English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 429
Total Replies: 63 563
Total Views: 80 338 583
topics: 9 328
replies: 1 751
views: 37 948 093
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

SONDER WATER

replies: 28
views: 404
24 Sep 2017 @ 07:56:47 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4584
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Sien oppue nuus gister daas nie water by die KZN kus oorde nie. En dis nie as gevolg van droogte nie, net suiwer swak onderhoud. Of is ek nou verkeerdelik verkeerd. Vyf dae !!!!
Wat maak my karavaan vriende. Koop julle supermark water vi koffie en bad in die see ???
Ander vriende in die kaap kamp by leentjies, hulle sê ook daars nie water nie, maar darem vi die regte rede.
24 Sep 2017 @ 08:05:41 am
Louvan
Platinum Member
Offline
Posts: 402
Joined: 07 Aug 2016
Province: KwaZulu-Natal
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 27 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.8 Auto 4x4
Camping: Sprite Tourer SP
Was 'n week terug by Leentjiesklip. Daar was toe nog water. Baie lekker gebly.
Never too old to have a happy childhood
24 Sep 2017 @ 08:21:00 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4584
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Was 'n week terug by Leentjiesklip. Daar was toe nog water. Baie lekker gebly.

Hulle rantsoeneer dalk. Sal nie kan se nie.

Water-situasie in die kaap is werklik baie kommerwekkend.
I love camping all year round
24 Sep 2017 @ 09:20:45 am
Joe Stieger
Gold Member
Offline
Posts: 169
Joined: 15 Aug 2011
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 39 years
Vehicle: Camry 200i
Camping: '82 Sprite Sport
Het Vrydag (22 ste)teruggekeer van ATKV Natalia na 'n heerlike 24 nag kamp, geen water probleme toe ondervind nie- het wel 'n kennisgewing op die ablusie muur gesien wat sê: "City closes taps overnight".
24 Sep 2017 @ 09:31:29 am
Fred
Mars Member
Offline
Posts: 1029
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster
Camping: Skipper Oyster and Kuga

Ja-nee, mens se simpatie is met die Kapenaars.  Verlede jaar die tyd was damme gemiddeld 62% vol en toe was daar geweldige probleme aan die einde van die somer.  Nou is dit maar 37%.  Wat gaan met die arme mense gebeur?  Ek dink werklik ons moet anders begin dink oor water- dis is skaars- baie skaars.  In Pietersdburg het ons al vir baie jare permanente waterbeperkings van 20 Kl per maand vir huise en ek dink 14 vir meenthuise en woonstelle.  As jy oortree, hoes jy.  Dit moet miskien maar 'n algemene reëling regdeur die land word.  Om drinkbare water te gebruik om in te bad, die toilet mee te spoel en tuin nat te maak, maak net nie sin nie. 'n Droë tuin is sekerlik meer aanvaarbaar as 'n droë keel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
24 Sep 2017 @ 10:26:03 am
Johann
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7586
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Laat 'n mens anders dink oor "skoon" gryswater net te in 'n drein afgooi. Ek praat nie van jik waswater nie, dit doen meer skade as goed, ek praat van afspoel water en skoon strort water.

Net my 2sent in die blikkie.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
24 Sep 2017 @ 10:50:11 am
Fred
Mars Member
Offline
Posts: 1029
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster
Camping: Skipper Oyster and Kuga

Wanneer daar op radio gepraat word van waterbesparing noem mense gewoonlik dat hulle hul badwater gebruik om plante nat te gooi.  Dis 'n goeie idee solank dit nie oordoen word nie.  As daar te min water in die afvoerpype afloop, werk die stelsel nie meer doeltreffend nie omdat afval tot stilstand kan kom in die pype en dit uiteindelik  verstop.  Dis weer 'n ander en 'n groot probleem.

