English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 330
Total Replies: 204 972
Total Views: 80 957 885
topics: 9 840
replies: 110 329
views: 38 215 902
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Neus gewig van karavaan op voertuig bal

replies: 51
views: 3063
page 1 of 2
28 Jan 2017 @ 17:07:25 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Ek het vandag die gewig gemeet wat my karavaan op die voertuig bal sit, en dis 165kg.

Dis baie te veel en na ons baie goed geskuif het, het dit beter gegaan maar eers na die tent wat onder die bed is geskuif het tot op die vloer oor die aste het ek nou die gewig af na 130kg. Ek is tevreded  met dit maar wil graag weet wat is ander se ondervinding en of raad.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 17:47:45 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Piet, ek wil niemeet of weeg nie. Het laaskeer op die ou exclusive geweeg, toes dit ook in daardie rigting, en omrede ek niks aan die situasie kon doen nie het ek gelos.
Ek laai bykans alles in die Jeep. Tent, bokse , gasbottel etc. In die wa se "neus gedeelte" slegs spaarwiel.los ligte, en so aan.
Het ook gesien as die neus te lig is, dan swaai die stert die hond.
Op die dubbelas waens wonder ek wats die kriteria.
Miskien kan ons by ander manne hoor.. soos by Wilsur.. Hennie en ander manne.
Enkelas waens is makliker om te bepaal maar weereens te lig voor is verkeerd gelaai en kry jy nie stabiele sleep nie..
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 18:48:24 pm
Anonymous

Het nog nooi belang gestel om die Exclusive se neus te weeg nie (dalk ook te bang)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 19:19:52 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Piet, ek wil niemeet of weeg nie. Het laaskeer op die ou exclusive geweeg, toes dit ook in daardie rigting, en omrede ek niks aan die situasie kon doen nie het ek gelos.
Ek laai bykans alles in die Jeep. Tent, bokse , gasbottel etc. In die wa se "neus gedeelte" slegs spaarwiel.los ligte, en so aan.
Het ook gesien as die neus te lig is, dan swaai die stert die hond.
Op die dubbelas waens wonder ek wats die kriteria.
Miskien kan ons by ander manne hoor.. soos by Wilsur.. Hennie en ander manne.
Enkelas waens is makliker om te bepaal maar weereens te lig voor is verkeerd gelaai en kry jy nie stabiele sleep nie..

Johan ek het die gas bottels en die spaar in die neus gelos. Het ook water pyp en elektriese kabel in die neus.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 19:22:14 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Het nog nooi belang gestel om die Exclusive se neus te weeg nie (dalk ook te bang)

Jy doen dalk die regte ding Willem. Ek wil maar net graag weet wat my kombinasies is.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 19:51:21 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Wat is die gemiddelde trekhaak gewigs vermoŽ....het al gehoor van hulle is hier by 100...120Kg, maar praat onder korreksie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 20:02:46 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Wat is die gemiddelde trekhaak gewigs vermoŽ....het al gehoor van hulle is hier by 100...120Kg, maar praat onder korreksie?

Geert dit verskil maar baie. My Ford Everest kom uit met n trekstang wat gemerk is 300kg op die bal en dit staan ook so in die boekie van die voertuig. Maar die kopling stukke wat op die haak kom lyk my is maar in die omgewing van 150 to 200kg.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 20:35:13 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
300kg is baie....gelukkig is joune gewigte binne perke. Ek sal graag n keer my wa sin ook wil weeg. Sal nie so baie wees nie want ek het n keer jockey wiel nie mooi vasgemaak toe ek afhaak nie...moes toe die wa self oplig...was swaar, maar kon dit doen...glo nie dit kan meer as 70kg wees nie. Maar kan natuurlik nie n Swing met n Exclusive vergelyk nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 20:37:22 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Skuus ek vra...staan die gewig Írens op sleephaak wat jy mag sleep. Wonder wat is Ranger sin?
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ūüėĀ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 20:37:26 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Skuus ek vra...staan die gewig Írens op sleephaak wat jy mag sleep. Wonder wat is Ranger sin?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 21:26:30 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Skuus ek vra...staan die gewig Írens op sleephaak wat jy mag sleep. Wonder wat is Ranger sin?

