English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 962
Total Replies: 59 750
Total Views: 80 051 164
topics: 9 114
replies: 288
views: 37 829 590
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

'n Storie vir Herman

replies: 47
views: 10891
11 Jun 2014 @ 06:47:40 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE

Dit was 1994 gewees. Ek onthou dit nog soos gister. 27 Junie 1994, want dit is my verjaardag en dit het ook daardie Nag gesneeu.
Toe ek en broer besluit ons het genoeg gehad vannie Kaap en gaan nou die Oos kus van Suid Afrika "explore", en soos ons altyd gese het - "ons gaan hom in die 'roots' uitkrap"

07:00 27 06 1994 vertrekpunt: cnr N2 & Main Somerset West, bestemming = Durban

Ons was vroeg die oggend reg gewees. 85L Jaguar Carrimor rugsakke, met camping gaz stofies, Kershaw longblades, weermag poncho's en slaapsakke, wol musse, blikkies kos, soya, koffie, pap en suiker en uie, tabak, Trail Buster T5 stapskoene van Lubbe, kamera...

Ons begin daar op die hoek net voor die N2 brug wat oor Main road strand toe gaan, daar by Van Der Stel se kant. Ons vervoer middel? Ons duime.
Het maar lekker gesukkel om uit Somerset Wes te kom.
Ons 'hike' en staan en gooi duim en later is dit 12:00 en ons staan nogsteeds en dit is vrek koud en 'n man dink dan al aan tou ingooi en teruggaan huis toe, maar ons is gefokus en ons hou aan. So 1pm vang ons die eerste lift, agter op 'n bakkie wat na 'n plaas net voor Grabow gaan. Eerste stop net so 2km voor Grabow eerste ingang sommer so teen die dennewoud word ons afgelaai, en toe begin dit reen.

Die reen het ons nie afgesit nie, maar dit was eers tyd vir koffie maak en rook. Stap so 300m in die woud in en by 'n geskikte plekkie span ons die een poncho om die reen weg te hou. En daar sit ons toe en maak ons 'n lekker koffietjie en rol 'n lekker twakkie, ek en my broer op ons mission teen die ooskus van Suid Afrika.

Vervolg...

11 Jun 2014 @ 07:39:42 am
B B
Neptune Member
Offline
Posts: 3810
Joined: 10 Sep 2011
Province: Other
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 38 years
Vehicle: 2011 Nissan Pathfinder 2.5D Manual

27 Jun is a date we share Wink

Subscribed to the story!

11 Jun 2014 @ 08:18:36 am
W J
Pluto Member
Offline
Posts: 5694
Joined: 03 May 2007
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 52 years
Vehicle: Jeep patriot
Camping: Caravan sprite surfer deluxe

Jy skryf te stadig tel n' bietjie spoed op broerLaughing

How great is our GOD
11 Jun 2014 @ 08:29:58 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
SO sit ons toe onder ons poncho onder die bome net so voor Grabow, koffie klaar gedrink en 'n foto geneem van die 2 avontuurlustige broers. Maar 'n mens moet mos nie stilsit nie want dan raak dit koud.
So 3pm besluit ons toe om die pad weer aan te vat terwy daar nog daglig is. Vinnig 'n lift gekry verby Grabow en Elgin, word toe afgelaai by die Bot Rivier offramp en kies die N2.

Daar van Bot Rivier af het dinge begin koud raak. Ons toe maar besluit om aan die beweeg te bly en loop so al langs die N2 en gooi die duime. Reen hou so bietjie oop, maar toe die son begin baai se, toe begin hy weer val, met 'n koue wind wat waai.

