Nie geweet ons speel LIONS die naweek nie!
Ek hoop darem ons kry tenminste 0!
Sterkte Hannes, die hoop beskaam nie😂
Nee, nee, Grumpy, ek is op my senuwees vir die wedstryd. As die twee buurspanne teen mekaar speel is dit mos oorlog, erger as Noord teen Suid! Die Bulls het verlede week beter gespeel en hulle gaan dit nie maklik maak vir die Lions nie. Boonop het die Lions die week teruggevlieg van Australie en Ackerman het span verander vir more se wedstryd.
Die ou stap verby 'n sportkroeg met 'n Jack Russell hondjie onder die arm. Hy vra die kroegman of hy ook maar die wedstryd mag kyk. Die kroegman sê eintlik laat ons nie troeteldiere toe nie, maar as jy die hondjie onder beheer hou, is dit seker maar reg.
Toe die Leeus die eerste drie druk, spring die hondjie op en doen die wonderlikste toertjies. Almal is gaande daaroor. Die kroegman vra toe wat doen hy as die Bulle 'n drie druk. Die ou antwoord toe dat hy nie weet nie..... hy het die hondjie nou maar eers twee jaar!
Toemaar, ons kan darem met onsself ook spot.
SWAK spel Lions SWAK!
Die tweede helfte was die spel bietjie "scrappy" maar die Lions het die Bulls van hul voete afgespeel. Look at the scoreboard
Johan, ek hoop ek is verkeerd, maar ek dink die Lions gaan nog lekker vasval teen die NZ spanne. Die Lions se spel is op 'n goeie vlak maar die NZ spanne s'n is nog steeds beter.
Colin het Saterdag gesê na ons die Lions/Bulls gekyk het. Die Bulls het regtig goeie spelers, elkeen weet wat hy moet doen, hulle doen dit net nie almal saam as 'n eenheid nie. Soms lyk dit of hulle skrik as hulle die bal kry en nie weet waarheen nou nie. Die baldraer kry nie die regte en genoeg ondersteuning van sy ander spelers nie. Dit is afrigting wat tekortskiet. Hulle het bleddie goed verdedig teen die Lions in die tweede helfte!