'n Ander een wat mense gereeld noem, is om 'n baksteen in die toilettenk te plaas om so die hoeveelheid water wat per spoel gebruik word, te verminder.  Dit is duidelik dat sulke mense maar net herhaal wat hulle êrens gehoor het en dit nie self toepas nie, want as hulle sou probeer, sou hulle agtergekom het daar is net eenvoudig nie plek vir 'n baksteen in die tenk nie. Iemand wat nog nooit 'n toitettenk oopgemaak het nie, het dit waarskynlik agter 'n lessenaar uitgedink.    Dit laat my wonder hoe eerlik mense is wat verklaar dat hulle op allerhande maniere water bespaar. Wil hulle dalk maar net saampraat en vir ander mense raad gee sonder om self iets te doen om die probleem te verlig?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
24 Sep 2017 @ 11:06:11 am
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7997
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Ons land kort meer damme. Vroeer het 20miljoen mense geleef uit 20 damme...vandag moet 65miljoen mense leef uit 20 damme. (Vergelyking)
As jy 2 mense uit n 2Liter Coke bottel drink gaan hy redelik hou...maar as jy 15 mense uit n 2liter drink gaan hy vinnig sak. En hoe sorteer jy probleem?...skaf nog 2liter bottels aan
24 Sep 2017 @ 11:11:36 am
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4629
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Baie water word gebruik as toilette gereeld gespoel word.   'n Omroeper op die radio het een maal die volgende genoem:  "If it is yellow, let it mellow.  If it is brown, flush it down".  Ek stem saam daarmee, maar die probleem is die toiletpapier wat ophoop in die toilet.  Ons het ook streng waterbeperkings in die Baai, en om die een te oorbrug, hou ek 'n plastieksak by die toilet.  Die papier word daarin gegooi en nie in die toilet nie.     Op die manier hoef jy regtig net te spoel wanneer dit "brown" was en die plastieksak word net toegebind en in die asblik gegooi.   'n Ontsmettingsmiddel in die toilet help dat dit gladnie 'n onaangename besigheid word nie.   Dit is natuurlik nie ideaal nie, maar die moeite werd om water te bespaar.

24 Sep 2017 @ 12:06:46 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2162
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred dis 'n goeie een oor die baksteen. Ek persoonlik dink dis makliker om  staaf aan die bal te buig. Was verbaas om nou die dag te voel hoe maklik vandag se staaf wel buig. Deesdae se plastiek klep het ook nie veel plek vir buig nie maar afhangend v d meganisme.

24 Sep 2017 @ 12:10:14 pm
Fred
Mars Member
Offline
Posts: 1029
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster
Camping: Skipper Oyster and Kuga

Goeie plan Freda.

Dit is waarskynlik waar dat ons meer damme kort, maar die probleem is ook dat die afvloei van ons riviere eerstens nie onbeperk is nie en dat die grootste hoeveelheid water waarskynlik reeds in damme opgevang word.  Tweedens is geskikte damterreine ook nie vryelik beskikbaar nie. Ideaal is 'n terrein tussen heuwels waar jy 'n diep dam met 'n klein oppervlakte het.  Ongelukkig is sulke terreine min en gevolglik het ons vlak damme met groot oppervlaktes waar verdamping dus hoog is.  Ons bestaande damme slik ook toe teen 'n hoë tempo sodat damme mettertyd al minder water kan hou en uiteindelik maar net 'n vlak pan sal word. Om miljoene kubieke meters slik uit sulke damme te stoot of te bagger, sal waarskynlik onprakties duur wees daarom word dit nie op enige noemenswaardige skaal gedoen nie.  Ek dink ons moet maar begin besef water is noodsaaklik vir lewe en nie vir mooi tuine nie.  Plekke waar water op groot skaal onproduktief gebruik wored, soos in ons tuine en op gholflandgoedere, is dalk van die luukses waarsonder ons vorentoe sal moet klaarkom ter wille van oorlewing.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
24 Sep 2017 @ 12:10:56 pm
Danie-SLK
Saturn Member
Offline
Posts: 2162
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Freda jy het die ekonomiese manier. Mens kan wat mens met die porta vir no 1 doen ook by die huis. As mens bv net dink hoeveel water word gebruik as mens bv 5 mense in die huis is en jy doen 'n normale spoeling na elke no 1. Dit is baie water wat eintlik vermors word. Ons vind Dettol die beste om 'n reuk te verhoed. Nog beter as mens jik en koeksoda saam meng.