Wat kan ons doen? Loop maar so in die donker en nat en wind en as daar 'n kar verby kom gooi ons die duime.
So 2 ure later nog net 'n paar km duskant Bot Rivier begin die koue ons toe inhaal. Besef ons dat ons nie meer reguit dink nie en as ons nie nou 'n plan maak na gaan ons altwee sterf hier langs die N2 en kon al die koerant berigte in die Burger Sien die volgende dag.
Geen kar stop nie, en ek sou ook seker nie gestop het as ek in die middel van die nag op die N2 ry in 'n storm en sien sulke 2 figure in donker poncho's langs die pad nie.
Tot ons verligting kyk ons oorkant die N2 en sien 'n gebou so in die skyn van die weerlig. Dit lyk soos 'n padstal. Nou teen daai tyd werk 'n mens se brein nie lekker nie en al waaraan jy dink is om uit die koue te kom. Hardloop oor die N2 na die padstal toe en skop die deur af! Die padstal was leeg en buite gebruik, maar dit was nog met duk mure en binne in was dit lekker snoesig.

Nat klere uitgetrek, slaapsakke oopgegooi en toe begin ons die stofie aan die gang kry vir aandete, na aand ete 'n lekker koffietjie en 'n twakkie.

Kyk ons het darem lekker geslaap daardie aand, bietjie koud gekry maar nie naastenby die koue wat ons vroeer op die stormpad beleef het nie.

Volgende oggend lekker vroeg wakker, koffie om warm te word.
Toe ons die padstal se deur oopmaak toe kry ons een groot surprise. Voor ons le die Riviersonderend Berge mooi lank uitgestrek, WIT van die sneeu! En toe verstaan ons waar die vorige nag se koue vandaan gekom het.


Vervolg...
11 Jun 2014 @ 08:34:54 am
Johann
Pluto Member
Offline
Posts: 7477
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Ek is nou ook ingeteken, hou aan.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek.
11 Jun 2014 @ 09:24:07 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Mieliepap met baie suiker, nog 'n koffietjie vir die hitte. 'n twakkie en ons was reg om ons 2de dag aan te pak.

So 9am in die pad geval en na so 3 ure van duim gooi kry ons 'n lift agter in 'n rooi Mazda bakkie. Kontrak werkers oppad Knysna toe.
Manne dit was koud agter in daai bakkie, geen heater nie, sit ons toe so stuif teen mekaar om warm te bly.

Tussen al die pitstops en die lang pad benader ons toe Knysna net na donker. Bakkie eienaar vra toe waar ons wil wees en ons se toe ons sal maar uitkyk vir 'n Bbackpackers om die nag oor te bly.

Ek kan nie onthou waarheen hulle ons geneem het nie, onthou net dit was 'n kuierplek naby die water. Afgelaai en voor ons nog kon ingaan om uit te vind oor blyplek vir die aand, stop daar 'n ou wat die kuierplek verlaat en vra ons of ons ok is en of hy dalk kan help.

Vertel hom toe ons missie en dat ons net slaapplek vir aand soek en of hy weet waar 'n Backpackers is. Die aangename jong man vertel ons toe sy storie en se hulle het sopas 'n nuwe besigheid oopgemaak in die hoofstraat in Knysna en dat ons welkom is om die aand daar te slaap. Pas ons goed want ons was koud en moeg en honger en het nie die krag gehad om nog blyplek teen 'n lae prys te soek nie.

In sy voertuig terug hoofstraat toe stop hy by 'n klein winkeltjie en welkom ons in. Soos ons die storie bekyk met die instap sien ons toe dat dit 'n haarsalon is. Jong man en sy maaitjie kry hulle droom haarsalon in Knysna aan die gang en bly ook tydelik in die salon totdat die ding mooi aan die gang is.

Die moffies het baie mooi na ons gekyk, heerlike aandete vir ons gemaak. Vra toe of ons wil bad en ek se ja beslis! Word toe na die badkamer gevat wat buit op die agterstoep is, ja, 'n ou bad buite op die stoep tussen potplante met warm water. Sit ek toe lekker daar buite op die agterstoep in die bad.

