English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 791
Total Replies: 209 477
Total Views: 81 329 734
topics: 10 050
replies: 113 014
views: 38 367 171
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Oom as aanspreekvorm

replies: 60
views: 7117
page 1 of 2
29 Sep 2015 @ 18:41:29 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Klip in die bos!

Ek verpes dit om as "Oom" aangespreek te word.

'n Oom is 'n ding wat by jou ma se suster slaap.

Respek word nie betoon deur 'n aanspreekvorm nie, maar deur die dunk wat jy van 'n persoon handhaaf.

My bure se kleingoed, drie  voorskoolse orrelpypie seuntjies noem my op my voornaam. Ek is nie hulle oom nie, maar hulle vriend. Hulle hanteer my as sulks, respekteer my senioriteit en hulp om hulle goeters heel te maak, en ek waardeer hulle eerlike aanspreekvorm en openlike warm vriendskap.

Ek het vir 'n klompie jare gekontrakteer saam met 'n professionele groep wat meestal jonger as dertig was. Hulle het my soos een van hulle hanteer en my op my voornaam genoem. Inteendeel, die keer wanneer "Oom" per ongeluk by 'n afrikaanssprekende uitgeglip het het ek gevoel asof ek nie daar hoort nie, asof ek nie so op datum soos hulle is nie, asof ek oor die muur is, asof dit tyd geword het vir genadebrood.

Wanneer ek saam met my seun en sy vriende kuier noem my laaitie my op my naam, en sy pêlle ook. Nie omdat ek daarvoor gevra het nie, maar omdat hulle my nie as 'n buitestaander, indringer of gesagsfiguur beskou nie. Ek geniet dit so, en ek moet erken, dit hou my jonk en kry die beste uit my uit.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 18:49:59 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Ek gee weer nie om nie. Ek like OOM. Al wat ek nie ga like nie as die mooi girls innie komplex s NEE oom.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 19:03:24 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 60 years
Elke mens het sy beleid.
My gevoel is dat daar geen respek van jong mense is as hulle hulle kinders toelaat om 'n ouer mens op sy naam te laat noem. Ek glo as die ouer person dit ook toelaat dat hy weer nie veel respek vir homself het nie.
As 'n mens dit toelaat kan jy mos toelaat dat jou kinders en hulle pelle jou behandel as of jy een van hulle is.
My mening. Dit is al.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 19:06:17 pm
Brommer
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4466
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 28 years

My dogtertjie spreek my aan as pappa, 99% van tyd.. maar daar kom tye wat sy haar ma se streke uithaal as sy my roep buite of so, dan skree sy sommer direk my naam.. ek dink nie dis slegnie, sy is skaars 2, en vir ons n groot grap. 

 

Dan by my vrou se werk, skool, sal hulle my ookas oom aanspreek, en nou verstaan ek hoekom dit probleem raak.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 19:55:29 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Hou ook nie van die Oom storie nie. Slegs in famile band mense oom genoem. Saam ou manne gewerk, op die naam genoem, toe ek oud word, op my naam genoem.
Moet se, as jong kinders my op my naam noem, voel ek effe ongemaklik, se liefs dan oupa Herman, vra ek. Die bruin kindertjies hier noem my so. En die bruin werknemers se meneer Herman vir my.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:12:28 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Afrikaanse mense is geleer om ouer persone as Oom en Tannie aan te spreek.  Engelse mense is nie so geneig daartoe nie.  As veral 'n vrou ouer raak is dit nie 'n lekker ondervinding as jonger mense jou begin Tannie noem nie.  Ek maak 'n punt daarvan om almal, wat ouer as ek is, by die naam (meestal) of meneer of mevrou (uit respek) te noem.  Ek noem niemand maar niemand Oom of Tannie nie.   Mens kan eintlik sien hoe hulle dit waardeer.  Vir my gaan dit nie oor wat jy dink die regte ding is om te doen nie, doen wat die ouer persoon goed oor homself/haarself sal laat voel, sodat daardie persoon nie voel jy sien hom/haar as iemand wat oor die muur is nie, dat jy die jonkheid in hulle nog steeds raaksien.  Vir die jonger mense wat dit nie glo nie, glo my, ouer mense wil NIE AS OUD aangesien word nie.  Ek stem, jong kinders sê natuurlik Oom of Tannie maar as jy al self 'n grootmens is, los dit, die persoon is in elk geval nie jou Oom of Tannie nie, hy/sy is net nog 'n mens wat die reg het om vir ewig so jonk te voel as wat die samelewing hom/haar toelaat. laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:28:28 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1769
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

As enige van my kinders 'n ouer persoon op sy naam sou noem was die gort gaar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:33:49 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Pieter (Kanneman), ek vermoed jy is terug by 'n "midlife crisis" !  (As ek na jou 50 jaar sleepondervinding kyk, moes jy al geruime tyd daar verby gewees het !)

