewild) sleep hy nog beter :)

Sterkte met die soektog!
12 Feb 2018 @ 09:25:57 am
Hennie
Platinum Member
Offline
Posts: 444
Joined: 09 May 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 24 years
Vehicle: Isuzu KB 300 D-Teq
Camping: Gypsey Raven



Het self 'n Territory gehad, sleep 'n hond uit 'n bos uit en hy is swaar genoeg. Issues? Brandstof verbruik is hoog (is darem 'n 4.0 reguit ses), suspensie is raserig, niks om regtig oor bekommerd te wees nie maar dit pla tog. Enjin en ratkas is bom-proef en sal maklik 'n paar 100 duisend kilos doen. Onderdele word egter problematies, die Ford fabrieke in Australie het almal toe gemaak wat beteken party goed word skaars en duur. Aan die ander kant die voertuig is uiters gemaklik op die lang pad en is baie stil binne, as jy die turbo kan kry (hulle is egter nog steeds baie gewild) sleep hy nog beter :)

Sterkte met die soektog!

Praat met Willem Brits (Wilsur) as jy meer omtrent the Territory Turbo wil uitvind. Hy sleep hoeka 'n Exclusive met syne.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
12 Feb 2018 @ 09:49:36 am
Dieter
Gold Member
Offline
Posts: 204
Joined: 05 Jan 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 24 years
Vehicle: VW Touareg V10 TDI
Camping: 2016 Jurgens Exclusive

Kry 'n Touareg, die V6 diesel is glad nie swaar op diesel nie en sleep 'n hond uit 'n bos. MEt die lug suspensie sit hy ook altyd gelyk, maak nie saak wat jy agter op haak nie. 

 

Daar is goeie bargains onder R200k

12 Feb 2018 @ 17:24:23 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2439
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Bly met die ou Cruiser. Hy is oud en sal baie ouer raak. Hy is sterk genoeg, indien jy nie hastig raak nie. Hy gaan jou niks meer kos nie. Jy moet die karavaan nog koop. Hou die ouer karavaan en verkoop die nuwe groter een. Jy's gewoont aan die kleiner een. Indien jy meer spasie soek, gaan stap 'n entjie. Groot karavane is nie bedoel vir ouer mense nie...
On The Road Again
12 Feb 2018 @ 18:34:50 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2470
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Hallo Edge, die Cruiser is darem nog nie oud nie en het 75 000km op. Die sal ek nie verkoop nie, elk geval gebruik Von dit as haar ryding, sy hou van haar ryding.
Jurgie sal ook nie verkoop word nie, te veel van my tyd spandeer, en regtig heerlik om mee te kamp vir rondtoer en net n paar dae te staan op n plek.
Cruiser sleep Jurgie moeiteloos, en n lekker kombinasie.
Hoekom ek kyk na die Exclusive, omrede ek die wa ken, en Oom is net so puntenerig soos die beste hier, het mowers op en als wat nodig is. Nou op my wenslys is om ook in Kruger te oorwinter, Jurgie is nie geskik daarvoor nie.
Nou om dit te kan doen, moet ek n geskikte voertuig aanskaf, saam die Exclusive. Ek sal seker uit die aard van my gedrag als opsom en besluit of dit die moeite werd sal wees vir n klompie jare. Maar bygese, alhoewel n voertuig n slegte " belegging" is, is n goed opgepaste karavaan n bate volgens wat ek lees.
So n tot 10 jaar oue voertuig met sowat 180 000km op behoort die boksie te merk.
5 days ago @ 14:44:51 pm
WilSur
Pluto Member
Offline
Posts: 5412
Joined: 20 Jan 2003
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Ford Territory ST
Camping: Exclusive

Dit sal vir my baie moeilik wees om my kombinasie te verander.

Oppad na die volgende kamp.
5 days ago @ 20:04:07 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2439
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Herman, Vir 'n paar langer trips sal die Cruiser die exclusive maklik genoeg hanteer. Gebruik net een dag langer om daar uit te kom.
By gese, Jurgie kan ook die winter in die KNP sonder probleme deurbring...
On The Road Again
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First