English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 321
Total Replies: 204 845
Total Views: 80 951 740
topics: 9 836
replies: 110 284
views: 38 213 895
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

"Skewe" Karavaan

replies: 18
views: 393
12 Jan 2018 @ 09:09:08 am
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 939
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 10 years

Dag sê mede kampeerders.

Ja, ons is terug van ons Waenhuiskrans trippie, en alles het klopdisselboom gegaan (sal nie verder uitbrei oor al die wind nie ....). 3519 km teen 14.34 l/100 km met die Grand Vitara .... heel bevredigend!

Terug by die huis, afgepak ens. ens. ens. Toe sien ek die verskynsel voor my - my "Pophuis" staan skeef, effens oorgeleun na links. Bande druk gemeet - alles in orde. Onder ingeklim, en nee, daar is nie skokbrekers of enigiets wat opsigtelike probleme kan veroorsaak nie.

Toe afmetings gedoen en ja, die karavaan leun oor met 11- 12 mm.

Kan dit wees a.g.v. die feit dat die trappie (wat uit die aard van die saak baie gebruik word vir in- en uitklim), die swaar yskas (wat uitskuif na buite) asook die gasstoof en opwasbak (wat ook uitskuif) die probleem (?) kan veroorsaak? Dan is daar nog die feit dat die 9kg gassilinder ook voor in die neus aan die linkerkant sit ekstra las op die kant het.

Verder - esteties lyk dit net nie reg nie, so, kan ek dit regstel/laat regstel? Soos genoem is daar nie skokbrekers nie maar rubbers in die as wat die nodige vering verskaf.

Of, is ek maar net paranoȉes?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 12:08:24 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1029
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Nico, ek glo amper nie dit kan te ernstig wees nie, maar ondersoek gerus jou wa se as rubbers.

My Swift het dieselfde geval waar hy ook klein bietjie hang, maar dit is aan die yskas kant. Ek kan ook byvoeg met ons terugkeer van Drie Berge het ek by die huis gemerk dat die as rubber aan die regter kant, dit is nou die yskas kant, 'n fyn krakie in het.

Ek het geen swaai of laat die karavaan bok spring gehad nie, dit was maar net 'n gewone roetine ondersoek wat ek doen na elke kamp.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 12:14:15 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1074
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Nico, laat sak jy jou karavaan se hoekstutte wanneer dit by die huis geparkeer staan?

Dit sal bepalend wees of die rubber aan die een kant meer saamgepers geraak het.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 12:17:51 pm
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 939
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 10 years

Kanneman, ja, ek laat bepaald my karavann se hoekstutte sak by die huis. Die bande rus nog steeds op die grond, maar die gewig is wel van dit af. Dennis, ek sal weer nader moet kyk of ek enigsins krakies sien, maar moet erken dit was geensins opsigtelik by my eerste ondersoek nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 12:48:48 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1476
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Nico, Ek sal voorstel dat voor jy enigiets verder doen, jy eers die moontlikheid van meer gewig aan die een kant ondersoek.  12 Mm is in elkgeval so min dat ek nie daaroor ongelukkig sal raak nie.  Staan dit op 'n presies horisontale vlak as jy die afmetings neem?  As die oppervlakte skuins van die een kant na die ander neig, sal dit die karavaan aan die afdraende kant laat sak.

Nog verdere advies:  As jy die karavaan vir 'n langer tydperk parkeer, lig dit eerder met 'n domkrag op sodat die bande gladnie aan die grond raak nie en plaas stutte onder die onderstel sodat daar geen spanning op die rubber is nie. Moet onder geen omstandighede die karavaan met die hoekstutte oplig nie- dis sal die onderstel en bakwerk beskadig.  As jy dit reeds weet was my advies natuurlik oorbodig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 12:50:01 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1074
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Nico, ek het al amper vergeet - ek het 'n probleem ( nog altyd )  dat my karavaan linker band gouer en anders afloop as die regterband. Ek het eers gedink die as is gebuig, maar die eksperts (drips under pressure) het dit gemeet en daarna verduidelik dat dit normaal is vir 'n karavaan aangesien dit deur die kontoer van die pad veroorsaak word, wat tot gevolg het dat die wa na links wil neig en dus meer gewig en wrywing op daardie kant ervaar. Ek twyfel of daar empiriese getuienis bestaan om dit te staaf.  Aan watter kant sak jou karavaan?