Maak vrede daarmee, dis 'n goed bedoelde gebruik in die Afrikaner-kultuur wat oor jare onder ons mense gevestig is en jy sal dit nie kan verander nie.  Jy sal meer skade doen om beswaar te maak aan iemand wat jou met respek as "oom" aanspreek, trouens jy sal so 'n persoon baie verleë laat met die idee "dis 'n regte ou knorrige outoppie daardie" !

Ek hou weer daarvan om deur die jonger geslag as "oom" aangespreek te word, maar as so 'n persoon verkies om my op my naam te noem of meer formeel "meneer", is dit ook goed so.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:36:58 pm
hessie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 598
Joined: 02 May 2012
Experience: 51 years
Ja tel dit op dat van die jong mense het geen respek meer vir die ouer geslag nie dit is hoekom ons wereld so deur mekaar is. Maar dit is hoe hulle maar groot gemaak word. Jammer maar ek is nog van die "ou soort" dit is by my nog ook Oom en Tannie. Sien nou weer die naweek die jong klomp wat vir my en my ander helfte se Oom en Tannie. Ons het dit gewaardeer want dit wys jou nog respek vir die ouer garde. Baie dankie aan julle wat nog goed en reg op gevoed is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:41:44 pm
Anonymous

Kanneman dan nie self besluit vir wie hy oom of tannie wil noem nie? Dit klink meer vir my of oom nie wil aanvaar jy het oud geword nie?  Ek het geleer om ouer mense met respek te behandel en jammer, as 'n snotkop vir 'n oom/tannie jy en jou dink ek nie veel van die snotkop nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:43:00 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Jan, hoe oud is die kinders dan?  Nog klein?  Tieners?  Jong mense?  Reeds volwassenes?  Dit hang versekerlik daarvan af.  Ons moet egter ook onthou  wat die Oom of Tannie dalk verkies.  Ek baklei nie met jou nie smile, elke persoon het die reg om te doen wat hy dink is reg of verkeerd.  Sommige ou mense gee gladnie om om so aangespreek te word nie, maar dit is nie noodwendig wat almal wil hê nie.  Maar respek by 'n jonger mens is altyd iets mooi en kan nie veroordeel word nie. smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:45:25 pm
Anonymous

Hoe moet ek nou weet of dit oom Colin of tannie Freda is wat praat?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:50:48 pm
Anonymous

Dit is nie vir my nodig dat jong mense my op my naam te noem om "jonk" te voel nie, my ouers het my geleer, as iemand 20 jaar ouer as jy is, is dit oom of tannie.

Ons het n peetkind van 12, sy noem my op my naam, ek is verdomp 50 jaar haar senior.

Dit is maar net my siening, die wereld is klaar so onrespekvol, geen wonder dit gaan so nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 20:55:54 pm
Anonymous

Hoe moet ek nou weet of dit oom Colin of tannie Freda is wat praat?

Spekkies, my (en dis maar my siening) uitgangs punt is, op forums waar jy nie persoonlik kennis dra nie, noem mekaar maar op die naam, as ek forum mense sou persoonlik ken, en die persoon is meer as 20 jaar ouer as ek, dan sal ek so persoon as oom/tannie aanspreek.

Maar, dit sou moeilik gaan, is hier iemand van oor 82 op die forum?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:00:10 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Ek sal graag die reaksie van sommige uitgesprokenes wou hoor indien hulle in 'n engelse omgewing deur engelssprekendes as Oom aangespreek word, terwyl hulle tydsgenote wat engelssprekend is op hul naam genoem word deur die jonger geslag, of as "sir" aangespreek word indien die jongeling nog vreemd voel. Miskien moet 'n mens maar die konteks van die aansprrekvorm binne die betrokke taal in gedagte hou. wink

 

 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:00:29 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 30 years

