English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 325
Total Replies: 62 353
Total Views: 80 268 836
topics: 9 273
replies: 1 054
views: 37 917 893
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Enjin olie informasie.

replies: 10
views: 231
18 Oct 2017 @ 13:58:49 pm
pietpotjie
Silver Member
Offline
Posts: 58
Joined: 02 Oct 2017
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 57 years
Camping: Jurgens XT120 HM TTT
Hierdie informasie oor enjin olies kan toegepas word met enige olie maatskapy se produkte.
Alle enjin olie word op 100*c gemeet. Heelwat mense staan en skud ‘n houer, of kyk soos wat hulle hom ingooi “....... maar hierdie olie is dun!” of anders om. Motor enjin, ratkas en agteras olies se viskositeit is almal op 100*C gemeet want dit is omtrent hulle werks temperatuur. IAW SAE 0W/40, SAE15W/40, SAE20W/40 (almal multigraad olies), dan ‘n SAE40 (wat ‘n enkel grad olie is), is almal SAE40 op 100*C.
Die verskil kom in met hulle lae temperatuur eienskappe (aangedui deur “W”). ‘n Enkel graad enjin olie (bv SAE40 - hy het geen “W”) en is net geskik tot 0*C werks temperatuur. ‘n SAE25W/… tot -5*, SAE20W/… tot -10*C, SAE15W/… tot -15*C, SAE10W/… tot -20*C, SAE5W/…. tot -25*C en SAE0W/…. tot -30*C.
Ouer tegnologie enjins met groot enjin toleransies (“big clearances” – bv Ford V6) werk goed met swaerder tipe viskositeite soos ‘n SAE20W/50. Nuwe tipe enjins met kleiner toleransies werk beter met ligte tipe viskositeite bv SAE15W/40. Enjin tegnologie het heelwat ontwikkel en piston ringe bv is nou tot net 1mm breed in vergelyking met 2mm ringe ‘n paar jaar terug.
Al eis sekere maatskapye wel so, die brandstof bespaaring met die nuwe tegnologie olies is eintlik maar baie, baie min. Die rede daarvoor is dat die enige tyd waneer brandstof bespaaring kan plaasvind, is net in die tydperk waar die enjin temperatuur klim tot werks temperatuur. IAW ‘n vergelyking in brandstof gebruik tussen ‘n SAE 40 enkel graad en ‘n SAE 0W/40 sal net ‘n klein voordeel wys in die kort tydperk van koud tot werks temperatuur. Daarna sal daar geen brandstof bespaaring / voordeel wees. Die rede omdat teen werks temperatuur is albei se viskositeit die selde (SAE 40).
So ‘n SAE0W/30 is net ‘n SAE30 wat kan werk tot -30*C. Dit se niks verder.
Nou as jy moet soek of kies vir petrol of diesel enjin olie, of albei moet jy kyk vir die API klassifikasie op die produk. Daar is ander spesifikasies maar hulle is ingewikkeld en sal julle deur mekaar maak. API “S…” klassifikasies is vir petrol want ‘n petrol is “spark ignition” en “C…..” klassifikasies is vir diesel enjins (“compression ignition”). Nou werk petrol klassifikasies alfabeties, SA, SB, SC, SD, SE, ……ens., en diesel CA, CB, CC, CD (ou seriesIII), CE, CF, …… ens.. Al hoe hoer alfabeties die klassifikasie, al hoe meer werkverrigting/ skoonmaak/ teeslytmiddel eienskappe. Enjin olies bevat klomp skoonmaak, teenslytmidde, roesweerende, ens., middels. In die fyn skrif van ‘n olie kan, kan jy nou sien hoe geskik is ‘n spesefieke olie vir gebruik in petrol en /of diesel enjins. ‘n Olie wat geskik is vir albei petrol en diesel sal dan sy API vir albei aandui (bv API SG/CH4). As jy kyk in jou voertuig se handbook, sal hulle die API klassifikasie wat hulle verwag spesefiek noem, saam met ‘n SAE vikositeit (bv SAE 5W/20 APICF4).
Vervaardigers beveel aan snaakse lae temperatuur viskositeite as gevolg van hulle grootste mark le in lande met baie lae temperature. Soek net die mees geskikste produk. Vir SA is ‘n SAE 15W/40 meer as voldoende vir ons klimaat. Meeste hoe klassifikasie diesel enjin olies is maar SAE 15W/40.
Daar is geen gevaar om ‘n hoer klassifikasie olie te gebruik as wat aanbeveel is, behalwe sekere spesiale buitegewone gevalle. Sekere ou diesels (sonder turbo) Gardner Denver(myne), Lister (ou krag opwekkers, pompe), ens., soek glad nie ‘n baie hoe klasifikasie olie. Die grootste gevaar vir die man op straat is ‘n diesel enjin wat al lank al op ‘n baie lae klasifikasie olie geloop het. Die binnekant van die enjin gaan vol “sludge” wees. As ‘n mens dan ‘n hoe klassifikasie ingooi sal hy miskien nie sy volgende diens tydperk haal nie. Die hoe klassifikasie olie sal jare se “sludge” skoon maak, ‘n groot “sludge” in die sump dan vorm en die enjin sal groot skade lui. Die enigste manier om dit te voorkom is om die olie en filter te ruil met jou keuse van (geskikde) klassifikasie diesel enjin olie, en dan te ry vir 1,000 km. Tap die olie weer, ruil die filter om en nou is jy vuilig. Dit kan weer ‘n keer gedoen word vir die wat wil. DWS - nuwe olie, nuwe filter, 1 000 km en dan weer tap. Die bogenoemde gevaar van sludge wat opgebou het, gebeur wel waar ‘n tweede handse diesel voertuig gekoop word en geen geskiedenis is beskikbaar.
In die verlede het petrol enjins glad nie so ‘n groot “sludge” problem gehad in vergelyking met diesels. Ongelukkig met die nuwe tipe petrols is die prentjie heelwat verander. Nou kan ‘n mens nie waag om albei enjins verby sy diens tydperk te ry nie. Petrol enjins met hoe km, of wat lae klassifikasie olies gebruik het en / of wat toegelaat is om oor hulle tydperk te loop, is nou genuig om ‘n bruin kleurige sludge laag op te bou binne in die enjin op alle fyn oppervlakte. Daar is geen enjin spoel middle wat die afhaal. Petrol enjins moet uitmekaar gehaal word om van die “sludge “ ontslae te raak. In sommige / ligte gevalle kan net die “sump” afgehaal word en die enjin olie pomp se “pickup” skoon gemaak word. Dus is dit deesdae van groot belang dat enjins met gooie gehalte, hoe spesifikase / klassifikasie olies gereeld gediens moet word.
Enjins wat ‘n gasket geblaas het, kan net getap word, nuwe filter, ‘n kort tydperk loop en getap word. As ‘n enjin net staan en loop, sonder om gery te word, sal die olie nie kan skoon maak en spoel soos verwag sal word. Enjins / voertuie moet gery word om die enjin olie efektief te laat werk / skoonmaak, ens.
Enjin spoel middles is nie aanbeveel nie. Hulle bevat oplosmiddels wat die olie verdun en kan metal oppervlaktes beskadig en / of “sludge” gedeeltes losmaak wat skade kan veroorsaak. As daar so ‘n “sludge” moontlikheid is, soos genoem, 1 000 km afstand met gooie hoe klasifikasie wat die enjin sal vuilig / stadig / geluidelik skoonmaak. As ‘n enjin gereeld gediens is met ‘n hoe klassifikasie olie, is daar geen rede om ‘n spoel middle te gebruik. As ‘n enjin olie in gebruik is, word dit wel verwag dat hy gou vuil word. Dit wys dat die olie sy werk doen (maak skoon, hou vuiligheid in suspensie, ens). ‘n Olie wat skoon bly is dan nie so ‘n gooie olie nie.
‘n Petrol enjin wat olie verbruik ondervind, kan na die volgende hoer viskositeit toe verander om olie verbruik te verminder. DWS van SAE15W/40 na SAE20W/50, en dan na ‘n enkel graad SAE40. Ordentlikke klassifikasie diesel enjin olies is meeste SAE15W/40 en nie beskikbaar in ‘n swaerder viskositeit nie. Meeste hoer viskositeite diesel enjin olies is beskikbaar maar net met lae klassifikasies. Die diesel enjin sal dan in gevaar wees om van “sludge” op te bou. Meeste eienaars lewe maar met die olie verbruik en gebruik ten minste ‘n hoe klassifikasie SAE15W/40 diesel enjin olie.
‘n Enjin wat pas gediens is met ‘n puik produk sal ommidelik begin verkleur. Daar bly altyd’n bietjie ou olie oor met aftap en die nuwe skoon olie sal ommiddelik hom oplos en versprei. Diens tydperke vat al die eienskappe in bereken.
Hier is ‘n geheim wat aangepas en geleer kan word met die “doen dit self manne”. Dit is ‘n bietjie van ‘n kuns so wees geduldig. Met aftap kan ‘n druppel van die ou olie op ‘n stuk papier gelos word vir ‘n paar ure. Skryf die datum en km op. As dit gereeld gedoen word, kan tekens van foutiewe injectors of ‘n diesel pomp wat se seel lek, ommiddelik opgetel word. Die rou diesel kan as ‘n helder kring om die vuil olie kol gesien word. Hoe bree die helder kring, hoe erger die problem. As dit met elke diens gedoen is, kan voorige aftappings vergelyk word en enige vergrooting van die diesel kring, kan ‘n waarskuwing wees. Moet nie skrik nie, daar sal gewwoonlik ‘n klein ring wees. Dit gaan meer oor die vergelyking. Enjin olie kan getoets word deur Wearcheck in so ‘n geval. Die koste hoort hier by R400 nou te wees. Weereens, afhangende van die uitslae, Wearcheck sal liewerste ‘n geskiedenis van meer as een monster wil he om akuraat te kan raporteer. Monsters moet uiters “skoon / ongetamineer” wees. Spoel die houer uit liewerste met die selfde olie vir die toets as om bv petrol te gebruik. Enige buitegewone tendens soos bradstof, verskillende / spesefieke metal, stof, ens sal volgens die enjin tipe, olie diens tydperk en total km bereken word. Dit kan ‘n grot voordeel wees vir herverkoops waarde ook. Ek het persoonlik ‘n foutiewe lugfilter bak opgetel met ‘n splinter nuwe kar!
Verskoon tog die spel en taal. My Komputer wil alles omkeer Engels toe.
18 Oct 2017 @ 22:04:31 pm
Proffie
Silver Member
Offline
Posts: 72
Joined: 04 Aug 2017
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: LR Discovery XS
Camping: PentaKC conversion
Peter
Dankie hiervoor. Dit is baie interresant.
Jesus saves all who do the will of the Father
19 Oct 2017 @ 11:17:04 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Uitstekend. Baie dankie.