Hulle het vir ons 'n lekker dubbel bed op die vloer gemaak, met so 'n 20cm spasie tussen hulle en ons bed. Ek en boetie het heerlik geslaap die aand. My broer het my die volgende oggend vertel dat hy seker is hy het iemand se groot toon naby sy hol gevoel deur die nag, maar het maar net doodstil gele reg om te bliksem as dit nodig sou wees - gelukkig was dit nie nodig nie!

Ons het die Knysna haarsalon moffies weer gaan opsoek met ons trip terug Kaap toe, maar die storie sal ek los tot later.....

Vervolg
11 Jun 2014 @ 09:33:03 am
Frank
Gold Member
Offline
Posts: 184
Joined: 14 May 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 40 years
Vehicle: colt club cab
Camping: 2002 Jurgens Palma

Ingeteken ooo yes hierdie een mis ek nie, gooi mielies Klonkie gooi mielies..........

11 Jun 2014 @ 09:59:59 am
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4276
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Klonkie ek proe daai warm koffie lekker
Haak daai wa kamp bly koning
11 Jun 2014 @ 10:23:03 am
WilSur
Pluto Member
Offline
Posts: 5377
Joined: 20 Jan 2003
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 30 years
Vehicle: Ford Territory ST
Camping: Exclusive

Mooi man, ons wag.

Oppad na die volgende kamp.
11 Jun 2014 @ 12:21:46 pm
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Oggend van 29 Junie en nadat die haarsalon mooffies ons so goed versorg het, het ons sommer weer baie sterk gevoel en kon ons die pad verder aandurf.

Volgende Stop: Grahamstown Art festival.
Die trippie na Grahamstown het eintlik baie maklik verloop. Ons het so bietjie gesukkel om tot by PE te kom en was net so deur die stad afgelaai op die N2 net voor die bult. Die dag besluit om laf te wees en toe ons hippie outfits aangetrek met rasta mussies en los tie dyed langbroeke wat lyk assof dit in 'n sirkus behoort. So staan ons toe in ons lawwigheid en gooi duim.

'n Voertuig stop, 2 groot mans vra waarheen en sowaar, hulle is ook oppad Grahamstown toe. Wonderlik! Ons was baie uitgevra oor waar ons vandaan kom en wat ons doen en wat gaan ons in Grahamstown doen?
Later uitgevind hulle is polisie lede van die NARC afdeling.

Broer se ou army vrind het 'n stalletjie gehad by Grahamstown en ook daar 'n karavaan en kamp opgeslaan, en so het ons besluit om bietjie saam met hulle te gaan fees vier!

Na so 4 dae in Grahamstown (waarvan ek nie veel onthou nie) was ons geld op en besef ons dat ons sou gou as moontlik in Durban moet kom, want daar is moontlik werk vir ons sodat ons weer kan fondse opbou om verder te explore.

So durf one toe maar verder die pad aan Oos London se kant toe met Durban as eindbestemming.

Vervolg...
11 Jun 2014 @ 12:50:42 pm
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Die trippie tussen Grahamstown en Durban sal ek nooit vergeet nie, want hier het ek 'n waardevolle les geleer.
Ek kan nie mooi onthou hoeveel lifts ons gekry het nie, maar ek onthou die 2 Indiers wat ons opgelaai en 'n lift agter op hulle bakkie gegee het.

So laai hulle ons op en se hulle is oppad Durban toe, maar op ander besigheid ook, so as ons gewillig is om bietjie vertraag te word is ons welkom om saam hulle te ry.

Nou teen die tyd was ek vrek van die honger en sonder cash om kos te koop was die enigste ander uitweg om maar die gas stofie uit te haal en 'n pap en soya maaltyd aanmekaar te slaan, maar agter op 'n oop bakkie was dit ook nie eintlik 'n opsie nie.

Daar het wel een baie baie groot pynappel agter op die bakkie gele en my in die oe gestaar en vir my gese: eet my!
Dit was nie maklik gewees nie, want hier word ek toe in die versoeking gestel om die mense wie ons help met 'n lift se pynappel te eet.

