English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 769
Total Replies: 209 295
Total Views: 81 281 370
topics: 10 037
replies: 112 906
views: 38 352 941
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Groot gekuier

replies: 23
views: 494
13 Nov 2017 @ 13:43:57 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Saterdag my 60ste verjaarsdag gewees.
Het vir myself n lam gespit, en van die jarelange vriende so ruk gelede gebel; As julle kan, of lus het, kom kuier, my karavaan staan by die kamp, so jy kom kamp saam, of slaap by die huis, net so 500m van die kamp af.
Was nie lus vir n formele besigheid nie.
Donderdag arriveer maters vanaf Witbank, het bure geraak 37 jaar gelede, en toe lewenslange vriende. Ons pak dadelik n kuier uit.
Vrydag nog n paar, van die Kaap se kant, en ons kuier nog verder, weer vars mense.
Saterdag daag nog n klomp op, ek spit, mense kuier n hond uit n bos.
Sondag was die klompie maar stil hoor.......
Wat n lekker verjasrdag, drie dae kuier saam mense wat ons hopeloos te min sien. Weer ons vriendskap bevestig, paar planne gemaak om meer gereeld te kuier.
O ja, het vir almal gese dat as hulle dink aan n geskenk, bring n boompie om by die kamp te plant. Daar was tot n boompie wat saam was op vliegtuig. Baie beter geskenk as n bottel Single Malt.
Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 14:04:33 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1093
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Baie geluk met jou verjaarsdag en mylpaal wat jy bereik het.

Vertrou jy sal nog vele van hulle bereik en geniet.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 14:26:02 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1769
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Herman baie geluk en baie gesonde jare vir jou vorentoe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 14:39:32 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10636
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years
Ja dit is altyd aangenaam om ou kennise en vriende weer te sien. Baie geluk met die verjaardag wat verby is. Geseende jare vir jou vorentoe.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 15:21:12 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10347
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years
Baie geluk...lekker om weer so met ou vriende te kuier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 15:39:16 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Baie geluk met jou 60ste, Herman.   Dit klink of jy dit behoorlik lekker gevier het, oor 4 dae! So 'n informele saamkuier, vat dit soos dit kom, is net die beste manier om dit te doen. Ek glo almal het opgedaag omdat hulle lief is vir jou.  Jy verdien dit.  Alles wat mooi is vir die jare wat nog voorlê, vir jou en Vonnie.

Ek weet nie of ek dit iewers gemis het nie, maar van watse kamp praat jy, 500m van jou huis af?   Het jy jou eie kampplek begin?smile 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 17:20:12 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Baie geluk Herman. Om te kan verjaar daar in die Swartberge met n klompie goeie en getroue vriende moet voorwaar n voorreg wees. Mag die bome met oorgawe groei.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 17:46:38 pm
Ad Rem
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 163
Joined: 28 Mar 2016
Experience: 38 years
Alles van die beste Herman met jou 60ste verjaarsdag.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 18:17:36 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Dankie almal, dit was voorwaar een groot fees. Klomp ou dinge weer oorvertel, ons klomp wat so van jongs af saamkom het sommer baie avonture saam beleef.
Freda, in 2009 het van ons die Visrivier " trial" saam gestap. Daar was paar onbekendes ook saam, vriende van vriende, en soos die wat gereeld stap sal weet, word julle of groot vriende of vermy mekaar vir ewig daarna. Wel ons het groot vriende gemaak, behalwe met een couple.
Ons het afgespreek om die volgende jaar weer te stap, maar die Canyon was droog, en toe is dit gesluit vir stappers. Die klomp was so teneergedruk dat hulle toe besluit het om almal vir ons te kom kuier, wil om n vuurtjie sit in die veld. Wou sommer so rof kamp hier vir n paar dae.
Toe maak ek n sirkel met pale, sit n rietdak oor een deel, bou n donkie in vir warm water, n stort, wasbak net met riete toegemaak en toilet met n uitsig oor die Swartberg.
En daar is die boskamp. Daar al heelwat bome geplant, en baie Aalwyne wat ek moes skuif.
Vandag die nuwes gaan plant.
Daar staan 2 ou katels, en waneer die lus ons beetpak, gaan kamp ons vir die naweek. Het al n heelpaar Desember maande daar deurgebring.
Het al fotos geplaas, sal kyk of ek weer iets kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 18:18:20 pm
Anonymous

Baie geluk Herman, hoop jy het genoeg boompies gekry vir die park.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 20:35:46 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Liewer laat as nooit  -  Herman, baie geluk met daardie 60ste die afgelope naweek !  Op 60 is jy darem nog nat agter die ore jong !

