English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 641
Total Replies: 220 769
Total Views: 81 962 598
topics: 10 552
replies: 120 150
views: 38 679 227
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gunsteling kampeer winkel

replies: 28
views: 1745
17 May 2017 @ 19:43:54 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Vir my is dit altyd lekker om by kampeer winkels in te loer en te sien watter nuwe items en "gadgets" te koop aangebied word. Soms is dit beter om te besoek sonder die beursie😎 Wat is jou gunsteling kampeer winkel?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2017 @ 21:45:30 pm
Anonymous

Geert, enige kampeer winkel is my gunstelingwink, maar as ek een moet uit sonder, sal dit Vanderbijlpark Outdoor Warehouse wees, vriendelike mense wat hul produkte ken.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 06:16:11 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 386
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek hang gereeld in outdoor warehouse en campworld uit, ook maar om met die oe te koop. Daar is een plek wat ek sal wil uitsonder, maar die naam het my ontgaan. Dit is n plek in George, wat blykbaar n tak in Bloemfontein begin en Later een in George oopgemaak het. Sowat van kampeertoerusting het ek nog nie in my lewe gesien nie. Ek dink nie daar is n gadget op die mark wat hulle nie het nie.

Eek sal kyk of ek die naam kan kry en hier plaas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 06:24:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Enige een werk vir my. As daar iewers kampeer goete verkoop word is ek daar. Ek stap self gereeld verby die buitelug produkte by Checkers.

Game, Makro, Campworld en Outdoor Warehouse het baie naby aan dieselfde produkte. Daar stap ek altyd verby net om te sien of daar dalk iets nuut is.  Visvang winkels, Boot winkels, Farmcity en Kooperasies spandeer ek altyd bietjie meer tyd. Baie keer is die gadgets eers hier beskikbaar voordat dit oorrol na die gewilde ketting winkels toe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 06:51:42 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Hier by ons is daar net Midlands Caravans (in Pmb), en in vergelyking met die Campworld takke in ander provinsies, heelwat kleiner met minder verskeidenheid items/ware wat te koop aangebied word. Geniet dit nogtans om so nou en dan daar rond te snuffel. Die winkel gedeelte sowel as die karavaan-herstel afdeling is onder een dak, en word onafhanklik van mekaar bestuur. Laasgenoemde word besit deur Mitch, sy seun Leon en Leon se vroutjie Mandy-fantastiese mense wat fantastiese diens lewer!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 07:16:45 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Boksburg Comet Camp world doen vir my Geert so groot verskeidenheid onder een afdak en ja dan ook Macro nie te sleg nie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 07:22:35 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ons kamp mos nou in Hartenbos.  Colin sê gister hy ry gou Campworld toe om 'n liggie te gaan koop vir die tent.   Hy bly toe 3 ure weg.  Behalwe dat hy alles bekyk het, het hy 4 karavane met die oë gekoop.   Gelukkig het hy darem net met die lig teruggekom.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 07:24:01 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1932
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Outdoor warehouse in Durban was my gunsteling en het hulle al baie ondersteun tot Maandag toe. Nou is ek so teleurgestel in hulle personeel se optrede dat ek nie weer hulle sal ondersteun nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 07:35:40 am
Klasie
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 17 Feb 2013
Experience: 47 years
Nou dat ek op pensioen is het ek meer tyd om in die kamp afdelings van die onderkeie winkels tyd deur te bring.Ek moet se dat ek deesdae sonder my beursie en krediet kaart gaan snuffel want wanneer ek by kamp goed kom is ek n swakkeling wat betref koop en ek wil net meer en meer goed vir kamp koop.Daardie nice to have goed wat nooit gebruik word nie.
N verdere winkel is n fiets winkel wat ek deesde moet vermy.Ek het ons plaaslike fiets winkel besoek ,nadat ek by Campworld was, om n fietspomp te koop en na drie ure stap ek uit met n nuwe fiets.Vroulief was nie baie beindruk met my kopie nie.Dus in die vervolg koop ek met oe slegs by winkels wat kamp toerusting verkoop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 09:33:57 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Hier in Kimberley is nie so baie opsies nie. Campworld kom ek baie in, Game het nie so baie goed nie. Ek geniet ook Outdoor Warehouse, Makro en Kloppers in Bloemfontein as ons daar kom.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 09:42:17 am
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1223
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years
Dag se Geert.
Ek glip ook in by enige kamp goete plek. Veral om nuwe idees te sien,met die oog te steel en dan by die huis my weergawe te probeer maak. Like dit. Ek het net so swakheid met karre. Ek kan nie verby n vertoon lokaal loop sonder om my neus daar in te druk.
Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 09:42:31 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2663
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Ek het iewers gelees dat daar 'n groot kamp en 4x4 uitstel winkel in Harties is...
Die naaste aan my is Outdoor Warehouse in Oos Londen.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 15:14:50 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 698
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons kamp mos nou in Hartenbos.  Colin sê gister hy ry gou Campworld toe om 'n liggie te gaan koop vir die tent.   Hy bly toe 3 ure weg.  Behalwe dat hy alles bekyk het, het hy 4 karavane met die oë gekoop.   Gelukkig het hy darem net met die lig teruggekom.laughing


Freda - Camp World in Mosselbaai, of liewer Voorbaai (tussen Hartenbos en Mosselbaai) beskik oor 'n baie netjiese winkel en verskaf uitstekende diens.

Maar ek moet sê dat Cara-Camp Campworld in Somerset-Wes het ook 'n oulike winkel. En ek reken hulle werkswinkel is tops. Ek weet van mense wat nie só gelukkig met hul werkswinkel se diens is nie, maar oor die jare het ek nog net goeie diens van hulle ontvang.

Ek lief dit ook om by Outdoor Warehouse in Somerset-Wes in te loer en het al verskeie kere baie bevredigende besigheid met hul gedoen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 16:03:13 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Snys daai manne in Bloemfontein en George is Klopper's - lekker winkels.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 16:56:29 pm
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 386
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Snys daai manne in Bloemfontein en George is Klopper's - lekker winkels.

Dis net hy. Ek het in my lewe nog nie so baie kamptoerusting bymekaar gesien nie. Ek kan vir ure my aan alles in daardie plek vergaap.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 17:09:20 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5545
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek hou van Kempton Caravans, hulle was altyd op ondae oop maar nie meer vandat die fabriek die winkels oor gevat het nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2017 @ 19:28:07 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5498
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek hang gereeld in outdoor warehouse en campworld uit, ook maar om met die oe te koop. Daar is een plek wat ek sal wil uitsonder, maar die naam het my ontgaan. Dit is n plek in George, wat blykbaar n tak in Bloemfontein begin en Later een in George oopgemaak het. Sowat van kampeertoerusting het ek nog nie in my lewe gesien nie. Ek dink nie daar is n gadget op die mark wat hulle nie het nie.

Eek sal kyk of ek die naam kan kry en hier plaas.



Jip. Wil net beaam oor Kloppers in Bloem. Hulle is in die waterfront mall.
As ons mall toe gaan loop ons n draai deur die kamp afdeling. En hulle pryse en kwaliteit is rerig kompeterend, van die beste in die stad.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 08:41:35 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7064
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Was ook al by Klopper in George.
Daar is nou alles onder een dak.
Koop ook maar met die oë.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2017 @ 12:20:12 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Comet, Makro, Checker Hyper (in geen volgorde en beter sonder `n beursie)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 22:38:15 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wie het al ingeloer by Tentco in Boksburg.... aanbeveelbaar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:25:10 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Wou ook noem dat dit Kloppers is in George. VERKEERDE WINKEL om in te stap.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 08:19:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years



Jip. Wil net beaam oor Kloppers in Bloem. Hulle is in die waterfront mall.
As ons mall toe gaan loop ons n draai deur die kamp afdeling. En hulle pryse en kwaliteit is rerig kompeterend, van die beste in die stad.

Ek het my Weber 57cm Kettle braai by Kloppers in Bloemfontein gekoop.  Was die goedkoopste op daai stadium in die hele land. R1050 as ek reg onthou.

Was vir werks doeleindes in Bloem gewees op daai stadium.  So die trippie Bloem toe was nie 'n ekstra uitgawe nie............................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 20:48:10 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1780
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Kloppers in Bloemfontein sowel as George is uitstekende winkels met baie goeie pryse nie net op kampitems nie maar enige tipe goedere en n groot verskeidenheid van bekende en betroubare fabrikate.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 06:24:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het nie eers geweet daar is 'n Kloppers in George nie. Sal maar moet "Tref reeling" as ek in daai geweste weer is.

Dis sommer net plain weg 'n lekker winkel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 10:07:56 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1549
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

tentco is tops

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 10:25:12 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek het nie eers geweet daar is 'n Kloppers in George nie. Sal maar moet "Tref reeling" as ek in daai geweste weer is.

Dis sommer net plain weg 'n lekker winkel.

Wat jou budget tot op die uiterste beproef......

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 12:58:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat jou budget tot op die uiterste beproef......

O ja dis waar.  Jy moet of geld hê of beursie by die huis los........laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2019 @ 14:11:21 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

tentco is tops

Was nou net daar....moes my beursie by die huis gelos het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2019 @ 08:32:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ha ha ha ha ha.................................... ons kampeerders is suckers vir kampgoete.! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First