English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 325
Total Replies: 62 353
Total Views: 80 268 837
topics: 9 273
replies: 1 054
views: 37 917 894
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Beurt-water in Kaapstad

replies: 50
views: 674
11 Oct 2017 @ 19:40:19 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Jammer, die onderwerp is nie kampverband nie, maar dit kan tog dalk tot 'n interessante gesprek aanleiding gee.

Met die knellende droogte het Stad Kaapstad al geruime tyd die waterdruk kwaai afgedraai in 'n poging om mense te kry om meer water te spaar.  Die volgende stap is om beurt-water toe te pas waar verskillende voorstede se water totaal afgesny gaan word vir 'n paar uur, heelwaarskynlik in die oggende en aande wanneer die waterverbruik die meeste is.

Ek wil nie graag met my broek op die knieë gevang word nie en het vandag vir my 'n 2200 liter Ecco watertenk gekoop - hier in die Kaap deesdae so skaars soos hoendertande.  Ek beplan om ook reënwater daarmee op te vang, maar dis nie my primêre doel nie omdat dit nie by ons in die somer reën nie.  My eintlike doel is om tydens die munisipale beurt-water onderbreking steeds water in die tenk te hê vir huisgebruik.  Ek sal dus munisipale water, wanneer dit beskikbaar is, in die tenk laat loop (sê so 1000 liter).

Nou my vraag : Ek sal 'n pomp moet koppel met 'n drukmeter/klep om die water na die huis te pomp (die mun. stopkraan moet natuurlik toegedraai word anders pomp ek my water na die leë mun. pyp !).  By Builders Warehouse is 'n JoJo pomp-kit beskikbaar teen R2300 wat glo 4 bar drukking lewer en self aan en af skakel soos wat huiskrane oop en toe gemaak word.  Gaan dit voldoende wees om water na die huis se krane en die geyser te pomp ?  Die drukverminderingsklep na die geyser dui aan 600kPa (dws 6 bar)

Enige ander raad wat ek ingedagte moet hou ?

 

11 Oct 2017 @ 20:17:23 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Len ek glo as Jolo dit verkooop is dit juis 'n geskikte pomp juis vir die doel. Jy kan ook kers opsteek by www.watershop.co.za - ek dink dis die korrekte adres as ek reg onthou. Daai tipe pompe behoort genoeg volume te verskap dat water goed loop uit die krane vir bad ens.

Ek glo nie jy hoef regtig die druk te lees of die druk verminderingsklep as die pomp wat sentrufigaal werk nie meer as 4 bar kan lewer nie. Sonder om te weet hoe lyk die pomp aanvaar ek dat dit wel nie 'n rat of wurmpomp sal wees nie maar sentrifigaal met 'n ingang omtrent in die middel waar die impeller loop en die uitgang dan by 9h, 12h of 15h.

Len wat ek nie hier sien is 'n druk skakelaar wat die pomp aansit sodra daar iewers 'n kraan oopgedraai word. Dit sal net gemakliker wees as om self elke keer die pomp aan te sit.

11 Oct 2017 @ 20:52:11 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Sal interesant wees om te sien hoeveel water hul regtig sal spaar met beurt water. Mense gaan soos jy water stoor...hetsy in n jojo tank of miskien in emmers of sommer net die bad voltap. Ek dink op die ou einde is dit meer net n fustrasie om water sò te moet gebruik as wat mens enigsins spaar. Dit was dieselfde met beurt krag destyds...geen besparing was sigbaar op maandelikse rekening nie....as jy nie nou jou wasmasjien kon gebruik weens beurtkrag nie...gebruik jy hom later as krag wel aan is.

