English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 305
Total Replies: 50 109
Total Views: 80 911 144
topics: 9 791
replies: 402
views: 38 207 037
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.
Quick Navigation

So sneuwel nommer 3

replies: 15
views: 1784
20 Apr 2017 @ 16:25:18 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Ek het julle vertel van ons mikrogolfoond wat opgepak het.  OK, Pick 'n Pay in Port Alfred het hom toe vir ons vervang.

Toe was dit die ysmasjien.  Opgehou werk, na 'n dag weer begin werk en na nog twee of drie dae, die gees gegee.  Colin se seun het hom van hier af weggeneem en gegee vir iemand in die Baai wat dit regmaak.  Hy het laat weet watter partjie dit is en dat dit moontlik is om reg te maak en dit weer lank sal hou.   Dit is reeds gedoen  en ons kry dit volgende week as ons in die Baai is.

Vanoggend is dit toe die derde meneer.  Ons Minigeza.   Nou dit is 'n interessante storie.  Colin het die prop vir die Minigeza direk by die oord se kragboks ingeprop.  Hy het dus nie krag van ons karavaan gekry nie.   Oor die naweek gaan ons uit en nuwe bure trek in.  Die man prop sy kragprop in en sien die draad wat van die ander prop na ons kant toe loop maar dat dit afgeskakel is.  Hy dog toe hy doen ons 'n guns en skakel dit aan.  Toe ons terugkom staan die emmer water, met die Minigeza in, en kook dat die stoom trek.  Ons skakel dit toe dadelik af en verduidelik vir die buurman waarvoor dit eintlik is.  Maar ons vermoed dit het "overheat".  Dit maak die water al hoe minder warm en vanoggend het ons besluit hy het ook die gees gegee, die water word skaars lou.  Nou het ons 'n nuwe een by die agent in die Baai bestel en kry dit ook volgende week.

Dinge gebeur in drieë??   Ek hoop so en dat dit nou die einde is! yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2017 @ 17:24:51 pm
Butts
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 935
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 5 years

Ek is ook bygelowig oor die dinge in Drieë.  Eers is my Tents Direct gazebo in Maart uit my garage uit.   Daarna twee verlengkoorde en my hoëdruk spuitpomp wat ek net na my kamp einde Februarie gebruik het om die bakkie en karavaan af te was.  Sedertdien daag my tuinier nie meer op nie.  

Its as if the Bermuda Triangle has moved too close to me for comfort.

Regards

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2017 @ 18:05:22 pm
neelsec
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 13 Apr 2016
Experience: 53 years
Colin
Waar in die baai kry jy die Minigeza te koop ek soek een en het die baai plat gery maar sonder geluk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
20 Apr 2017 @ 19:04:21 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Neels, bel vir Deon by 0846030413.  Hy woon in Despatch.  Sê vir hom Freda het jou na hom verwys.   Hy lewer baie goeie diens.  Hy het vandag nuwe voorraad ingekry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2017 @ 09:25:24 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5149
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Wonder ding daai. Myne le nou hier in die rak maar hyt laas keer al begin lol.
Gelukkig het ons n maxi geasa in die wa.
😎😎😎😎
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
21 Apr 2017 @ 09:34:35 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Wonder ding daai. Myne le nou hier in die rak maar hyt laas keer al begin lol.
Gelukkig het ons n maxi geasa in die wa.
😎😎😎😎
 

Ek kan nie sonder hom wees nie, Johan.  Vir my is hy goud werd.

Ai, ons het nie sulke luukses in ou Raventjie nie.   Ook nie 'n latrine nie. winklaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2017 @ 10:02:36 am
Expo / Jan
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 475
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 26 years

ek het ook drie mishaps gehad die afgelope Lebombo trail in April.

eerstens het my Jeep se band (sommer die eeste dag) geskeur toe ons deur rivier gaan en 'n skerp klip die band sny. Ek moes die volgende dag 'n nuwe band op Komatipoort gaan koop. Toe verloor my vrou haar beursie by Olifantskamp die tweede dag. by boskamp 3 verloor my dogter haar selfoon in die longdrop......niemand wou dit uithaal nie. laughing 

ons het gelukkig die beursie teruggekry sonder dat 'n sent weg was......! 'n personeellid (my vrou het sy naam en sy foto) van olifants het die beursie opgetel en in hulle kluis gaan bêre tot hulle navraag gekry het van ons af. dit wil gedoen wees. ons gaan nog op facebook 'n post sit waarin ons sy naam en foto gaan bekend maak en vir almal laat weet daar is darem nog eerlike mense in ons samelewing. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2017 @ 11:17:42 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5149
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

 

Ek kan nie sonder hom wees nie, Johan.  Vir my is hy goud werd.

