English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 773
Total Replies: 156 993
Total Views: 79 932 560
topics: 9 026
replies: 98 839
views: 37 784 880
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Fridge smelling like amoniac

replies: 25
views: 412
31 Jul 2017 @ 09:58:14 am
kriek
Silver Member
Offline
Posts: 63
Joined: 02 Jul 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 3 years
Hi. Our caravan fridge smells like amoniac. It uses gas, 12volt and electricity. It is plugged in but is smelly now. It is not making cold either. What could be the problem
31 Jul 2017 @ 11:51:28 am
Bushbaby
Bronze Member
Offline
Posts: 23
Joined: 21 Jun 2017
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 32 years
Vehicle: Kia Sorento Auto Diesel 2.2
Camping: Gypsey Royale

Its most likely you have a leak in your 3way fridge .So the options are having it removed ,sealed and re filled ,or replacing it with a 220 v unit.

Not sure, but once these 3 way fridges give problems its best to replace them with a 220 v unit

31 Jul 2017 @ 11:56:46 am
Klein DK
Platinum Member
Offline
Posts: 262
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

We had the same problem with our house fridge, 220 volt. At the end of the day, we rather bought a new fridge.

Ken jouself
31 Jul 2017 @ 12:05:27 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Die "3 ways" kondensator yskaste werk met ammoniak so as jy dit ruik, lek hy.  Die soort yskas is duur, ook om te herstel en nie baie effektief nie. Meeste karavaanparke het deesdae 220v krag en baie karavane kom ook met 220v konvensionele yskaste uit. Dit is dus waarskynlik die praktiesste om ook oor te skakel.  Dit is nou tensy julle gereeld in die boendoes kampeer waar daar nie krag is nie, maar is dit die moeite werd as jy dalk, of dalk nooit, by so 'n kamp sal uitkom?  laart weet gerus wat jy besluit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
31 Jul 2017 @ 13:01:46 pm
kriek
Silver Member
Offline
Posts: 63
Joined: 02 Jul 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 3 years
Wie kan die yskas uithaal en nuwe een insit. Wie beveel julle aan. Ons in Pretoria
31 Jul 2017 @ 13:35:12 pm
Hurricane
Moon Member
Offline
Posts: 777
Joined: 25 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Praat met Jaco v/d Berg by Pta Oos Karavaan Kliniek http://www.ptaooswoonwakliniek.co.za/html/tuisblad.html

Hulle is uit op Lynnwood Weg Oos, dink net so entjie verby Nkwe, hy het myne gedoen, sy vakmanskap is werklik goed. Jou wa is ook veilig daar, ons het nie eers nodig gehad om meeste goed uit te pak nie.
31 Jul 2017 @ 13:59:01 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 844
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Jy sal dalk 'n nuwe yskas goedkoper kry as jy dit self koop en laat installeer.   Meet die afmetings en soek een by plekke soos Game- waarskynlik onder R2000.  Net 'n stukkie advies: Die nuwe yskas- as jy 'n konvensionele koop- is moontlik nie spesifiek vir karavane gemaak nie en sy deur kan oopgaan terwyl jy ry.  Dis 'n gemors- ek weet! Kry dus een of ander tipe hakie of iets om dit veilig toe te hou.  Die karavaanplek sal waarskynlik hiermee kann help.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
31 Jul 2017 @ 14:14:19 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Christine julle kan caravanfitmentcentre.co.za probeer by 012 335 0068. Praat met Michael hulle is tussen Mansfield en Apiesrivierweg in Loius Trichart straat.

Afhangende van of 'n 230V yskas in die kas kan pas en of ander kaste geskuif / vervang moet word sowat R1500 vir die arbeid.

Sonder om te weet op watse woonwa dit is is dit baie moeilik om 'n koste te bepaal.

31 Jul 2017 @ 14:21:45 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Jy sal dalk 'n nuwe yskas goedkoper kry as jy dit self koop en laat installeer.   Meet die afmetings en soek een by plekke soos Game- waarskynlik onder R2000.  Net 'n stukkie advies: Die nuwe yskas- as jy 'n konvensionele koop- is moontlik nie spesifiek vir karavane gemaak nie en sy deur kan oopgaan terwyl jy ry.  Dis 'n gemors- ek weet! Kry dus een of ander tipe hakie of iets om dit veilig toe te hou.  Die karavaanplek sal waarskynlik hiermee kann help.

