English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 325
Total Replies: 62 353
Total Views: 80 268 793
topics: 9 273
replies: 1 054
views: 37 917 881
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV Eiland

replies: 26
views: 420
18 Oct 2017 @ 15:15:05 pm
optics
Bronze Member
Offline
Posts: 8
Joined: 18 Nov 2016
Province: Mpumalanga
Experience: 40 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Jurgens Classique
Wie was onlangs by ATKV Eiland. Hoe is die pad soontoe? Is dit heelpad teerpad of is daar grondpad ook. Jammer dat ek vra, maar ek was nog nie voorheen daar nie en uit die resort se forums is dit ook nie duidelik nie. Daar is wel persone wat dit noem dat daar slaggate is.
Is daar dalk nou iemand wat vir my na staanplek grootte op E 234 kan kyk of mens met n Jurgens Classique daar sal inkom. Te veel los sand kan dalk n probleem met die neus wiel veroorsaak.
Ek sal terugvoering in hierdie verband baie waardeer.
18 Oct 2017 @ 19:18:00 pm
Johann
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7558
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Archie, ek was verlede jaar Julie daar, baie mooi pad, teer al die pad met skerp draaie, sleep dus maar rustig.

Dit is 'n puik oord met kampeerders gees wat skrik vir niks.

Kan ongelukkig niks van daai staanpkek sê nie, gaan en geniet dit.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
18 Oct 2017 @ 20:39:22 pm
optics
Bronze Member
Offline
Posts: 8
Joined: 18 Nov 2016
Province: Mpumalanga
Experience: 40 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Jurgens Classique
Baie dankie vir die terugvoer oor die pad en die oord Johann. Dit stel my gerus.
18 Oct 2017 @ 20:59:59 pm
Karel
Platinum Member
Offline
Posts: 316
Joined: 17 Mar 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Camping: Karavaan

Archie, ons ry ongelukkig van die Vrystaat met N1 na Eiland Spa toe. Ek weet nie hoe lyk die pad van jou na Eiland toe nie, maar verskeie mense wat vanaf Middelburg en Secunda daar gewees het terwyl ons daar was, het nie gekla oor die pad nie. Ek het 'n vriend van my ge WhatsApp dat hy net vir my moet gaan kyk na E234. Ons staan maar altyd in die Ablok. Ek sal terugkom as ek iets hoor van hom.

19 Oct 2017 @ 08:33:23 am
optics
Bronze Member
Offline
Posts: 8
Joined: 18 Nov 2016
Province: Mpumalanga
Experience: 40 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Jurgens Classique
Baie dankie vir die terugvoer Karel. Ek oorweeg ook om van die N1 gebruik te maak vanaf Johannesburg. Ek sal bly wees as jou vriend vir ons inligting kan stuur oor die staanplek.
19 Oct 2017 @ 09:35:10 am
ELU
Titanium Member
Offline
Posts: 531
Joined: 17 Apr 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 41 years
Vehicle: Chevrolet Trailblazer 2.8 LTZ 4x4 M/T
Camping: Caravan & Offroad trailer

Skakel die oord en vra vir hul wat jy wil weet rondom die staanplek??

19 Oct 2017 @ 16:53:13 pm
Karel
Platinum Member
Offline
Posts: 316
Joined: 17 Mar 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Camping: Karavaan

Baie dankie vir die terugvoer Karel. Ek oorweeg ook om van die N1 gebruik te maak vanaf Johannesburg. Ek sal bly wees as jou vriend vir ons inligting kan stuur oor die staanplek.

Archie, hy het my vanoggend geWhatsApp. Hy het net besigheid om af te handel in Tzaneen en sal seker op die laatste môre vir my laat weet. Wanneer gaan jy Eiland toe en vir hoe lank.

Ons ry altyd oor Duiwelskloof (deesdae Modjadjiskloof) want die pad is redelik gelyk. Daar is net 'n swart gebied voor Modjadji, waar die verkeersmanne staan, maar ek het nog nooit moeilikheid met hulle gehad nie. Die ander pad is oor Magoebaskloof, maar dit is baie steil daar af, hoewel hy omtrent 30 km korter is. Albei paaie is in 'n baie goeie toestand toe ons laas maand van die Eiland teruggekom het. Sal jou op hoogte hou as ek iets hoor oor die staanplek. 

 

19 Oct 2017 @ 18:08:51 pm
optics
Bronze Member
Offline
Posts: 8
Joined: 18 Nov 2016
Province: Mpumalanga
Experience: 40 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Jurgens Classique
Baie dankie Karel. Ek is besig met beplanning vir volgende jaar Aug/Sept en het nog nie besluit op n roete nie. Dankie vir die inligting oor die twee opsies. Ons wag dan vir jou vriend se terugvoer oor die staanplek. Die kantoor dametjie kon my nie veel se oor die staanplek nie alhoewel sy baie behulpsaam wou wees.
Ek sal byvoorbeeld graag wil weet van afstande na naaste water en krag voorsiening en ook beweegbaarheid van karavaan om in die staanplek te kry en hoogte van bome,dreinering ens. Mens wil nie daar kom en jy sukkel om te parkeer en jy het nie genoeg plek nie ens. Ek waardeer enige bydrae deur iemand met ondervinding.