Ek het n Ford Ranger 3.2 gehad voor die Everest en sy gewig was dieselfde as die Everest 3.2. Lyk in die "Owners Manual" hulle gee dit daar aan of kry die inligting by Ford. 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 22:08:16 pm
Butts
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 960
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 5 years

Die slegte nuus vir baie van die forumlede is dat itv Wet 5 van 2008 wat handel oor Verpligte Spesifikasies vir Voertuie. die MAKSIMUM gewig op die sleepbal nie meer as 100kg mag wees nie.    Dit is al telkemale op hierdie forum onder verskeie onderwerpe herhaal. 

Die wet tref nie onderskeid tussen enkel of dubbel-as nie.

Dit is gepubliseer in Staatskoerant 32916 gedateer 5 Feb 2010.

If you are stopped and weighed, you are in trouble.

Greetings and enjoyable carefree camping.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 22:33:11 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Oooooo. Dinges. Jys reg Buts.

Ek dink as jy " nose up" met n dubbel as trek dan gaan die towball weight hoŽr wees omrede die voorste as minder dra. Die omgekeerde is darem nie waar nie.
Dink ek reg. ?

Hoe gaan hulle hom weeg ?? Afhaak ??
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 08:21:34 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Die slegte nuus vir baie van die forumlede is dat itv Wet 5 van 2008 wat handel oor Verpligte Spesifikasies vir Voertuie. die MAKSIMUM gewig op die sleepbal nie meer as 100kg mag wees nie.    Dit is al telkemale op hierdie forum onder verskeie onderwerpe herhaal. 

Die wet tref nie onderskeid tussen enkel of dubbel-as nie.

Dit is gepubliseer in Staatskoerant 32916 gedateer 5 Feb 2010.

If you are stopped and weighed, you are in trouble.

Greetings and enjoyable carefree camping.

Dankie vir die inligtingTheo. Ek is bewus van die wet en dis een rede hoekom ek graag wil weet wat die mede kampers doen.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 08:55:16 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2463
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Theo is heeltemal reg ivm die wet en die 100kg.
Wie het al die mobiele weegbrue al teegekom, om ons te verduidelik hoe dit gedoen word?
Ek tel myne net op agter die jokkie wiel, waar daar minder "leverage" is, so hy moet binne perke wees. Ek is nie so sterk nie.
Weet nie wat sal gebeur indien hul die hele combinasie weeg nie.
Camper is maar swaar gelaai.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 11:15:11 am
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 48 years
Piet, daar moet seker wette wees anners sal party mense die dam onder die eend uit pluk. Ek persoonlik laai my wa nie onnodig swaar nie, maar het twee nie onderhandelbare reŽls.. daar mag niks op my wa se vloere, beddens en banke lÍ nie en twedens.. die wa moet lekker en veilig voel agter die sleepvoeruig op die pad en as dit daan meen ek die toelaatbare gewig oorskry het dan betaal ek baie eerder 'n boete as 'n toelatingsfooi by 'n hospitaal!
Groete Frik
More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 12:13:51 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6324
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Op die hak se plaatjie is 120kg.

Met alles in het ek 85kg geweeg.
Wil nie sommer iets ekstra inlaai nie, het al gedreig om die Girl by die huis te los as sy nog goed inpak.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 12:18:42 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Piet, daar moet seker wette wees anners sal party mense die dam onder die eend uit pluk. Ek persoonlik laai my wa nie onnodig swaar nie, maar het twee nie onderhandelbare reŽls.. daar mag niks op my wa se vloere, beddens en banke lÍ nie en twedens.. die wa moet lekker en veilig voel agter die sleepvoeruig op die pad en as dit daan meen ek die toelaatbare gewig oorskry het dan betaal ek baie eerder 'n boete as 'n toelatingsfooi by 'n hospitaal!
Groete Frik

Dankie vir jou insette Frik. Elk een moet maar sy eie manier uitwerk as jy laai.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 12:20:21 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Op die hak se plaatjie is 120kg.

Met alles in het ek 85kg geweeg.
Wil nie sommer iets ekstra inlaai nie, het al gedreig om die Girl by die huis te los as sy nog goed inpak.

Jou wa is mooi gebalanseer Jin.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 13:17:03 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Wat is die gemiddelde trekhaak gewigs vermoŽ....het al gehoor van hulle is hier by 100...120Kg, maar praat onder korreksie?

Geert wat ek gevind het waar mens in die donker beweeg is wanneer jy 'n towbar deur die vervaardiger laat opsit het. Moontlik die verwyderbare tipe. In baie gevalle word daar geen plaatjie voorsien nie. Die handleiding gee ook baie keer geen syfers behalwe die maks wat met elke tipe ratkas gesleep mag word.

Na ek so paar drade gesien het waar daar allerhande kontrepsies gemaak word om onder die sleephaak te sit kan ek net se dis net nodig om eenmalig met 'n GESKIKTE badkamerskaal te meet wat is die lesings onder die jockeywiel as die wiel na die haak se kant is en wat is dit direk onder die haak. Dan kan mens elke keer onder die jockey meet en trek net 'n sekere persentasie af. Die gewig sal ongeag hoeveel gelaai is tussen die 2 punte met dieselfde persentasie verskil.

My haak is 330mm verder as die voorpunt van my jockey en die syfers is: jockey 95kg. Haak 84kg. 95 gedeel deur 84=1.13. Dit is dus 13% ligter by die haak. Meet dus onder die jockey wat na voor wys en deel deur 1.13 en jy het die gewig by die haak. Skryf die 1.xx neer (vir ons ouer garde) en save onder contracts.

Laastens hierdie syfers genoem is met my wa leeg en net 'n vol binneveer matras op die bed. Nie die dik hedendaagse tipe nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 14:37:23 pm

Danie dit is n vinnige benadering soos jy dit werk en sal die job doen. Die regte manier is om die berekening te doen van die senter van die as na die senter van die jockey teenoor die senter van die as na die senter van die bal.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 15:12:24 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Piet my faktor wat ek gebruik is nie deur enige afstande te vat en berekinge te doen wat dit sal wees maar met werklike gemete syfers te werk.

Indien mens soos jy se die afstande gebruik v d as na die jockey en die as na die bal watter gewig gaan mens gebruik en hoe gaan die berekening lyk?

As jy praat v d senter v d jockey bedoel jy waar die jockey stang vasgeheg is en dit beteken dat die wiel moet presies sywaarts wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 15:19:10 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Eish julle dis nie meer pak haak en sleep nie ek nou baie geleer
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 15:58:05 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Piet my faktor wat ek gebruik is nie deur enige afstande te vat en berekinge te doen wat dit sal wees maar met werklike gemete syfers te werk.

Indien mens soos jy se die afstande gebruik v d as na die jockey en die as na die bal watter gewig gaan mens gebruik en hoe gaan die berekening lyk?

As jy praat v d senter v d jockey bedoel jy waar die jockey stang vasgeheg is en dit beteken dat die wiel moet presies sywaarts wees.

Danie ek gaan probeer vir jou verduidelik en as jy nie verstaan sal ek n skets maak en hier opsit.

1) Vat die gewig lesing op die skaal waarop die jockey staan, se 95kg. Meet nou die afstand van die middelpunt van die jockey (nie van waar die kolom vas is op die raam nie) maar op die grond tot die senter van die karavaan se as/wiel ( of tussen die twee aste as dit dubbel as is) vir die voorbeeld vat dit as 3.0 meter.

2) Om hierdie afwaardse krag van 95kg te stop in die senter van die bal werk jy die ball gewig uit om die twee kragte teen mekaar te toets. Van die Bkg (bal gewig) neem die mate van die senter van die bal tot die senter van die as.  Die mate se maar is dan 3.0 meter plus die mate van die bal to die jockey wat se 0.33 meter is, so totale lente 3.33 meter.

