English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 158
Total Replies: 60 431
Total Views: 80 144 170
topics: 9 199
replies: 120
views: 37 869 884
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Metode van meet van brandstof gebruik

replies: 14
views: 256
11 Oct 2017 @ 10:19:34 am
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2024
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Kan v d kundiges dalk aandui watter metode word gebruik om te bepaal hoeveel liter brandstof is reeds gebruik vir die rekenaar om te bepaal wat die verbruik was. Jare gelede weet ek was daar 'n sensor wat bepaal hoeveel gaan uit die tenk uit en as daar brandstog terugvloei tenk toe is dit dan afgetrek van wat uit is.

11 Oct 2017 @ 12:05:42 pm
steamer
Titanium Member
Online
Posts: 526
Joined: 06 Jun 2015
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 43 years
Vehicle: Land Cruiser 80 4500GX
Camping: Sprite Surfer Deluxe Nomad!
Also interesting how my Garmin calculates L/100km when it's not even connected to anything!
I must say that it is fairly accurate if I measure fuel in vs km traveled.
Your strongest weapon is your mind!
And then, Power Tools!
11 Oct 2017 @ 12:55:53 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2024
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

John do you input the actual fuel used to get the consumption reading - sorry if it is a stupid question.

12 Oct 2017 @ 06:49:45 am
steamer
Titanium Member
Online
Posts: 526
Joined: 06 Jun 2015
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 43 years
Vehicle: Land Cruiser 80 4500GX
Camping: Sprite Surfer Deluxe Nomad!
Sorry I'm late Danie.
No, I enter Petrol or diesel, Ront per litre, Vehicle average L/100km in town and also on highway.
The Garmin does the rest. How, I don't know.
It must take accelerating, cruising & braking times into the calculation. I would imagine wind would play a big part in the accuracy as well.
Your strongest weapon is your mind!
And then, Power Tools!
12 Oct 2017 @ 08:35:21 am
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2024
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Very interesting. Someone might give details on how it is done.

12 Oct 2017 @ 15:34:52 pm
WilSur
Pluto Member
Offline
Posts: 5382
Joined: 20 Jan 2003
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 30 years
Vehicle: Ford Territory ST
Camping: Exclusive

Op my Garmin voer ek die brandstof wat ek ingegooi het in.

Oppad na die volgende kamp.
12 Oct 2017 @ 19:07:46 pm
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2351
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dink nie my Garmin kan akuraat uitwerk sonder dat dit aan voertuig ge" blue tooth" of iets dergelyks is nie.
Garmin op motorfiets moet die gemiddelde verbruik in liters ingedruk word, met tenk kapasiteit om die info te gee.
Moet se, wat vir my verbasend van die Garmin is, is die arriveer tyd, ETA soos tannie dit noem. Sodra ek roete indruk selfs vir 1000km, gee dit regtig n baie akurate voorspelling van die tyd waneer ons arriveer.

12 Oct 2017 @ 21:58:17 pm
Nico
Moon Member
Offline
Posts: 825
Joined: 16 Jan 2010
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 9 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara, Suzuki Jimny, Audi S3 Quattro, VW 1600 SP Beetle, 6 bicycles, SYM scooter!! SOLD: Suzuki SJ (picture)
Camping: Sprite SC

@Neef Herman - die ETA soos bepaal deur die GPS word gereken op 'n normale persentasie van die spoedperk op die spesifieke pad. Op 'n snelweg waar die spoedperk 120 km/u is, sal die GPS 'n gemiddelde spoed van 100 km/u bereken. Daar word gedurig aanpassings gemaak, bv. sou die berekening gedoen word teen 100 km/u en jou gemiddelde spoed sou 110 km/u wees, word die aanpassing gemaak gedurende die rit.

Teen laer snelhede is die persentasie anders .... teen 80 km/u spoedperk word die oorspronklike berekening gedoen teen 70 km/u

Die persentasies is bepaal deur die gemiddelde spoed in ag te neem soos bepaal deur baie eksterne faktore - sou die GPS bv. jou bring op 'n nouer pad, of selfs grond, is die persentasie van die spoedperk verskillend. Uit die aard van die saak, sou jy stilhou, met die enjin en GPS nog aan, sal die gemiddelde spoed uiteraard val en word die aanpassing weereens gemaak. Wanneer die GPS afgeskakel word wanneer jy stilhou, bereken dit net eenvoudig die roete soos van daardie punt af aan.

12 Oct 2017 @ 22:40:20 pm
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3762
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan

Vloeimeters..