19 Oct 2017 @ 18:20:00 pm
W J
Pluto Member
Offline
Posts: 5695
Joined: 03 May 2007
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 52 years
Vehicle: Jeep patriot
Camping: Caravan sprite surfer deluxe

Eblok staanplekke almal groot bietjie ver van swembad

 

How great is our GOD
19 Oct 2017 @ 19:29:28 pm
Chris E
Silver Member
Offline
Posts: 81
Joined: 04 Sep 2017
Province: Gauteng
Vehicle: Renault Koleos 2.5 petrol CVT
Camping: Gypsy Regal Blue Series
Ons staan self in Desember op die Eiland. Daar is kaarte met die uit leg van die kampterein en staan plekke op hulle website. Miskien moet jy daar kyk, dit sal jou 'n goeie idee gee. Ook lug fotos op google maps. Gaan jou dalk nie help met water en krag punte nie, maar jy sal darrem kan sien of dit lyk of daar plek is.
19 Oct 2017 @ 19:39:56 pm
Chris E
Silver Member
Offline
Posts: 81
Joined: 04 Sep 2017
Province: Gauteng
Vehicle: Renault Koleos 2.5 petrol CVT
Camping: Gypsy Regal Blue Series
Was al op die eiland sonder 'n karavaan en ek is self van plan om eerder van Randburg af N1 tot by polokwane en dan oor tzaneen te ry. Ek is bietjie bang vir die styltes af anderkant Lydenburg op die ander pad. Volgens wat ek kan onthou is die paaie goed gewees die hele pad, behalwe miskien as jy 'n snaakse agter pad vat.
Die vrou the van Eiland wat ek mee gepraat het het 'n redelik idee gehad van hoe groot die staan plekke is, soos bv A96 vat 'n exclusive. So ek dink nie hulle sou jou sommer in 'n piepklein plekkie probeer indruk nie.
19 Oct 2017 @ 21:29:26 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Ek ry more Eiland toe vanaf Polokwane. Gaan via Magoebaskloof ry. Verkies daai pad. Die kloof is slegs 7km lank. Wil sommer sien hoe gedra die Grand Vitara haarself.

 

Jip
20 Oct 2017 @ 07:16:56 am
optics
Bronze Member
Offline
Posts: 8
Joined: 18 Nov 2016
Province: Mpumalanga
Experience: 40 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Jurgens Classique
Baie dankie vir al die terugvoer. Ek kom agter die paaie is nie sleg nie. Ek was bekommerd oor slaggate, maar dit lyk nie 'n probleem te wees nie.
Ek het met die kantoor dame gepraat en sy het vir my gese dat die staanplek groot genoeg is en ek is tevrede met dit. Ek het ook vermoed dat hy ver is van die swembad maar ongelukkig is dit omtrend die naaste een wat nog beskikbaar is. Ook nie 'n probleem nie. Die ander is F blok wat nog verder is. Ons het in elk geval besluit om die bespreking te maak en dit te gaan geniet. Baie dankie vir almal se insette.
20 Oct 2017 @ 09:54:22 am
Robert
Bronze Member
Offline
Posts: 1
Joined: 21 Sep 2017
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 34 years
Vehicle: Ford 3.0 l supercab bakkie
Camping: Caravan
Ek wil graag hoor wat julle dink van Thipese se Karavaan park, is dit die moeite werd om daar heen te sleep vir n vakansie buite seisoen
laat weet my. ek sleep n Jurgens Penta met my Ford Ranger 3.0 supercab.
Robert
20 Oct 2017 @ 16:05:11 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4393
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Arcie gaan groot gaan al meer as 35 jaar soentoe vandat ATKV hulle oorgevat het is dit n puik puik oord soveel te doen vir oud en jonk
Haak daai wa kamp bly koning
20 Oct 2017 @ 16:35:18 pm
optics
Bronze Member
Offline
Posts: 8
Joined: 18 Nov 2016
Province: Mpumalanga
Experience: 40 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Jurgens Classique
Shaun, ek dink dit is goeie raad soos die ander ook gegee het. Ek sal groot gaan.
21 Oct 2017 @ 08:23:16 am
Karel
Platinum Member
Offline
Posts: 316
Joined: 17 Mar 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Camping: Karavaan

Archie, A234 klink na 'n ok plek. Ons is by die Eiland vanaf DV middel Maart volgende jaar. Sal jou dalk daar sien. Lekker kamp.