3) Om dit uit te werk is die een krag gelyk aan die ander krag om in dieselfde posisie te bly.

Bkg X 3.33 = 95 X 3.0

Bkg = (95 X 3.0) / 3.33

Bkg = 86.36 kg

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 19:07:34 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Baie dankie Piet. Ek wou net seker maak dat jy ook met wat ons noem momente om 'n sekere punt. Ek wou 'n maklike manier kry tussen die 2 plekke wat mens kan weeg en die verband tussen die 2.

Nie altyd die tyd om nou eers 'n maatband te vat en te meet en ook die skaal. So beide maniere kan mens 'n faktor gebruik om maklik te bereken van die een punt na die ander punt.

Die 2 afstande soos genoem is 3.8 en 4.13 Sou mens die 95kg bereken tot by die bal is die gewig 87kg op die bal en as mens die skaal gebruik is dit 84kg.

Probeer om te "KEEP IT SIMPLE" maar tog 'n resultaat te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 19:22:51 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Baie dankie Piet. Ek wou net seker maak dat jy ook met wat ons noem momente om 'n sekere punt. Ek wou 'n maklike manier kry tussen die 2 plekke wat mens kan weeg en die verband tussen die 2.

Nie altyd die tyd om nou eers 'n maatband te vat en te meet en ook die skaal. So beide maniere kan mens 'n faktor gebruik om maklik te bereken van die een punt na die ander punt.

Die 2 afstande soos genoem is 3.8 en 4.13 Sou mens die 95kg bereken tot by die bal is die gewig 87kg op die bal en as mens die skaal gebruik is dit 84kg.

Probeer om te "KEEP IT SIMPLE" maar tog 'n resultaat te kry.

Danie die manier wat jy voorgestel het, sal altyd werk, dit is  vinnig en baie naby reg.

Soos jy se moet jy maatband en weegskaal he om dit uit te werk soos ek hier bo verduideleik het.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 06:59:36 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 60 years

Just to confuse the issue, Daar is twee gewigte wat gespecifeer word op n trek-stang...

Gewig (static weight / nose-weight) en trek-gewig (rolling force)...

I've always gone for the 100 - 120Kg nose-weight. even when tandem towing, on BOTH couplings...

Load less I'm afraid...

I Agree with nothing loose on the floor / beds... It moves around and can shift bacwards, then watch the tail wag the dog.....

Just my 3 Zupta's worth.......

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 07:55:20 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Theo is heeltemal reg ivm die wet en die 100kg.
Wie het al die mobiele weegbrue al teegekom, om ons te verduidelik hoe dit gedoen word?
Ek tel myne net op agter die jokkie wiel, waar daar minder "leverage" is, so hy moet binne perke wees. Ek is nie so sterk nie.
Weet nie wat sal gebeur indien hul die hele combinasie weeg nie.
Camper is maar swaar gelaai.

Ek het laasweek verby die mobiele weegbrug gery op die Mabopane snelweg. 

Die een wat ek gesien het is 'n enkelvoertuig breedte struktuur wat net een as op 'n slag weeg.  Die skaal is ongeveer 300mm hoog. So jy ry teen 'n skuinste (staal) op dan is jou voor wiele op die skaal dan ry jy verder anderkant af en is die agter wiele op die skaal. Ek glo met 'n dubbelas karavaan sal beide aste op die skaal gemaklik pas.

Die skaal het vir my baie smal gelyk, so jy sal jou ry moet ken om 'n karavaan daarop te kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 08:27:39 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Just to confuse the issue, Daar is twee gewigte wat gespecifeer word op n trek-stang...

Gewig (static weight / nose-weight) en trek-gewig (rolling force)...

I've always gone for the 100 - 120Kg nose-weight. even when tandem towing, on BOTH couplings...

Load less I'm afraid...