Mens hoop dat daar wel uitkoms sal wees binnekort...net jammer reën seisoen is verby.....
11 Oct 2017 @ 22:05:09 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Danie :- Soos in my voorlaaste paragraaf genoem,  die pomp het 'n ingeboude druk skakelaar wat self aan en af skakel soos wat krane oop en toegemaak word. Wat my bekommer is dat ek water vanaf die tenk (eintlik agteruit) na die huis-sisteem gaan inpomp en nie vanaf die gewone mun. stopkraan kant nie.  Die tenk staan aan die ooste kant van die huis en die mun. stopkraan aan die weste kant. Die geyser druk-verminderingsklep sit nie by die geyser nie, maar naby die mun. stopkraan wat beteken die hele huis-sisteem se druk word verlaag, en nie net die geyser se invloei nie.  Ek gaanm nou water van die ander punt inpomp en nie deur die drukverminderingsklep nie.  As die tenk pomp se druk van 4 bar minder is as die huis s'n (verby die drukverminderingsklep), dan behoort daar mos nie 'n probleem te wees nie.  Ek weet egter nie wat die huidige druk in die huis is nie.

See :- Ek dink water beurtkrag sal besparing afdwing by dié wat nog nie water spaar nie.  Voor die droogte was my verbruik gemiddeld 25 kl water per maand.  Ek het my grasperk met plaveisel vervang, tuinmaak gestaak en 'n swembadkombers oor my swembad getrek.  Ons is baie sensitief om te wag dat water by 'n kraan warm word en vang hierdie koue water op in emmertjies waarmee ons die toilette spoel.  Ek was ook glad nie meer kar of karavaan nie en laat dit nou doen by karwasplekke wat boorgate het of water suiwer en hersirkuleer.  So doende het ons huisverbruik afgekom na 10 kl pm.  Ek kan nie nog water spaar nie, maar sal steeds binne my verminderde verbruik van 10 kl pm bly, selfs al reserveer ek daarvan in my tenk vir die kere wat die mun. die water afsny.  Die beurt- water is dus gemik op daardie ouens wat nog nie begin het om water te bespaar nie.  Trouens die Stad Kaapstad het reeds by die meeste misbruikers van water instrumente geïnstalleer wat hul water totaal sal afsny wanneer 'n sekere perk bereik word.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
12 Oct 2017 @ 06:17:09 am
Fairhills Caravan Park
Bronze Member
Offline
Posts: 36
Joined: 09 Oct 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 50 years
Vehicle: Toyota Fortuner
Camping: Tent and caravan

Len daai pompie werk baie goed.  Hier by Fairhills het ons 5000L tenks by elke ablusieblok en die kleiner een, 2 storte, 4 toilette en twee wasbakke word deur so 'n pompie bedien.  Werk nou al meer as 'n jaar sonder probleme.

Om te keer dat jy jou hele buurt van water voorsien sit jy net 'n "non return valve" in die toevoerpyp in, so na as moontlik aan  die hoof inlyn kraan.  Dit sit gewoonlik net na jou meter.  Al jou krane sal dan water kry sonder om elke keer daai kraan te gaan toe draai.

Die pomp skakel self af as die tenk leegloop, maar maak net seker dat reenwater skoon is - jy kry so 'n tregter met 'n sif wat jy by die tenk se inloop installeer.

Om seker te maak dat niks lek nie, maak al die krane toe en hou die pomp vir so 10 minute dop, as hy in hierdie tyd aanskakel, lek iets.

Flip

Fairhills Managment
Fairhills Caravan Park and Camping ground
Fascadale Rd
Ramsgate
Kwazulu-Natal
12 Oct 2017 @ 06:18:02 am
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Lennie, jou plan klink reg.
Ek is net nie seker of die prv n non return op het nie, maw dat water nie lek na munisipale lyn. My gevoel is dat dit gaan terugvloei, omrede dit n meganisme in het wat die druk eers afsluit sodra dit by 6 bar kom.
Jy kan toedraai by jou meter, seker op grens. Net nie tussen die prv en huis nie, kan jou geyser dalk bars weens uitsetting.
12 Oct 2017 @ 12:50:42 pm
Bak oor
Platinum Member
Offline
Posts: 431
Joined: 05 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 37 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens - Fleetline

Gister n e pos gekry wat my verwittig het dat my vakansie plekkie by die strand se swembad en spa bad gesluit is tot verdere kennis gewing as gevolg van die water te kort. En ek is nie n man wat in die see swem. yell

