English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 174
Total Replies: 175 508
Total Views: 76 036 589
topics: 8741
replies: 94629
views: 36044729
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ruan, inlgiting oor Cannon Rocks

replies: 7
views: 890
25 Mar 2017 @ 13:23:31 pm
ColinFreda
Neptune Member
Offline
Posts: 4162
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Hello Ruan, ek hoop jy lees hier.  Ek het in Januarie belowe om vir jou te kyk na staanplekke by Cannon Rocks vir jul besoek met 2 karavane vanaf 25 April.

Ek stel voor dat jy Sannie by die kantoor bel en haar vra om staanplekke 7 en 8 OF staanplekke 5 en 6 vir julle uit te hou.  Die staanplekke hier is nie baie groot nie en die nommers behoort reg vir julle te wees.  Daar is ook parkeerarea naby.

Die water in die krane is sout en julle het bottelwater nodig vir drink en kook.  Die winkeltjie hier hou dit aan, bietjie duurder.  Die winkeltjie kan uithelp met sekere benodigdhede.   Kenton on Sea is naby met Spar, slaghuise ens.  Port Alfred 30 km hiervandaan.

Wil jou net waarsku.  Die karavaanpark is binne in die dorpie Cannon Rocks.  Soos jy die dorpie inkom, is daar redelik hoë speed bumps.  Een van hulle is twee naby mekaar met 'n vlak watersloot tussenin.  Kyk asb uit daarvoor, jy moet BAIE stadig daaroor ry terwyl jy sleep.

Ek gaan 'n ander draad begin waar ek meer gaan vertel oor Cannon Rocks Karavaanpark.

25 Mar 2017 @ 14:56:23 pm
Louvan
Gold Member
Offline
Posts: 234
Joined: 07 Aug 2016
Province: KwaZulu-Natal
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 1 year
Vehicle: Toyota. Prado 4.0
Camping: Sprite Tourer SP
HI Freda. Sien uit na jou ander draai oor Canon Rocks. Ons beplan om volgende jaar Februarie/Maart drie of vier dae daar deur te bring.
Never too old to have a happy childhood
25 Mar 2017 @ 16:55:28 pm
Lennie
Mars Member
Offline
Posts: 1158
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Freda, waar presies is Cannon Rocks ?

Is jou foto-gestremdheid al aangespreek ?  Hoekom neem jy nie fotos met jou selfoon nie ?

Lennie
Brackenfell, Cape Town
25 Mar 2017 @ 17:09:13 pm
ColinFreda
Neptune Member
Offline
Posts: 4162
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Lennie, ek neem foto's met 'n kamera.  By die huis het ek al, vanaf my rekenaar, foto's geplaas.  As ons kamp gebruik ek 'n skootrekenaar en weet gladnie hoe om dit hier te doen nie.  Ek gaan foto's neem in die week wat kom en dan probeer.  Ek is maar dom met die goed.  Boonop het ek baie gesukkel met internetverbinding by Van Stadens.  Kon gladnie met my Vodacom stick opvangs kry nie. Moes Igen Hot Spot koop by Van Stadens en alles was baie stadig.  Frustrerend verby.  Nou kry ek weer internet met my Vodacom hier by Cannon Rocks.

Hoe dink julle?   Ek weet nie of Ruan hier gaan lees nie, hy was nog nie weer sedert Januarie aktief nie.  Ek en Colin is oortuig die nommers wat ek hierbo noem, sal hulle pas.  Dink julle, as hy nie van hom laat hoor nie, ek moet vir Sannie vra om dit vir hom te reserveer?  As hy dan kom en wil verander, sal hy dit nog steeds kan doen.  Ek wil darem nie voorbarig wees nie.   Gee my jul opinie.

 

25 Mar 2017 @ 17:37:41 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 3765
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Hehehehe
Miskien is die man op n ander mission. Gee hom maar kans Freda.
I love camping all year round
25 Mar 2017 @ 17:38:54 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 3765
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Sien sien
Dis hoekom ek daarvan hou om die navrae manne se foon no.s te stoor..
I love camping all year round
25 Mar 2017 @ 18:15:11 pm
See liefhebber
Pluto Member
Offline
Posts: 6473
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Vra vir admin om boodskap vir hom te sms of epos. Ek het al sulke eposse van admin ontvang van ander lede.
2 days ago @ 08:40:42 am
ColinFreda
Neptune Member
Offline
Posts: 4162
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Ruan, ingeval jy dalk hier lees voor julle vertrek volgende week.  Ons het baie lekker gestaan by Cannon Rocks.   Die oord is egter baie stil en selfs oor Paasnaweek was hier nie veel mense nie.  Julle sal dus 'n groot en vrye keuse hê met jul aankoms om te besluit waar julle wil staan.   Die weer was fantasties, slegs oor Paasnaweek bietjie wind en reën gehad.  Op die oomblik weer lieflike somersweer gedurende die dag.  Bring maar warm klere vir saans en soggens.   Julle moet veilig ry en geniet dit by Cannon Rocks.  Ons vertrek Maandag van hier af.

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First