Stop ons toe by die Wild Coast Sun, dink die manne wou seker gaan keel nat maak of whatever en ek dink toe hier is my kans, want ons bly toe maar sit agter op die bakkie en wag tot hulle terugkeer. Dit is toe dat ek my Kershaw uithaal en die pynappel se keel afsny en opeet!

Mense, maar ek het sleg gevoel. Veral toe die twee Indiers terugkeer bakkie toe. Hoe kon ek dit doen, hoop nie hulle vermis hule pynappel nie. So ry ons toe verder agter op die bakkie en die heel tyd dink ek aan die pynappel wat ek "gesteel" het.

Seker na so 'n halfuur se ry trek die ouens van die N2 af en kies hulle 'n grondpaadjie wat in die middel van nerens gaan nie. Ons sit maar vas ek kyk wat kom volgende. By 'n hek gestop met 'n kantoor en wag, ingery en toe so bietjie verder nog aangegaan.

En toe stop hulle so tussen die bosse en ek sien werkers wat in die bos besig is, maar wat doen hulle? So waar, hulle is besig om pynappels te pluk! Baie Pynappels! Die manne se vir ons as ons wil pynappels he moet ons pluk en eet so veel soos ons wil. Kan jy dit glo, net daar kom die stem duidelik van bo na my toe en se vir my: Anton, sien, jy hoef nie daai pynappel te gesteel het nie, hier voorsien ek nou aan jou pynappels meer as wat jy ooit kan eet.

So teen skemer was die bakkie lekker vol gelaai met net genoeg plekkie vir my en my broer om te sit, en toe vat ons die pad verder aan Durbs toe, agter op 'n bakkie vol pynappels!

Vervolg...
11 Jun 2014 @ 13:25:42 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5711
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014
Jy moet maar aanhou. Sal later verder lees.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
11 Jun 2014 @ 13:54:02 pm
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
.... Die rit agter op die pynappel bakkie Durban toe het die hele nag geduur. Ons was so net na sonsopkoms afgelaai in Durban naby die Umgeni. By 'n telefoon hokkie skakel ons toe die "Tom's Art" kantoor in Durban en vra dat hulle vir Eris en Ghagai sal laat weet die Louw broers het gearriveer.

Eris en Ghagai is 2 Israelies saam met wie ons gewerk het in Die Kaap. Tom's art was 'n "dodgy" maar winsgewende maatskapy wat Jong studente en toeriste gehelp het om geld te verdien terwyl hulle deur Suid Afrika toer. Nou ek is seker van julle moes al met Tom's art te doen gekry het sonder dat julle dit weet. Dit is nou daardie studente wat by jou deur aanklop met 'n Groot A 0 folder wat vol olieverf skulderye is. Jy kan dan jou eie oliverf skuldery koop en 'n raam kies en word dit dan die volgende dag afgelewer, en teen 'n baie goeie prys. Moet net nie verbaas wees as jy by jou buurman se huis instap en sien hy het presies dieselfde "kitch" oliverf skuldery teen sy muur as jy nie. Hier het ek baie geleer van verkope en sales pitch en seker van daar dat ek vandag VP international sales is.

In elk geval, vir die volgende 5 maande het ek en my broer in Durban gewoon (Durban North)en daagliks kitch mass produced olieverf skulderye verkoop aan Indiers wat nuwe huise opsit.

Dit was een groot jol en het ons toe so bietjie langer vertoef in Durban as wat ons beplan het. Die lekkerste vegetariese kosse ooit geeet by Chatsworth Krishna tempel. Zululand so bietjie explore en nadat daar 4 keer by ons woning ingebreek was en ons in 2 motorongelukke betrokke was, het ons besef die Zulu's en Krishna en Vishnu en Divali is nie vir ons nie. Ons kon nie wag om die pad te vat en weer terug Kaap toe te keer vir die Desember vakansie nie.

