English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 132
Total Replies: 227 693
Total Views: 82 279 840
topics: 10 754
replies: 123 427
views: 38 807 443
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Woonwa Pryse

replies: 34
views: 877
08 Oct 2017 @ 06:36:12 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Wat dra by tot 'n woonwa se prys ? Ek sien 'n nuwe klein Tourer SP kos nou oor R270k ! Dit is 'n verskriklike klomp geld vir so 'n klein karavaan. Is dit die stort en toilet, of wat ? My 2015 model wat ek as 'n "demo" gekoop het was meer as R100k minder! Dit het nou wel nie 'n stort en toilet nie, maar in baie opsigte verkies ek dit en dit bly maar basies dieselfde ding. My eerste huis het maar R23k gekos. Ja, dit was 'n klompie jare terug..!
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 07:18:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek dink die huidiglike hoë pryse het baie te doen met die monopoly wat daar in S.A. se mark is...daar is nie werklik groot kompetisie vir Jurgens en Sensatìon op hierdie stadium nie. Ek vat byvoorbeeld Nissan en Chev wat groot kompetisie met hul utility bakkies gehad het. Tydens Chev se teenwoordigheid in SA het Nissan hul NP200 verkoop vir R139.000....nou dat Chev hul vertrek aangekondig het verkoop Nissan daai selfde bakkie vir R192,900 op "special"

Hoop daar kom binnekort stewige kompetisie in die woonwa bedryf...hoop maar Hoefer doen iets (as hul eendag hier is)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 07:32:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die ekonomie en "strikes" vir hoër salarise dra baie daarby. Dit as mens verby die mark kompetisie kwessie kyk.

Enigste voordeel is die goeie prys wat 'n bestaande karavaan eienaar vir sy tweedehanse wa kan kry.

Probleem is om in die mark in te kom. Maar om eerlik te wees is die pryse vir karavane belaglik hoog.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 10:09:58 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Stem pryse baie hoog eindelik belaglik maar ja betaal sal jy betaal
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 10:39:25 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Ek is bly dat ek my karavaan destyds gekoop het, en dat ek nie nou een moet koop nie. Ek het dit oorweeg om op te gradeer na 'n groter wa, maar nie teen sulke belaglike pryse nie. Die beste wa is die een wat betaal is....!
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 11:44:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek wonder soms of die Hoefer group regtig so n groot impak gaan maak op die karavaan wêreld soos hulle praat. Ek sien hul goedkoopste wa gaan wees R229,000 wat basies dieselfde specs het as die Gypsey Lite wat onlangs vrygestel is vir R159,000
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 12:45:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7606
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dis net dat die jong klomp nie daarby gaan uitkom nie.
Wa en voertuig gaan naby n miljoen dan kos.


As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 13:10:12 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Jin ek stem
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 14:46:40 pm
Derick
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 28 Sep 2017
Experience: 3 years
Ek wonder nou maar net, om R270k te belê in 'n karavaan. Al die bybehore by kan jou dus ver oor die R300k kos, en jy gebruik dit sê nou maar 2 keer per jaar, dan moet jou verblyf kostes ens. ook nog by gereken word. Hoe lank sal dit jou neem , sou jy byvoorbeeld 2 keer per jaar in 'n chalet of iets soort gelyks gaan bly. Ja ek weet, ons vergelyk nie die manier van verblyf nie maar kyk na die koste effek. Karavane is astronomies duur. Ek het maar in 'n tweedehandse een belê.
Lewe elke dag asof dit jou laaste dag is. Geniet alles wat jy doen. Vermy negatiewe en persone met wan-opvattings van die lewe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 19:20:25 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 345
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Ek het my karavaan nuut gekoop in 2000 vir R42 000 - dan opgradeer na Nomad in 2014 vir R52 000 - so ek dink ek het n better karavaan as n nuwe Sprite SP vir R170 000 goedkoper. Die nuwe karavaane is duurder want die arbeid het so duur geword maar ongelukkig het die kwaliteit verswak.

