English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 633
Total Replies: 181 415
Total Views: 79 796 356
topics: 8 962
replies: 97 811
views: 37 737 165
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Optiese vesel

replies: 6
views: 170
17 Jul 2017 @ 14:43:58 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Optiese vesel is die nuwe kommunikasiemedium vir rekenaars ensomeer.  Ek weet wat dit teoreties is: 'n silikon, glas, plastiek, vloeistof of aaneenlopende ander vesel wat impulse baie vinnig gelei en wat dus baie doeltreffender is as koperdraad.  Wat ek egter nie verstaan nie, en geen antwoord op Internet of van mense wat ek gedink het, deskundiges is kry nie, is hoe die optiese vesel wat die landvol gelê word, werk.  Ek het al daarna gekyk en dis bloot buise met blink binnewande.  Daar is geen aanduiding van werklike vesel in hulle nie.  Ek weet dat sekere vloeistowwe binne buise ook as optiese vesel kan werk, maar slegs oor baie kort afstande.  Die optiese vesel wat in ons land gelê word, het ook nie vloeistof in nie.  Kan dit wees dat die impulse maar net van die blink binnewande van die buise af gereflekteer word?  Hoe kan menigvuldige seine dan terselfdertyd deur dieselfde vesel of buis gestuur word? Kan die buise werklik so steriel wees dat daar hoegenaamd geen onsuiwerhede, stof, in is nie, want dit sal tog lig opbreek en so die sein verswak? Hoe is dit dan moontlik dat sein oor sulke lang afstande gestuur kan word- minstens oor kilometers? Daar is glo versterkers ook deel van die buis maar dis seker maar verskeie kilometers uitmekaar en ek kan nie verstaan hoe die sein sterk genoeg by die versterker kan uitkom in die lig van wat ek genoem het nie?  Hoekom is buise van verskillende diktes? 

Ek vra die vraag hier in die hoop dat onder die lede met uiteenlopende kennis en belangstelling, dalk iemand is wat die antwoord ken.  Ek kan seker 'n tegniese Forum gaan soek, maar ek probeer maar eers hier.  Is dasar dalk iemand wat antwoorde kan verskaf?

17 Jul 2017 @ 22:28:53 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred my roep is dat ligstrale word in die buis gepuls. Die wande blink sodat al die lig kan weerkaats. Niks gaan verlore en geen geen verswakking v d sein wat daarin gestuur word. Verder jy het 'n goeie konneksie(nes 'n cable gland op 'n kabel) wat stof/vog uithou.

Omdat dit 'n digitale sein=kode is kan die swak wees maar steeds ontsyfer word en weer versterk word. Dink in terme van Bluetooth na 'n ander foon - TV - yskas - wasmasjien - klank en video wat perfek ontvang word.

Dis my 2c

18 Jul 2017 @ 06:08:47 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Kyk met die een bly ek weg.  Ek sal my glad nie uitlaat totdat ek fisies by die vesel kabel gestaan het en dit besigtig het nie en met 'n spesialis gesels het nie. Ek gaan nie eers spekuleer nie.

18 Jul 2017 @ 06:42:31 am
Joe Stieger
Gold Member
Offline
Posts: 159
Joined: 15 Aug 2011
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 39 years
Vehicle: Camry 200i
Camping: '82 Sprite Sport
Ja-nee, los dié een ook want my kennis daarvan is nie net gevaarlik vir my nie, maar ook vir almal op die forum! Het hom al gesien en self gewonder oor hoe hy nou eintlik werk. Het ook al die ouens "wat weet" uitgevra, en was net gesê dat jy nie moet bekommer oor hoe hy werk nie, eerder dat hy wel werk! Skoonsuster kla al lank by Telkom dat haar internet, wat bedien word deur optiese vesel uiters stadig is, en hulle weet nie hoekom nie.
18 Jul 2017 @ 10:22:05 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Danie, Jy is seker reg.  Ek wonder steeds of 'n buis werklik oor kilometers so skoon kan wees dat daar geen verspreiding van die ligstraal sal wees nie sodat dit suiwer ontvang kan word.  Dan wonder ek ook hoe verskeie seine gelyktuydig deur dioeselfde buis gestuur kan word.  Met die tipe vesel wat op internet beskryf word, waar jy bondels veseltjies het, is dit heel verstaanbaar.  Dan wonder ek steeds hoekom daar verskillende diktes buis is.  Jammer dat daar nie iemand wat met die goed werk en wat die teorie ken, hier is om antwoorde te verskaf nie.  Ek sal steeds op internet soek.

18 Jul 2017 @ 10:55:49 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred ek het toe ek gisteraand eers jou plasing sien net so vinnig geantwoord om die basiese te probeer antwoord oor hoe die kabel werk.

Hier is so paar fotos en die beskrywing behoort meeste antwoorde te gee. 100km afstand is haalbaar as jy enkel mode gebruik. Multi mode word gebruik oor kort afstande weens verskillende seine in een "draad". Spoed is 200 000 km/sek wat 66% die spoed van lig is.

Die "draad" of aar v d kabel is dunner as 'n mens se haar met die buitekante om die lig binne te hou.

18 Jul 2017 @ 11:09:13 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Fred 'n baie goeie voorbeeld van verskillende seine wat al baie jare gebruik word is bv die interkom stelsels wat jy bv in 'n huis wat op enkelfase krag werk net by 2 muurproppe indruk. Die klank beweeg dan in dieselfde drade as jou huiskrag. Dit word dan uitgehaal met 'n filter by die ontvanger en jy hoor die klank oor die luidspreker.

Natuurlik is dit ook die manier wat pre-paid krag werk om jou perseel aan of af te skakel na daar betaal is.

Ek kan net noem dit is juis hierdie metode wat deur Eskom gebruik word om die hele hoofkrag netwerk in SA se beheer vanaf Germiston. Suiwer deur die hoe frekwensie seine uit die kragnetwerk te filter en dan in elke substasie krag aan of af te sit. Geen ekstra drade is nodig vir die kommunikasie deel nie. Dis hoe loadshedding dan landswyd toegepas kan word as die netwerk dit vereis om te voorkom dat mens die gevreesde "blackout" kry.

As jy belangstel - as mens in 'n groot substasie kyk sal jy vind dat nie ver van waar die kraglyn die substasie inkom is sulke ronde goed op 'n staander. Foto hieronder. Deur net die induktans van 'n spoel en kapasitans van 'n kapasitor te verander word frekwensie beheer en so word die seine uitgefilter. Die drom het sulke splete in sodat lug kan deurvloei.

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First