Maar dit is nie net van pad vat hierdie keer nie, nee, die trippie kaap toe sou ons 6 weke neem en ons moes die regte kit bekom en ook genoeg fondse insamel om ons te ondersteun tydens ons wille kus staptog!


vervolg....



11 Jun 2014 @ 14:01:09 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4276
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Klonkie man ek leef my innie storie great
Haak daai wa kamp bly koning
11 Jun 2014 @ 14:25:05 pm
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Die groot voorbereiding het ons so 'n maand geneem.
1ste stap natuurlik om fondse reg te kry. Met die Tom's art besigheid het ons baie keer post dated cheques aanvaar en sodoende ons kliente in staat stel om hulle olieverf skulderye af te betaal oor 2 of 3 maande. So het ons die verkope gedruk en seker gemaak ons kry 'n paar post dated cheques wat gewissel kon word van dorp tot dorp soos ons aanbeweeg suide toe oor die 6 weke tydperk.

tweedens moes ons ons 'gear' verbeter het. Eerste prioritiet was ligte draagbare 1 man tente. Ons het vir ons elkeen 'n goeie kwalitiet bergklim tent gekry, van daai wat jy ook kan vas strap en dan hang jy so half teen 'n afgrond binne in die ding. Lig en kompak.

Zippo pocket heaters was ook 'n goeie kopie om hitte te kan voorsien indien die koue langs die kus ons moontlik in die nag aanval. (ek het my pocket heater vandag nog en hy werk soos 'n bom)

Genoeg gas vir die gamping gaz globe trotter stofies en ook baie voorraad gedroogte groentes en sulke tipe goed.

Ons kon nie al ons bykomende klere ens saamdra nie en het dus ons ekstra goed in bokse gepak en vooruit gestuur Somerset Wes toe. Het ook paar taai kleding stukke uitghou en vooruit gestuur Jeffreys Baai toe saam met nog kosse en lekkernye.

En so breek die dag toe aan wat ons weer terugkeer huis se kant toe. Moes eers ons huurmotor gaan afgee by Durban Stasie en toe sommer op die trein geklim net om ons uit die stad en op roete te kry.....

vervolg

11 Jun 2014 @ 14:33:13 pm
Karoo Klong
Mars Member
Offline
Posts: 1358
Joined: 22 May 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 4 years
Vehicle: Tata Dubbelkajuit
Camping: Gypsey Caravette 4
Julle ouers was seker baie bekommerd oor hulle 2seuns se avonture
11 Jun 2014 @ 14:39:52 pm
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Julle ouers was seker baie bekommerd oor hulle 2seuns se avonture


Ja hulle het so gese. Die 6 weke tussen Durban en Somerset Wes oppad terug het ons met niemand kontak gemaak nie. Maar mens dink mos nie aan sulke goed wanneer jy jonk is nie.
Gelukkig het moeder geweet haar 2 seuns was darem altwee innie army en het al baie so deur die land geryloop.

Dink ek gaan sommer nou my ma bel en se hoe lief ek haar het en jammer oor al die slaaplose nagte wat ek en my broer haar gegee het.
11 Jun 2014 @ 18:01:37 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 07 Feb 2012
Province: Other
First Language: Other
Second Language: Other

Anton, dankie vir die vertelling, dit laat mens self terugdink aan doendinge in die verre verlede!!!

11 Jun 2014 @ 18:27:13 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5711
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014
Ja Frans ek stem saam, die ou doendingge van 40jr terug was baie uitdagend, en kon ons dit doen, van dag se kind sal dit nie so kan waag in die land van ons nie.

Het self met die duim gery daai jare en was dit opwindend.

Dankie Klonkie dat jy ons laat terug dink en verlang het na die jong dae.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
11 Jun 2014 @ 18:30:10 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2325
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dagse Klonkie,
Het nou te lekker gelees, mooi so man. Ek weet nie of jy daarna weer geryloop het nie. Selfs in my ryloopjare 1974 was dit bitter, net aanhou loop en loop, het somtyds probeer so kruppel aksie insit om bietjie simpatie te kry. Maar met n lang bos hare, was jy nie gewild nie. Naderhand sommer die middelfinger uitgesteek vir die karre ipv n duim, gedink ek sal kon verduidelik dat my hand nie lekker is nie.
Daai koud en honger, tot vandag as ek die stort oopdraai, waardeer ek dit. n Bord vol kos, al is dit pap en marog, is ek dankbaar.
Een of ander tyd gaan ek jou n storie vertel van my Madagaskar trip, 2 weke, op n die see ,n flenter hout skuit ,5hp enjin, en jou Kit het nie saam geland op Tananarivo nie, dis weg.
11 Jun 2014 @ 18:52:37 pm
Pieta
Platinum Member
Offline
Posts: 422
Joined: 02 Nov 2011
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 44 years
Vehicle: Ford Ranger 4x4
Camping: Jurgens Exclusive

Mooi verhaal, maar soos die manne al genoem het vandag se dae kan jy dit nie waag in ons land nie.

Kamp Groete
11 Jun 2014 @ 20:02:46 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4276
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Jip vandag se lewe is net so anders jy moet alles agter slot en kettings sit wat nog van rondloop
Haak daai wa kamp bly koning
12 Jun 2014 @ 12:28:53 pm
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Dagse Klonkie,
Het nou te lekker gelees, mooi so man. Ek weet nie of jy daarna weer geryloop het nie. Selfs in my ryloopjare 1974 was dit bitter, net aanhou loop en loop, het somtyds probeer so kruppel aksie insit om bietjie simpatie te kry. Maar met n lang bos hare, was jy nie gewild nie. Naderhand sommer die middelfinger uitgesteek vir die karre ipv n duim, gedink ek sal kon verduidelik dat my hand nie lekker is nie.
Daai koud en honger, tot vandag as ek die stort oopdraai, waardeer ek dit. n Bord vol kos, al is dit pap en marog, is ek dankbaar.
Een of ander tyd gaan ek jou n storie vertel van my Madagaskar trip, 2 weke, op n die see ,n flenter hout skuit ,5hp enjin, en jou Kit het nie saam geland op Tananarivo nie, dis weg.


Nou maar vertel dan vir ons die storie asb. Is nou nuuskierig om te hoor.
12 Jun 2014 @ 18:48:45 pm
B B
Neptune Member
Offline
Posts: 3810
Joined: 10 Sep 2011
Province: Other
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 38 years
Vehicle: 2011 Nissan Pathfinder 2.5D Manual

Ja Herman vertel die storie

12 Jun 2014 @ 20:08:07 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 07 Feb 2012
Province: Other
First Language: Other
Second Language: Other

Be patient, you get to a stage when story-telling is taking longer, there is "planning" to do. You can't tell who is going to read the story, on who's toes you are going to step, and who is going to say you are lying!!!, and then Herman has got a farm to run, with sheep and bokke and varke to tend to, and sure as hell they are the least interested in his story!!!!

 

OK Herman, I tried to cover for you this time, you owe me!!!!!

13 Jun 2014 @ 09:59:01 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Baai Baai Durban. Baai Baai Bunny Chow.

Ons sit op die trein en die vreiheid van die onbekende pad wat voorle gee vir ons elkeen so 'n vredevolle gesiguitdrukking en effense glimlag.

As ek reg onthou het ons afgeklim op Umkomaas en toe op die starnd suid gestap Scottburgh se kant toe. Stap maar so totdat 'n mens voel niemand kan jou meer sien nie en soek dan 'n lekker beskutte plekkie onder sandduin bosse om kamp op te slaan. Ek het toe al vele kere die strand bosslaap ding gedoen tussen Hangklip en Hermanus, so dit was niks nuuts nie.

Volgende oggend weer in die pad geval en begin duim gooi verder suid. Ons wou so gou as moontlik in die Transkei kom sodat ons die missie kon begin.