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 13:15:19 pm
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 939
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 10 years

Fred, dankie. Ek sal beslis jou raad volg wat die parkeringsprosedure van die karavaan aanbetref deur van domkrag en bokkies gebruik te maak. Moet erken ek is bewus van die probleem om die karavaan geheel-en-al net op die hoekstutte te kan laat rus.

Kanneman, jou advies was absoluut korrek! Die linkerkant van alle voertuie neem beslis meer las as die regterkant. Nog altyd - tydens my SKF tydperk - die vraag gehad: Moet ek albei die wiele se laers  vervang? Antwoord - as dit die linkerkant is, vervang net links. Regterkant - slegs as die linkerkant nie voorheen vervang was nie. (Ook die rede waarom laers as 'n enkele stel vir 1 wiel verkoop word ....) Dieselfde is die geval met skokbrekers - die linkerkant neem meer las as regs.

Eenkeer 'n dametjie gehad wat vra:" Ja, maar as ek terugkom is dit tog die anderkant wat 'n hoër las dra?" Maar nou ja, sy was 'n blondine ......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 13:28:31 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1029
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Nico, Ek sal voorstel dat voor jy enigiets verder doen, jy eers die moontlikheid van meer gewig aan die een kant ondersoek.  12 Mm is in elkgeval so min dat ek nie daaroor ongelukkig sal raak nie.  Staan dit op 'n presies horisontale vlak as jy die afmetings neem?  As die oppervlakte skuins van die een kant na die ander neig, sal dit die karavaan aan die afdraende kant laat sak.

Nog verdere advies:  As jy die karavaan vir 'n langer tydperk parkeer, lig dit eerder met 'n domkrag op sodat die bande gladnie aan die grond raak nie en plaas stutte onder die onderstel sodat daar geen spanning op die rubber is nie. Moet onder geen omstandighede die karavaan met die hoekstutte oplig nie- dis sal die onderstel en bakwerk beskadig.  As jy dit reeds weet was my advies natuurlik oorbodig.

My karavaan staan ook wiele in die lug met stutte onder die as. dit voorkom ''Flat Spots'' op die bande asook minder drukking op die wiellaers.

Dit verskaf jou ook die geleentheid om die wiele so nou en dan te laat omwentel i.p.v. om die karavaan op en af te stoot sodat smering ewerdig deur die wiellaers smeer.

 

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 14:19:53 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
85% Profile Strength
Posts: 2145
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 58 years

Nico, maklikste oplossing : laai BAIE drank aan die  "ander"kant in, sorg net dat Ma ook ekstra kry!!!!!

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 14:36:23 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Nico, maklikste oplossing : laai BAIE drank aan die  "ander"kant in, sorg net dat Ma ook ekstra kry!!!!!

Frans


Frans ek wou voorstel Nico vat my saam next time dan ry ek aan die anderkant v.d. wa waar dit lig is. Maar nou nou het hy n gewigs-probleem by die weegbrue. Hehehehe
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 15:55:34 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Nico miskien is my voorstel dom maar ek gaan nietemin probeer.

Met die wa op 'n gelyke deel voor jou werkswinkel sit dit op bokkie met die wiele so 50mm bokant die grond.Trek die handrem op om te voorkom dat die wiel draai.

Merk 'n punt sowat 100mm binnekant v d band se binnekant. Plaas 'n 1.5-2m reghoek buispyp se punt op die merk aan die binnekant v d band.

Meet die afstand tussen jou bopunt v d band en die modderskerm.

Gebruik jou trekskaal aan die lang deel v d buispyp se punt en trek tot 'n sekere gewig (50kg) op die skaal. Laat Joan die afstand tussen die bopunt en modderskerm meet.

Doen ook so aan die anderkant. Vergelyk. Dit gee 'n idee op lae gewig (50kg) of die een kant se rubber dalk makliker meegee. Weens die hefvoordeel behoort die drukking op die band naby aan 7-9 maal meer te wees as die skaal se lesing.