21 Oct 2017 @ 18:09:37 pm
danieh
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 27 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Volvo XC90 D5
Camping: Sprite Splash
Archie, ek kamp al 'n paar maande by die Eiland, baie lekker. Was vanoggend in Tzaneen en die pad goed. Het gou na die staanplek gaan kyk. Dit is 'n groot staanplek met geen versperrings nie, by die kragpunt en redelik gelyk. Jou karavaan sal maklik pas en die grond is hard. Hier is dit droog en die staanplekke het nie gras nie, dus moet jy maar grond bedekkings bring. Die staanplek is 'n bietjie ver van die swembad, maar ek glo nie dit sal pla nie. Lekker kamp.
21 Oct 2017 @ 18:09:42 pm
danieh
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 27 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Volvo XC90 D5
Camping: Sprite Splash
Archie, ek kamp al 'n paar maande by die Eiland, baie lekker. Was vanoggend in Tzaneen en die pad goed. Het gou na die staanplek gaan kyk. Dit is 'n groot staanplek met geen versperrings nie, by die kragpunt en redelik gelyk. Jou karavaan sal maklik pas en die grond is hard. Hier is dit droog en die staanplekke het nie gras nie, dus moet jy maar grond bedekkings bring. Die staanplek is 'n bietjie ver van die swembad, maar ek glo nie dit sal pla nie. Lekker kamp.
21 Oct 2017 @ 22:30:20 pm
Karel
Platinum Member
Offline
Posts: 316
Joined: 17 Mar 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Camping: Karavaan

Archie, ek kamp al 'n paar maande by die Eiland, baie lekker. Was vanoggend in Tzaneen en die pad goed. Het gou na die staanplek gaan kyk. Dit is 'n groot staanplek met geen versperrings nie, by die kragpunt en redelik gelyk. Jou karavaan sal maklik pas en die grond is hard. Hier is dit droog en die staanplekke het nie gras nie, dus moet jy maar grond bedekkings bring. Die staanplek is 'n bietjie ver van die swembad, maar ek glo nie dit sal pla nie. Lekker kamp.

Danie, waar staan julle ?.

21 Oct 2017 @ 23:04:59 pm
danieh
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 27 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 43 years
Vehicle: Volvo XC90 D5
Camping: Sprite Splash
Archie, ons staan op C11 tot die 31ste Okt. Dan weer op selfde plek vanaf 1 Mei volgende jaar.
22 Oct 2017 @ 05:57:41 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Reen heerlik hier by Eiland vanmore.

Gaan heelwaarskynlik nat opslaan vandag. Maar die naweek was n wenner!

Jip
22 Oct 2017 @ 06:04:06 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Archie

Die pad vanaf Letsitele tot by Eiland is baie hobbelrig. Limpopo se manier van slaggate regmaak. Voel of jy grondpad ry.

Vat maar rustig, mens weet nie of die reen die gate gaan oopspoel nie.

Verder is die pad mooi. Ekt deur Magoebaskloof gery En as die reen aanhou, gaan ek die R81 Duiwelskloof pad terugry Polokwane toe.

Magoebaskloof is MOOI maar jou wa kan jou besig hou. Jy klou aan die stuurwiel!

Jip
22 Oct 2017 @ 06:05:32 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Danie 

Ek staan langs jou. C13!😁😁

 

Jip
22 Oct 2017 @ 07:27:05 am
Chris Centurion
Platinum Member
Offline
Posts: 276
Joined: 04 May 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 30 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara 2,4 Outo
Camping: Jurgens Fleetline
Hannes hoe het die Grand Vitara haar gedra? Veilig terug sleep.
Moeg geploeg.
22 Oct 2017 @ 07:43:43 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Chris, ekt gesuffer vanaf Polokwane tot by Magoebaskloof. Gereeld ratte verwissel en meestal 3e gesleep.Verskriklike sterk wind gehad van voor. In Magoebaskloof soos n droom geloop. Die AWD het geklou en die pas n plesier gemaak.

Vanaf Magoebaskloof baie lekker gesleep. Ligter wind gehad, maar baie swaar trokke tot na Tzaneen. Toe hardloop sy dat dit bars.

My gemiddelde verbruik ,8km/Lt tot by Eiland waarmee ek heeltemal in my skik is. 

Ek oorweeg om Duiwelskloof/Modjaji terug te sleep as dit hard reen, anders weer Magoebaskloof.

Jip
22 Oct 2017 @ 07:48:41 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Robert

Ek bly nou 8 jaar in Polokwane. Nog nooit Thipese toe gesleep nie. Glo my ek juk!

My probleem is daars basies net 1 pad soontoe en dis die N1. Te veel swaar trokke op daai pad. Trokke en Busse!!!!! En hulle jaag. !!!

Jip
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First