Dit gaan hier oor jou agtergrond en hoe jy groot gemaak is en hoe jy jouself handhaaf met jou kinders. Daar is definitief verskille tussen engels en afrikaans as gevolg van die "you" in engels wat dan oorloop na "jy en  jou" in afrikaans deur die engelse garde. Geen probleem daarmee nie. Ek is gemaklik met oom en tannie omrede ek so groot geword het op die beginsel van as iemand 10jaar ouer is as jy dan word oom en tannie gebruik. My kinders se vriende gebruik die oom en tannie en ek het groot waardering daarvoor. Dit hang ook af of jy 'n plattelandse of 'n stedeling agtergrond het. My seun is 27 en ons soengroet mekaar en is gemaklik daarmee omrede ons so groot geword het. My pa was 50 jaar ouer as ek en ons het ook gesoengroet tot en met sy dood. Dit is waar en hoe jy groot gemaak is wat jou optrede bepaal. Dit bly n persoonlike keuse hoe jy jouself handhaaf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:02:46 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Spekkies, my (en dis maar my siening) uitgangs punt is, op forums waar jy nie persoonlik kennis dra nie, noem mekaar maar op die naam, as ek forum mense sou persoonlik ken, en die persoon is meer as 20 jaar ouer as ek, dan sal ek so persoon as oom/tannie aanspreek.

Maar, dit sou moeilik gaan, is hier iemand van oor 82 op die forum?


Stem saam. Ek noem maar almal op die forum op die naam, maar as ek persoonlik met hulle in kontak sal kom, sal ek oom/tannie gebruik. Dis maar net respek. Voel soms snaaks as jonger mense my oom noem...maar dit wys vir my gewoonlik dat hulle uit n goed opgevoede huis kom en waardeer dit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:03:45 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 30 years

Hoe moet ek nou weet of dit oom Colin of tannie Freda is wat praat?

Spekkies, jy beter "Antie" Freda gebruik laughing Mens is nooit te versigtig nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:09:29 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Ek sal graag die reaksie van sommige uitgesprokenes wou hoor indien hulle in 'n engelse omgewing deur engelssprekendes as Oom aangespreek word, terwyl hulle tydsgenote wat engelssprekend is op hul naam genoem word deur die jonger geslag, of as "sir" aangespreek word indien die jongeling nog vreemd voel. Miskien moet 'n mens maar die konteks van die aansprrekvorm binne die betrokke taal in gedagte hou. wink

 

 

Kanneman, ek is bly die "lig het aangeskakel"  -  dis 'n gevestigde Afrikaanse kultuurgebruik, dis 'n mooi gebruik, dis 'n goed-bedoelde gebruik en behoort so gekoester te word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:14:36 pm
Anonymous

Maar baie mense het nou al op die forum vertel hoe oud hulle is.  Glo my hier is baaaaaie ooms.  Die probleem is duidelik wil 'n paar net nie aanvaar hulle is oud nie......kanneman dit se?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 21:53:48 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 12 years
Wat is oud? Jy is so oud soos jy voel. Ek voel nog dertig, maar die lyf is defnitief nie meer so fiks nie. Soos hulle s die ooms en tannies se gees is gewillig, maar die vlees nie altyd nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 22:05:36 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Lennie, ek weet nie wanneer die "midlife crisis" behoort plaas te vind nie, maar ek vermoed ek is lankal ongesiens daar verby of dit wag nog vir my.  Ek het nog nie die gier gekry om 'n sportmotor, motorfiets of "skelm knyp die kat in die donker" avontuur te oorweeg nie.

Miskien moet ons eerder die omgewings waarin ons woon oorweeg, die omgangstaal van die mense rondom ons, en die moontlikheid oorweeg dat ons nageslag spreektaal tradisie sal voortsit.

Jy woon in 'n oorwegend Afrikaans omgewing. Die teenoorgestelde geld vir my met al die taal implikasies wat daarmee saamgaan.

Toe ek klein was het die ou mense van ons verwag om vir iemand wat twaalf jaar ouer as jy was "Oom" te sê. Wat 'n simpel idee. Respek word mos verwerf, nie bloot deur ouderdom toegeken nie. Ek het my daarby berus dat die enigste konstante faktor m.b.t. die toekoms juis verandering sal wees.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 22:13:14 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Maar baie mense het nou al op die forum vertel hoe oud hulle is.  Glo my hier is baaaaaie ooms.  Die probleem is duidelik wil 'n paar net nie aanvaar hulle is oud nie......kanneman dit se?

Ek wonder of die doel is om te probeer respek afdwing? 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2015 @ 22:28:37 pm
Anonymous

Kanneman, ek respekteer jou siening, elke mens is geregtig om te voel en op te tree soos jyself goed dink. My opmerking ivm hoe ek daaroor voel (boontoe genoem) het ek regtig nie teen enige persoon gemik nie.laughing 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 06:31:30 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3316
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 51 years
Ja ...... Oom Pieter .....

Ek stem saam maar verskil ook.

Voorbeeld .... by die werk sal ek my bestuurder op sy naam noem; as ek hom aan jou ('n klient) sou voorstel is dit Meneer naam en van; as ek hom aanspreek voor jou, is dit Meneer.

Dit gaan vir my oor hoe die persoon my aanspreek en nie met wtter titel nie - Oom is ook reg.
DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 06:33:41 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6045
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Ek is n oom en trots daar op, maar vat nie aanstoot as die jonger mense my op my naam noem nie, ek vat dit soos dit kom die lewe is te kort om oor sulke nietigheid te bekommerlaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 07:23:42 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6451
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years
Ek word aangespreek soos die een op gevoed is deur sy ouers en sal dit nie verander nie.
Gelukkig is my vriende kring hoogs opgevoede mense asook hul kinders en ken hulle hul plek.
Selfs in die samelewing word ek nog elke keer met respek behandel as ook so teenoor die persoon.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 07:29:56 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6451
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years
Aangesien daar so groot ouderdoms verskil tussen ek en die GIRL is wissel die ouderdom van 30 tot 70 en self meer as my ouers by is, en elkeen word aan gespreek soos hy geleer is.
Vir haar was dit egter moeilik in die begin om my vriende op die naam te noem, maar met die jare se verloop het dit maklik geword.
En almal bly maats en geniet mekaar.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 07:30:07 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 59 years
Growing up in an english speaking family in Durban, I did not call people Uncle or by their first names. It was always Mr....Even when my parents friends told us to call them by their first names I still felt uncomfortable and would call them Mr. Even at 62, long time seniors I have known I still call Mr.
I must say that when on my own for 11 years, it was rather a bring down when a young lass I was trying to chat up called me oom. I find at work that some of the afrikaans youngsters call me oom and regard it as a respect thing, and their afrikaans upbringing. Surprised to hear this as something that an afrikaans speaking gent would not like.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 08:03:27 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

@Speknek, as dit 'n lang relaas is, moet jy weet dis Tannie Freda laughing  

As jonger persoon het ek baie mense Oom en Tannie genoem.  Ek dink my siening daaroor verander seker nou dat ek self 'n Tannie is.  Nou noem ek nie graag mense wat net 10 jaar of wat ouer as ek is so nie.   So, as jy jonger is, voel jy anders daaroor. Maar ek voel 'n persoon moet ten minste so 20 jaar ouer as jy wees voor jy hom Oom of Tannie noem.  M.a.w. toe jy gebore is, was daardie persoon reeds 'n grootmens.

@Chuck, my oorlede man was ook heelwat ouer as ek.  Meeste mense het hom Oom genoem en my dan outomaties Tannie, alhoewel ek soms omtrent hul ouderdom was.  Ek het dit so aanvaar want mens kan tog nie heeldag 'n bohaai maak oor sulke dingetjies nielaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 08:07:55 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1769
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Stem ook nie saam dat respek verdien moet word nie. As ek iemand ontmoet respekteer ek hom/haar en as die persoon iets doen wat nie reg is nie sal hy/sy my respek verloor. Respek is deel van my opvoeding en iemand kan net my respek verloor. Hulle hoef dit nie eers te verdien nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 08:39:29 am
Lambchop
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 28 years

Ek voel dat in 'n besigheids opset kan mens nie mense oom en tannie noem nie. Soos by Spar, die jong kassiere. Hulle noem my alewig tannie, en ek dink dit klink simpel.Ek dink dis meer proffesioneel om mevrou of meneer te gebruik. Of dalk dame , as jy nie weet of die vrou getroud is nie.

Mens moet seker maar aanvaar as jy oor 40 is, gaan jy tannie en oom genoem word. Ek verpes dit net as iemand wat ek duidelik kan sien is amper my ouderdom of selfs ouer, my tannie noem. Ek is nou wel lekker mollig, maar ek het redelik min plooie, so waar kry hulle die tannie vandaan? Ek is net 44!