Donkie jare terug. Se so middel 70'S het ons maar min verskillende tipes gehad.
Vir petrol .. Castrol
Vir diesel .. Shell rotella.
As jy petrol olie in n diesel enjin sou gooi, en jou diesel bakkie staan vir 2 dae ,, sukkel hy om weer aan die gang te kom.
Ek het n klompie R10 weddenskappe gewen met my teorie dat diesels net maklik sou start as hulle Rotella ingooi.
In my huidige CRD Jeep met turbo gebruik ek slegs Engen diesel lube. Ruil olie op 15000 kilos i.p.v. 20000 soos voorgeskryf. Elke keer met nuwe filters. Die rede hoekom is omrede ons die voertuig uitsluitlik vir karavaan sleep gebruik het.
Ek het verstaan dat die 3 liter V6 Mercedes enjin maklik sy 400000 kilos kan haal. Het nou 146000 kilos gedoen.

I love camping all year round
20 Oct 2017 @ 04:07:58 am
chameleon
Uranus Member
Offline
Posts: 3142
Joined: 22 Mar 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Experience: 45 years
Vehicle: ISUZU
Camping: Motorhome / Trailer
Dankie vir die infighting sal ook graag wil hoor oor olies in ratkaste en ewenaars
Het juis die week gehoor as die verskaffer sê die olies hou lewenslank meen hulle net tot die waarborg verval
Moes toe al die olies vervang het ń aardige bedrag gekos maar heelwat goedkoper as by die agent
Camping is a collection of memories .... make each one count
21 Oct 2017 @ 16:31:30 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Peter,hier is 3 fotos van olie wat ek by ons Koperasie aankoop, het aldrie al gebruik op trekkers, Landrover en die Toyota L Cruiser. Olie word elke 5000km geruil, filters inkluis. Trekkers doen ek jaarliks, doen nie baie ure nie.
Dit blyk uit die inligting wat jy noem dat die Rubia die beter een tussen hulle is.
Wat van die sintetiese olies , of deels sinteties. Hou dit voordele in, of is dit meer om langer ruilintervalle te gee. Sien dit is deesdae die norm vir Diesels, 20 000 tussen diensintervalle.
21 Oct 2017 @ 18:05:37 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Peter baie dankie vir hierdie duidelike goeie raad. Kan ek net na die volgende verwys:

‘n Petrol enjin wat olie verbruik ondervind, kan na die volgende hoer viskositeit toe verander om olie verbruik te verminder. DWS van SAE15W/40 na SAE20W/50, en dan na ‘n enkel graad SAE40.

As ek dinge reg verstaan is daar nie enige voordeel as die enjin warm is om SAE15W/40 om te skakel na SAE40 maar dat daar wel 'n voordeel sou wees om SAE20W/50 te gebruik want dit is dikker as dit warm is en het die voordeel dat dit beter smeer as die enjin nog koud is.

Jou waarskuwing om nie 'n kwaliteit olie te gebruik om van ou sludge van swak olie te verwyder behalwe is as dit binne 1000km getap gaan word is my vraag of hierdie sludge dan van plekke kan loskom en skade veroorsaak voor dit deur die filter gefiltreer kan word. Voor jou waarskuwing sou ek dink dat die filter dit tog sou skoonmaak. Ek het nog nooit 'n enjin probeer skoonmaak nie en is soort van getroud met my GTX van my 1e kar af en nou met my 1e diesel gebruik ek Magnatec maar het al Rotella oorweeg.

Ek het die ook die volgende vraag. Meeste van ons weet  GTX is vir petrol en Magnatec vir petrol en diesel. Nou GTX se petrol klassifikasie is SL en Magnatec is SN. Vir diesel is albei se klassifikasie CF so nou wonder hoekom is die gevoel daar dat GTX nie geskik is vir diesels nie. Die klassifikasie dui wel aan dat Magnatec 'n beter olie is vir petrol enjins as GTX.

Aangesien GTX (CF) 'n SAE20W/50 is en Magnatec (CF) SAE10W/40 is blyk dit dat GTX beter kan wees vir 'n ouer enjin suiwer omdat dit dikker is. Die 10W/20W syfer is seker nie so belangrik omdat dit tog nie so ver onder vriespunt in Gauteng raak in die winter nie.

21 Oct 2017 @ 19:37:08 pm
pietpotjie
Silver Member
Offline
Posts: 58
Joined: 02 Oct 2017
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 57 years
Camping: Jurgens XT120 HM TTT
Skies rk was 'n bietjie bedrywig.
Wees net in kennis dat 'n enjin se leeftyd kan heelwat verkort word as gevolg van 'n lugfilter wat voutief is = ek verwys na die omhulsel asook die element. In so geval al hoe gooie olie jy gebruik en wat se mooite jy doen is tevergeefs / 'n hartseer storie. Kyk na die inlaat pyp en smeer hom met 'n bietjie oile. Enige stof hoort jy te kan sien. Beste nog een olie ontleeding sal so 'n groot fout ommidelik wys.