24 Sep 2017 @ 14:09:34 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4402
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Ons moet almal saam begin spaar maar van die mense kry water verniet en voel n veer Joe het julle onder of op terras gestaan by Natalia
Haak daai wa kamp bly koning
24 Sep 2017 @ 14:23:48 pm
pwven
Jupiter Member
Offline
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Province: Northern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: 2016 Ford Everest XLT 3.2 4X4 6AT
Camping: 2016 Jurgens Exclusive Deluxe
Het Vrydag (22 ste)teruggekeer van ATKV Natalia na 'n heerlike 24 nag kamp, geen water probleme toe ondervind nie- het wel 'n kennisgewing op die ablusie muur gesien wat sê: "City closes taps overnight".

Ons het daar gekamp by Scottsburgh en ook geen water tekorte gehad nie. Het Sondag 17de September daarvandaa weer huiswaards gery.
Geniet die lewe so lank as jy kan
24 Sep 2017 @ 15:46:46 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4584
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Welkom trug Piet pwven. Waars die fotos.?
I love camping all year round
24 Sep 2017 @ 21:02:54 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1586
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive
Dit is naderhand tweede natuur om water te spaar in areas waar water baie skaars is. Ons mag mos nie karre was nie en ek kan nie met 'n kar met vuil wiele en vensters ry nie. Wanneer daar wasgoed gewas word, is my emmers gereed om die laaste spoelwater van die wasmsjien op te vang waarmee ek dan eers die twee voertuie se vensters was en daarna die wiele. Al is die karre nie silwerskoon nie, lyk dit darem beter as die meeste van my mede-Kapenaars se karre ! Wanneer kos gekook word (byv. mielies) of groente gewas word, word hierdie water ook gebruik om die toilette mee te spoel. Ook wanneer 'n mens wag dat warmwater by 'n kraan opdaag, word daardie water ook in emmertjies opgevang sodat dit nie verlore gaan nie.

Ons koop ook water vir drink doeleindes (hervul eintlik ons bottels)en het agtergekom ons verbruik hiervan is 35 liter per week.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
24 Sep 2017 @ 21:31:15 pm
PietG
Mars Member
Online
Posts: 1082
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Die probleem aan die Suidkus waar daar tans waterskaarste is, is volgens my wete n instandhoudingsprobleem. Die distriksmunisipaliteit is besig om groot pyplydings aan te le na gebiede wat tans n waterskaarste ondervind. Verskillende opgaardamme word ook met mekaar verbind. In die proses word sekere gebiede noodwendig geraak voordat die nuwe aansluitings gedoen kan word. Ek wil nie beweer dat die prosesse altyd oordeeelkundig geskied nie maar daar word beslis aan gewerk. Ekself in Uvongo het twee watertenks by my huis aangebring wat 7500 liter water opgaar. Jy sal verbaas hoe min reen jy nodig het om hulle vol te hou. My tuin en was van motors ens word alles hieruit gedoen. Dit is ook aan die huis gekoppel en sodra die munisipale druk val skop my pomp in en hou die toilette en geyser vol.
Ek lees ook nou die dag n artikel waar beweer word dat die bevolkingsverskuiwing ook groot druk op ons waterbronne uitoefen. Skielik wil almal in die Kaap bly en almal plaas nou geweldige druk op bestaande hulpbronne wat nie ontwerp was daarvoor nie.
Groot vermorsing vind ongelukkig ook plaas van inwoners wat doodeenvoudig nie die erns van die saak besef nie.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
25 Sep 2017 @ 08:16:15 am
PietG
Mars Member
Online
Posts: 1082
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Ek moet bieg dat my "post" hierbo is nie die korrekte weergawe nie. Volgens ons plaaslikke daaglikse e koerant "ehowzit" is die probleem veel wyer en is die hulp van die provinsiale regering en die polisie duikers ingeroep. Blykbaar n groot verstopping in een van die reservoirs asook kabeldiefstal by n ander een ens ens. Daar word selfs beskuldigings van sabotasie rondgeslinger. Hoofsaak......die suidkus het n waterkrisis......mensgemaak of n gebrek aan "doen jou werk".
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
25 Sep 2017 @ 08:17:46 am
Joe Stieger
Gold Member
Offline
Posts: 169
Joined: 15 Aug 2011
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 39 years
Vehicle: Camry 200i
Camping: '82 Sprite Sport
Shaun, ons het op die boonste terras gestaan-staanplek 121 vanaf 29 Augustus tot 22 September.
Dit was nogal opvallend hoeveel mense bewus was van die water tekort, en wel spaarsamig daarmee gewerk het, maar daar was ook maar van dié wat hom nie kon skeel nie. So vertel 'n medekampeerder se vrou ons dat sy sien hoedat 'n ander vrou haar skottelgoed was in een van die staal wasbakke agter die ablusie en dan afspoel onder 'n aanhoudend-lopende kraan van die wasbak langsaan! Sy loop sit toe 'n prop in dié wasbak met die woorde: "mevrou, water is maar baie skaars hier!"