12 Oct 2017 @ 14:51:46 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Dankie Flip en Herman  -  ek hou ingedagte.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
13 Oct 2017 @ 13:37:14 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Len ek het 2 tenks by my by die huis op. Een van 5000liter en een van 2500liter. Ek het ook so n Jo Jo pomp op. Ek gebruik myne net met reenwater en ek is gelukkig dat dit nog nooit leeggeloop het nie. Die hoofdoel was maar my tuin. Gedurende Desember verlede jaar het ons ook n waterprobleem hier gehad. Ek het toe die tenks aan die huis gekoppel. Omdat my tenks naby die punt is waar dit by my huis ingaan het ek dit daar gekonnekteer. Ek het n stopkraan waar ek die munisipale water afdraai en dan n stopkraan waar ek die tenkwater na die huis oopdraai. Die help darem dat ek nie vergeet watter een om oop en toe te draai nie. Op n stadium in Desember, terwyl ons baie kuiergaste gehad het, het die tenks ons hele huis volledig voorsien van water sonder enige probleme. Daardie JoJo pompie werk uitstekend en soos ek se ek gebruik hom feitlik daagliks in my tuin. Vriende van ons het hulle tenk aan die munisipale water se hooflyn gekoppel. Sy tenk bly dus altyd vol omdat die water deur dit na die huis vloei. Watter metode jy ookal volg dit is haalbaar en werk perfek. Sterkte met julle beproewing. Susan het n niggie wat in Belville bly en sy het gisteraand vir Susan gese sy oorweeg om by haar ongetroude seun in Centurion te gaan bly totdat die water situasie daar opklaar.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
13 Oct 2017 @ 20:56:54 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Dankie Piet, dis baie gerusstellend om te weet van iemand wat presies dieselfde pomp vir dieselfde doel as ek gebruik sonder probleme.  Ek het vandag my tenk geposisioneer en die nodige pypwerk gedoen om die geut se water eers deur 'n "leaf catcher" en dan in 'n pyp ('n "water divider") om die eerste vuilerige water af te keer en daarna die skoner water na die tenk te vervoer.  Ek het toe ook die JoJo pompie gekoop wat eintlik 'n Vega Pump is, 'n SA maatskappy met takke in die groot sentra.  Alles is gekoppel en reg (nog nie aan die huis-sisteem nie) vir die naweek se voorspelde reën, maar ek pak môre die voorsiening van 'n kragprop tot by die pomp aan.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
13 Oct 2017 @ 20:58:59 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Ai, dit moet bitter wees om so te sukkel, hier by my loop die water in oorvloed in die bergstrome. Ek gaan rygoed minder was net om gewete beter te hanteer vir die wat swaarkry.
14 Oct 2017 @ 14:14:59 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Herman jy is reg. Dinsdag toe die reen in strome hier by ons uitsak en die riviere vol raak en die see al vuiler word van die modderwater toe wonder ek ook hoekom die lewe so kompleks moet wees. Kan al die oorvloed water nou nie maar Kaap toe vloei nie.
Was maar daardie voertuie Herman en gebruik terwyl daar vir jou in oorvloed gegee word.
Lennie ek hoop en Bid maar dat die voorspelde reen van vanmiddag vir julle uitkoms sal bied. Jare gelede het ons n predikant gehad wat een Sondag gepreek het dat ons moet onthou dat die weervoorspellers nie reen maak nie.......daar is net EEN wat reen bring. Wag maar vir daardie wolkie so groot soos n man se hand!!!!!!!!
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
14 Oct 2017 @ 14:25:09 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Ai, dit moet bitter wees om so te sukkel, hier by my loop die water in oorvloed in die bergstrome. Ek gaan rygoed minder was net om gewete beter te hanteer vir die wat swaarkry.

Stem dis erg. Ek het self vanoggend in n mate skuldig gevoel om die swembad te "backwash". Ek sê altyd..liewer sonder krag as sonder water. Krag kan jy opwek...water kan jy nie maak nie. Krag is n "luxury"...water is n mòèt.
14 Oct 2017 @ 18:05:20 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ag wat, die reën sal wel op die bestemde tyd kom.  Hier is my arbeid van gister en vandag.