I Agree with nothing loose on the floor / beds... It moves around and can shift bacwards, then watch the tail wag the dog.....

Just my 3 Zupta's worth.......

Baie interesant. As die wa nou beweeg, is daar nie meer gewig op die bal nie..... of sÍ my common sence ve my ek praat nou twak.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 08:40:52 am
Anonymous

Baie interesant. As die wa nou beweeg, is daar nie meer gewig op die bal nie..... of sÍ my common sence ve my ek praat nou twak.

Johan, daai gewig op die bal gaan nie weg nie, dit gaan verander volgens omstandighede.

Bv. Ry jy afdraende, gaan die gewig effens toe neem, wa se neus lê nou meer af waarts, ry jy opdraende ry, gaan die druk minder wees want die wa se neus lug nou.

Die veranderings gaan minimaal wees en ek gaan my nie eers daaroor bekommer nie.

Dit is maar hoe ek dit sien, ek mag verkeerd wees, maar gaan nie slapelose nagte hê hieroor nie. Ek hou my "stil staan" gewig by so 95 tot 100kg op die jockey wiel.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 08:54:06 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Dink daars iemand op die pad (wat jou voorkeer) wat dit sal verstaan. Se nou net jy vat so'n saak hof toe. Dan "wie" moet bewys ek of jy is reg of verkeerd.

Warren. en/of Hurricane is nou die engineers hier.
Rolling downforce moet baie verminder as gevog van. ?... veral met dubbel as.

Die volgende ding wat hulle moet uitvind is om n skaal te kry om jou te weeg terwyl jy ry.???
Hehehehehe
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 08:58:13 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Johan, daai gewig op die bal gaan nie weg nie, dit gaan verander volgens omstandighede.

Bv. Ry jy afdraende, gaan die gewig effens toe neem, wa se neus lê nou meer af waarts, ry jy opdraende ry, gaan die druk minder wees want die wa se neus lug nou.

Die veranderings gaan minimaal wees en ek gaan my nie eers daaroor bekommer nie.

Dit is maar hoe ek dit sien, ek mag verkeerd wees, maar gaan nie slapelose nagte hê hieroor nie. Ek hou my "stil staan" gewig by so 95 tot 100kg op die jockey wiel.laughing

Leon ek stem saam met jou wat jy hier sê.

Ek sal maar my neus gewig nog af moet bring.

What weeg n vol gas bottel wat in die neus is?

Wat weeg die spaarwiel, kompleet, "rim en tyre"?

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:03:57 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Hierdie gaan n baie interesante gesprek word.

N Vliegtuig weeg 100 ton.
As hy staan weeg hy 100 ton op die aanloopbaan
As hy vlieg, weeg hy nog steeds 100 ton maar dis nie meer 100 ton op die aanloopbaan nie.

Dws hoe vinniger jy ry hoe minder is die gewig op die pad en ook op die bal. Alles weeg nog dieselfde sou daar n skaal in die lug hang weeg alles nog dieselfde maar nie meer op die pad/bal nie.

Brommer wat sÍ jy ook. ???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:04:37 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Dink daars iemand op die pad (wat jou voorkeer) wat dit sal verstaan. Se nou net jy vat so'n saak hof toe. Dan "wie" moet bewys ek of jy is reg of verkeerd.

Warren. en/of Hurricane is nou die engineers hier.
Rolling downforce moet baie verminder as gevog van. ?... veral met dubbel as.

Die volgende ding wat hulle moet uitvind is om n skaal te kry om jou te weeg terwyl jy ry.???
Hehehehehe

Johan die skaal wat jou kan weeg terwyl jy ry is nie te ver nie. Die spoorweg gebruik dit al meer as 12 jaar om die gewig van trokke te meet terwyl die trein net oor die skaal ry sonder om te stop.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:09:03 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Sorry Danie. Biki vergeet van jou engineers vernuf. Wat sou jy sÍ. ???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:17:15 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Johan, daai gewig op die bal gaan nie weg nie, dit gaan verander volgens omstandighede.