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2017 @ 20:56:41 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Volgens sekere verkoopsmense sal daar altyd kliente wees wat dit koop. Van hulle glo van ons mense sal wil beindruk. So weet ek ook van i besigheid wat gadgets invoer en hulle verkoop alles teen 3 maal hul aankoopprys en kan nie voorbly nie.
As meer van ons aandring op waarde vir ons geld sal dit pryse en volumes beinvloed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2017 @ 17:55:27 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2682
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
"Ek wonder nou maar net, om R270k te belê in 'n karavaan. Al die bybehore by kan jou dus ver oor die R300k kos, en jy gebruik dit sê nou maar 2 keer per jaar, dan moet jou verblyf kostes ens. ook nog by gereken word. Hoe lank sal dit jou neem , sou jy byvoorbeeld 2 keer per jaar in 'n chalet of iets soort gelyks gaan bly. Ja ek weet, ons vergelyk nie die manier van verblyf nie maar kyk na die koste effek. Karavane is astronomies duur."

Die voordeel van eie karavaan besit is dat jy gewoont raak aan jou eie vlooie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2017 @ 10:10:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My wa is hoopenlik klaar betaal volgende maand. Dan het ek wat ek graag wil hê asook die beste daarvan hy is klaar betaal. Bank se ●.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2017 @ 16:42:28 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
"Ek wonder nou maar net, om R270k te belê in 'n karavaan. Al die bybehore by kan jou dus ver oor die R300k kos, en jy gebruik dit sê nou maar 2 keer per jaar, dan moet jou verblyf kostes ens. ook nog by gereken word. Hoe lank sal dit jou neem , sou jy byvoorbeeld 2 keer per jaar in 'n chalet of iets soort gelyks gaan bly. Ja ek weet, ons vergelyk nie die manier van verblyf nie maar kyk na die koste effek. Karavane is astronomies duur."

Die voordeel van eie karavaan besit is dat jy gewoont raak aan jou eie vlooie...

As jy 'n woonwa slegs twee keer 'n jaar gebruik dan maak dit geensins finansieel sin nie. Dit is eers nou dat ek afgetree is en die tyd het om die wa gereeld te gebruik dat dit sin maak. Ons kamp nou vir ten minste twee weke in die jaar!
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2017 @ 17:33:38 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Korreksie. Tien weke...
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2017 @ 20:29:25 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die karavaanmark "boom" letterlik.... die ryker bevolkinf koop steeds die nuutstes en bestes... daar is defnitief nie net Jurgens en Sensations nie, kyk hoe goed doen die offriad mark met al daai kampwaens .... neewat it is steeds n gesonde mark.. mense betaal baie geld om lekker te gaan kamp.. daars dan sleepvoertuie can R1mil alreeds en dan nog daai R600k karavane daarby.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2017 @ 21:01:46 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink nie mens koop n jaravaan omdat dit finabsieel miet sin maak nie... dis soortvan n bate maar hy verminded waarde en kis jou geld, nes enige ander leefstyl... om te rook maak vir my nue finansieel sin nie maar vir ander ou is dit n leefstyl en iets waaraan hy sal klou tot die dood.. of ek nou dink hy verbrand sy geld letterlik gaan hom nie pla nie.. so ook karavaan eienaars.. daai wa gee hom n rede om meer weg te kom, in sy eie bed te slaap en sy genit daaruit te put.. wat dit kos, is maar sy saak, net hy kan bepaal of dit die geld werd is, en ek dink dit sal afhang van wat jy verdien.. want al verdien jy minder kan jy n gebruikte wa ook mos maaf koop teen baie goedkoper? Daar is 1000de beskikbaar.. party mense se sakke kan duep strek vir hul plesiertjies in die lewe..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2017 @ 06:56:39 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Brommer, jy maak 'n goeie punt. My probleem is ek is met 'n rekenmeester getroud. As dit nie finansieel sin maak nie kom ek nie by die eerste basis verby nie...!
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2017 @ 22:53:07 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ekt in my 7jaar huwelikkie nou al geleer ek moenie vra nie, of bespreek nie... toe ek destyds bakkie wou koop wou my vrou niks weet nie. Een aand bietjie goed "baklei"  met die onderwyseressie en sy se toe as n sarkastiese opmerking "ag gaan koop vir jou dan tog n donnerse bakkie" en die volgende aand toe staan hy in garage ;) hehe. Ag van daar af het ek maar net aangegaan... ek dink nie sy kan kla nie syt n rav4 gekry om mee te ry so syt ook gescore.. toe ek nuwe karavaan soek wou sy ook niks weet nie maar toe hy daar staan toe is sy game vir dit.. ;) maar ja so gaan dit maar.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2017 @ 22:56:15 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Maar wat onderwerp betref, ek dink daars genoeg in daai tipe inkomste klas wat nuwe waens koop teen R250k tot R600k.. en dan is daar baie wat dit nog kontant doen en nog meer wat lenings maak vir dit en maar afbetaal.. so ongeag die prys, maandeliks is maar net seker nog n aftrekking?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2017 @ 07:59:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek sien op nuus op hierdie website....Kennis karavane sê karavaan pryse styg met 11% op 2de Januarie 2018
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2017 @ 08:27:36 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 181
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Met alles wat so die hoogte inskiet sien ek 'n donker toekoms vir ons kampeerders.

