English & Afrikaans Forums
Total Topics: 18 325
Total Replies: 62 354
Total Views: 80 269 374
topics: 9 273
replies: 1 055
views: 37 918 087
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat het jy REGTIG nodig vir sterk winde?

replies: 20
views: 396
16 Jul 2017 @ 07:14:58 am
See liefhebber
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 7878
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Wat het mens REGTIG nodig vir sterk winde? Sommiges meen dat daai storm net (Cargo net tipe) oorbodig is. Ander meen die Maxcon penne is voldoende en ander stel voor net storm straps.
16 Jul 2017 @ 07:22:37 am
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3819
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan

Ekt nog nooit n storm tou of strap oor my tente gespan nie.. ek gebruik tou en anker met horistonale pale direk af grond toe., het gesien hoe probeer daai wind daai tent lig maar hy kan nie... pale is deur tent en waar hul uitkom n tou direk grond toe. By 6 plekke vas, so as pale nie lig nie val tent nie uitmekaar nie

Zoem....
16 Jul 2017 @ 08:01:25 am
HM
Uranus Member
Offline
Posts: 2951
Joined: 06 Jan 2009
Province: Other
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 44 years
Vehicle: SUV
Camping: Caravan

My mening is die hooftent is redelik goed geanker as die sypanele se penne ook almal ingekap is. 

Wat die stoep betref het ek een stormstrop wat met vris hoekpenne geanker is. Sover, "touch wood", was dit voldoende.

 

The Happy Campers.
16 Jul 2017 @ 08:15:46 am
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Ek maak soos Brommer. Elke vertikale paal (Elegance het vyf per dakkie) anker ons met lang elbow pen aan n tou direk vanaf koppelstuk regaf langs die paal en n pypie om die paal se voetstuk.. het dit geleer 2014 by waenhuiskrans in die sandgrond.
Dan my blinkseil met die ingewerkte straps, Dan cargo net.
Mos al gese. Daai kapenaar het my kontrepsie so beloer, in die tent kom kyk en soos n makeniek so paar fluite gegee en gese, wind se gat.
Doen extra soos Hendrik die sy panele met n verfroller ekstensie die kante ingeryg deur rekke en vasgekap met tuisgemaakte geriffelde penne.
As hy nou nog wil wegwaai, dan moet die versekering betaal.
I love camping all year round
16 Jul 2017 @ 09:39:30 am
pwven
Jupiter Member
Offline
Posts: 1858
Joined: 03 Jan 2015
Province: Northern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: 2016 Ford Everest XLT 3.2 4X4 6AT
Camping: 2016 Jurgens Exclusive Deluxe

Gebruik ook die storm net wat ek vasmaak met Maxcon penne. Die net gaan oor die tent en die dakkie voor aan die tent.

Geniet die lewe so lank as jy kan
16 Jul 2017 @ 10:00:51 am
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2320
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Parkeer die kamper met neus in die wind,
Klim maar net in die kamper.
Met ons gewig gaan hy nêrens nie...
Nog nie die ondervinding met kampervan nie,
Maar glo as ons hom teen die wind trek en inklim.
Behoort ons okay te wees...
On The Road Again
16 Jul 2017 @ 12:45:05 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
Offline
Posts: 1530
Joined: 31 May 2014
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 50 years
Vehicle: Landrover Freelander
Camping: Sprite Swing

Ons kamp baie langs die kus maar enigste plek waar ek stormbande gebruik is by Drakensville. Daai oop vlakte het al baie tente verniel.

16 Jul 2017 @ 13:48:26 pm
Somer Kamper
Mars Member
Offline
Posts: 1058
Joined: 03 Sep 2014
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 19 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Exclusive

Ek stem saam met Brommer. Dit is wanneer die wind die dak effens lig dat die vertikale pale oplig en uitval. Dan stort die hele struktuur in duie. In 'n sterkwind gaan daardie dak effens lig, of jy nou wil of nie. Dit is nie 'n betondak of teëldak nie.

Daar is ook penne met iets wat lyk soos 'n koppie of 'n ring aan die bokant waarin jou pale pas. Jy kap dit in onder jou vertikale pale en sit die voetstuk daarin. Selfs al is daardie binneste pale direk grond toe geanker, sal 'n aanhoudende sterk wind geduldig daaraan werk. Al lig die paal net 'n halwe sentimeter en word weer neergesit, kan die onderste voetstuk met verloop van tyd sywaarts beweeg en dan val die pale ook uit. Met die koppie of ring lig die paal daardie klein bietjie op en word weer op presies dieselfde plek neergesit.

Stormtoue en/of nette gee net daardie ekstra sekuriteit. Jy kan lekker bly slaap as jou bure aan hul tentpale hang.

16 Jul 2017 @ 19:38:31 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5766
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014

Darm nog nie nodig gehad om die wind te toets nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
16 Jul 2017 @ 21:28:19 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8594
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Dit is amper 'n feit dat die tye wat mense aan pale hang gedurende die nag is.

Dis wanneer jy nou regtig nie lus is om buite in die wind en weer rond te skarrel nie.  My ondervinding is die volgende:

  1.  Die wind ruk nie aan die pale van jou tent nie hy ruk aan die groot seil oppervlaktes.
  2. Die wind lig nie die pale van die grond af op nie hy lig die groot tent oppervlaktes op.
  3. Die wind het nie erge houvas op die pale nie want hulle is dun en rond.
  4. As die wind wel 'n seil beetkry staan jy bont.
  • Nou hoekom hou jy pale vas as die wind nie aan hulle ruk nie?
  • Hoekom hou jy die pale op die grond met 'n band ongeveer 50mm breed as die wind aan 'n oppervlakte van 2,5m x 7m ruk.
  • Hoekom kry jy nie die groot oppervlakte onder beheer en dan sal die res automaties reg wees nie.

Dus my opinie is.................... ek kry beheer oor die groot tent oppervlaktes veral by kamp areas waar wind 'n geskiedenis het dan slaap ek lekker elke aand.

Baie dink 'n net se gevlegde toue moet almal tenminste 10mm dik wees soos 'n vrag net maar dis nie nodig nie. 'n Dun sokker "goalpost" net werk netso goed want al daai dun nylon toutjies werk almal saam om die tent seile onderbeheer te hou en as jy hulle almal teen mekaar vashou is hulle in elkgeval dikker en sterker as een 50mm bree band oor jou tent wat heeltyd op eenplek in die wind jou tent skuur en verniel.

Die kuns met gebruik van 'n storm net is om jou tent met hom toe te vou en styf toe te draai soos wat jy 'n geskenk sal toe maak met papier.

  • Styf getrek oor die groot oppervlaktes
  • Vasgekamp met meer as een of twee penne
  • Waar die net nie by die grond uitkom nie met ekstra zig zag tou na die penne toe verleng.

Op die manier staan 'n gazebo langs 'n dam in storm sterk wind met niks om dit om die wind eers afte keer nie.......................... dood stil.

So om op te som.  Ek gebruik 'n dun sokkernet as my stormnet. Het nou al 'n paar keer gewerk veral langs die dam as daai weer oor die water aan kom.  Dit hou die tent panele  en dan sekonder die pale onder beheer in die wind.  Skaaf nie my tent heeltyd op eenplek nie.  My net is in totaal so klein hy pas in 'n klein graad 1 skool kind se rugsakkie en weeg ongeveer 2kg op die meeste. As een stringetjie tou breek doen die res nog die werk. Maak gebruik van meer penne maar gewone groote.  As een uit trek is daar nog baie wat werk, as een van twee groot penne op storm strap uit trek het jy moeilikheid.

Jy kan 'n vragnet gaan koop enigste verskil is jy het 'n gooing sak nodig om hom te stoor, hy neem amper meerplek op as jou hele tent en hy is baie swaarder as my ou sokker net.

Dis my verduideliking waarom ek 'n DUN net gebruik.  Dit hou die groot oppervlaktes wat die probleem in die wind is onder beheer en jou anker punte (sekuriteit) is gebaseer op meer as net twee penne.

Laastens as jy sou besluit om 'n storm strap te gebruik is ek van mening dat jy eengebruik wat geen springs en rekke in het nie en wat met stewige penne geanker is op elke punt.

As dit my tent is wil ek nie he dat die stormstrap oor my tent kan beweeg nie (springs en rekke).  Hy moet gespan wees soos 'n snaar en vashou wat hy moet want daai tent gaan elkgeval in die wind  onder hom beweeg want daar is niks wat daai groot oppervlaktes beheer nie.

My 2c.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
16 Jul 2017 @ 21:39:24 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8594
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Een groot rede waarom ek van die oorsese tent hou.

  • Geen kante wat deur die wind geskep kan word nie.
  • Makliker om toe te draai soos 'n geskenk met my storm net.

Jip dit raak soos normaal as ek die rally voor aan sit maar dan gebruik ek die net oor die rally alleenlik.

Ander metode is om 'n silverseil te gebruik wat storm straps ingewerk het.

Dan moet jy maar bietjie meer en dikker penne gebruik as ankers.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
16 Jul 2017 @ 21:57:11 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Leon
Ek weet nou nie hoe werk die ander tente nie, maar by myne kom die vier horisontale paaltjies wat tusse die langer vyf vertikale pale indie swart koppelstukke inkom deur n sloop aan die tent. Dus nou dié wat paralel met die wa is. Dus as die wind die dakseil oplig dan gasn die vertikale pale saam in die lug.. vandaar die anker toue vanaf die koppelstuk direk na n grondpen anker. Soos gese , meeste van die vertikale pale is onder spanning, indien hy NIE geanker word en in n pyp staan nie, swaai hy dwars en val die dak op die grond. As jy van die gelaste vertikale pale het kom hulle by die las los en tuimel die tent grond toe. Moet eintlik dan van die vas "twist " pale he.
Ja ek stem saam oor die cargo net. Ek het nog n dik tou een. En hy is al sowat 8/9 jasr in gebruik en ek springloaded hom nie vas nie. Slaan n 400mm geriffelde 8mm dik tuisgemaakte pen in en tou aan die cargo is van die wat jy met n "dogbone" sisteem STYF trek. Eks eintlik so lief vir die ou ding en moet hom seker vervang met daardie ligter een, maar ek kom nie sover nie. Die tyd toe ek hom gekoop het was dit al wat oppie mark was.
I love camping all year round
16 Jul 2017 @ 22:10:00 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Moet nog byse. Die sy kante ruk en pluk ook in sterk wind, dan ruk dit die sykante se ankers uit die grond. Velgro strips aan die sykant wat om die vertikale pale vasmask en dan die pyppe aan die onderpunte help daarvoor. Die ou gekoopte rekkies aan die onderkant hou ook nie lank nie. Ek sit selfgemaaktes aan waarvan die los rek wat jy in meters aankoop en wat ek dan die punte las.
I love camping all year round
17 Jul 2017 @ 20:27:12 pm
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3819
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan

Ekt in goeie wind gesien as my pale vas is ennie kan lig agv tent wat wil lig nie, is hy vas... as pale op grond bly, sit ek rudtig en kyk hie wind maar waai.. en maak nie fout hyt bure se tent bo oor karavaan gewaai... jy hoor net pale trek. Ek het eers gedink hul pak op n die weer ;) 

Zoem....
17 Jul 2017 @ 21:10:32 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Ander ding is Warren-itledodat-sitievasnie se teorie oor die toue se manier van span asook die manier hoe die penne in die grond kom. Ek het dit getraai en dit werk so goed dat ek nou permanent sy sisteem volg.

I love camping all year round
18 Jul 2017 @ 11:33:59 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8594
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Moet nog byse. Die sy kante ruk en pluk ook in sterk wind, dan ruk dit die sykante se ankers uit die grond. Velgro strips aan die sykant wat om die vertikale pale vasmask en dan die pyppe aan die onderpunte help daarvoor. Die ou gekoopte rekkies aan die onderkant hou ook nie lank nie. Ek sit selfgemaaktes aan waarvan die los rek wat jy in meters aankoop en wat ek dan die punte las.

Dis waarom ek weereens die net aanbeveel want as jy my manier van die net gebruik volg hou dit die kante ook onderbeheer. Geen rekkies wat breek geen vlappe wat klap of so iets dergliks nie.

Terloops ek moet my Sokkernet bietjie verander om by die groter tent of rally van die Sensation aan te pas.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
18 Jul 2017 @ 11:53:20 am
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 627
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

Nodig vir sterk winde?  

Sekere kosse werk verseker beter as ander.  Jy kan boontjies eet.  Dis altyd 'n wenner.  Probeer ook enige soorte kool soos broccoli, brussel sprouts ens.  Asparugus help ook blykbaar maar ek eet dit nie so ek kan dit nie bevestig nie.  Kyk ook na couliflower, green peppers, uie en so aan.

Nie net gaan die winde sterk wees nie, dit gaan vrot ook 

What ever will be will be
18 Jul 2017 @ 15:11:25 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Online
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Nodig vir sterk winde?  

Sekere kosse werk verseker beter as ander.  Jy kan boontjies eet.  Dis altyd 'n wenner.  Probeer ook enige soorte kool soos broccoli, brussel sprouts ens.  Asparugus help ook blykbaar maar ek eet dit nie so ek kan dit nie bevestig nie.  Kyk ook na couliflower, green peppers, uie en so aan.

Nie net gaan die winde sterk wees nie, dit gaan vrot ook 

Spekkies

Dis wat ek ook wou antwoord. Maar jy gee hulp om dit te kry! Die mense soek oplossings........ekt gedink.....Eno's, Gaviscon, ko!iek behoedmiddels of gaan stap n lekker ver ent Allen end blaas behoorlik AF😂😂😂😂😂😂😂😂

Jip
18 Jul 2017 @ 15:17:57 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Online
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

O Ja......en payback time!!!!

As Ma wil he jy moet huis verf, gras sny en die kar was as die Bulle se game op TV is.Daai aand kom dit vanself en jy lig dan die duvet so halwe meter hoog.......

Pay back is n Bitch!

Jip
18 Jul 2017 @ 15:22:51 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Online
Posts: 2341
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Dan.....natuurlik as jy kamp........sodra julle gaan slaap!!!!!! Jy los hom net voor jy die wa se deur sluit. 

Dan gedra mammie haarself...........totdat sy weer asem kry😁😁😁😁😁

Jip
18 Jul 2017 @ 16:17:01 pm
OOM JEEP
Pluto Member
Offline
Posts: 4531
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: HOPE FOR A WÊN
Hannes.... jy soek nou om gemoer te word. Jy moet daai ogies va Elma sien met sulke sports. 😅😅😅😅😅😅
I love camping all year round
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First