Karen

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 08:52:25 am
Hannes
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 238
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 46 years
Tradisionele Afrikaner: So is ook ons gewaardeerde aanspreekvorme. Dit is maklik/lekker om ander te respeketer wat jou respekteer, dit is 'n geval om eerlike opregte respek uit-te-ruil. Vind selfs dat ander kleuriges soms na my kom waar ek besig is en vra: oupa kan ek jou hiermee help - jy ervaar dadelik dat daar nie by-bedoelings is nie, soos betaling. MAAR, so verskil opvoeding en kultuur en as sulks sal ek dit nooit teen 'n ander hou wat nie dieselfde kultuur en opvoeding het as wat ek het nie. Elkeen is geregtig op sy EIE.
Vrede en seen aan al ons Forum-vriende
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 09:00:44 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2510
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Having read this thread there seems to be dicrepencies in that respect should be shown to people more than 10, 12, and 20 years older than yourself.
Seems as though we cannot agree as to exactly when this respect must be shown and by whom.
I think that respect is earned and cannot be demanded. Treat a person with respect and they will mostly respect you as well.
There are people who will be disrespectful about any point that they do not agree with and will attempt to get confrontational, even though the point is given as a point of view or not. If you do not respect yourself then you cannot expect others to respect you. The manner you address a subject will show your standard of respect. Treat others as you would want to be treated. Do not judge a person that you do not know. You may surprise yourself. There are threads on this Forum that people were surprised at meeting the person who seemed to be otherwise on the Forum. You trample your way to the top, you may have no support on your way down.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 09:01:53 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 59 years
Uit respek sal ek a bietjie afrikaans probeer ooms. Ek weet nie of julle dit opmerk het, maar in die meeste engels spreekende maatskapye, word van die MD , die direktuurs en die res van die werknemers by hul eerste naam genoem en nie Meneer nie. As die maatskapy n hoofkantoor oorsee het is dit meer opmerkend. n Mens moet nie oortuig wees dat hul jou buddies is nie, want hierdie oorsee maatskapye huur en afdank makliker as n SA maatskapy. Om n direktuur oom te noem, in my opinie, toon minder respek as hom by sy eerste naam te noem.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 09:02:36 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5294
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Mooi man. Hierdie was n lekker klip innie bos na aanleiding van die kommentare. Ek voel net treurig daar ek nie meer iemand kan aanspreek as oom nie. Al wat oorbly as ek praat dans dit van oorle oom michael.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 09:10:56 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1769
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Paul - dit was sommer lekker afrikaans. Mooi man.

Johan - soos ek ook vir die mense sê  ek het nie verwysings nie -  hulle is almal oorlede.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 11:32:17 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Stem ook nie saam dat respek verdien moet word nie. As ek iemand ontmoet respekteer ek hom/haar en as die persoon iets doen wat nie reg is nie sal hy/sy my respek verloor. Respek is deel van my opvoeding en iemand kan net my respek verloor. Hulle hoef dit nie eers te verdien nie.  

Baie geldige punt Jan !  Jy slaan die spyker op sy kop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 12:28:54 pm
JohanJ
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 09 Jan 2014
Experience: 29 years

Hou ook nie van die Oom storie nie. Slegs in famile band mense oom genoem. Saam ou manne gewerk, op die naam genoem, toe ek oud word, op my naam genoem.
Moet se, as jong kinders my op my naam noem, voel ek effe ongemaklik, se liefs dan oupa Herman, vra ek. Die bruin kindertjies hier noem my so. En die bruin werknemers se meneer Herman vir my.

Herman

En die gebruik van Baas of Oubaas??

Ek het in my skooljare op die plase in die Hexriviervallei gewerk... die aanspreek vorm was baas of oubaas... As jy durf waag om die term "meneer' (grootste fout) te gebruik was dit beskou jy hou vir jou slim ... of jy kom met linkse politiek en jou dae was getel

"Asof die ruik na swael saterdag in die dorp nie genoeg was nie"