Bv. Ry jy afdraende, gaan die gewig effens toe neem, wa se neus lê nou meer af waarts, ry jy opdraende ry, gaan die druk minder wees want die wa se neus lug nou.

Die veranderings gaan minimaal wees en ek gaan my nie eers daaroor bekommer nie.

Dit is maar hoe ek dit sien, ek mag verkeerd wees, maar gaan nie slapelose nagte hê hieroor nie. Ek hou my "stil staan" gewig by so 95 tot 100kg op die jockey wiel.laughing

Johan dis suiwer die aarde se aantrekkingskrag wat maak dat die gewig dieselfde bly al is jy aan die beweeg. Johann se verduideliking is korrek volgens my. Jy het die een krag wat die wa vorentoe/agtertoe laat beweeg en die swaartekrag bly jou aftrek en die waarde sal wees massa (kg)maal 9.8 = XXXXX Newton

As mens na vliegtuie kyk moet ons onthou die kragte oor die vlerke veroorsaak die krag opwaarts wat keer dat hy nie val nie en sy hoogte hou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:23:19 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Johan die skaal wat jou kan weeg terwyl jy ry is nie te ver nie. Die spoorweg gebruik dit al meer as 12 jaar om die gewig van trokke te meet terwyl die trein net oor die skaal ry sonder om te stop.

Piet , ek hoop maar hulle sit nie daai skaal op in ons leeftyd nie. Ons het nie meer ver om te gaan nie. Bybel sÍ as jy baie sterk is 80 jaar en die uitnemendste is moeite en verdriet. :-) :-) :-)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:27:38 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Leon ek stem saam met jou wat jy hier sê.

Ek sal maar my neus gewig nog af moet bring.

What weeg n vol gas bottel wat in die neus is?

Wat weeg die spaarwiel, kompleet, "rim en tyre"?

Sorry maar Leon moet Johann lees.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:31:42 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5205
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Nou gaanons stry/gesels, nie faaaait nie

Se weer die massa gaan die sefde bly. Maar waar is die "sonde" op die pad of nie.
Ek vlieg nou, wats die " sonde" gewig oppie pad of nie
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:32:15 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 228
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 24 years

Daar is geen manier wat ek die wa laat weeg nie. Ek weet sommer dit sal oor die maximum wees. 

Ek gaan nie krap waar dit nie jeuk nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:45:15 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 60 years

Het tulle gese

Just to confuse the issue.......

Gloo nie dit het enige verskil op die neus gewig.... As jy vooruit beweeg is die rolling force horisontaal as jy briek dit bly nog horisontaal

Dus die afwaart's gewig (nose-weight) oppi bal bly, so-te-se constant....

MAAR............. Wat van as die va wig op en af?

Met die afwaarts beweeging dit sal oombliklik swaarder wees...

Miskien is daar n veiligheids faktoor in die 80 - 100 Kg maximum neaus gewig ingebou?????

Nou moet die kenners inspring......

Lekker topic....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 09:54:17 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Leon ek stem saam met jou wat jy hier sê.

Ek sal maar my neus gewig nog af moet bring.

What weeg n vol gas bottel wat in die neus is?

Wat weeg die spaarwiel, kompleet, "rim en tyre"?

Piet 'n 5kg gasbottel wat vol is weeg 5kg plus die TARE wat onder op die bottel is naby die catum wat die bottel gemaak is om vas te stel wanneer hulle hom nie meer mag hervul nie. My 5kg bottels se TARE is 5.84kg

Spaarwiel kan jy werk op 22kg vir 'n wit staal wiel met 195x14 band. Minder v d gewig sal op die bal gesien word weens die langer afstand wat die bal v d asse se middelpunt is.

Jy kan bereken hoeveel v d gewig behoort jy op die bal te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 11:39:59 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Piet 'n 5kg gasbottel wat vol is weeg 5kg plus die TARE wat onder op die bottel is naby die catum wat die bottel gemaak is om vas te stel wanneer hulle hom nie meer mag hervul nie. My 5kg bottels se TARE is 5.84kg

Spaarwiel kan jy werk op 22kg vir 'n wit staal wiel met 195x14 band. Minder v d gewig sal op die bal gesien word weens die langer afstand wat die bal v d asse se middelpunt is.