Herman jy is heeltemal reg die API SI olie het die hoogste klassifikasie en maar tog daardie ander is nie sleg hoor en CF4 is maar net effens te lig in die broek.

Peter baie dankie vir hierdie duidelike goeie raad. Kan ek net na die volgende verwys:

‘n Petrol enjin wat olie verbruik ondervind, kan na die volgende hoer viskositeit toe verander om olie verbruik te verminder. DWS van SAE15W/40 na SAE20W/50, en dan na ‘n enkel graad SAE40.

As ek dinge reg verstaan is daar nie enige voordeel as die enjin warm is om SAE15W/40 om te skakel na SAE40 maar dat daar wel 'n voordeel sou wees om SAE20W/50 te gebruik want dit is dikker as dit warm is en het die voordeel dat dit beter smeer as die enjin nog koud is.

- Danie IVM SAE 40 ten SAE12W/40 in 'n ou enjin - Die SAE 40 sal dikker wees in die tydperk van tot warm temperatuur en sal as gevolg daarvan minder wees.

Jou waarskuwing om nie 'n kwaliteit olie te gebruik om van ou sludge van swak olie te verwyder behalwe is as dit binne 1000km getap gaan word is my vraag of hierdie sludge dan van plekke kan loskom en skade veroorsaak voor dit deur die filter gefiltreer kan word. Voor jou waarskuwing sou ek dink dat die filter dit tog sou skoonmaak. Ek het nog nooit 'n enjin probeer skoonmaak nie en is soort van getroud met my GTX van my 1e kar af en nou met my 1e diesel gebruik ek Magnatec maar het al Rotella oorweeg.

- Die reinigheids effek is maar stadig en stelsel maatig en alles word in suspensie gehou en gefiltreer.

Ek het die ook die volgende vraag. Meeste van ons weet GTX is vir petrol en Magnatec vir petrol en diesel. Nou GTX se petrol klassifikasie is SL en Magnatec is SN. Vir diesel is albei se klassifikasie CF so nou wonder hoekom is die gevoel daar dat GTX nie geskik is vir diesels nie. Die klassifikasie dui wel aan dat Magnatec 'n beter olie is vir petrol enjins as GTX.

- Ja net so.

Aangesien GTX (CF) 'n SAE20W/50 is en Magnatec (CF) SAE10W/40 is blyk dit dat GTX beter kan wees vir 'n ouer enjin suiwer omdat dit dikker is. Die 10W/20W syfer is seker nie so belangrik omdat dit tog nie so ver onder vriespunt in Gauteng raak in die winter nie.

- 100%
21 Oct 2017 @ 19:37:15 pm
pietpotjie
Silver Member
Offline
Posts: 58
Joined: 02 Oct 2017
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 57 years
Camping: Jurgens XT120 HM TTT
Duubel pos.
22 Oct 2017 @ 07:17:23 am
steamer
Titanium Member
Offline
Posts: 580
Joined: 06 Jun 2015
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 43 years
Vehicle: Land Cruiser 80 4500GX
Camping: Sprite Surfer Deluxe Nomad!
I change the Isuzu KB280DT oil & filters every 5000km.
That noisy old engine will last my lifetime!
Your strongest weapon is your mind!
And then, Power Tools!
22 Oct 2017 @ 18:55:36 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Peter is ek reg as ek slegs die oliedruppel op 'n vel papier slegs vir 10min op die papier hoef te los. Dit wil voorkom asof die diesel in die olie binne 5min in die papier ingesuig word.

Ek het juis met hierdie vraag geworstel so jaar terug toe my "worst 4x4 by far" net gevrek het en nie wou start nie. Gelukkig was dit net die tenk se elek "lift" pomp wat ingegee het. Alles het mos maar net 'n beperkte lewe.

22 Oct 2017 @ 19:48:22 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

My toets na ek die enjinolie laat goed warm word het en met die dipstick 'n druppel op papier laat val het. Ek neem aan vir olie wat nou 10 maande (7000km)  in die enjin is lyk dit nie na te veel diesel in die olie maar ek sal dit met tyd vergelyk.

 

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First