Zoem....
13 Oct 2017 @ 06:14:43 am
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2351
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dankie Nico, gedink dit moet erens iets inreken. Het 10 dae gelede 800km Jan Kempdorp toe gery, was binne 5 minute van die ETA soos bepaal met wegtrek hier.
Waneer ons in Namibie toer, en dan veral op die agterpaaie, al geleer dat as dit se 4 ure aan 100km, dan gaan dit so eindig. Dan gaan die brandstof skatting heel uit wees, laestrek in dik sand. Nog nie Garmin op die stadium beloer vir brandstof nie, hou maar die naald met groot oge dop.
13 Oct 2017 @ 09:24:22 am
Jan Meyer
Jupiter Member
Online
Posts: 1495
Joined: 31 May 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 50 years
Vehicle: Landrover Freelander
Camping: Sprite Swing

Herman, watter Garmin gebruik jy en kry jy sein oral in Namibie?

Verlede jaar met my toer was die Garmin slegs 'n jaar oud en die pad wat ek van Ais Ais deur die Rigtersveld na Aus toe gery het wou dit nie werk nie. Die "Auntie" het my aanmekaar vertel ek moet omdraai alhoewel dit 'n pragtige grondpad is. 

Op my tablet en google was dit nie 'n probleem nie en kon ek die roete so volg.

13 Oct 2017 @ 09:35:09 am
neef Herman
Saturn Member
Offline
Posts: 2351
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Jan dis n ZÙMO, al oud, en is vir motorfiets gebruik ook, waterdig en skokbestand.
Het die Tracks for Africa opgesit, dit ken al wat n 2 spoor paadjie is, regtig puik.
13 Oct 2017 @ 10:41:33 am
Jan Meyer
Jupiter Member
Online
Posts: 1495
Joined: 31 May 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 50 years
Vehicle: Landrover Freelander
Camping: Sprite Swing

Dankie Herman sal bietjie navorsing doen. Wil ook al die agterpaatjies en mooi plekke besoek wanneer ons vir langer na Namibie gaan.

13 Oct 2017 @ 11:11:14 am
Chris E
Silver Member
Offline
Posts: 76
Joined: 04 Sep 2017
Province: Gauteng
Vehicle: Renault Koleos 2.5 petrol CVT
Camping: Gypsy Regal Blue Series

Kan v d kundiges dalk aandui watter metode word gebruik om te bepaal hoeveel liter brandstof is reeds gebruik vir die rekenaar om te bepaal wat die verbruik was. Jare gelede weet ek was daar 'n sensor wat bepaal hoeveel gaan uit die tenk uit en as daar brandstog terugvloei tenk toe is dit dan afgetrek van wat uit is.



Omtrent alle karre is mos deesdae fuel injection, so hy moet goed kan beheer hoeveel lug en brandstof gemeng word in die enjin. Daarvoor meet hy die hoeveelheid lug wat ingaan, en die hoeveelheid suurstof in die uitlaatgas (Lambda sensor). Dan pas hy die hoeveelheid branstof wat ingespuit word aan volgens die inligting. Jy kan die branstofverbruik bepaal deur die inligting van die sensors op die regte manier met mekaar te maal en deel.

Net as jy belang stel is hoe dit werk hieronder.
Hiervoor moet jy aan jou stoel vashou. Dalk nie die enigste manier nie om te meet nie, maar dit maak sin, deels omdat dit werk, en deels omdat dit net gebruik maak van sensors wat in elk geval nodig is om die enjin te laat werk.

Ek het so 'n OBDII scannertjie gekry wat met bluetooth aan jou foon of rekenaar koppel.
Die programmetjie op die rekenaar het 'n "script" wat hy kan uitskryf met die naam "Instantaneous Fuel Economy".
Hy doen die volgende;
Lees inligting van;
- Lambda sensor, wat vir die kar se enjin sê watse verhouding van petrol en lug moet hy meng, so dit gee die AIRFUELRATIO.
- Mass Air Flow sensor, wat sê hoeveel lug gaan daar in die enjin in
- Vehicle speed sensor, hoe vinnig jy ry.

Hy maak ook 'n aanname oor die digtheid van die brandstof (brandstof se massa per liter.)

Dan is dit maklik.
Die brandstof massa per sekonde = Massa Lugvloei / airfuelratio;
en die liters per sekonde = brandstof massa per sekonde/digtheid.
liters/uur = liter/sek * 3600

en km/l = spoed (km/h)/ petrol verbruik (liters/uur)

om die l/100km te wys van jy laas die metertjie reset het is vir die rekenaar omtrent so moeilik soos om te wys hoe ver jy al gery het, so dit word ook sommer gedoen.
14 Oct 2017 @ 22:44:53 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2024
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Baie dankie vir die goeie antwoord wat vir my 100% sin maak weens die manier hoe petrol of diesel inspuiting deesdae werk.

Ek neem aan saam met die pad spoed word die enjinspoed seker ook op 'n manier in berekening te bring. Is ek reg dat dit van die MAS verkry sal word?

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First