Jy kan bereken hoeveel v d gewig behoort jy op die bal te kry.

Danie lyk my al maak ek die neus kas heeltemal leeg, haal ook die 2 gas bottels en die spaarwiel uit, dan sal ek nog oor die 10kg gewig op die bal hê. Sal moet kyk wat weeg die tent pale? Ek het verseker n klein projek om binne die wet te kom.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 18:08:13 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Danie lyk my al maak ek die neus kas heeltemal leeg, haal ook die 2 gas bottels en die spaarwiel uit, dan sal ek nog oor die 10kg gewig op die bal hê. Sal moet kyk wat weeg die tent pale? Ek het verseker n klein projek om binne die wet te kom.

Piet ek het weer gekyk. As ek op die aktiewe drade hierdie draad kies dan spring dit van 3 dae trug en die volgende draad is Jan se draad van 5 ure trug. Al ons drade en ook die van Johann, Oom Koos ens is dan weg.

As ek op die e-pos kliek dan wys dit al ons posts van gister maar dit stop by Jan se plasing 11h59. Daar was egter wel antwoorde na dit so iets iewers is nie lekker nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 18:29:21 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Sorry Danie. Biki vergeet van jou engineers vernuf. Wat sou jy sÍ. ???

Die draad wys nou baie goed nie. As jy wel vlerke op jou wa sit en daai Jeep kan hom vinnig genoeg sleep ja dan sal die bal gewig miskien verminder maar soos ons waens is kan die gewig op die bal glo ek nog verder verhoog eerder as verlaag soos die windweerstand die wa probeer afdruk soos die wa deur die lug moet stoei.

Dink maar aan die drukvlerke die tyd toe jy die Fairmont GT gery het. Daai klein stukkie vlerk het die kas vaster op die pad gedruk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2017 @ 20:02:08 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 54 years

Baie goed is terug maar nie alles nie. Iewers is daar n kinkel in die kabel.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 10:19:33 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2463
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years

Baie interesant. As die wa nou beweeg, is daar nie meer gewig op die bal nie..... of sÍ my common sence ve my ek praat nou twak.

Dankie vir die inset Leon...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 10:25:35 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2463
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years

Ek het laasweek verby die mobiele weegbrug gery op die Mabopane snelweg. 

Die een wat ek gesien het is 'n enkelvoertuig breedte struktuur wat net een as op 'n slag weeg.  Die skaal is ongeveer 300mm hoog. So jy ry teen 'n skuinste (staal) op dan is jou voor wiele op die skaal dan ry jy verder anderkant af en is die agter wiele op die skaal. Ek glo met 'n dubbelas karavaan sal beide aste op die skaal gemaklik pas.

Die skaal het vir my baie smal gelyk, so jy sal jou ry moet ken om 'n karavaan daarop te kry.

Jammer oor die vorige draad, het verkeerde quote gedruk.
Dankie vir die inset Leon...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 14:06:00 pm
Andal
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 5 years

Na al die geredekawel hierbo skryf die wet nog steeds voor dat Bal gewig nie 100kg mag oorskry nie. Die probleem is dus nie die gewig nie maar om die korrekte kg te BEHAAL.

Amper soos dieet.

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2017 @ 17:06:11 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Danie lyk my al maak ek die neus kas heeltemal leeg, haal ook die 2 gas bottels en die spaarwiel uit, dan sal ek nog oor die 10kg gewig op die bal hê. Sal moet kyk wat weeg die tent pale? Ek het verseker n klein projek om binne die wet te kom.

Piet ek wil net iets regstel. My 195x14 8 ply spaarwiel weeg 17kg en nie 22kg soos ek vroeer gese het nie. Kop los my met tye :)

Party mense sal seker se "die meeste v d tyd" :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2018 @ 21:06:50 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First