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 12:32:57 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 12 years
Ja, soos ons sal s is ons nou die seniors of ouer garde. Na 60 is daar vir party van ons nog 10 jaar, 15 of dalk tot self 25 jaar oor. Nou is die tyd wat ons moet oppas wat ons eet en drink asook die hoeveelheid. Anders is ons gouer oorle ooms of tannies as wat ons dink. Gaan stap, swem of ry fiets. Moenie net sit nie... Party kampeerders sit net heeldag en is te onaktief. Dan s party mense vir hulle seker ook oom of tannie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 14:18:52 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Presies wat Karin en Herman hier bo sê is wat ek heeltyd probeer sê het.  Mense van amper hul ouderdom noem hul Oom en Tannie en hulle hou nie daarvan nie.  En daar is baie mense (veral vrouens) wat so daaroor voel, wat dit al vir my genoem het.   Nou sê ek weer, jy kan so goed opgevoed wees as wat jy wil, geleer het om altyd respek te betoon en dit elke dag uitleef maar dit gaan nie net  oor jou nie.  Dit gaan oor al die "Karins en Hermans"  wat dalk nie daarvan hou nie.  So, jy toon respek maar terselfdertyd maak jy daardie persoon se gevoelens seer of laat hom/haar oud voel.  My ma was 'n paar jaar lank in 'n aftree-oord saam met ou mense.  As ek gaan kuier, het my ma hul altyd as Tannie So of So voorgestel.  Dan het ek graag vir hulle gese, ag nee, jy is nog te mooi, kyk nie eers 'n plooitjie nie, vir jou noem ek nie Tannie nie, net So of So.  En nooit het ek ondervind dat hul enigsens gevoel het ek respekteer hulle nie, they loved it, en was altyd tog te vriendelik teenoor my. 

Dit is maar net hoe ek daaroor voel, respekteer op alle maniere!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 20:56:05 pm
harry
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 30 Mar 2014
Experience: 20 years
When I wore a younger mans clothes, anybody 15 years and more older than me I addressed them as tannie and oom. Now days I am 54 and I run a on site work shop at a mine. The 7 young men working under me call me oom. I have no problem with it and it was their choice. I treat them with respect and respect their views, though their views are not always in line with mine.
The young men who are employed by the mine call me oom as well. I believe live and let live. If a young man or young lady addresses me as oom it is good or they address me as Rob that to is good, I only expect good manners, as I treat them with respect and good manners.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2015 @ 21:35:38 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
As ek my standpunt anders om stel. Noem n vreemdeling,man, van bykans my ouderdom my oom, pla dit nie regtig nie. Dalk dink hy is bietjie onseker van homself, en beskou hom onderdanig en laer in die ketting.
Jeugdiges wat my op my naam doen, is weer vir my voorbarig, en verstaan nie mooi die rangorde nie.
Die genoem tel egter slegs vir vreemdelinge, en nie kennisse nie. Daar is ek Herman vir vriende wat hul ouers op naam noem, meestal engels, en Oom vir latte met kinders wat my van kleuterdae af ken .
Maar nou weer, ander dag by boerevergadering, se die klomp jong bulle vir my Oom Herman. Dit val goed op die oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 07:14:46 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 59 years
Herman, Have a similar thing at work where some of the assistants call me Mr Paul. I rather like it and it shows respect and at same time is not too formal
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 07:40:37 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3316
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 51 years
I don't know why you should be bothered with "OOM, Tannie, Uncle or Aunt" and let the age issue get to you - what is more important is how it is said.

When people refer to me as old, in whatever way they see fit, my reply is ........
"Atleast I am over half way in my life. I don't know if you will get there!"

We should rather be greatful that we have been given that opportunity!
DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 07:45:17 am
Anonymous

Ok van nou af kan julle my meneer roep

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 07:50:00 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10356
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ok van nou af kan julle my meneer roep


Ok...Meneer Spekkies😁

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 08:08:10 am
Anonymous


Ok...Meneer Spekkies😁

Moet bieg dit val nogal mooi op die oorwink  Dink ek moet my naam verandercool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2015 @ 09:30:14 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2510
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
"I don't know why you should be bothered with "OOM, Tannie, Uncle or Aunt" and let the age issue get to you - what is more important is how it is said.

When people refer to me as old, in whatever way they see fit, my reply is ........"
"Atleast I am over half way in my life. I don't know if you will get there!"



Well said David.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2018 @ 20:39:03 pm
Liela
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 13 Nov 2018

Hier is my vraag : Respek is mos n twee-rigting na albei kante. As respek betoon in 'n aanspreekvorm le.....hoe bewys JY respek terug?? Hallo jongman Johan? Hoe gaan dit jongdame Linda??

Niks fout met oom en tannie.....dink net die respek-rede in nie oordink nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2018 @ 10:03:40 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1626
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ek het nog altyd dit gehaat as iemand my as "Baas" aanspreek en het baiemaal al mense vesoek om my eerder "Meneer" of te noem.  Deesdae noem dieselde mense my "Oom" en ek vind dit heeltemal aanvaarbaar.  Dit word uit respek vir ouderdom gebruik en nie as teken van onderdanigheid nie. Ek voel nie onderdanig aan enigiemand nie en ek wil ook nie hê mense moet so teenoor my voel nie.  Ek stem saam Erika: Respek kom van twee kante of.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
page 1 of 2