Die 2200 liter tenk is staan gemaak en die geut se afleipyp is in plek met al die nodige siwwe om die ergste vuiheid te keer.  Daarna is die pomp op die vloer gemonteer en met die tenk verbind.  Ek moes toe ook krag aanlê tot by die pomp. 

Ek het so 'n bietjie munisipale water gesteel om te kyk of alles werk.  Met die aanskakel van die pomp het die water teen 'n lekker sterk straal gespuit, weer binne-in die tenk.  Ek weet nou die spulletjie werk en wag nou vir die reën !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
14 Oct 2017 @ 18:36:22 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Hier in Centurion is n kantoor park wat n 52000 liter tank installeer het. Hulle het pype aangelê vanaf elke afvoerpyp van die park se dak na hierdie tank. Hulle het die oppervlak van die dak gemeet en uitgewerk dat dit 23mm moet reën om daai tank heeltemaal vol te maak. Hulle het n watersuiweraar langs die tank installeer en pomp die water na die kantore vir normale waterverbruik...insluitende drinkwater. Hulle het blykbaar hierdie jaar nog bittermin gebruik gemaak van munisipale water.

@Lennie. Jou stelsel lyk baie nice..hoop nou hy kan nou gevul word reënwater.
14 Oct 2017 @ 18:54:56 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Wonder wat die somer gaan gebeur. Sien die vinke by dam,bou hulle neste sommer naby die water. Sien nie aktiwiteit in die Doringbome nie.
En die mossies het normaalweg die tyd klaar nesgemaak en broei al. In die vorige jare maak die outjies so 3 stelle kinners groot, verlede jaar net 1 broeisel wat hulle toe baie goed oppas.
Ons gestreepte swaieltjies was 2 weke later as normaal terug, en het 2 gesien wat van uitputting uit boom neerval toe hulle hier arriveer.
Die Swifts wat in my skuur broei, het nie teruggekom nie.
Paddas nog doodstil, selfs na al die reen, normaalweg kwaak hulle so hengse koor dat dit als uitdoof.
Nou hou ek die kweek in veld dop, as hulle vroeg saad maak, gaan dit sleg reen in die somer.
Boer in Prins Albert het net 56mm reen gekry tot dusver vir 2017, hy het net water om 10ha te plant.

15 Oct 2017 @ 09:59:00 am
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Ek kry nounet n boodskap op die foon wat afsluit......groete uit n nat Kaapstad! Kan iemand meer vertel?
15 Oct 2017 @ 21:34:51 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ja, ek kan.  Lyk vir my dit reën maar net kol-kol.  Ons het vandag by vriende in Ceres gaan kuier (130km van ons af) en daar het dit darem 13mm gereën terwyl ons daar was.  Ek kon nie gou genoeg by die huis kom om te sien hoeveel dit by my nuwe tenk gereën het nie  -  ongelukkig net 3mm !

Ons wag maar weer.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
16 Oct 2017 @ 20:32:57 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ons het vandag nog 6mm reën gehad wat natuurlik in 'n droogte-geteisterde gebied baie welkom is, maar ai dis nie genoeg vir ons damme nie.