Kamp jy met Jurgie by jou "karavaanpark" of waar staan die twee "katels" waarvan jy praat ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 05:46:05 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Liewer laat as nooit  -  Herman, baie geluk met daardie 60ste die afgelope naweek !  Op 60 is jy darem nog nat agter die ore jong !

Kamp jy met Jurgie by jou "karavaanpark" of waar staan die twee "katels" waarvan jy praat ?

Dis wat ek ook juis nou wou vra.  Ek neem aan daar kan karavane staan maar julle slaap op die katels onder die rietdak.  En as ek mag vra, is die toilet 'n "long-drop"?laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 09:33:27 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2510
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Baie geluk Herman, so kamp met vriende is die beste verjaarsdag geskenk,
En dan kry jy nog boompies by...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 11:37:03 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Dagse, somtyds trek ek Jurgie daar, veral waneer kinders kom kuier.
Meestal slaan ek die tent op onder die dak, dit is nou vir waneer dit winderig en koud raak. Die twee katels staan onder die afdak, dit is lekker om so oop te slaap, le en loer vir die kampvuur uit die kooi.
Die twee fotos wys so bietjie, katels staan net regs van die tent.
Het n netjiese spoeltoilet Freda, met n wasbakkie. Aparte stort met wasbak effe weg, net n skuiling om. Kan n foto gaan neem as iemand wil sien.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 12:46:25 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Herman, julle hoef mos nooit te ry om te gaan kamp nie.  Net daar bly, dit lyk so lekker.  Wat meer wil mens nou hê.   Ja, wys vir ons jou stort ook, asb.

Die kleinkinders is mos nie meer naby julle nie.  Julle verlang seker na die twee meisiekinders.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 15:40:14 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Nog so paar plaaskamp fotos.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 17:25:26 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Herman baie geluk met die pragtige opset by jou voordeur. Dit is nou die plek om te gaan kop skoonmaak. Sorgeloos en kommervry.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 18:43:51 pm
RichardJ
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 50 years
Bake geluk met jou 60ste verjaarsdag, 1 jaar voor meine. Lyk na lekker kamp by die huis.
Dreaming of retiring
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2017 @ 19:01:35 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Dit is so netjies en mooi uitgelê.   Jy kan regtig trots wees op wat jy daar gedoen het, Herman.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2017 @ 14:33:55 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6447
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Dit is regtig iets om te sien.
Ou Grootte jy mag maar.
Darm het ons vroeg Saterdag oggend gepraat. Groete.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2017 @ 16:55:00 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Jin, jy het my regtig nog in die bed gevang, moet se 5.30 was vroeg vir nou ou man wat eers na 12 uur gaan slaap het. Gaan jou terugkry......
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 13:18:50 pm
Anonymous

Baie geluk oom Neef. Dit klink na 'n lekker kuier

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 13:21:51 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10636
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Baie geluk oom Neef. Dit klink na 'n lekker kuier

Haai spekkies.................. goed om te sien jy loer weer by ons in.

Lekker cozy plekkie daai Herman.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 18:52:21 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Dankie weereens, het darem al herstel. Dankie tog daar is nog n paar jaar voor Von 60 word.
Die bottel wyn 5l Tiara, was gebere vir n geleentheid, was half bang dat dalk te lank gele het, 20 jaar, maar ongelooflik.
Sommige dinge in die lewe word beter met tyd, kry karakter en raak meer kompleks. Rooiwyn en Whiskey onder andere, wonder of dit van mans gese kan word ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous