-  Classifieds  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Jurgens Penta 2008  -  Sprite Tourer SW 2016  -  Forums  -  Lus vir kamp  -  GESOEK. BLINKSEIL  -  1992 Sprite Sport tent poles  -  Battery ontplof  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 440
Total Replies: 206 470
Total Views: 81 029 930
topics: 9 898
replies: 111 070
views: 38 234 472
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

BROMMER | FORTUNER FUEL CONS

replies: 45
views: 872
23 Jul 2017 @ 22:17:53 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek begin maar die draad vir verwysingsraamwerk......

Vandag van Pta na Bothaville en terug.. 2017 Fortuner 2.8 AUTO..

 

TOTAAL 609.4KM

GEM VERBRUIK PTA NA BOTHAVILLE 8.0L/100km

GEM SPOED 80Km/h

 

GEM VERBRUIK BOTHAVILLE NA PTA 6.8L/100km

GEM SPOED 96km/h

 

DAG SE GEM VERBRUIK 7.4L/100km

DAG SE GEM SPOED 88km/h

 

Dis solo sonder n wa... bietjie meer gewig af Bothaville toe as terug... Maar ek sien dis meer afdraendes terug so vinniger gery ook.. Moet noem  64km van die afstand was plaaspaaie en grondpad.... daar het ek maks 60km/h gery

 

Sal ander dag sleeptoets doen en vergelyk...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2017 @ 22:19:38 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Fotos


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 09:48:43 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2482
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Voertuig seker nog styf en behoort te verbeter soos sy los raak...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 11:47:09 am
Big5Spotter
Moon Member
77% Profile Strength
Posts: 941
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 9 years
Glo dit later beter word as hy nou behoorlik ingeloop en weer gediens is sterkte
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 13:17:59 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 253
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 12 years
Die enigste manier wat my Mazda sulke goeie verbruik sal kry is op 'n low bed :-)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 15:29:45 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5220
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Indrukwekkende syfers Pieter
Die ouer 3D tuner kom nie naby daardie syfers nie.

Nabro op een moewiese lang afdraente en net dan is my JEEP ook nader aan daardie syfers.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 16:20:36 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Jy moet ook net die branstof verbruik uitwerk vandat jy volmaak tenk tot tenk. Meeste motors se elektroniese meting is nie korrek nie. 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 17:42:50 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Enigste akkurate metode op 'n kort afstand soos die is om voor wegtrek by 'n vulstasie vol te maak tot in die nek, en dan met die terugkeer by dieselfde vulstasie en pomp weer vol te maak tot in die nek.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 18:32:51 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek het die rekenaar se meting getoets.. veral omdat mense skepties is... het gister oggend vol vol vol gemaak en gery.....

Het vanmiddag op 7.6 gestaan en presies 52.003L volgens pomp gevat ook vol vol vol met 693.5km van gusrer se volmaak....

Die ritrekenaar wys 13.2 km/L en die pomp se 13.3km/L.. so dis eintlik beter as wat rekenaar se... wel bitter naby.... het sommer noh fotos ook geneem van pomp en kms.. sal probeer by die oorspronklike  gallery sit


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 18:37:29 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Die enigste manier wat my Mazda sulke goeie verbruik sal kry is op 'n low bed :-)
nee man my 3.2 het baie goed gedoen... ;) op brandstofverbruik was ek met hom regtig verbaas...

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 18:45:15 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Fotos gelaai


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2017 @ 18:47:10 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Sodra daai eerste diens gedoen is sal jy n verbetering sien
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 06:28:42 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Die enigste manier wat my Mazda sulke goeie verbruik sal kry is op 'n low bed :-)

My Tipper sal in 'n diep myn skag moet af val om dit te kry.

Dit is voorwaar uitsonderlike syfers.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 07:23:20 am
Anonymous

In my volgende lewe wil ek ook graag die syfers kry wat al die ander mense altyd kry.  Ek dink my spekvoet is dalk te swaar op die pedaal

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
25 Jul 2017 @ 07:48:07 am
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 370
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years
Dit is inderdaad baie goeie syfers. Ek persoonlik glo nie die voertuie se rekaarstelsel nie.....werk nog brandstofverbruik op die ou manier uit deur die kilo's deur die aantal liters soos op die petrolpomp aan getoon, te deel.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 07:58:04 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1750
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Vir my is die syfers soos Pieter dit noem bevredigind. Dink meeste mense gebruik dit as maatstaf.  Nuwe Ford Ranger supercab gekry en verlede week Maputo toe gery. Was baie verbaas oor die verbruik en vergelyk dit met my Freelander. Nuwe LDV's is verbasend lig op brandstof. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 11:55:38 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2482
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Sulke mense kan nie op verbruik kla nie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 12:28:28 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Dit is inderdaad baie goeie syfers. Ek persoonlik glo nie die voertuie se rekaarstelsel nie.....werk nog brandstofverbruik op die ou manier uit deur die kilo's deur die aantal liters soos op die petrolpomp aan getoon, te deel.
chris ek het ook pomp en kms fotos geplaas en die ritrekenaar wys 0.1km/L swaarder as werklikheid.... ek sal elkgeval nou en dan bly verifieer maar ek weet die BT50 was ook naby genoeg...

Op die ou einde maak my syfers vs ander se syfers nie saak nie... dit gee my n riglyn om te wys of ek droogmaak en of ek met myself kan verbeter of nie.. die aanduiding laat my tie om verskillende style toe te pas en te kyk wat vir my ekonomies uitwerk... ek kan nie eintlik kla oor die syfers nie... ek gaan binnekort weer dieselfde pad ry maar dalk net onder 120km/h en dan weer my eie syfers vergelyk... 

Of iemand beter of slegter syfers kry word deur individuele omstandighede bepaal...

Wat ek wel sal like is om n pad wat ek met BT50 baie gery get te vergelyk... net vir interessantheid oor hoe 1 bestuurder vaar met verskillende voertuie... twyfel of hy by daai BT50 se syfers sou kom.... MAAR die Fortuner ry nogal lekker en mens voel gemaklik om rustig te ry, veral met die auto.... ek sien wel hie auto bietjie gaan speel met ratte as jy sleep

 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 13:12:24 pm
Chris Centurion
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 370
Joined: 04 May 2016
Experience: 31 years
Pieter, dankie vir die inligting. Ek stem met jou saam dat die ander persone se syfers nie saak maak nie want op die einde van die dag is jy die een wat betaal vir die brandstof wat jy elke keer ingooi.

Net vir die interessantheid......maak jy gebruik van 'n spoedkontrole?
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 15:25:30 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Chris, ja, ek het spoedbeheer toegepas basies meeste van die mooi N1 pad oppad soontoe... as jy wel eers van N1 afklim, dan help dit nie meer nie, so ek het terug nie eens gebruik nie.. terug het ek baie vinniger gery en dus my groter gem spoed lesing, die paaie so sleg en vol slaggate dat jy maar rem op slegte gedeeltes en nes jy dink jy kan weer spoed vang dan raak pad weer sleg... so spoed beheer in daai geval nutteloos.. 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2017 @ 19:25:33 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ek werk my voertuie se verbruik elke keer uit.....pomp vs km. 

Dis ook nie akkuraat nie, want ek kan nie met sekerheid se 1km gemeet met die voertuig is wel 1 km nie. Maar dit gee goeie aanduiding.

Die Hilux 2.5 D4D xcab (78kw 2014) slaan more oor na 200 000km. Sy gemiddelde verbruik is 11.5km/Lt. As ek ton op hom laai, val dit tot 10.1km/Lt.

Die Vitara het in die begin 9.2km/Lt gegee teen 110km/h sonder sleep. Nou kry ek dit al reg om 11.4km/Lt te kry teen 130km/h. Maar Dan speel ek baie lig op die voet. (Hilux sal maklik 14km/Lt kry as ek met hom so ry)

Wat my syfers vir my belangrik maak is as daar skielik verandering (slegter) is Dan weet ek daars fout met my voertuig of die brandstof wat ek ingegooi het.

Brommer, jy kry goeie verbruik, end dit gaan verbeter na sy 10 000km diens!

 

I tried to be normal for one day
I gave up!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2017 @ 10:59:18 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6376
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Piter ek het gister vol gemaak op 705km. Met die lt en km gedeel het ek 11.2 km/lt in die dorp op Ecko mode gekry.
Neem kennis dat myne 4x4 is.
Volgens sy rekenaar het ek R148.00 gespaar.
Ry darm maar lekker.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2017 @ 15:26:35 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years


Piter ek het gister vol gemaak op 705km. Met die lt en km gedeel het ek 11.2 km/lt in die dorp op Ecko mode gekry.
Neem kennis dat myne 4x4 is.
Volgens sy rekenaar het ek R148.00 gespaar.
Ry darm maar lekker.
ekt nou nog nie daai Rande ingevul nie...maar in onder 2 weke goed gery.. nou al 2200km vir die tyd.. ry oral ompad, langpad, , n ekstra draai... regtig gemaklik... nee ek spaar duidelik nie brandstof nie, hy ry al die pad... nooit gedink ek sou toyotas so geniet nie ;)

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 21:43:37 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ekt vandag dieselfde pad gery vanaf boksburg na pta en kon nou nie heeltemal onder 120 ry nie agv haastigheid maar Fortuner het 6,2L/100 opgelewer... ek moet weer kansie kry binnekort en sal dan kyk as ek rustiger soied kan handhaaf.. Beste met bt50 was 4.6L/100km maar meeste was so 5.5l/100km as ek rustig gery het.. so ekt nog buetjie werk wat voorle maar twyfel of ek daar sal uitkom, miskien by die 5.5 maar nie sommer daai 4.6 nie...  sal maar toets


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 09:57:16 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Ek kon nou bietjie weer toets en beste wat ek kon kry was 4.9L/100km.......... Ek sal maar weer probeer volgende jaar, did nou eers bietjie vakansietyd en die pak en check van als begin vandag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 15:28:34 pm
Anonymous

Brommer , as you know I am stupid. But please correct me if I am wrong. According to your figures above, you would get on a tank of diesel, BT50 3,2,  85 lt tank divided by 5lt  (5lt/100km)= 17lt multiply by 100km=1700km on a tank of diesel, and on the Toyota just a little less. I took average 5lt/100km and not 4.6lt/100km

Brommer if my calculations are correct, you must please forward the numbers of the people servicing your vehicle's, this figures are amazing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 16:05:28 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Brommer, hoe op aarde kry jy reg om vervaardiger se syfers te klop. (7,5 tot 8,5 l/ 100km.)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 16:48:24 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Nee ek kry nie 1700km op n tenk nie en n fortuner het letterlik net 80l en ek ry elke keer so 68 tot 70 of 72 liter maks voor ek moet volmaak weer..
ek laat fotos praatwerk doen... uhm, my rav4 en fortuner is elk nou maar rondom 12000km so dus net elk pas hul eerste dienste gehad... bt50 was na 3jaar maar op 43000km verkoop en het dus ook nef 3 dienste gehad.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 16:57:15 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Ek kry verseker verskillende verbruike en kan nie n hele tenk 4.9L/100km haal nie.. my beste per tenk was wel rondom 6.0L/100.
herman ekt ford (mazda) se syfers ook geklop, ekt renault se syfers geklop en ekt ook opel se syfers geklop.. jy leer n kar ekonomies ry, gebeur nie net woeps nie.. dit is n herinnering aan jouself om ekonomies te ry.. ook nie vir almal prakties nie.. party ouens staan laat op en jaag werk toe of is haastig heeldag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 17:51:54 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Ek kan dit glo Brommer, Von kry 10km/l met Cruiser. Met die Disco 3 het sy 14km/l gekry.
Maar dit was grotendeels omrede sy nooit vinniger as 100km/h ry nie.
Self kom ek darem by vervaardiger se syfers uit, dit kos al klaar netjies ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2017 @ 17:56:22 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Ek kan dit glo Brommer, Von kry 10km/l met Cruiser. Met die Disco 3 het sy 14km/l gekry.
Maar dit was grotendeels omrede sy nooit vinniger as 100km/h ry nie.
Self kom ek darem by vervaardiger se syfers uit, dit kos al klaar netjies ry.
ek probeer maar ook intussen my rit genief so ek ry baie lekker deesdae veral met die outos, daai rav4 doen ek so 5.4L/100 en my vrou tussen 9.5 en 9.8..........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2018 @ 21:19:03 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years
Nou ja.. ek sleep toe met my fleetline en 1ste stuk kry ek so 12.1L/100km.. daarna sak hy drasties en kom toe vas staan op 11.4L/100km..

Ek moet noem dat hier naby Pieternaritzburg het ek maar by die bulte goed op gery om in regterbaan te kon bly saam ander verkeer sodat ek nie agter trokke hoef te sit nie en dit het verseker my verbruik versleg. Baie tevrede met verbruik. Het erger verwag.. sodra ek terugry sal ek weer reset en volmaak en kyk wat maak hy..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 22:47:07 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Nou ja, hier is die fotos van gister se syfers.....

om 14:56:04 is ek reeds R21 hoofweg.. Het by vertrekpunt reset en op spoedbeheer gesit van 100km/h

 

Paar sekondes later 14:56:22 is die foto net beter geneem met beter fokus... Effe opdraende seker erens op die oombliklike verbruik...?