Ons hou maar moed.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
20 Oct 2017 @ 19:29:49 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
So op n ligter noot....
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
20 Oct 2017 @ 19:29:52 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
So op n ligter noot....
05 Nov 2017 @ 17:09:03 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Almal van julle wat die e nuus gisteraand op TV gekyk het sou gesien het dat ons n waternood hier aan die suidkus van KZN ervaar. Anders as in die Kaap het ons genoeg water, maar as gevolg van die werkers se geskil met die munisipaliteit is die pype en toerusting blykbaar gesaboteer wat sekere dele nou al weke sonder water laat. Die opgaartenk wat ons hier in Uvongo bedien het Dinsdagoggend ook opgedroog.
Ek wil net Lennie gerusstel dat ons sedert Dinsdag volledig op my reenwatertenks en Jo Jo pomp aangewese is. Met twee krane wat ek, een moes toemaak en een oopmaak , is ons steeds selfonderhoudend. Die munisipale krane is steeds droog. Woensdag het 4 groepe vriende hier by ons gestort en Donderdag en Vrydag 3 groepe. Gister en vandag 2 groepe. (die ander het elders gaan kuier waar water is). In die tyd het ons n baie sterk wind gehad en ook hitte toestande. Ek kon my groot tuin ook nat hou. Ek het nou gaan kyk en van my 7500 liter het ek tans so 2500 liter gebruik. My 5000 liter tenk is nog onaangeraak. Alles slegs reenwater. Dit het so pas ook weer liggies begin reen om die eerste tenk weer op te vul.
Lennie ek dink dit beantwoord jou vraag of so n stelsel volhoubaar kan wees. Vanoggend toe ek sien hoe skarrel mense om drinkwater by die watertrokke in die dorp te kry met hulle emmertjies,toe besef ek eers hoe onontbeerlik opgaartenks in ons moderne bestaan geword het. Ons lewens gaan tans,danksy die watertenks, normaalweg voort asof hier nie n tekort is nie.Eers moes ons elektrisiteitskrisisse oorkom en nou die water. Vra watter een is die ergste? Verseker water. By elektrisiteit is daar nog gas en kerse en lampe en selfs oop vure,maar as water op is kan hy nie met iets anders vervang word nie. Ons het 3 winkelsentrums in die omgewing en kan julle julle indink hoe dit by so n sentrum lyk sonder toilette. Ek verstaan darem dat die munisipaliteit en die vakbonde n ooreenkoms bereik het en dat ons binne n dag of twee drie weer in bedryf sal wees. Vir my onverstaanbaar hoe so n klein groepie die hele suidkus vanaf Hibberdene tot Port Edward gyselaar kan hou en die ekonomie totaal lamle.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
05 Nov 2017 @ 17:16:05 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Wats volgende ....
05 Nov 2017 @ 17:57:05 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Piet, my opset is perfek in 'n werkende toestand.  Ons het in die week 9mm reën gehad en my 2200 liter tenk het in 'n japtrap oorgeloop, sommer bo-oor want die "over flow" was te stadig !

Ek het dit eergister deur die huisstelsel getoets en die reënwater vloei probleemvry na al die krane in die huis asook die geyser  -  selfs tot ook by my besproeing in ons twee tuintjies !

Kyk hoe stort die water bo-oor die tenk nadat dit vol is !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
05 Nov 2017 @ 19:40:38 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Ja Lennie dit is eers as jy sonder water is dat jy die vol watertenk so waardeer. Ek gebruik deesdae net reenwater in my tuin. Moenie die boere uitdaag nie ons sal n plan maak wat werk!!!!!!
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
06 Nov 2017 @ 07:24:14 am
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3819
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan
Len kyk na pompe met vsd (variable speed drive) bietjie duurder maar supef lig op krag en skok nie met druk in oype met hard aan en af nie.. soos kraan oopgaan begin motir draai en handhaaf net n spied soos nodig.. lig op krag met geen harde peak starts of skokke met druk nie
Zoem....
06 Nov 2017 @ 16:32:52 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Dankie Pieter, nie eers geweet daar is soiets beskikbaar nie.  Ek het nou ongelukkig klaar gekoop.  Met my toetsery het ek agtergekom dat wanneer 'n kraan iewers oopgedraai word, skakel die pomp onmiddellik aan sonder dat daar noemenswaardige druk in die pype eers opbou.  Wanneer all krane toe is, bou druk egter wel op voor die pomp afskakel.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
06 Nov 2017 @ 17:49:47 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Dankie Piet ek het ook nie van so iets geweet nie. Ek moet beaam wat Lennie se my JoJo skakel ook aan of af sonder "skokke".
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
06 Nov 2017 @ 18:08:14 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8594
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.
Len ek het dieselfde pompie en nie eersgeweet hy kan self aan en af skakel as die druk verlaag nie. Ek het maar 'n 500l tenk en die het ons al gehelp toe die pype in die omgewing gebars het en ons toe in sak en as gesit het. Munisipaliteit vat mos dae om sulkegoed reg te maak. Sal verseker dink aan 'n groter tank.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
11 Nov 2017 @ 14:18:21 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Hierdie is nou miskien nie heeltemaal in lyn met die draad nie...maar kan miskien mense wat swembaddens het help met water bespaar as hul swembad probleme het en moet water uittap om herstelwerk te verrig. Hierdie mense verhuur hierdie 35000 liter bladdens uit vir R300 per dag. Al jou swembad water word hierin gepomp en gestoor terwyl jy swembad hetstel werk doen...en word terug geplaas in swembad sodra werk afgehandel is.
13 Nov 2017 @ 21:00:43 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Om see water te ontsout: Ek het onlangs n artikel gelees waarin hulle noem dat n ontsoutings aanleg van see water ongeveer R8.5 Biljoen sal kos en kan dan 450ML/dag lewer teen n koste van R11.50/KL
14 Nov 2017 @ 17:54:38 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Len ek hoor netnou oor die radio dat dit reen in die Kaap. Ek het so aan julle gedink,veral met die baie reen wat hulle vir julle oornag voorspel. Hou ons op hoogte asseblief julle verknorsing met die droogte le ons ook na aan die hart. Die berig oor die radio het spesifiek na Robertson verwys wat blykbaar goeie reen gekry het.
Ons het hier in Uvongo verlede Vrydag 101 mm gehad wat ons laat juig het.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
14 Nov 2017 @ 18:42:06 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Dankie Piet dat jy ook aan ons dink.  Hier in Brackenfell in die noordelike voorstede van Kaapstad het ons ongelukkig nog nie 'n druppel reën gehad van dit wat vir vandag voorspel was nie.  Dit is nou weer bewolk maar die wind waai uit 'n verkeerde rigting wat gewoonlik nie reën bring nie.  Die Suid-Kaap tot by George kry gelukkig goeie reën.