Fred jy is reg. Selfs die slot waarmee huis tipe yskaste toegerus is gaan oop in die ry. Dis nou die goedkoop plastiek sluitstuk en nie die metaal vinger wat gebruik word deur bv Defy. Gelukkig is dit 'n klein probleem om 'n manier uit te werk wat die deur toehou. Op my dubbeldeur het ek die perdestal tipe houtblokkie wat ek met 'n skroefie insit. Ek het net 'n gaatjie tussen die 2 deure getap so mens sien bitter min as dit normaalweg in gebruik is.

Ek kyk bv na die kragverbruik van yskaste gister in Makro. Die identiese kompressor op klein en middelslag yskaste kan tussen 92kwh en 392kwh per jaar gebruik. Ek betwyfel nogal die kragverbruik wat sekere vervaardigers op hul yskaste plak. Ek wonder of die 392kwh model regtig 4 keer meer krag gaan gebruik as dit dieselfde tipe gas en kompresoor het.

 

31 Jul 2017 @ 17:46:54 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2306
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Ek het n Snomaster ingesit, klein maar het aparte vriesgedeelte met eie deur. Die slot is puik, en dit sluit toe met n pen wat wat in n gaatjie inskuif, aan bokant van deur.
Om te monteer, het ek net die voetjies afgehaal en " threaded rod" ingeskroef. Gaatjies op vloer gemerk, geboor, in plek gesit en van onder vasgebout.
31 Jul 2017 @ 18:50:02 pm
PietG
Moon Member
Offline
Posts: 916
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Kriek as jy dit sou oorweeg om te gaan vir n 220V eenheid kan jy jouself die guns doen en kyk na die verskillende make se geraasvlakke. In n klein area soos n karavaan kan so n geraas laat in die nag nogal n verskil maak. Maar net my mening.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
31 Jul 2017 @ 19:37:30 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Kriek as jy dit sou oorweeg om te gaan vir n 220V eenheid kan jy jouself die guns doen en kyk na die verskillende make se geraasvlakke. In n klein area soos n karavaan kan so n geraas laat in die nag nogal n verskil maak. Maar net my mening.

Miskien is daar modelle wat raas maar ek kan bevestig dat die Defy, Logic, KIC, HiSense presies dieselfde kompressor gebruik van die kleine kroeg yskas tot en met 250 liter. Dus kan daar nie 'n verskil in die geraas vlak wees nie. Die presiese inligting het ek die naweek na gekyk.

Ek het nie na Samsung of LG gekyk nie maar glo hulle sal ook net so stil loop en mag dalk ook dieselfde "hart" gebruik.

Ek kan dus net dink dat dit 'n ander maak is wat erg raas want hierdie name is volop en nie een van hulle het ek regtig al gehoor wat mens kan pla in die woonwa.

 

31 Jul 2017 @ 19:52:20 pm
PietG
Moon Member
Offline
Posts: 916
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Danie ek is nie n kenner op hierdie gebied nie. Toe ek vir ons Swing n nuwe Ys/Vrieskas ingesit het , het ek by n handelaar gekoop wie my hierop attend gemaak het. Dit is nou blykbaar wet dat jy die geraasvlakke bekend moet maak. Daar is nou sulke "plakkers" op die deur met A , A+ A++ en A+++ wat die verskillende make se kwaliteite aandui op die verskillende vlakke. Onderaan word die geraasvlakke aangedui. Ek het dit ook nie geweet nie maar daar kon ek sien dat die verskillende make se geraasvlakke tog verskil. Ek se weer ek is nie n kenner nie en is dalk ook maar mislei deur n verkoopsman. Ek het die Defy gekoop wat op daardie stadium n laer geraasvlak volgens die plakker gehad het en is tevrede daarmee. Ek gee dit maar deur vir wat die moeite werd mag wees.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
31 Jul 2017 @ 20:19:09 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Piet die syfers net soos met petrol/dieselverbruik dink ek moet mens ook met 'n knippie sout neem. Ons word maklik om die bos gelei.

Ek het ook nog nie hier gelees van iemand wat kla dat hul yskas/vrieskas raas nie en mens nie maak XXXX moet koop nie.

Wel met sekere dinge hoef mens nie 'n kenner te wees nie maar ek glo net kan lees. Die yskaste waarna ek verwys gebruik almal die QD35 kompressor so uit 'n geraas en kragverbruik punt behoort hulle dieselfde te wees. Waar daar wel 'n verskil inkom is die isolasie wat die krag verbruik aan betref. Mens kan sien sekere yskaste het dikker wande wat minder koue sal verloor. Ek betwyfel dit egter hoe 'n 250 L yskas met dieselfde hart minder krag kan gebruik as 'n kroegyskas en juis 'n goeie maak. Die verskil in kragverbruik is bv 92kWh per jaar na 378kWh met dieselfde "hart"

Ons moet net versigtig wees vir inligting wat 'n verkooppersoon jou meedeel. Dis in sy belang om jou te oortuig en dit is ongelukkig so as hulle meer kommissie op een model kry as op 'n ander sal hulle jou probeer oortuig om die een met die $ note op te verkoop. Mens hoef maar net te dink aan die lang termyn assuransie bedryf se verkoopsmense. Hulle het nooit voorgestel om bv unit trusts te koop wat 'n beter lang termyn belegging sou wees as gewone polisse. Dis juis oor die kommissie struktuur tussen die beter en gemiddelde produk.

Laastens het ek bv 'n lae koste kisvrieskas gekoop maar dit het 'n LG kompressor en baie stil. Ek glo dat LG, Samsung,Defy en HiSense goeie produkte is tot iemand met syfers die teendeel bewys.

31 Jul 2017 @ 20:31:36 pm
PietG
Moon Member
Offline
Posts: 916
Joined: 12 May 2015
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Toyota Fortuner 2.5 D Auto
Camping: Caravan
Omdat ek nie van beter weet nie kan ek nie met jou stry nie. Ek het dit maar goed gedink om my inligting te deel vir wat dit werd mag wees. Elkeen kan maar daarmee doen soos hy goed dink. Hoe het die oumense gese " lieg ek dan lieg hy". Jammer as ek my onkunde onnodig hier gedeel het.
Lewe en benut vandag asof daar nie n more is nie.
31 Jul 2017 @ 20:47:46 pm
Hurricane
Moon Member
Offline
Posts: 777
Joined: 25 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Danie ek is nie n kenner op hierdie gebied nie. Toe ek vir ons Swing n nuwe Ys/Vrieskas ingesit het , het ek by n handelaar gekoop wie my hierop attend gemaak het. Dit is nou blykbaar wet dat jy die geraasvlakke bekend moet maak. Daar is nou sulke "plakkers" op die deur met A , A+ A++ en A+++ wat die verskillende make se kwaliteite aandui op die verskillende vlakke. Onderaan word die geraasvlakke aangedui. Ek het dit ook nie geweet nie maar daar kon ek sien dat die verskillende make se geraasvlakke tog verskil. Ek se weer ek is nie n kenner nie en is dalk ook maar mislei deur n verkoopsman. Ek het die Defy gekoop wat op daardie stadium n laer geraasvlak volgens die plakker gehad het en is tevrede daarmee. Ek gee dit maar deur vir wat die moeite werd mag wees.

Die A. A+ ens is die energie vlakke, dws 'n A+++ is baie beter as bv A+. Die geraasvlakke word in desibel (dB) aangedui maar nie noodwendig altyd nie, sien ook

http://mygreenhome.org.za/wp-content/uploads/2014/06/Guide-to-Energy-Labels-for-appliance-theme-2-June-2014.pdf

31 Jul 2017 @ 22:05:03 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Jorg dankie vir die link na die inligting. Ek het die A B C D E F gesien en net gedink dalk is die db ook aangedui en ek dit nog net nie gelees het nie maar dis duidelik dat dit nie aangedui is op die eenhede wat ek na gekyk het nie..

Deesdae dui hulle ook die kWh aan soos die link voorbeeld uitwys.

01 Aug 2017 @ 07:50:01 am
Leon
Alpha Centauri Member
Online
Posts: 8153
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Wie kan die yskas uithaal en nuwe een insit. Wie beveel julle aan. Ons in Pretoria

Verseker is die pype aan die agterkant van jou yskas gedaan en begin dit deur te roes.  Dit is die verkoelings middel (Amoniak) wat besig is om uit te lek. Selfde het met my Penta gebeur toe ons 'n paar jaar terug by Bosfontein gekamp het.

As jy in ou Kerk straat af ry in PTA wes se rigting. Links is die PTA skougronde en regs is woonstelle êrens tussen die woonstelle is 'n yskas besigheidtjie met pelisade heining aan voorkant.

Die swartman ken sy werk en maak die absorbsie tipe yskaste reg.  Dit help nie om gaatjie te probeer toe maak nie want die pyppe gaan net weer later op 'n ander plekkie deur roes.  Jy het twee opsies:

  • Kry 'n kwotasie en vervang die hele verkoelings pyp sisteem op jou yskas. Dit is as die 12V, Gas en 220V vermoë vir jou baie belangrik is.
  • Koop 'n nuwe yskas wat met 'n kompressor werk.  (maak seker hy loop baie stil)  Dis verbasend hoe hard 'n yskas kompressor loop as jy in die bosveld kamp of as jy gewoond is aan 'n yskas sonder enige lawaai.

Ek het die yskas in my Penta vervang met 'n Bauer  kompressor yskas wat presies gepas het. Was in elkgeval goedkoper as die kwotasie om ou yskas se pyp systeem te vervang.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
01 Aug 2017 @ 08:26:24 am
Jan Meyer
Jupiter Member
Offline
Posts: 1456
Joined: 31 May 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 50 years
Vehicle: Landrover Freelander
Camping: Sprite Swing

Het so 'n jaar gelede my yskas in die huis vervang met 'n Defy omdat my oue se deurseel vervang moes word en begin roes merkies kry het.

Die nuwe Defy beslis harder in die aand as my ou Defy en dit is 'n rapsie kleiner. 

04 Aug 2017 @ 11:30:09 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Net 'n opvolg om te verwys na die sogenaamde inligting wat verstrek word op yskaste/vrieskaste. Dis nog erger as die valse brandstof verbruik syfers.

Hier is die fotos met die energievlakke en die algehele konstruksie. Hierdie 2 yskaste het presies dieselfde kompressor nl. QD35Y Die meganiese konstruksie sowel as die rakke en ook die prys is dieselfde. Ek glo dus die 2 verskillende make kom ook uit dieselfde fabriek.

Die een links dui 'n energie verbruik van net 113 eenhede aan en die een regs dui 199 aan. Weens bogenoemde inligting glo ek die verbruik gaan dieselfde wees en albei behoort dan ook dieselfde "rating" te he.

Die energie plakkers op elke yskas het ook ooreengestem met die model so dis nie dat die een plakker van 'n heel ander yskas gebruik is nie.

Sien is glo.

04 Aug 2017 @ 11:51:52 am
Leon
Alpha Centauri Member
Online
Posts: 8153
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Daar is darem deesdae baie foefies wat gebruik word om die vermeende koper te flous.

Kanse is seker goed dat die een wat kwansuis minder energie verbruik meer kos as gevolg daarvan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
04 Aug 2017 @ 12:23:14 pm
kriek
Silver Member
Offline
Posts: 63
Joined: 02 Jul 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 3 years
Baie dankie almal. ONs gat is 60cm breed. Nuwe yskaste sn is 47.5. Ai. Mens kan ook nie wen nie. Die ouens vra so om en by R2000 om in te sit.
Dink as mense die woord Karavaan hoor dan roof hulle mens. Dit is maar ons mening.
Baie dankie vir almal se insette. Waardeer dit. Nou sal ons maar moet finaal besluit tussen nuwe een insit en of oue regmaak. Ons moet in elk geval oue uithaal blykbaar vir herstel....dan kan mens seker net 'n nuwe een insit en weet hy werk. Net so biejtie alterasies maak om hom te maak pas.

Groete
04 Aug 2017 @ 14:23:58 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Ek dink ook soos reeds genoem dat die antwoord of mens gereeld kamp waar daar nie krag is nie mens sal laat besluit dat mens een MOET he wat op gas kan werk. Andersins is 'n nuwe 230V die antwoord en dalk nog goedkoper as die regmaak van die 3 way absopsie kaste behalwe natuurlik vir die ekstra koste om 'n ander grootte in te bou.

In my geval waar ek meestal kamp waar daar krag is sal ek 10 maal eerder 'n 230V een insit.

Wees bly die gat is groter as die yskas so dit makliker om opening toe te maak as groter te maak - wie dit ookal insit sal weet om wel 'n opening te laat vir ventilasie as dit 'n 230V yskas is.

12 Aug 2017 @ 23:27:51 pm
Johan
New Member
Offline
Posts: 3
Joined: 12 Aug 2017
Province: KwaZulu-Natal
meet mooi ..Jy sal agterkom dat die deur somtyds te klein is om die yskas daar deur te kry .. Die yskas moet partykeer deur die groot ruit in die wa ingesit word Partykeer is dit ook nodig om die yskas se deure ook af te haal om dit in te kry .....Pap eet voor jy begin !!
13 Aug 2017 @ 10:44:24 am
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4292
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Johan , sien jy is nuut hier. Wil net se... baie welkom.
Sien ook jys n man wat weet van, sooo jy kan gerus help raat gee.

Mooi man.
I love camping all year round
13 Aug 2017 @ 11:31:25 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1704
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic
Johan welkom hier. Hoop jy gesels lekker saam. Ja dis voorwaar i goeie ding dat daar groter vensters in woonwaens aangebring is om yskaste in en uit te kry.
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First