English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 305
Total Replies: 62 143
Total Views: 80 253 633
topics: 9 264
replies: 923
views: 37 911 911
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kamp op citrusdal The Baths

replies: 10
views: 206
16 Jul 2017 @ 11:44:48 am
trevorg
Silver Member
Offline
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Province: Western Cape
Experience: 4 years
Ons kamp leeker hier vir 4 dae en swem lekker in die warm swembaddens was gister Clanwillam toe vir n paar inkoopies op pad terug het ons n hele paar mense gekry met hulle boswaens wat op die pad teen so 120 kmph verbygaan ek weet nie of hulle weet as daar iets met daai wa verkeerd gaan wat se gemors gaan dit veroorsaak nie lyk my hulle was baie hastig op pad iewers heen
17 Jul 2017 @ 10:02:23 am
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4600
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Ons het jare gelede vir 'n paar dae gekamp by The Baths.  Ek onthou nog altyd hoe lekker dit vir ons daar was.   Ons het die baddens omtrent geniet.  Wat ek altyd sal onthou, ons het langs die rivier onder die bome gestaan en dit was tyd vir die vinke (webers) om nes te bou.  Ek kon my verkyk aan hulle, die manier wat die mannetjies werk en die wyfies die nessies inspekteer en goedkeur of afkeur.   'n Hele paar nessies is klaar gebou terwyl ons daar was. Ek was skoon spyt toe ons die dag moet vertrek.

17 Jul 2017 @ 10:52:53 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4523
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Ons kamp leeker hier vir 4 dae en swem lekker in die warm swembaddens was gister Clanwillam toe vir n paar inkoopies op pad terug het ons n hele paar mense gekry met hulle boswaens wat op die pad teen so 120 kmph verbygaan ek weet nie of hulle weet as daar iets met daai wa verkeerd gaan wat se gemors gaan dit veroorsaak nie lyk my hulle was baie hastig op pad iewers heen

Dankie vir die.
Ek wou nog altyd weet van kamp aldaar.
Was daar om te koekeloer so jaar of wat terug.... maar ek kon nie sien hoe kry ek my groot wên daarin en weer daaruit nie. Kannie presies onthou wat was die probleem nie, dit het net vir my na n probleem gelyk.
Julle is nou daar, wat sou jy sê kan ek die elegance met sukses daar op n staanplek inkry. En dan kan ons n spesifieke no.. kies.

Die manne wat so vinnig ry.? Hulle is oppad begrafnis toe, dalk hulle eie. Absolute gekheid en ondeurdag. As ons vinniger as 90 ry, dan sal dit net wees om n stadiger voertuig soos sommige vragmotors verby te gaan. Alhoewel meeste van die vragmotors en beslis die aflewerings voertuie vinniger as 100 ry tenspyte van die plakaat agterop wat sê 100 of 80 max.
I love camping all year round
17 Jul 2017 @ 11:08:37 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 997
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Johan, Dis 'n lekker plek!  Ons het tweemaal daar gekamp in die voor 1994 tye en het 'n hele paar Kleurling gesinne daar gekry wat destyds verbasend was.  Hulle het ons meegedeel dat hulle oor baie jare reeds daar welkom was. Miskien omdat die plek so weggesteek was dat selfs die regering nie geweet het wat daar aangaan nie.  Ons het oor 'n paar dae vriende geword en lekker gesels.  Gelukkig is daardie dae dae nou verby en assosiasie met wie jy gemaklik voel en dinge in gemeen het, is nou moontlik.

So interessant as wat Clanwilliam is, so oninteressant is die dorpie Citrusdal.  Ons het verlede jaar in die somer 'n aand in die karavaanpark in die dorpie oorgestaan omdat ons hondjie saamgetoer het en sy nie oral aanvaar is nie.  Dit was toe 42 grade in die koelte en die bestuurder het ons meegedeel dat dit die vorige seisoen tot 52 grade gestyg het!  Beslis nie uitkampweer nie.  Die park op die dorp is terloops heel gesellig, goed ingerig en het selfs 'n swembad.   Die een by die Clanwilliamdam bly 'n mens maar weg- dis glo 'n regte nes, veral oor naweke. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
17 Jul 2017 @ 17:11:21 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2311
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Klink heerlik daar...
On The Road Again
17 Jul 2017 @ 17:24:30 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 997
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Johan, oor die toeganklikheid met jou groot karavaan: Ek glo nie hy sal dit maklik maak nie.  Ek wonder ook elke slag wat gebeur as daar twee ouens met karavane van aangesig tot aangesig op die kronkelpaadjie sou kom.  Die staanplekke is maar so tussen die kronkels van die stroompie ingedruk en taamlik klein as ek reg onthou. Ons Sprite Supersport kon darem inkom. Hulle het ook verblyf te huur en die plek is so oulik- restaurant ook- dat dit dalk die moeite werd is om die karavaan op Citrusdal te los en 'n aand daar te gaan deurbring.  Miskien lyk die paadjie makliker as wat ek onthou. Dis laaaank gelede maar ons het so 'n paar jaar gelede ingery om familie die plek te gaan wys. Die natuurlike warm water- regtig WARM- is in oorvloed.  Daar is as ek reg onthou, twee warm swembaddens en jacuzi's.  Die stroompie met warm water onder die koeltebome het ons kinders baie eienaardig gevind.  Jy verwag koue water en dan is dit badwaterwarm. Hulle het sommer in die stroompie gaan sit en speel.    As 'n mens wil stap, is daar paadjies teen die rante uit.  Ek is nie juis begaan oor slange nie, maar daardie warm kliprandjies lyk vir my baie slangerig, maar dis mooi hoor!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
17 Jul 2017 @ 20:59:33 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4523
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Dankie Fred
Dis hoekom ek gevra het want ons het dieselfde gedink toe ons daar gaan loer het..
Die paadjie was eenvoudig te smal ... jy weet mos met so n lang trein moet jy biki wyd draai. En die missis sal gou gou uitfreak.
Maar sal nietemin wag ve Harv hulle se kommentaar.
Kan in elk geval nie gou daar kom nie, al wil ek hoe grasg. Ons beplaning ve volgende jaar is al gedoen, maar kan dit nietemin verander.
Wag net om Waenhuiskrans te ervaar. Hoop dis so goed as wat dit vier jaar terug was.
I love camping all year round
18 Jul 2017 @ 10:28:43 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 997
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Hoop julle geniet Waenhuiskraal.  Is jy bewus van die derde grot?  Dit is aan die westekant van die ander twee maar in dieselfde rots.  Jy moet half afklim op die sandpad om daar te kom.  Lekker en veilige plek vir 'n piekniek.  Ek het die sandpaadjie met die Kuga afgery en toe ek onder kom, gewonder of ek nie dalk meer afgebyt het as wat die Kuga kon kou nie, maar gelukkig het hy maklik weer bo uitgekom. Ek was aangenaam verras.

Waenhuiskraal is 'n mooi dorpie maar bietjie stillerig met min om te doen en nie baie stapgeleentheid nie, wat ons graag doen.  Die huisies, nie net in die werkersdeel nie, is pragtig en smeek om afgeneem te word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
18 Jul 2017 @ 12:24:14 pm
trevorg
Silver Member
Offline
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Province: Western Cape
Experience: 4 years
oom jeep
if you want to go there with the elegance i would suggest you ask for site 23 a or 23 b they are the last stands at the bottom away from the pools but they are nice and big and should not be a problem enjoy
18 Jul 2017 @ 12:41:18 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4523
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Tnx Trevor
Will try to remember, if not, will make contact again.

Dankie Fred. Ons sal die derde grot gaan soek.
Ons laaik waenhuiskrans juis oor die stilte en vrede. As jy eers n paar van die gereelde kampers mee begin geselsies aanknoop, is dit eindelose pret wat n plek soek om te gebeur.
In die woongebied is ook sulke kafeetjies wat vrek lekker is. Bestel koffie daar dan bring hulle ve jou sommer gemmer koekies ook.
I love camping all year round
18 Jul 2017 @ 19:57:27 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4391
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Klink na n puik oord
Haak daai wa kamp bly koning
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First