Maar, ons hou moed !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
14 Nov 2017 @ 19:00:03 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Ai Lennie, dis niks lekker nie. Hier by my sous dit behoorlik.
14 Nov 2017 @ 19:05:17 pm
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4605
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Hier in die Baai was dit veronderstel om vanoggend 6 uur te begin reën.  Ons het net stuifreën gehad nou en dan.  'n Uur gelede het dit harder begin reën en veronderstel om baie te reën gedurende die nag.  Maar mens weet nie meer met die weervoorspellings nie, dit gebeur nie altyd so nie.   Dit lyk of alles weer Natal se kant toe gaan trek.

Sterkte vir julle daar in die Kaap, Len.

4 days ago @ 06:47:16 am
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ons het gisteraand 'n heelike, uurlange 15mm bui reën gehad en my 2200 liter reënwater tenk het weer oorgeloop !  Ek kon sommer ons swembad ook weer vol pomp.

Ons huishouding loop nou al vir 24 uur op water uit die watertenk en alles dui daarop dat ons nog 'n 24 uur munisipale water afgeskakel kan hou  -  'n klein "druppel in die emmer" wat ons help om water te kan spaar.

Ons gebede is verhoor - prys die Here daarvoor !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
4 days ago @ 12:42:14 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Is niemand dan saam met my bly nie ?

Lennie
Brackenfell, Cape Town
4 days ago @ 13:15:24 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Jip. Eks bly vir jou part. Ek sou dink almal moet dit na-volg. Sal n groot inspuiting vir die ekonomie wees om nou 50miljoen tenks te maak😎

Vanaf verlede donderdag het sekere dele van Bloemfontein ook nie water gehad nie.
Vanaf gistermiddag tot vanoggend om en by 11h00 die hele bloem.
Hierdie was alles a.g.v. gebarste hoof toevoer.
Onderhoud ??? Sal nie kan se nie, want ek weet nie, kan maar net dink.
I love camping all year round
4 days ago @ 13:20:27 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Jip. Eks bly vir jou part. Ek sou dink almal moet dit na-volg. Sal n groot inspuiting vir die ekonomie wees om nou 50miljoen tenks te maak😎

