English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 666
Total Replies: 208 110
Total Views: 81 174 168
topics: 9 972
replies: 112 096
views: 38 308 781
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

McNicols Bazley

replies: 7
views: 238
07 Dec 2017 @ 08:40:17 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4414
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Enige aanbevelings of inligting rakende die oord? Staanplekke ens? Lyk geskik vir kinders? Enige staanplek aanbevelings?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 09:04:42 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10485
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Baie netjies oord. Kinders in seisoen tyd word net soos by ATKV oorde goed besig gehou.  Staanplekke effens terug half teen hoogte uit is by die laaste geboude ablusue geriewe.

Van daai staanplekke het ook sy eie afvoer vir gryswater. Dis nou wel in die hoek van die staanplek spesiaal vir Exclusive of Classique.

Dink dis 'n puik oord. Mens moet maar net versigtig wees as kinders strand toe wil gaan by diespoor oorweg.  Daars is wel 'n hek wag van soorte wat kyk dat dit veilig gedoen word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 09:28:52 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10199
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years
Goeie oord met goeie verwysings....al nadeel is vir my dat daar nie n swemstrand is nie. Ek weet nie of dit nog so is nie....maar in die verlede moes jy ten minste 21 dae aaneenlopend bespreek in Desember
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 10:00:52 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years
Het verlede week terug gekom na 14 dae se kampering daar. Die oord is oor die algemeen netjies.

Die oord is in verskillende areas gedeel bv. Riverview, Fish Eagle ens. Laasgenoemde is die rand geleƫ en het 4 terasse. Vanaf die boonste teras het jy 'n uitsig oor die Lagoon. Skadu is op sommige staanplekke goed en ander het weer geen of baie min skadu. Dus is van die staanplekke se gras maar aan die skraps kant. Hulle het groot sand kolle waar die ouens gereeld kamp. Van die staanplekke is maar aan die klein kant. Ek kon nie my voertuig op my staanplek parker nie, maar dit was stil tydperk en dus nie 'n probeem nie.

Daar loop geen treine meer op die spoorlyn nie en die oord se hek is elektries beheer deur 'n wag. Sekuriteit is baie goed en ons het deurgaans veilig gevoel.

Die oord maak gebruik van boorgatwater wat souterig is en nie vir my geskik was vir drink of selfs om koffie en tee te maak nie. Selfs my hond wou dit nie drink nie. Ons het maar water gekoop. Daar is 4 krane naby die kantoor met munisipale water as jy bereid is om te loop en jou kan vol te maak.

Die oord beskik oor 'n winkel en drankwinkel. Andersins moet jy Scottburgh toe ry as jy iets nodig het....sowat 30km. Naaste vulstasie is op Park Rynie...25km.

Daar was 'n paar dingetjies wat nie na wense was nie, maar dalk sou dit ander nie gepla het nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 14:41:26 pm
Neill and MArg
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1403
Joined: 02 Oct 2010
Experience: 43 years

Just the best place for young and old. We went with a group of friends and everyone just loved the place. Plenty to do on the park.

MArg

Neill & MArg
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 16:17:45 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4414
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Sal nie vir my so seer wees of oor die park die kiddies besig hou nie, meer is dit veilig en geskik dat hul nie platgejaag word en genoeg speelplek het, ek hou my kids maar self besig, maar wil nie noodwendig dit net by karavaan dien nie,myne is maar nog net 4 en 1...

weet nie van 21 dae storie, hul het my datums soos deurgegee aanvaar as my tyd wat ek gaan staan....??
Ek kyk n paar oorde deur en het darem hierdie jaar groter keuses so ek probeer kyk wat is beste... swemstrand nie belangrik my kids gaan nie juis swem in see nie, net in sand sekerlik speel en by rotse rond karring, nog te klein.. ek sal seker eers weer geleentheid kry wanneer hulle in see gaan wil swem....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 19:00:44 pm
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years
Pieter, my dogter hulle was verlede jaar daar en my kleinkinders het dit baie geniet. Hulle is onderskeidelik 2,8 en 10 jaar oud. Hulle gaan weer daarheen vanaf 26 Desember tot 18 Januarie. Kleinkinders kan nie wag om te gaan nie.

Voertuie kan nie werklik vining ry in die park nie. Dit is baie veilig vir kinders. Al wat moontlik 'n gevaar kan inhou is die Lagoon.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2017 @ 20:00:08 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4414
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Dankie Chris ja ekt die lagoon ook so gekyk en gedink so ver staanplek as moontlik.. Marlon lyk ook vir my rustig

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous