English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 944
Total Replies: 59 450
Total Views: 80 036 251
topics: 9 105
replies: 99
views: 37 823 591
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ARTO

replies: 7
views: 206
13 Sep 2017 @ 14:12:05 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 901
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Die komende wetgewing om ARTO toe te pas regdeur die land, maak my bekommend.  Oor die nakoming van verkeersreëls stem ek saam en ek dink gereelde oortreders en die wat ander se veiligheid ingevaarstel, moet vasgevat word maar ek is nie seker hierdie stelsel gaan dit regkry nie.  Die redes waarom die huidige stelsel nie werk nie, is m.i. tweeledig: Korrupsie van verkeersmense en burgerlike ongehoorsaamheid deurdat mense wat beboet word, bloot die boete ignoreer.  Wat laasgenoemde betref, sal ARTO moontlik werk want dit klink of motorryers wat uitstaande sake het, verhoed sal word om hulle bestuurslisensies of mororlisiensies te hernu.  Sonder die twee sal assuransies ongeldig wees, so ons sal gedwing word om te betaal- of sal ons? Die kwessie van korrupsie sal steeds bestaan en die feit dat boetes waarskynlik nie meer geïgnoreer sal kan word nie, gaan die "bedryf"moontlik laat gedy.

'n Ander problem is dat as jy werklik voel jy is onskuldig, en jy wil die saak beveg, gaan jy blykbaar nie die geleentheid kry om jou saak in 'n hof te beveg nie- dis nou as jy die koste daarvan wil aanvaar.  Daar sal blykbaar 'n appèl paneel wees waarheen jy sulke sake kan rig.  Of dit sal werk, is ek ook nie seker nie.  'n Vriend noem gister vir my dat hy sonder sy bestuurlisensie bestuur het en in plaas van hom daarvoor te beboet- wat R500 sou kos, is hy R1500 beboet omdat hy nie 'n bestuurslisensie HET nie!  Hy woon in Gauteng waar ARTO reeds oënskynlik in bedryf is.  Hy appelleer per e-pos na 'n adres wat aan hom gegee is, maar tot nou- maande later, kry hy geen antwoord of erkenning van ontvangs nie.  Sal die stelsel dalk wel later werk?  Ope vraag.

Ek wonder of ARTO nie dalk dieselfde pad as E-Tol sal gaan nie: soveel mense gaan die stelsel boikot dat die stelsel onwerkbaar mag word.  'n Groot persentasie bestuurders gaan hulle nie steur aan geblokte lisiensie nie en sal in elkgeval maar net voortgaan om te ry.  Baie min motoreienaars het in elkgeval versekering, volgens syfers wat al genoem is, maar sowaty 30%, so 70% van motoriste sal nie 'n gebrek aan dekking hoef te vrees nie.

Van E-Tol gepraat: dit klink asof die tol dalk opgehef kan word en 'n brandstofheffing ingestel sal word.  Sal dit landwyd wees, gaan ander provinsies dalk kla omdat hulle Gauteng se paaie moet help betaal.  Betaal net Gauteng motoriste, gaan dit dalk onbetaalbaar duur word vir hulle.   Die e-tol boikot het Suid-Afrikaners die idee van burgerlike ongehoorsaamheid as middel geleer om reëls waarmee hulle nie saamstem nie, teen te staan en ek dink dit sal almeer die publiek se antwoord word.

13 Sep 2017 @ 19:29:50 pm
Hurricane
Moon Member
Offline
Posts: 791
Joined: 25 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Jy bedoel seker AARTO? Ek sal nie te veel slaap daaroor verloor nie, die ding was al jare lank in Pretoria en Jhb as sg. loodsprojek aan die gang gewees en hulle kry dit steeds nie aan die werk nie. Soos onlangs bewys in Jhb waar hulle honderde duisende boet kaartjies moes terugtrek omdat hulle nie die reels self volg nie. Dink dit gaan ook dalk nog deur een of meer lang hofsake gaan...ek verstaan vlgs die media dat groot dele ongrondwetlik is. Dan kom die administratiewe nagmerrie...en eNATIS moet ook nog korrek werk! Enigste ouens wat groot gaan wen is die regsmense :) (in beginsel het ek niks teen strafpunte nie maar dan moet mens begin met 'n wetsgehoorsame en redelike korrupsievry land om mee te begin!) En kan jy jou indink dat ons plaaslike spietkops gat of kop van die ding sal kan uitmaak :)
14 Sep 2017 @ 05:51:01 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2265
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Dis n Groot bekommernis vir ons as Sales mense wat heeldag op die pad is. As jy jou lisensie verloor, is jou werk daarmee heen.

Ek bribe nie n spietkop nie. Ek weier. Hierdie gaan net meer bribes veroorsaak!

Jip
14 Sep 2017 @ 10:18:36 am
Chris E
Bronze Member
Offline
Posts: 38
Joined: 04 Sep 2017
Province: Gauteng
Vehicle: Renault Koleos 2.5 petrol CVT
Camping: Gypsy Regal Blue Series
Ek is ook in Gauteng. So al jare onder AARTO, maar ek hou my gewoonlik by die reëls, het seker so 3 boetes gekry in die tydperk. Dit is nie regtig enigsins anders as normaalweg as jy 'n boete kry nie, dis net wat gebeur as jy die ding nie betaal nie of besluit jy wil veg wat anders is. Dit vat die "hof toe gaan" deel weg, wat maak dat 'n ou wat nie wil betaal nie maar net die boete kan ignoreer en hoop dit gaan nie verder nie.
Die grootste probleem wat ek met dit het is dit werk van die prinsiep van "Skuldig, tot jy onskuldig bewys is". So sal interessant wees om te sien wat gebeur as (of eerder wanneer) dit grondwethof toe gevat word. Ek is seker OUTA is klaar besig om dokumente op te trek, en die Dept. van Vervoer ook.

Aan die anderkant is die 50% "afslag" as jy voor 'n sekere datum betaal nogal effektief om jou te kry om maar te betaal, en die boetes is oor die algemeen bietjie goedkoper want hulle verwag die kostes sal laer wees.

I.t.v. administratiewe probleme wat die stadsraad mee gesit het. Hulle het met die laaste "ammendment" die reëls verander wat sê; "hulle MOET vir jou 'n geregistreerde brief stuur, dan MOET hulle vir jou nog 'n geregistreerde brief stuur, dan MOET hulle vir jou 'n geregistreerde kennisgewing stuur, en dan MOET hulle 'n hofbevel kry om jou goed te kom afvat om die boete te betaal." So dit kos hulle 'n klomp geld om die boetes te jaag, +- R50 per brief en nog heelwat meer vir 'n hofbevel. Nou kan hulle 'n brief in die pos gooi of vir jou 'n email stuur, en aanneem jy het hom 10 dae later gekry. R2 per brief.

Ek dink wat meeste Gautengers begin doen het is om netnie die geregistreerde briewe by die poskantoor te gaan haal nie, dan maak dit die proses nog langer en duurder.
Dis hoekom die JHB stadsraad se boetes 'n probleem is, want dis te duur om te stuur met geregistreede pos, en as jy dit nie so doen nie dan was die kennisgewing nie geldig nie.

Almal praat oor die feit dat hulle jou kan verhoed om 'n lisensie te kry, maar die eintlike stok is, dat as hulle al die "tick boxes" gemerk het, hulle 'n balju na jou huis to kan stuur om jou goed op te skryf om die boete te betaal. As jy genoeg boetes het kan hulle sommer jou kar vat, dan is die twee vlieë met een klap. Jy kannie meer ry nie en jou boetes is betaal.

Mens moet maar kyk wat die totale effek van die ding is, die grootste probleem om regtig die choas op die pad uit te sorteer is dat die strafhof nie die ekstra boetes sal kan hanteer nie. Ek het bv 'n paar jaar terug iewers gelees dat Kaapstad nie nog rooilig kameras mag opsit nie, want die hof het gesê hulle het nie die kapasiteit nie. So jy kan verwag om BAIE meer elektroniese maatreëls te sien. Gelukkig is rekenaars nie so maklik om te "bribe" nie, so al die ouens wat eerste daaroor kla (terwyl hy 'n R100 agter in sy ID boekie indruk) kan hulle maar daarin berus.

In 'n perfekte wêreld sal dit maak dat almal meer gehoorsaam aan die padreëls is en dat ons padsterfte syfers afneem.
14 Sep 2017 @ 10:32:26 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 901
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Soos ek die ding verstaan, sal jy nie meer voor 'n hof verskyn om jouself te verdedig nie, maar jou vertoë rig aan een of ander appél komitee wat jou waarskynlik minder objektief gaan behandel as 'n landdroshof. 

Oor die kwessie van aanmanings per geregistreerde pos se effektiwiteit twyfel ek ook soos Chris.  Geregistreerde pos beteken meestal moeilikheid en briewe wat die ontvanger nie wil hê nie, so hy gaan haal dit bloot nie af nie.  Die volgende stap is dat munisipale amptenare, of provinsiale amptenare of amptenare van die Nasionale verkeersowerhede- of dalk die balju, of 'n koerier dit moet kom aflewer. Dis nou as die oortreder 'n bereikbare adres het. Dit gaan net nie prakties moontlik werk nie.  Ek dink soos ek reeds gesê het, die stelsel kan gekelder word deur dit te boikot.

Miskien kan OUTA die owerhede oortuig van die onwerkbaarheid van die stelsel voor ons nog 'n duur wit olifant skep- die tyd sal wel duidelikheid bring.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
14 Sep 2017 @ 10:56:01 am
Chris E
Bronze Member
Offline
Posts: 38
Joined: 04 Sep 2017
Province: Gauteng
Vehicle: Renault Koleos 2.5 petrol CVT
Camping: Gypsy Regal Blue Series

Die komende wetgewing om ARTO toe te pas regdeur die land, maak my bekommend.  Oor die nakoming van verkeersreëls stem ek saam en ek dink gereelde oortreders en die wat ander se veiligheid ingevaarstel, moet vasgevat word maar ek is nie seker hierdie stelsel gaan dit regkry nie.  Die redes waarom die huidige stelsel nie werk nie, is m.i. tweeledig: Korrupsie van verkeersmense en burgerlike ongehoorsaamheid deurdat mense wat beboet word, bloot die boete ignoreer.  Wat laasgenoemde betref, sal ARTO moontlik werk want dit klink of motorryers wat uitstaande sake het, verhoed sal word om hulle bestuurslisensies of mororlisiensies te hernu.  Sonder die twee sal assuransies ongeldig wees, so ons sal gedwing word om te betaal- of sal ons? Die kwessie van korrupsie sal steeds bestaan en die feit dat boetes waarskynlik nie meer geïgnoreer sal kan word nie, gaan die "bedryf"moontlik laat gedy.

'n Ander problem is dat as jy werklik voel jy is onskuldig, en jy wil die saak beveg, gaan jy blykbaar nie die geleentheid kry om jou saak in 'n hof te beveg nie- dis nou as jy die koste daarvan wil aanvaar.  Daar sal blykbaar 'n appèl paneel wees waarheen jy sulke sake kan rig.  Of dit sal werk, is ek ook nie seker nie.  'n Vriend noem gister vir my dat hy sonder sy bestuurlisensie bestuur het en in plaas van hom daarvoor te beboet- wat R500 sou kos, is hy R1500 beboet omdat hy nie 'n bestuurslisensie HET nie!  Hy woon in Gauteng waar ARTO reeds oënskynlik in bedryf is.  Hy appelleer per e-pos na 'n adres wat aan hom gegee is, maar tot nou- maande later, kry hy geen antwoord of erkenning van ontvangs nie.  Sal die stelsel dalk wel later werk?  Ope vraag.

Ek wonder of ARTO nie dalk dieselfde pad as E-Tol sal gaan nie: soveel mense gaan die stelsel boikot dat die stelsel onwerkbaar mag word.  'n Groot persentasie bestuurders gaan hulle nie steur aan geblokte lisiensie nie en sal in elkgeval maar net voortgaan om te ry.  Baie min motoreienaars het in elkgeval versekering, volgens syfers wat al genoem is, maar sowaty 30%, so 70% van motoriste sal nie 'n gebrek aan dekking hoef te vrees nie.

Van E-Tol gepraat: dit klink asof die tol dalk opgehef kan word en 'n brandstofheffing ingestel sal word.  Sal dit landwyd wees, gaan ander provinsies dalk kla omdat hulle Gauteng se paaie moet help betaal.  Betaal net Gauteng motoriste, gaan dit dalk onbetaalbaar duur word vir hulle.   Die e-tol boikot het Suid-Afrikaners die idee van burgerlike ongehoorsaamheid as middel geleer om reëls waarmee hulle nie saamstem nie, teen te staan en ek dink dit sal almeer die publiek se antwoord word.



As jou vriend bet die R1500 boete wel 'n "appeal" gemaak het sal hulle wel nie verder kan gaan met die ding nie, want nou is daar 'n "tick box" wat nie gemerk is nie. So hulle sal dit eers moet afhandel voor hulle enigiets verder met hom sal kan doen.
Ek het al jare terug gesien die spietkops doen dit so, gee jou 'n boete vir bestuur sonder lisensie. Dan as jy jou lisensie wys by 'n polisiekantoor verander hulle dit na die laer boete. So ek dink nie dis net 'n AARTO ding nie.

Die ding is dat eintlik is Etoll nie die proeflopie vir AARTO nie. Eintlik was die algemene "vee jou g*t af aan jou boete" die proeflopie vir Etoll. Aarto is 'n fundamentele skuif van hoe dit gedoen word. So daar is meganismes ingebou om die ouens te hanteer wat dit net ignoreer.

Die "fuel levy" ding is eintlik 'n debat vir 'n ander dag. Ek is nie regtig ten gunste daarvan nie, selfs al bly ek in Gauteng, want ek ry nie so baie op die hoofpad nie. So ek gaan nou ook maar moet betaal, of ek dit gebruik of nie. Maar as die paaie nie op 'n manier betaal word nie sien ons nie 'n nuwe hoofpad in die volgende 100 jaar nie.
Die argument van "hoekom moet ander betaal vir Gauteng se paaie" word selfs deur die minister van vervoer rondgegooi, tipiese politieke retoriek om jou kritiki stil te maak. Die probleem wat ek met daai een is; hoekom is dit orraait as Gauteng se belasting gebruik word om die res van die land se paaie in stand te hou, maar nie orraait as dit andersom werk nie? Die fuel levy is reeds R3.15 per liter, amper die helfte van die land se karre is in Gauteng, maar SANRAL betaal so te sê niks aan padinfrastruktuur in Gauteng nie, en as hulle doen word dit 'n tolpad. Bv. die N14 verander van SANRAL na Gauteng Dept of Transport die oomblik as dit die grens kruis, maar die N14 in Noordwes is nie 'n tolpad nie.

Wat ek dink rondom die fuel levy, hoekom OUTA dit voorstaan, en wat ek sou sê moet gebeur, is dat 'n deel van die fuel levy reguit na SANRAL toe moet gaan om die paaie reg te maak en te bou. Dan kan dit by die paaie uitkom sonder dat die politikie die geld beetkry soos dit nou gebeur (en dit straks vir SAA en SABC gee). SANRAL kan dit dan op AL sy paaie regdeur die land spandeer.
14 Sep 2017 @ 11:17:48 am
Chris E
Bronze Member
Offline
Posts: 38
Joined: 04 Sep 2017
Province: Gauteng
Vehicle: Renault Koleos 2.5 petrol CVT
Camping: Gypsy Regal Blue Series

Soos ek die ding verstaan, sal jy nie meer voor 'n hof verskyn om jouself te verdedig nie, maar jou vertoë rig aan een of ander appél komitee wat jou waarskynlik minder objektief gaan behandel as 'n landdroshof. 

Oor die kwessie van aanmanings per geregistreerde pos se effektiwiteit twyfel ek ook soos Chris.  Geregistreerde pos beteken meestal moeilikheid en briewe wat die ontvanger nie wil hê nie, so hy gaan haal dit bloot nie af nie.  Die volgende stap is dat munisipale amptenare, of provinsiale amptenare of amptenare van die Nasionale verkeersowerhede- of dalk die balju, of 'n koerier dit moet kom aflewer. Dis nou as die oortreder 'n bereikbare adres het. Dit gaan net nie prakties moontlik werk nie.  Ek dink soos ek reeds gesê het, die stelsel kan gekelder word deur dit te boikot.

Miskien kan OUTA die owerhede oortuig van die onwerkbaarheid van die stelsel voor ons nog 'n duur wit olifant skep- die tyd sal wel duidelikheid bring.



Die boikot op etoll werk omdat daar 'n bottelnek is, die strafhof.

Nie dat ek die ding moet "run" nie. Maar as al die ander wetlike goed is uitgesorteer is. Sou ek sê, jy kort net 'n paar wiz-kids om 'n rekenaar program te skryf wat die proses automatiseer en genoeg baljus wat geld wil maak deur mense se goed af te vat en jy is in besigheid as AARTO. As Discovery 5miljoen mense se mediese onkostes kan administreer kan die boetes ook gedoen word.

Die moontlike bottelnek is die "appeals" proses. Maar met AARTO moet jy aksie neem om dit aan die gang te sit. Met die ou stelsel moes die staat hof toe gaan as jy niks doen nie.
Meeste mense gaan net niks doen nie, want dis mos hoe 'n boikot werk, en dit het mos gewerk met eToll. So hulle gaan eers besef daar is moeilikheid as die balju hulle goed oplaai, en dan is dit te laat. Daar gaan waarskynlik ouens wees wat rondry en soek vir karre met hengse uitstaande boetes, en as jy uit die SPUR uitloop (gestel jy boikot hom nie ook nie) dan is jou kar weg.

Ek dink ons is almal soos daai gesegde "Hope for the best, but expect the worst"
14 Sep 2017 @ 16:43:59 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 901
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Hoewel ek nie 'n Gautenger is nie, is ek ook van mening dat die hele land vir belangrike paaie moet betaal.  As daar 'n brandstofheffing moet kom, sal dit regverdig wees as die hele land daartoe bydra omdat die paaie wat tans e-tol paaie is, belangrik is vir die hele land se ekonomie.  Ek dink wel dit was 'n fout om enigsins tolpaaie in te stel om dieselfde rede.  Dit egter, was die Nasional Party regering se besluit.  Ek betaal nie veel e-tol nie, net so nou en dan as ek in Gauteng kom, maar ek het die apparaatjie in my motor.  By die tolhekke kan jy nie weier om te betaal nie en dis veel makliker daarmee, terwyl ek nou verplig is om te betaal. Hierdie tol is veel hoër in my geval as die e-tol.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First