As dit "pie in the sky" is laat weet my.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 21:50:28 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
My Landrover hang ook skuins, maar daaraan raak mens gewoond.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 22:20:46 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Danie, glo nie dis n pie-in-die-sky nie, klink net na baaaaie tegniese werk. 😎
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 22:33:54 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1029
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years
Vir iemand wat nie tegnies aangelê is nie, is dit redelik ingewikkeld.
Eintlik prakties is dit baie eenvoudig.
Basies is dit hoe ń "Ratio" bereken word in die teenoorgestelde.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2018 @ 23:54:59 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Danie, glo nie dis n pie-in-die-sky nie, klink net na baaaaie tegniese werk. 😎

Gelukkig is dit maklik as die persoon vir wie dit bedoel is 'n meganiese ingenieur is soos in hierdie geval. Ek neem aan mens bly 'n ingenieur al tree jy ook af.

Sou dit ingewikkeld voorkom kan mens darem verder uitvra oor die konsep. Ek het ook al dit oorweeg om op so manier 'n badkamerskaal te gebruik om die gewig op elke wiel van die woonwa te meet en dan te vergelyk met 'n weegbrug resultaat. Ek sou seker al as daar 'n weegbrug naby my was.

Dis juis hierdie verhouding tegniek wat vir elke elektriese installasie gebruik word om die krag verbruik te meet - groot of klein.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 00:18:05 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1029
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Gelukkig is dit maklik as die persoon vir wie dit bedoel is 'n meganiese ingenieur is soos in hierdie geval. Ek neem aan mens bly 'n ingenieur al tree jy ook af.

Sou dit ingewikkeld voorkom kan mens darem verder uitvra oor die konsep. Ek het ook al dit oorweeg om op so manier 'n badkamerskaal te gebruik om die gewig op elke wiel van die woonwa te meet en dan te vergelyk met 'n weegbrug resultaat. Ek sou seker al as daar 'n weegbrug naby my was.

Dis juis hierdie verhouding tegniek wat vir elke elektriese installasie gebruik word om die krag verbruik te meet - groot of klein.

 

Nee!!!, Danie kom ons verduidelik dit stap vir stap sodat almal kan verstaan hoe dit te werk gaan.
Netnou val my oë uit???
Jou laaste parragraaf maak my bang.
By 3-Berge het die damn hekkie se kraglyn die "wierook" uit my geshock toe ek langs die rivier wou afloop, ek was geskok van die "shock" en nogsteeds die pad aangevat met seer hand.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 01:05:18 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Nee!!!, Danie kom ons verduidelik dit stap vir stap sodat almal kan verstaan hoe dit te werk gaan.
Netnou val my oë uit???
Jou laaste parragraaf maak my bang.
By 3-Berge het die damn hekkie se kraglyn die "wierook" uit my geshock toe ek langs die rivier wou afloop, ek was geskok van die "shock" en nogsteeds die pad aangevat met seer hand.

Dennis as jy weer by 'n Eskom of stadsraad substasie verby ry kyk en jy sal altyd in stelle van 3 langs mekaar sulke goed sien. Dis is stroomtransformators (CT) met verhoudings vanaf 200/1 tot 3200/1. Vir kragverkope is die akkuraatheid 0.2%.

Slegs die 1 ampere gaan na die kontrole kamer na die kragverbruik meters toe. Dit word al vir baie dekades gebruik. So word ook gemeet wanneer moet die stroombrekers klink wat elektries beheer word 99% v d tyd deur 110V/220V DC.

Ongeag hoe die kop deel lyk sodra jy sien die inkomense oorhoofse draad is naby of gelyk met die uitgaande kant dan is dit 'n stroomtransformator. Aan die onderkant sal daar amper altyd die tenk deel wees en dit is waar al die sekondere 1A verbindings sit en die kabel gekoppel word.

  

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 09:40:04 am
Nico
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 939
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 10 years

Sjoe Danie, so jammer dat hierdie geselsie jou tot na 1:00 in die nag wakker hou!

Nee man, gaan slaap nou!!

laughinglaughingwink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 11:29:10 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2974
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years
Nee Nico dit was my nagse geselsie. Terwyl jy lekker gebraai het het ek ander dinge gedoen want dis te vrek warm deur die dag en heerlik in die aand.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First