Ai, ons het nie sulke luukses in ou Raventjie nie.   Ook nie 'n latrine nie. winklaughing


Hehehehe.
Lekker lag ek nou vi die latrine.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2017 @ 11:21:11 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5149
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

ek het ook drie mishaps gehad die afgelope Lebombo trail in April.

eerstens het my Jeep se band (sommer die eeste dag) geskeur toe ons deur rivier gaan en 'n skerp klip die band sny. Ek moes die volgende dag 'n nuwe band op Komatipoort gaan koop. Toe verloor my vrou haar beursie by Olifantskamp die tweede dag. by boskamp 3 verloor my dogter haar selfoon in die longdrop......niemand wou dit uithaal nie. laughing 

ons het gelukkig die beursie teruggekry sonder dat 'n sent weg was......! 'n personeellid (my vrou het sy naam en sy foto) van olifants het die beursie opgetel en in hulle kluis gaan bêre tot hulle navraag gekry het van ons af. dit wil gedoen wees. ons gaan nog op facebook 'n post sit waarin ons sy naam en foto gaan bekend maak en vir almal laat weet daar is darem nog eerlike mense in ons samelewing. 



Jan laat my dink aan die ou wat se baadjie in die longdrop geval het. Sukkel hy om dit uit te kry.... sy pel se vi hom los die baadjie man , jy gaan hom sekerlik nie weer aantrek nie.
Hy sę. Ja maar my toebroodjies is in die baadjie se sak.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2017 @ 14:17:24 pm
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2452
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Freda, hoop dis die laaste van die goed wat nou ontklaar raak.
Mens kan nie net grond pad ry nie, hier en daar moet nog stukkie teer oor wees...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
21 Apr 2017 @ 14:34:22 pm
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 899
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

By het die getal 3 al lankal verdwyn en werk nou slegs in 9's.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
21 Apr 2017 @ 15:10:17 pm
Hurricane
Moon Member
74% Profile Strength
Posts: 906
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 19 years
Ken daai gevoel Freda, laas Maandag slaan die weerlig die hekmotor in sy dinges in, Saterdag gou bietjie die perde treiler se bande gepomp en kom toe agter hulle het slegte krake in van die son (12 jaar al oud), kos my 4 nuwe bakkie bande, gisteraand lig SWAMBO my net so ligweg in die oond werk al weer nie na ek R1700 in Desember aan die ding spandeer het, so nou moet ek die naweek 'n nuwe oond ook koop. Dis nou 3 goed in 'n ry, hoop dis nou verby vir eers my beursie sal dit nie kan hou as dit so aangaan nie :(
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
26 Apr 2017 @ 18:42:18 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Freda dit sal beter gaan
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
26 Apr 2017 @ 19:19:44 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Freda dit sal beter gaan

Wel, die ysmaker werk beter as ooit!  Die ysblokke is groter en hy werk baie stiller.smile  Die mikrogolf en die minigeza is weer nuut.  Dit het bietjie geld gekos maar nou begin ons weer van vooraf.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
27 Apr 2017 @ 06:30:56 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5149
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Wel, die ysmaker werk beter as ooit!  Die ysblokke is groter en hy werk baie stiller.smile  Die mikrogolf en die minigeza is weer nuut.  Dit het bietjie geld gekos maar nou begin ons weer van vooraf.wink



Dagsę, eks bly alles is nou weer honky dory.
Nou waar gaan ons vanaf Willows af.??
Is ons al by Plet. Wag ... eks oppad. Is al by count down al is dit nog meer as n maand.

Wou eintlik net sę, die ysmaker moet hou. Die nodigheid vi dit kom.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
27 Apr 2017 @ 08:13:06 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year



Dagsę, eks bly alles is nou weer honky dory.
Nou waar gaan ons vanaf Willows af.??
Is ons al by Plet. Wag ... eks oppad. Is al by count down al is dit nog meer as n maand.

Wou eintlik net sę, die ysmaker moet hou. Die nodigheid vi dit kom.

Die ysblokke sal reg wees vir jou J & B.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
😡
0
Quick Navigation
Reply to Topic
Not Registered
0% Profile Strength
Posts: 0
Joined: Not yet