Woonwaens pryse gaan op, Staanplekke word duurder, Kamp toerusting pryse word mal.  Ek kom agter dat die manne wat 3 weke oor Desember kamp nou vir 2 weke staan.   Die man wat twee weke geboek het kamp nou net een week.   Dis geen wonder ek kry boodskappe van groot oorde soos Scotties wat adverteer dat staanplekke beskikbaar is weens kanselasies.

Op die ou einde sal karavane onbekostigbaar weer vir die gemiddelde man en wat my die hartseerste maak is dat karavaan oorde daaronder sal ly en op die ou einde toemaak soos ons gereeld sien op die groep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 20:15:47 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Kamp is vir my juis om weg te kom..... nou kom ek na hoeveel ure se ry en dis net gautengers om my.. nee man, erens moet n balans weer kom, kamp is woes "gekommersialiseerd"... dis nou net weer n gejaag om plekke te moet kry om elkgeval soos sardines gepak te word....... ek gun elke ou sy kamp en vakansie, maar vakansie beteken mos nou rus en vrede... nou is almal op die kampering en dit jaag alle pryse op... die een positief is daar word kampeer oorde oop gehou en kampwinkels het n bestaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 21:02:42 pm
Anonymous
Nee wat, ek sleep my ou Swift.
Ek pas hom mooi op en doen onderhoud gereeld. Nog nie een maal skaam gevoel om langs nuwe karavane te kamp nie.
Weer karavaan koop, is om jou dieper in die skuld te dompel met die ekonomie.
Dieselfde met kamp toerusting, solank daar na hulle gekyk en omgesien word, so word na jou omgesien.
Ek sien my nie sommer weer in ń chalet of rondawel nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2017 @ 06:29:50 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Dennis ja ek sal ook nie weer koop nie. Brommer ek stem met die dat die oorde soms oorvol gepak word. Ek gaan ook nie vakansies na sekere oorde of areas van ons land nie, want meeste van die mense met wie ek werk of saam lewe hie op Rustenburg gaan soentoe vir hulle vakansies. Ek will nie my baas of buurman raakloop terwyl ek rustig will verkeer nie.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2017 @ 07:09:11 am
Anonymous

Dennis ja ek sal ook nie weer koop nie. Brommer ek stem met die dat die oorde soms oorvol gepak word. Ek gaan ook nie vakansies na sekere oorde of areas van ons land nie, want meeste van die mense met wie ek werk of saam lewe hie op Rustenburg gaan soentoe vir hulle vakansies. Ek will nie my baas of buurman raakloop terwyl ek rustig will verkeer nie.

Dis hom Fred, hoe minder ek van mede werkers sien terwyl ek kamp, hoe beter.