So terloops, 'n tragiese voorval het daar plaasgevind onderwyl ons daar gekamp het toe 'n drie-jarige dogtertjie in die groot swembad verdrink het onderwyl haar ouers besig was om te braai by een van die talle braais- kan nie verstaan hoedat mens 'n kind van daai ouderdom sonder toesig laat nie.
25 Sep 2017 @ 14:11:36 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4584
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Sjoe. Hulle kan stragregtelik vervolg word. Sover ek weet mag n kind onder 14 nie alleen sonder toesig by n swembad wees nie.
Die oord mag nou wel sê hulle is nie verantwoordelik nie. Maar in n strafhof moes hulle in so.n geval lewensredders op diens daar gehad het. Dié ou volkie het ook nie hulle werk na behore gedoen nie.
Almal skuldig aan manslag.

Hierdie is inligting wat ek van weet by n meenthuis komplx waar n voorsitter en trustee mede aandadig mag wees.
I love camping all year round
25 Sep 2017 @ 21:42:27 pm
FlipnTilla
Platinum Member
Offline
Posts: 257
Joined: 28 Jun 2011
Province: North West
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 44 years
Vehicle: Hilux SRX
Camping: 2005 Penta

Die Suidkus waterprobleem strek van Port Shepstone tot by Port Edward, wat deur die UGU munisipaliteit bedien word.  Dit is regtig asgevolg van 'n gebrek aan onderhoud oor baie jare.  Soos Piet noem, is hulle druk besig om pype te vervang, maar moet op 'n daaglikse basis groot waterlekke in Uvongo, Margate en Ramsgate herstel wat dan die vervangingswerk vertraag.

Ons bestuur Fairhills Caravan Park in Ramsgate en omdat die Park op 'n heuwel gelee is, is ons van die eerstes wat water verloor en ook die laastes wat weer water kry.  Baklei dus op amper 'n daaglikse basis met die manne daar in die hogere kantore.  Ons het 'n boorgat en tenks op die perseel en kon nog die hele tyd genoeg water verskaf, maar die bekommernis bly maar daar dat dinge verkeerd kan loop!!

Net terloops, ons monitor ons water en elektrisiteitsgebruik op 'n daaglikse basis.  Die water gebruik beloop gemiddeld 135L per persoon per dag.  Meer water word op reendae gebruik as op warm sonskyn dae. 

Flip de Wet
26 Sep 2017 @ 01:49:03 am
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7997
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Shaun, ons het op die boonste terras gestaan-staanplek 121 vanaf 29 Augustus tot 22 September.
Dit was nogal opvallend hoeveel mense bewus was van die water tekort, en wel spaarsamig daarmee gewerk het, maar daar was ook maar van dié wat hom nie kon skeel nie. So vertel 'n medekampeerder se vrou ons dat sy sien hoedat 'n ander vrou haar skottelgoed was in een van die staal wasbakke agter die ablusie en dan afspoel onder 'n aanhoudend-lopende kraan van die wasbak langsaan! Sy loop sit toe 'n prop in dié wasbak met die woorde: "mevrou, water is maar baie skaars hier!"

So terloops, 'n tragiese voorval het daar plaasgevind onderwyl ons daar gekamp het toe 'n drie-jarige dogtertjie in die groot swembad verdrink het onderwyl haar ouers besig was om te braai by een van die talle braais- kan nie verstaan hoedat mens 'n kind van daai ouderdom sonder toesig laat nie.

WoW...dit moes verskriklik wees vir die ouers. Kan amper nie indink hoe mens so iets verwerk as jou vakansie in sò n tragedie moet verander nie.....shame
26 Sep 2017 @ 01:53:19 am
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7997
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing

Die Suidkus waterprobleem strek van Port Shepstone tot by Port Edward, wat deur die UGU munisipaliteit bedien word.  Dit is regtig asgevolg van 'n gebrek aan onderhoud oor baie jare.  Soos Piet noem, is hulle druk besig om pype te vervang, maar moet op 'n daaglikse basis groot waterlekke in Uvongo, Margate en Ramsgate herstel wat dan die vervangingswerk vertraag.

Ons bestuur Fairhills Caravan Park in Ramsgate en omdat die Park op 'n heuwel gelee is, is ons van die eerstes wat water verloor en ook die laastes wat weer water kry.  Baklei dus op amper 'n daaglikse basis met die manne daar in die hogere kantore.  Ons het 'n boorgat en tenks op die perseel en kon nog die hele tyd genoeg water verskaf, maar die bekommernis bly maar daar dat dinge verkeerd kan loop!!

Net terloops, ons monitor ons water en elektrisiteitsgebruik op 'n daaglikse basis.  Die water gebruik beloop gemiddeld 135L per persoon per dag.  Meer water word op reendae gebruik as op warm sonskyn dae. 


Interesant die waterverbruik. Dis seker omdat die mense daarvan hou om n lekker warm shower te neem as dit koud en renerig is.
26 Sep 2017 @ 06:41:38 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8657
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Wanneer daar op radio gepraat word van waterbesparing noem mense gewoonlik dat hulle hul badwater gebruik om plante nat te gooi.  Dis 'n goeie idee solank dit nie oordoen word nie.  As daar te min water in die afvoerpype afloop, werk die stelsel nie meer doeltreffend nie omdat afval tot stilstand kan kom in die pype en dit uiteindelik  verstop.  Dis weer 'n ander en 'n groot probleem.

'n Ander een wat mense gereeld noem, is om 'n baksteen in die toilettenk te plaas om so die hoeveelheid water wat per spoel gebruik word, te verminder.  Dit is duidelik dat sulke mense maar net herhaal wat hulle êrens gehoor het en dit nie self toepas nie, want as hulle sou probeer, sou hulle agtergekom het daar is net eenvoudig nie plek vir 'n baksteen in die tenk nie. Iemand wat nog nooit 'n toitettenk oopgemaak het nie, het dit waarskynlik agter 'n lessenaar uitgedink.    Dit laat my wonder hoe eerlik mense is wat verklaar dat hulle op allerhande maniere water bespaar. Wil hulle dalk maar net saampraat en vir ander mense raad gee sonder om self iets te doen om die probleem te verlig?


Dit is waar wat jy sê van die nuwe toilet spoel bakke. Hulle is reeds baie kleiner as die wat jare terug gebruik is. Daar is baie ou huise wat steeds die ou groot spoel bakke het en 'n baksteen pas regop daarin. Ek het hom al self daarin geplaas.
Die nuwe spoel stelsels maar reeds voorsiening vir water besparing deurdat hulle kleiner is.

Nou met die minder water wat deur die riool stelsel vloei is jou volgende punt netso van belang Fred. Bad water het darem nou gehelp om die riool verder te vat in die stelsel af. Nou gaan daai badwater gras en plante toe. Mens moet maar weet dat jy nou so effense verstoppings in die stelsel te wagt kan wees.

So lei die een ding wat goed bedoel word op 'n ander probleem.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
26 Sep 2017 @ 07:33:43 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2355
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Ek het vroeer die punt gemaak dat almal nie hul gryswater in die tuin kan stort nie tov riool stelsel.

Punt is.....bitter min mense lei hul tuine so nat. So ek voorsien nie sommer n problem nie. Ons het 8 eenhede in ons kompleks. Ons is net 2 eenhede wat tuinmaak.

Ek is die enigste watt gryswater op die gras laat vloei. Ook heel winter groen gras gehad. Ek doen dit ook net 2 keer per week. Die besparing teenoor besproeiing...bitter min water gaan verlore tov verdamping soos met besproeiing. Ek will die gras we wortels nat hou en het groot sukses so behaal.

 

Jip
26 Sep 2017 @ 11:14:29 am
Fred
Mars Member
Offline
Posts: 1029
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster
Camping: Skipper Oyster and Kuga

Dankie Leon, ek aanvaar jou feite.  Ekself het egter nog nie sulke tenks gesien nie.  Ons het 'n paar ou toilette wat 18 liter water neem asook twee nuwes wat 12 liter neem en met die klein spoel, slegs 6 liter gebruik.  Dit is werklik 'n groot besparing, heelwat meer as wat die baksteen kan gee.  Met die ou tenks is die makliker oplossing egter om die watervlak te verlaag deur die arm van die vlot te buig.