Vanaf verlede donderdag het sekere dele van Bloemfontein ook nie water gehad nie.
Vanaf gistermiddag tot vanoggend om en by 11h00 die hele bloem.
Hierdie was alles a.g.v. gebarste hoof toevoer.
Onderhoud ??? Sal nie kan se nie, want ek weet nie, kan maar net dink.
I love camping all year round
4 days ago @ 13:22:20 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Jip. Eks bly vir jou part. Ek sou dink almal moet dit na-volg. Sal n groot inspuiting vir die ekonomie wees om nou 50miljoen tenks te maak😎

Vanaf verlede donderdag het sekere dele van Bloemfontein ook nie water gehad nie.
Vanaf gistermiddag tot vanoggend om en by 11h00 die hele bloem.
Hierdie was alles a.g.v. gebarste hoof toevoer.
Onderhoud ??? Sal nie kan se nie, want ek weet nie, kan maar net dink.
I love camping all year round
4 days ago @ 13:43:58 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Lennie, Oom Jeep is bly vir ons almal.
Het jy dalk al bepaal wat jou daaglike behoefte is ?
Hier kan ek dit nogal raak doen, het 20 000l in twee tenks wat ek slegs volmaak waneer ons waterbeurt skoon bergwater is.
Vir huishoudelik, ek en Von sowat +-150l/ dag.
Alle water vir tuin etc, kom uit plaasdam.
4 days ago @ 14:19:01 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Herman, ons s'n is gemiddeld 250 liter per dag, maar ek glo ons sal dit nou kwaai kan sny as ons nou en dan die verbruik by die huis heeltemal kan afsny  -  veral in die wintermaande en ons kry wel reën.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
4 days ago @ 17:43:27 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Lennie ek is regtig bly om te hoor van die lekker reen by julle. Mag daar nog genoeg van hulle kom.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
4 days ago @ 19:05:20 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2385
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Mense in Knysna het ook erge water beperkinge. Vriend noem sy verbruik is tans vir 3 mense in die huis 6,7kl per maand, dit beloop dan 223l/ dag.
Alhoewel ons nie n water probleem het nie, voel dit eenvoudig nie reg om krane oop te los waneer tande geborsel word, ons stort vinnig, en Von was n bondel wasgoed op n keer. Al die stort, wasbak en wasmasjien water loop op bome uit, hulle floreer.
Raak maar n ingesteldheid by mens om bronne nuttig te gebruik.
Lennie, volgende moet jy gryswater tenks insit vir die tuin. Dompel pompie op n " float switch"

3 days ago @ 17:50:22 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Ons is dankbaar vir wat ons ontvang hier in die suide van KZN. n Vriend,wat boek hou van ons reenval, se vanoggend vir my dat ons tot dusver hierdie maand reeds 242mm reen hier in Uvongo gemeet het. Dit het 1 uur vandag weer hier begin reen en dit reen nog eenstrook aanmekaar. Dankie Vader.

NS. Lennie ek het 2 watertenks (7500liter tesame) en hulle bly oorloop. Paar jaar gelede het daar nie so iets bestaan nie....nou is n watertenk by elke huis feitlik n noodsaaklikheid.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
2 days ago @ 14:28:30 pm
KarelXT140
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 23 Nov 2017
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 37 years
Vehicle: MItsubishi Pajero Sport
Camping: Jurgens XT140 with Full Howling Moon TTT
HI Almal

Ek is nuut op hierdie forum, maar het soesifiek na hierdie draad gekyk. Ek is besig om n volledige rainwater harvesting stelsel op te stel wat my huis sal voer. Meestal in die wintermaande veral met WesKaap se huidige droogte. Maar ek wil alles reg en in plek kry teen Maart 2018.

Dit wil vir my voorkom dat niemand van julle enige filtrasie of sterilisasie van die water doen voor julle dit gebruik nie. En ook nie die pH balanse regmaak om e koper pype te beskerm nie?

My navorsing het gelei na die volgende stelse wat ek installeer. Leave trapper en Jojo se mesh by die inlaat. Vanaf tenk deur pomp met pressure controller na n 20micron high pressure filter. Dan nog n 5micron filter en dan n Activated Carbon filter met pH balancer. En dan laastens n UV steriliser. Daarna is die water just about reg om te drink.