 

Om 15:06:22 trek ek op N1 Noord naby Garstfontein weg Afrit.... Hier is dit afdraende en die meter wys dit...

 

Om 15:10:22 trek ek by die N4 Bronhorstpruit / Pretoria interseksie en volgende is dus seker stormvoel voor my so entjie aan...

 

So ry ons... 15:18

 

15:22 hier is ek reeds op die N4 Rustenburg pad...

 

Naby die R80 Pretoria Soshanguve wisselaar

 

Staan toe in Rosslyn verkeer bietjie... Hier het dit bietjie later invloed gehad op totaal...

 

R80 afrit Rachel de Beer....

 

Kan nie hiermee stry nie... Dis goed ;-)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 22:50:34 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Sien laaste foto is dof, staan toe op 4.8L/100km sien ek op die foon as ek in zoem..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 07:03:17 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1092
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Dit is werklik 'n baie goeie verbruik vir 'n voertuig van sy gewig. Dit verskaf jou bykans 21 km/lt.

Ek was verlede Saterdag Pretoria toe met die X-Trail en my lesing was 5l/100km waaroor ek redelik trots gevoel het, maar as jy na voertuig gewig verskille kyk tussen die X-trail en Fortuner, dink ek die Fortuner is baie beter af met brandstof verbruik.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 07:24:59 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Sal graag die syfers wil sien vir werklike km gery en brandstof ingegooi oor jaar periode. Indien dit noukeurig bygehou was is ek seker dit sal n ander prentjie skilder.

 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 11:54:40 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Chris ja oor 'n jaar sal mens 'n goeie gemiddeld kan kry. Dit is egter steeds merkwaardig dat met 'n spoedbeheer en die werklike afstand gery dat so 'n goeie syfer verkry is. Ek sien gereeld hoe my afstand wat ek nog kan ry op die m-fiets afkom as ek by 'n robot staan veral kort voor die tenk leeg is. Verder sien ek gereld dat ek by die huis wegry en dit wys ek kan nog 200km ry op die tenk. 60km later dan wys dit ek kan nog 220km ry. Dit is na ek 'n stadige rit onderneem het. Op dieselfde roete kan ek duidelik sien dat dit opdraende na JHB toe is aan die brandstof wat ek gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2018 @ 20:02:00 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Sien laaste foto is dof, staan toe op 4.8L/100km sien ek op die foon as ek in zoem..

Ai!

As ek teen gemiddeld 40km/h vir die hele dag in die wildtuin ry, kom my verbruik nie eers naby nie!

Met die brandstofprys nou raak dit seker tyd om 'n ander sleeptuig te oorweeg. Ons is darem nog nie by perde nie.

Ek sien myself net nie sonder my Landy voor die wa nie. (dan maar seker betaal daarvoor in brandstofverbruik)

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2018 @ 22:07:05 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Pottie jou "scooter" kan dit ook seker nie kry nie - hehehehe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 04:32:57 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 39 years

Ek het Vrydag oppad Buffelspoort toe ook Brommer se verbruik en beter gekry. Ek moet egter bieg. Ek het gery totdat my spoednaald op honderd wys en het dan brandstof pedaal laat skiet. Man was my verbasing groot toe ek sien my verbruik is minder as 4lt per 100km. My gevolgtrekking is derhalwe die verbruik wat aangetoon word is dit wat jy op daardie staduim verbruik met intrap van pedaal en wat jy sal verbruik solank jy pedaal sover ingetrap hou. Verder besef jy gaan ook nie baie verder ry nie dan gaan voertuig tot stilstand kom 

Het probeer om foto te neem maar selfoon kamera wou nie lekker werk nie. Seker maar omdat dit nie n "me myself and I phone" is nie.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 07:57:31 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Om jou brandstof verbruik dop te hou is baie belangrik. Dis soos n hartmonitor. Dit se vir jou as iets verkeerd is.

My 2.5D Hilux het nie n elektroniese meter wat die verbruik aanwys nie. Ek doen dit "manual" elkekeer as ek volmaak. 2 keer per week.

In die somer is my verbruik 11.2km/Lt en in die winter 12.5

As hy na 2 keer 10 tot 10.5 daal weet ek die filters is vuil end hy kort n diens.

Ek werk my verbruik uit per tenk en nie per rit nie.

Met die Grand Vitara het ek al op sy metertjie 13km/Lt gekry op n spesifieke rit. Maar nog nooit op n tenk nie. Hy bly konstand by 10km/lt

I tried to be normal for one day
I gave up!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 14:45:48 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Indien jy 'n Fortuner ken, sal jy weet die onmiddelike verbruik is bo en die average is onder... En as jy mooi kyk regs bo die onmiddelike verbruik is die groen tekentjie en die SET woordjie wat aandui ek is op cruise control... Dit maak egter nie saak wat enigiemand dink nie, die inligting is hier om te wys die ouens wat reken die goed is so swaar, lieg eerstens, want jy hoef nie swaar te ry nie, en tweedens, is dit maar net vir interessantheid mbt wat gedoen kan word... Dit is wel so dat jy meeste afdraende sal ry in die gemiddelde rit vanaf Jhb na Pta... Ek probeer egter nie die rit soontoe toets nie want ek ry nie dieselfde nie en moet dus 120km/h+ ry oom die afsprake van die dag te maak.. Wanneer ek tyd het om dus dan terug huis toe te ry, kan ek bietjie speel...

Gaan ry vanaf Jhb suid teen 100km/h met enige kar en dan vergelyk mens.. Jy moet egter dieselfde pad ry anders help dit veel....

Met die brandstof verbruik nou die naweek na Bosveld Oase was die totale verbruik soontoe vanaf huis 11.7L/100km en terug was 12.0L/100km.. Dis nou met Fleetline agter..

Die Hyundai Tuscon 2.2D Auto is getoets teen 100km/h ook en kry 4.2L/100km op dieselfde pad.. Ekt op 'n stadium gedink ek sou nader aan 4.3 staan maar het gesukkel aangesien ek bietjie moes verbysteek op plekke... Maar sal weer probeer.

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 16:23:09 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Pottie jou "scooter" kan dit ook seker nie kry nie - hehehehe

Danie,

Nee hy doen nie. Beste ooit was 4,7l/100km of dan 21km/liter.

Dan was ek alleen, redelike gelyk pad met min opdraendes en wind met gemiddelde spoed so 105km/h.

Maar....as jy wil 'ploeg' sal hy werk. Die V2 sit so 126nm torque uit. Stadig en sterk. 1690cc

As ma en ek toer, werk ek op so 17,5km/liter. Dis darem petrol.

Ek wag vir dieselenjins op motorfietse. Verstaan die VSA weermag het een laat ontwikkel.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 17:28:58 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3069
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Met almal so gekant teen diesel vir die omgewing is dit miskien vreemd dat hulle 'n diesel ontwikkel vir motorfietse. Ja joune se 1 silinder is so groot soos my 2 saam.

As paaie gelyk was sou ek naby 3L/100km kon kry. Dis as ek die petrolhefboom "lock" op 'n gelyk pad. Soos die spoed afneem teen opdraendes wys dit 'n hoer verbruik en weer minder as dit vinniger as 100 ry op afdraendes.

Volgens die rit rekenaar is my gemiddeld van nuut af 4.7L/100km oor 64 000km.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 12:29:13 pm
Frikadel
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 65
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 32 years

Ek ry elke dag tussen Boksburg en Menlyn Pretoria met my Hilux 2.8 D/C 4X4 handrat.

Ry maar verkeer spoed op die R 21 tussen 120 en 160 en my gemiddeld bly, soos by die pomp uitgewerk 7.5 l per 100km.

Manne, die lewe is wat jy daarvan maak!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 09:39:57 am
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4361
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

Ek ry elke dag tussen Boksburg en Menlyn Pretoria met my Hilux 2.8 D/C 4X4 handrat.

Ry maar verkeer spoed op die R 21 tussen 120 en 160 en my gemiddeld bly, soos by die pomp uitgewerk 7.5 l per 100km.

Wat sê jou computer vs pomp uitwerk? Ekt so paar keer uitgewerk maar die kar was by tye so 0.1L/100km swaarder op die computer as by die pomp, en ander kere so 0.2L/100km swaarder by die pomp as computer, maar nou moet ek bieg ek kon die laaste ruk nie by dieselfde pomp ingooi soos gewoonlik nie.. So die vergelyking is bietjie moeilik....

Probeer bietjie eendag as jy kan (en tyd het) so 100-110km/h hou en kyk wat maak die verbruik dan? Want dis juis daai pad waar ek so lekker ry en verbruik is dan baie minder..

Ek dink daai 6de rat wat so by 100km/h by 1500rpm le maak dat jy net-net by die torque kurwe begin en dan loop dit baie lig op brandstof..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First