Genoeg is genoeg deur die jaar, ek wil nie nog saam hulle social ook nie. Inteendeel, ek is nie eintlik 'n persoon wat daarvan hou om saam met medewerkers te social nie.

My krediet en verhogings moet bepaal word deur my werk wat ek lewer, nie hoe goed bevriend ek met bestuur is nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2017 @ 14:27:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink nie mens koop n jaravaan omdat dit finabsieel miet sin maak nie... dis soortvan n bate maar hy verminded waarde en kis jou geld, nes enige ander leefstyl... om te rook maak vir my nue finansieel sin nie maar vir ander ou is dit n leefstyl en iets waaraan hy sal klou tot die dood.. of ek nou dink hy verbrand sy geld letterlik gaan hom nie pla nie.. so ook karavaan eienaars.. daai wa gee hom n rede om meer weg te kom, in sy eie bed te slaap en sy genit daaruit te put.. wat dit kos, is maar sy saak, net hy kan bepaal of dit die geld werd is, en ek dink dit sal afhang van wat jy verdien.. want al verdien jy minder kan jy n gebruikte wa ook mos maaf koop teen baie goedkoper? Daar is 1000de beskikbaar.. party mense se sakke kan duep strek vir hul plesiertjies in die lewe..

Maak nog altyd vir my finansieel sin.  As jy jou wa mooi oppas en instand hou SAL jy daai wa altyd vir meer verkoop.  En die grootste rede is omdat nuwe karavane se pryse so gou klim en die uitleg van die waens oor die jare dieselfde gebly het.

Hoekom 'n nuwe Penta met selfde uitleg as ou Penta (kleur skema verskil) koop as jy 'n goeie tweedehanse een kan kry vir bietjie goedkoper.

Ek het nog nooit een van my karavane vir minder verkoop as waarvoor ek hom aan gekoop het nie. My eerste Penta teen R500 wins, Tweede Penta teen R22 000 wins en dit na 11jaar se gebruik en die Classique teen R23 000 wins na 4jaar se gebruik.

Alles tedanke aan die nuwe waens se pryse wat so op gegaan het en die instand houding van 'n karavaan.

Niks te doen met my onderhandelings vermoë nie. Elke keer het die eerste mense wat na my waens kom kyk het dadelik dit gekoop. Waens het hulle self verkoop.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2017 @ 22:19:37 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
"Wins"... relatief tot aankoop prys.. maar steeds het hul waarde verminder... jy sal altyd moet inboet op nuwer weergawe want joune se waarde val dalk nie in Randwaarde nie maar algehele waarde... jy kan dit nie as wins sien nie, want jou geld koop nie weer n nuwe wa nie.. ek verstaan wat jy bedoel... ekt my expo teen R5000 meer verkoop na 3 jaar as wat ek hom gekoop het.. my bt59 vir presies dieselfde verkoop as wat ek hom voor gekoop het na 3 jaar... het ek verloor op bt50 en expo? Natuurlik.. die Randwaarde is minder.. help nie ek koop nou n Merc vir R1mil en oor5 jaarverkoop ek hom vir R1.2mil maar nuwe kos R2mil nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 19:20:08 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het by die Vark fees na die Conqueror  gekyk. Mense, pryse is al oor R 500 000. Jy kan n nuwe Fortuner gaan koop met daai geld. Hoe de hel vergelyk jy die twee  met mekaar om selfde prys te betaal en hoe is dit moontlik dat n bos wa al so duur kan kos

 

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 08:47:00 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek het by die Vark fees na die Conqueror  gekyk. Mense, pryse is al oor R 500 000. Jy kan n nuwe Fortuner gaan koop met daai geld. Hoe de hel vergelyk jy die twee  met mekaar om selfde prys te betaal en hoe is dit moontlik dat n bos wa al so duur kan kos

 

 

Ek stem, al die pryse is nou al buitensporig. My R65000 Gypsey Raven kamp net so lekker as ander padkaravane. Daar is sekere luukses wat ek nie het nie maar dit is hoekom ons kamp.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:07:35 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

En dan is die kwaliteit van hedendaagse karavane volgens baie eienaars so swak dat hulle nie baie lank hou nie. Ons 1984 Sprite Supersport wat ons so vier jaar gelede verkoop het na sowat 30 jaar, kan nog so lank diens doen.  Dit klink nie of dieselfde gesê kan word van moderne karavane nie.  Ek sien ook nog heelwat ouer karavane, selfs nie wat nog glasvensters het, in kampe en baie van hulle lyk nog baie goed.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:10:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja....het laasweek ook weer by skou gesien....plain en goedkoop afgewerk dan nie snaaks om R400k+ te betaal nie. Dan kry mens daai luukse ingevoerde Swifts wat gekoop word met britse geld eenheid (ons weet wat ons geld eenheid teen hulle sin werd is)....hulle is onderworpe aan hoĕ invoer belastings en dan nog die verskeping hierna toe....elke karavaan kry sy eie container. En ondanks al daai ekstra kostes, is daai waens nog steeds goeie kompetisie vir ons SA vervaardigde waens. Ek sien 2de handse waen pryse volg goed voorbeeld....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 08:29:09 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die probleem is mense betaal dit.. Ek en jy kan dalk hard byt en dink wat de &^$%? Maar tans by my is 2 splinternuwe boswaens ingeboek vir oor R300k projekte..... Tel dit nou by die aankoop prys by...... Dit maak mens klein en arm voel


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 13:09:21 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Bakoor ek stem saam met jou oor die pryse van n boswa. Ek het n Metalian met alles wat jy in die vêr-veld begeer en nodig gaan kry. En hy het nie eens R100D gekos nie. My Fleetline EN vier liter Fortuner EN Metalian het SAAM nie R500D gekos nie. En al drie is in puik toestand en word elke jaar vele male gebruik.

Maar daar is baie mense wat groot verdien en maklik koop. Daar is ook baie mense wat maklik skuld maak. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 10:02:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die karavane se pryse gaan die hoogte in. 

Dit raak net nog moeiliker vir 'n jong paartjie om met 'n nuwe wa die mark te betree.

Mens moet maar dit wat jy het so goed as moontlik onderhou sodat dit hul waarde kan behou.

"Wins"... relatief tot aankoop prys.. maar steeds het hul waarde verminder... jy sal altyd moet inboet op nuwer weergawe want joune se waarde val dalk nie in Randwaarde nie maar algehele waarde... jy kan dit nie as wins sien nie, want jou geld koop nie weer n nuwe wa nie.. ek verstaan wat jy bedoel... ekt my expo teen R5000 meer verkoop na 3 jaar as wat ek hom gekoop het.. my bt59 vir presies dieselfde verkoop as wat ek hom voor gekoop het na 3 jaar... het ek verloor op bt50 en expo? Natuurlik.. die Randwaarde is minder.. help nie ek koop nou n Merc vir R1mil en oor5 jaarverkoop ek hom vir R1.2mil maar nuwe kos R2mil nie

Dit hang af hoe mens daarna kyk.  Vir my is dit wins en vermeerdering in algehele waarde en rand waarde.  Want met die koop en verkoop van my karavane, bote en dies meer het dit my telkens in 'n beter posisie gesit om effe groter te gaan.  Dit het my uiteindelik gebring by die Maia.  Stadig maar seker oor 25 jaar het winste en waarde met vorige verkope my net in 'n beter posisie geplaas. Die groter wa elkekeer was bereikbaar deur die groter deposito.  En dan moet mens ook maar werk maak om die af betaling so kort as moontlik te maak anders vreet die rente jou wins op.  Ek het begin met 'n Kamp sleepwa van R3105 tans 'n karavaan wat ek kan verkoop vir R450000.

Dit is nog uitgesluit die kamp waarde/genot wat ek met die waens, bote ens gehad het.  Daai gevoelentheid waarvan Kitty altyd praat.

 Dis nou maar hoe ek dit sien.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required