My problem is dat ek n baba in die huis het en nie kanse kan vat met bv e.coli bakterie nie. Daarom wil ek seker maak alles is dood by die tyd wat die water in my huis ingaan.

Hoe klink dit vir julle?
2 days ago @ 17:11:44 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Karel, my stelsel het ook 'n "leave trapper" by die geut inlaat asook 'n sif bo-op die tenk voor die water die tenk binnegaan.  Dan het ek 'n sentrifugale pomp met drukskakelaar wat die water in die huisstelsel inpomp.  Ek het nie die verdere, duur filtreerders ingevoeg nie omdat ons drink- en kookwater teen 'n fraksie van die koste op 'n weeklikse basis aankoop, R25 vir 25 liter.  Ek beskou dit nie as ekonomies om reënwater wat vir wasgoed, skottelgoed, stort en handewas gebruik word asook hier en daar tuin nat te maak, ook te suiwer nie.

As dit moet, sal ek eerder die heelwat goedkoper filtreerder net vir die kombuis vir drinkwater aanskaf.

Baie welkom op die forum, Karel.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
2 days ago @ 17:27:05 pm
PietG
Mars Member
Offline
Posts: 1063
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Karel welkom op die forum. My stelsel werk ook maar soos Len se stelsel. Ook aandie huis gekoppel vir noodgevalle soos sort en toilette spoel ens. Vir drinkwater koop ons ook maar die gesuiwerde bottelwater omdat ek voel dat in sulke tye is dit meer ekonomies om die suiwer water te koop as om die duur filter sisteem op die tenk te installeer. Ek kan jou punt verstaan met die baba en daarom sal jy maar jou eie besluit moet neem wat die meeste koste doeltreffend sal wees.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
yesterday @ 07:30:39 am
KarelXT140
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 23 Nov 2017
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 37 years
Vehicle: MItsubishi Pajero Sport
Camping: Jurgens XT140 with Full Howling Moon TTT
HI Almal

Dankie vir die verwelkoming!!!

Ja drinkwater is verseker nie die idee nie. Ons koop die Reverse Osmosis water vir drink water. R1/L EN dit werk goed. Die 20micron en activated carbon filters is nie so duur nie. Die casing is so net oor R120 en die cassette wat binne in gaan is so R20. Die UV lig is natuurlik n ander problem. Persoonlik dink ek mens moet ten minste een hoe druk filter soo sid e 20micron insit. Al het jy n leaf trapper en die mesh filter is daar steeds sand en stof partikels wat in jou stelsel sal ingaan en dit kan jou kleikn filters in jou krane en toilette verstop. Asook jou stortkop.

In terme van die UV lig, wel dit is duur en enigste rede is die baba. Maar sy gebruik so min water met haar bad dat mens dalk dit maar net moet kook en laat afkoel. Dit maak net die hele beplanning situasie moeilik aangesien ons reeds net 90min het na werk om alles gedoen te kry voor die kroos moet gaan slaap.

Dankie vir julle insette.

K
yesterday @ 09:05:51 am
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1557
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Omdat boere op plase al vir jare huis-watertenks vul uit sement-damme, boorgate en reënwater sonder moderne water-suiweringsaparate en dit dan in hul huisstelsels inlaat sonder verstppingsprobleme, gaan ek die kans net so waag en kyk wat gebeur. Maar beslis nie vir drinkwater nie.  Sover nog geen probleme ervaar nie na 5 dae se permanente reënwatergebruik uit my tenk  -  zero munisipale water gebruik.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
yesterday @ 14:41:14 pm
KarelXT140
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 23 Nov 2017
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 37 years
Vehicle: MItsubishi Pajero Sport
Camping: Jurgens XT140 with Full Howling Moon TTT
Hi Len

Ja jy is reg oor die boere. Ek dink net nie hulle het op die plase die gesofistikeerde mixer krane wat ons deesdae in ons huise in die stad het nie. Maar ek verstaan jou punt!!

Nou maar toe, die Vrydag is amper op sy rug.

Lekker naweek vir almal.

K
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First