Grumpy/Hannes, jy is waarskynlik ook reg.  Min mense is bereid om baie moeite te doen.  Die probleem is ook dat die pype op jou eie erf, veral met alleenstaande huise, verstop kan raak. Ek dink steeds die langtermyn oplosing is dat ons begin tuinmaak met plante wat min water gebruik en luukshede soos groot grasperke moet beperk. Jyself woon in Pietersburg dink ek, so jy weet dat ons reeds jare waterbeperkings het en ons kom daarmee oor die weg. As ons kan, hoekom nie die res van die land nie?  Die moontlike problem van watervermorsing in informele woongebiede waar daar nie volgens verbruik betaal word nie, is 'n probleem wat aangespreek sal moet word, maar ek dink nie dit gaan so maklik wees nie. By die kus kan ontsoutingsaanlegte 'n waterkrisis help verlig, soos in Mosselbaai gedoen is, al is dit duur water.  Wat doen ons hier in die droë binneland as dit die jaar nie voldoende reën nie? Jy onthou seker so 'n paar jaar gelede toe ons ernstige waterprobleme gehad het en rioolwater gesuiwer en terug in die stelsel gepomp is?  Die water het werklik souteruig begin smaak en ek dink almal wat dit kon bekostig, eerder gebottelde water gekoop het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
26 Sep 2017 @ 14:33:03 pm
Back Packer
Uranus Member
Offline
Posts: 3187
Joined: 08 Nov 2013
Province: North West
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 58 years
Vehicle: Isuzu KB 300 LX 4x4 auto
Camping: Gypsy Romany / Echo 3

Ek het Vrydag honderde liters water moes mors, ons het weer 'n riool vloed gehaad asgevolg van 'n munisipale lyn wat verstop was. Die vloed het 30% van my agtererf(als plaveisel) toegele. Ek kan nie se dat dit as gevolg van minder water in die stelsel was nie, of as dit net as gevolg van te min instandhouding was wie sal kan se.

Ek voel skuldig oor die water, maar ek moes dit doen om die plek skoon te kry en ook om die suur reum uit die erf te kry. Ons pas so nou en dan deur die dag ons twee klein kinders op die oudste nou eers 2 jaar en will hulle nie 'n kiem laat kry nie ons ook nie. Die vloed tref ons so elke 3 na 4 maande.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
26 Sep 2017 @ 15:03:27 pm
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7997
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing

Ek het Vrydag honderde liters water moes mors, ons het weer 'n riool vloed gehaad asgevolg van 'n munisipale lyn wat verstop was. Die vloed het 30% van my agtererf(als plaveisel) toegele. Ek kan nie se dat dit as gevolg van minder water in die stelsel was nie, of as dit net as gevolg van te min instandhouding was wie sal kan se.

Ek voel skuldig oor die water, maar ek moes dit doen om die plek skoon te kry en ook om die suur reum uit die erf te kry. Ons pas so nou en dan deur die dag ons twee klein kinders op die oudste nou eers 2 jaar en will hulle nie 'n kiem laat kry nie ons ook nie. Die vloed tref ons so elke 3 na 4 maande.


Dis aaklig as die water sò deur jou erf loop. My buurman kry ook so 2keer n jaar hierdie probleem...maar dis sy eie bome se wortels wat dit veroorsaak.
26 Sep 2017 @ 16:21:30 pm
Fred
Mars Member
Offline
Posts: 1029
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster
Camping: Skipper Oyster and Kuga

Ek kry dit gereeld as gevolg van die munisipale lyn wat vrot is en gedurig blokkeer, dan volg die riool maar die paadjie tot in my erf.  Ek het die karton-teerdeurweekte pype in my erf mettertyd met plastiekpype vervang soos hulle ingegee het, en nou wil die munisipaliteit gedurig hulle apparaat deur my pype stoot om die probleem op te los omdat dit 'n korter pad is as vanaf hulle eie mangat.  Ek weier natuurlik want hulle gaan nie my pype vervang as hulle dit beskadig is en oor 'n jaar of wat toegegroei is deur boomwortels nie!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First