English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 773
Total Replies: 156 993
Total Views: 79 932 531
topics: 9 026
replies: 98 839
views: 37 784 866
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Drukpompie

replies: 26
views: 459
06 Aug 2017 @ 17:19:21 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dagse,
Weet van die kampers wat is die druk wat hul waterpompies lewer. Is op die uitkyk vir een wat naby 4 bar kan lewer. Moet n " misting" sisteem in die kweekhuisie sit vir so paar nozzles vir verkoeling en die benodig meer druk as wat ek van my tenks kan kry.
Die huishoudelike modelle is n " overkill" in my toepassing.
06 Aug 2017 @ 18:08:40 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Herman jy kan probeer om 'n diesel se elek 12V lift pomp te gebruik wat dalk deur 'n werkswinkel uitgehaal is en nie juis meer bruikbaar is nie. Hulle lewer tot 3.5 bar. Die water moet net skoon wees want klein stukkies grond kan die ding blok. Toetse wat ek gedoen het kan hulle tot 2.5m lift mits die pomp self nie leeg is nie.

Dalk sal 'n petrol elek pomp ook werk. Ek het net my toetse gedoen op 'n diesel wat ek vervang het.

06 Aug 2017 @ 19:48:56 pm
Johann
Pluto Member
Offline
Posts: 7429
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Ek hou die draad dop, soek self 'n 12 v waterpompie van so 2+ bar.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
07 Aug 2017 @ 09:32:03 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Danie se idee klink goed en hulle is ontwerp om baie lank te aanhou werk.  Ek het net een stukkie twyfel:  brandstofpompe is ontwerp om vloeistowwe te vervoer wat nie roes aanmoedig nie.  Dit kan dalk 'n probleem wees met water, maar aan die ander kant kan die pompe dalk van vlekvrye staal vervaardig wees wat die probleem sal uitslkakel.  Wat sê jy Danie?

'n Ander pomp waaraan ek dink is die wat deel van die RO (reverse osmoses) filterstelsels gebruik word. Dis 'n 12v pomp vir die huishoudelike stelsel. Ek weet die onderdele kan afsonderlik gekoop word en die pryse is billik.  Die pomp forseer water deur 'n filter met groot weerstand in 'n tenk met 'n statiese druk van 2 Bar, so ek glo die druk is hoog genoeg en dis reeds vir water ontwerp.  Ek is net nie seker of dit voldoende volume kan lewer nie maar hulle verskaf ook groter stelsels wat sekerlik groter pompe sal gebruik indien die huishoudelike een te klein is.  Herman, as jy belangstel, sal, die ouens by Filtershop (012 653 8088) in Centurion jou kan adviseer.  Ek vind hulle baie hulpvaardig en vriendelik en hulle kan landwyd aflewer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
07 Aug 2017 @ 12:02:15 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred ek kan nie enigiets byvoeg tov die onderdele wat gebruik word nie. Ek weet net die spec is rondom 3.8 bar as dit in 'n voertuig gebruik word en as die druk laer is word hulle vervang. Ek het ook nie getoets as daar gepomp word wat die drukking is nie. Die druk kan dan dalk baie laer as 3.8bar wees. Die volume is omtrent 3L per min.

07 Aug 2017 @ 13:13:45 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dankie vir terugvoer. Daar is n Sureflo 4048 pompie wat 3,8 bar lewer, nou met ek net soek vir agente.
Word op RV's gebruik.
07 Aug 2017 @ 13:23:33 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Herman, die karavaanpompies is ontwerp om vir kort tye te werk terwyl jou behoefte is dat dit aanhoudend vir ure aaneen moet loop- neem ek aan.  Ek wonder of hulle onder sulke omstandighede sal hou.  Hou ons gerus op hoogte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
07 Aug 2017 @ 13:38:41 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Herman jy kan daai pomp kry teen 'n prys by importitall.co.za. Daar is baie beter waarde vir geld beskikbaar.

07 Aug 2017 @ 15:54:36 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Danie, Die pomp lyk vir my baie soos my waterfilterpomp, ek wonder of dit dalk baie dieselfde is.  Die waterfilterpomp is net aansienlik goedkoper teen R850.  Hulle gee sy druk aan teen 125PSDI en vloei van 1l/minuut.  Kyk gerus na    http://filtershop.co.za/24-volt-and-12-volt-booster-pumps.   Soos ek gesê het, ek weet nie of dit enigsins geskik is vir Herman se doel nie.  In vergelyking met die Sureflow is die lewering baie laag maar die druk is baie hoër, wat miskien voordelig is as jy 'n missprei wil hê.  Ons gebruik reeds omtrent sewe jaar twee sulke stelsels en die pompe is nog reg maar dis natuurlik teen baie laer gebruik.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
07 Aug 2017 @ 18:28:55 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dagse,
Dankie vir terugvoer. Daai shurflo is bietjie aan die duur kant.
Bietjie verder gaan lees, lyk my daar moet meer volume kom as wat ek verwag het.
Volgens van die " misting nozzles" se speks, is 7 bar druk nodig en vloei van 1,5l/ min/ nozzle.
Ek beplan so 4 nozzles.
Maar hoe meer daar rongekrap word op internet, hoe meer raak ek deurmekaar.
07 Aug 2017 @ 19:50:02 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Herman daai pomp wat ek vir jou gister die info per epos gestuur het wat 8bar kan lewer en 5L/min is amper in die kol vir wat jy nodig het. Die prys is ook onder R600 wat billik is vir 'n 8bar pomp.

07 Aug 2017 @ 20:31:42 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Het weer gaan loer Danie, lyk na die regte model.
Gaan n plan maak om te kry, dankie vir die hulp, waardeer dit baie.
08 Aug 2017 @ 10:58:08 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Neef Herman, Ek wonder of die verkoelingasaspek van die projek realisties is. Dit sal net werk as daar deurentyd deurvloei van lug is.  Indien nie, sal die lug in die kweekhuis vinnig versadig raak sodat verdere verdere verdamping van lug nie meer sal plaasvind nie en afkoeling dus nie meer sal gebeur nie.  Jy sal dan net 'n tropiese klimaat skep wat ook swamgroei gaan bevorder en dalk die plante laat oorverhit omdat hulle ook nie deur verdamping deur die blare kan afkoel nie.  Ek wonder of jy nie dalk ook 'n waaier- 'n "extractor fan" moet oorweeg nie.  By restaurante waar watersproei vir verkoeling gebruik word, het jy 'n deurvloei van lug sodat dit nooit versadig word nie en die verkoelingseffek dus bly.

Jou projek is baie interessant en ek sou graag verder vordering wil volg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
08 Aug 2017 @ 19:40:56 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Fred, die plan is n redelike " high tech" bestuurs program wat outomaties sal funksioneer.

Daar is die sisteem in wat lug sirkuleer na die " thermal mass". Dit bestaan uit n waaier wat lug uit die nok suig, ondergrond deur die massa sirkuleer waar dit kan afkoel, kondenseer, en terug in kweekhuis kom. Sodra die temp bokant 18º c kom begin lug sirkuleer. Waneer die lug nie genoegsaam afkoel ondergrond nie, gaan dakluike oop en waaier af.
Het al vertel dat die " battery" saans, en wintermaande genoegsaam hitte stoor vir n konstante 18ºc

Die sproeiers gaan die humiditeit net reg hou, word deur n " probe" gemeet en dan optimaal gehou. Op n warm dag met luike oop sal dit afkoeling ook doen. Die rede vir die hoè druk pomp, is spesifiek om die vog in n walm te voorsien wat nie werklik benat nie, en in suspensie bly totdat dit verdamp. Dus sal dit sporadies aan en af geskakel word soos die rekenaar die inligting verwerk.

Daar sal ook n CO2 probe wees wat luike sal reguleer.
Vogmeters wat in plantsakke geplaas word, en outomaties water toedien.
Groeiligte wat daglig vir 14 uur per dag gee.
Vorentoe word beplan om plantvoeding ook deur die sisteem toe te dien, moet nog net my kop rondom hoe ek organiese bemesting, bv wurmtee in regte hoeveelhede te meet.
09 Aug 2017 @ 08:30:01 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Magtie, dis regtig 'n gesofistikeerde stelsel!  Wat gaan jy kweek?  Ek is nou nog meer nuuskierig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
09 Aug 2017 @ 10:58:58 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Herman ek gaan nou jou draad goed kaap deur inligting te gee wat ek op afgekom het terwyl ek help soek het na 'n pomp vir jou. Ek dink heelwat van ons sal baat vind hierby. Ook modelle wat met warm water met solar gebruik kan word.

Hierdie pompe is beskikbaar teen 'n fraksie van die gewone pryse wat ons tot dusver gesien het. Aflewering geskied binne 28 dae. Daar is vrek baie variasies beskikbaar so gaan kyk gerus.

LINK vir inligting by banggood.com

Verder maak hierdie pompe van die beste stil "brushless" tegnologie gebruik

Hierdie glo ek is 'n baie goeie plaasvervanger vir die blou pompies mits dit nie in 'n 20L houer geplaas moet word nie. 5m "lift"

Hierdie pomp kan moontlik die "normale" in lyn pompies vervang. Daar is so baie modelle op hul web ruimte en 'n klomp van hulle kan mens die druk verstel waar die pomp sou afsit. Deur net 'n vraag te vra op wat mens wil bestel kan dit bevestig word. Hulle is self "priming" so nooit weer 'n gesukkel met lug in die pype nie.

Met hierdie pomp is daar geen verdere kraan skakelaar wat kan ingee nie. Die sit self af met toe krane en sit weer aan sodra jy 'n kraan oopmaak. Dit is ook beskikbaar in 'n enkel pomp ipv dubbel. En weereens moet mens net 'n vraag vra of die druk sensor verstel kan word en ek is nie seker of die krane in woonwaens wel die 7 bar druk voordurend sal kan hanteer nie. Dalk kan dit gebruik word met 'n eenvoudige algemeen verkrygbare druk sensor soos wat kompressors aan en af gesit word. Meeste van die sensors kan op vloeistof sowel as lug gebruik word.

09 Aug 2017 @ 11:27:52 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Danie, ek het na die webbladsye gaan kyk en die pompe lyk regtig puik.  Teen sulke pryse is dit ook nie juis 'n waagstuk nie.  Ek het 'n gewone dompel-tipe blou pompie aangepas om buite die water inlyn te werk met my vorige karavaan en het elkemaal dat ek die tenk gevul het, gesukkel om dit te "prime".  Lyk of hierdies nie probleme daarmee sal ondervind nie, maar nou het ek nie meer 'n tenk aan boord nie.  Die verbruik is ook, as mens dit kan glo, baie laag teen 17W.  Die bloue het die ligte omtrent afgeskakel as jy gepomp het. Ons het van die fonteinpompies in ons tuin wat oor "brushless" is en hulle hou vir jare, mits hulle nie droog loop nie.  Dit lyk my hierdie tipe kan ook onder water gedompel word.  Ek dink ek moet die kleintjie kry om in die fonteintjie te gebruik.  Die kleiner een wat ek gebruik, trek 30W en kan maar tot 2.5 meter lig en kos meer as dubbel die een se prys.  Ek kan ook onthou dat toe ek sowat sewe jar gelede 'n sonverhittingstelsel geïnstalleer het en oorweeg het om die tenk onder die dak te plaas, die sirkulasiepomp baie duur was- ek meer hier by R2500.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
09 Aug 2017 @ 12:23:40 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred volgens wat ek gemeet het trek die blou pompie 2amp terwyl hulle pomp en my stelsel het ek 2 op die warm water kant en 1 om koue water te meng. Dit laat my 12V 7Ah battery nooit val as ek bv 1 gebruik nie. Ek pomp gereeld reenwater uit 'n houer op die gras.

My pompe se "impellers" het al teen die wand vasgedruk en kry nie 'n manier om dit vorentoe te trek nie. Dit sit net styf op die as vas en kan beweeg met tyd.

Ja met 'n 5m "lift" lyk die dompelpompie 'n goeie koop. Tyd sal leer.

Ek gaan wel van hierdie pompe bestel.

11 Aug 2017 @ 07:14:53 am
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Gister loop ek sowaar hier in ons hardeware winkel n rak vol Sjinese pompies raak. Lyk net soos die wat Danie fotos van geplaas het, en spesifiek vir die missproeiers.

Ons is nou al vanaf R 4000.00 vir n Surflo tot by R 199.00 vir n Tjonkie, basies dieselfde artikel.
11 Aug 2017 @ 08:07:53 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Sjoe Herman dit wys jou net mens moet maar orals rondkyk. Die R199 is voorwaar 'n baie goeie prys.

Wil jy nie vir my aub die hardeware plek se naam ens per epos stuur nie? Ek wil hoor watter ander tipe pompies hou hulle ook aan voor ek bestel van China af.

11 Aug 2017 @ 08:52:00 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Herman, ek sal ook graag wil weet.  Ons sal moontlik teen Oktober deur Oudtshoorn ry en ek sal ook eerder van die rak af wil koop as om van Sjina af te bestel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
11 Aug 2017 @ 09:41:33 am
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Swan's Hardeware, jammer, het nie tel no nie.
Aan die begin van dorp vanaf deRust, langs die hoofpad regs. Eerste industrieele geboue.
Ek persoonlik glo nie aan daai ene nie, sal maar n bekende en hopelik meer betroubare maak kry.
11 Aug 2017 @ 10:09:00 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Baie dankie Herman. Hoop jy kom reg met die geskikte pomp.

12 Aug 2017 @ 13:44:01 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Ek sien Aliexpress.com verkoop ook 'n groot verskeidenheid pompe teen uiters billike pryse.  Ek het nog nooit iets van hulle bestel nie maar oorweeg dit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
12 Aug 2017 @ 16:33:21 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Aliexpress.comhet ek nog nooit na gaan kyk wat hulle het nie. Ek weet my seun koop graag by hulle en nog nooit probleme gehad nie.

Baie van mens se ondervinding hang ook maar af v d verkoper. Ek het al gesukkel om 'n refund te kry op ebay en ebay moes ingryp weens die waarborg wat hulle bied. Ander verkopers het weer dadelik 'n soortgelyke item in die pos gegooi as mens 'n probleem het sonder die nodige trugstuur v d foutiewe item weens die hoe koste van posgeld.

12 Aug 2017 @ 19:13:45 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Ek is nie juis bekommerd oor Aliexpress nie- hulle is goed georganiseerd en het 'n goeie reputasie, al kom alles van Sjina af.  

Ek koop egter nie meer enigiets by Ebay of Bid-or-buy nie.  Ek het etlike jare gelede 'n groot SD kaart op BoB gekoop wat foutief was.  Ek het die serienommer afgeskryf en met die verskaffer ooreengekom om dit op sy koste terug te stuur.  Hy het vir my 'n ander een gestuur wat ook foutief was en die proses is herhaal.  Die vervangende een was sowaar die een wat ek eerste ontvang het!  Ek het dit aan BoB gerapporteer maar aangesien die verskaffer nog nie aan hulle vereistes voldoen het nie, kon hulle my nie vergoed nie.  Hulle het hom wel geskors en ek kan nie onthou of ek my geld teruggekry het nie. 

Op 'n ander keer het ek twee 32Gb SD kaarte by 'n ou by 'n robot in Boksburg gekoop teen R100 elk- wat 'n winskopie- veral destyds!  Net jammer beide het nie gewerk nie en hulle het nogal 99% soos die regte gelyk. Ek het gewonder of dit dalk die oorsprong van my BoB items was- 'n ou wat ingeloop is en toe sy verlies van iemand anders probeer verhaal het. As iets te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik- ek moes geweet het. Ek vat nie weer 'n kans met die twee organisasies nie.  Hulle opsigself is sekerlik nie oneerlik nie maar hulle kan nie verseker dat die verkopers wat van hulle diens gebruikmaak, wel altyd eerlik is nie, al probeer hulle ook wel.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
13 Aug 2017 @ 00:32:19 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred ek kan net se dat ek suiwer na die "rating" kyk van verkopers. Dit is tog so dat mense maklik 'n negatiewe verwysing gee en as iemand duisende artikels verkoop het en bo 98% van tevrde kopers het dan het jy 'n goeie kans dat jy te doen het met mense met 'n goeie reputadie.

Die verkoper waarmee ek 'n probleem gehad het op Ebay het juis nie 'n goeie "rating" gehad nie maar omdat dit op auction was het ek die items teen 'n goeie prys gekry. Ek ook gevind dit kleiner goedkoop items en hy het elke keer net so 1-3 opgesit.

Ek ken ook daai robot flash drives van jare trug. Toe ek 'n Transcent koop en die ding nie data wil "save" toe kontak ek Transcent. Hulle deel my toe mee dat hulle nog nooit daai spesifieke grootte gemaak het nie. Hierdie foutiewe/valse goed het egter 'n serial no gehad van baie kleiner flash drives van 'n klompie jaar gelede.

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First