Lift gekry wat tot in die Transkei gaan, maar net so duskant Kokstad ry ons oor 'n brug wat oor 'n pragtige rivier gaan wat lei tot 'n kloof wat diep en ver van die pad ingaan. Dit was mooi en ek en broer het mekaar net so 'n kyk gegee en toe beluit hier gaan ons afklim en xplore. Dit was nie deel van die plan gewees nie, maar die gedagte om in die kloof op te stap en daar te bly vir 'n paar dae kon ons nie weerstaan nie.

Bonus, was daar ook piesang plantasies aan beide kant van die rivier en dus het ons darem toegang gehad tot eetgoed behalwe pap en soya en rys.

Ons het vir 3 dae in hierdie kloof gebly. Vit ons elkeen 'n spies gebou met hout en skerpgemaakte ss tentpenne as punte en kon toe darem ook 'n bietjie varswater vis vang om die dieet af te wissel.

Na 3 dae toe besluit om verder suid te skuif, want ons wou "die roots gaan uitkrap" in Transkei.

Voor ons die transkei ingegaan het het ons besluit om elkeen 'n unieke haasny te kry wat moeilikheid soekers kan afskrik. Kan nie onthou waar dit gebeur het nie maar ons het erens 'n ghetto hairdresse gekry wat ons elkeen se kop kaal geskeer het en net 'n lang ponytail los. My broer se ponytail was agter, en myne vas voor op die kop.

Traskei, hier kom ons!
13 Jun 2014 @ 11:29:55 am
Andre Smit
Platinum Member
Offline
Posts: 333
Joined: 23 Sep 2011
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 40 years
Vehicle: VW Amarok
Camping: 2007 Sprite Surfer de lux

Môre Anton,

Diep lekker storie dié van jou.

Bly om te sien daar is/was manne was suksesvol kon ryloop.

Net een keer in my lewe probeer en dit was 'n moerse gemors. Moet hierdie Bakkies van my wees wat mense afskrik want dit kan nie my aangename personality wees nie.

4 uur een pas middag (1977) weg van die Infanterieskool daar in Volstruisland oppad PE toe.

Uur en twee lifts later in die Langkloof -- heel voorspoedig.

Begin ook reen en loop toe maar tot by 'n plekkie Avontuur. Half-een die nag gee ek moed op en gaan slaap op een of anner plek se stoep.

Ligdag die volgende oggend weer langs die pad, maar so half-een loop ek oor die pad en hike terug Oudtshoorn toe.

Twee uur die middag terug in my Bungalow - dik die moer in en nog nooit weer probeer nie.

Het ek al gesê dit kan nie my personality wees nie. Dalk my "size and general appearance"

Ons wag in spanning vir die res van die trippie Somerset toe.

Groete

13 Jun 2014 @ 11:31:48 am
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4276
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Kyk Anton met al die gestap is n ou verseker topfiks nou wat het julle geeet om an die lewe te bly?
Haak daai wa kamp bly koning
13 Jun 2014 @ 11:56:44 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE
Kyk Anton met al die gestap is n ou verseker topfiks nou wat het julle geeet om an die lewe te bly?


Ja topfiks, ek was toe'n jaar uit die army uit. Kon soos 'n mal aap in bome rondswaai. En nog met 'n linkerbeen wat 30cm plaat en 16 skroewe ingehad het.

Wat ons geeet het, jy sal maar verder moet lees en uitvind hoe ons oorleef het. (-:
13 Jun 2014 @ 12:00:19 pm
DK
Uranus Member
Offline
Posts: 2971
Joined: 19 Dec 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 15 years
Vehicle: Nissan X-Trail
Camping: Caravan

Môre Anton,

Diep lekker storie dié van jou.

Bly om te sien daar is/was manne was suksesvol kon ryloop.

Net een keer in my lewe probeer en dit was 'n moerse gemors. Moet hierdie Bakkies van my wees wat mense afskrik want dit kan nie my aangename personality wees nie.

4 uur een pas middag (1977) weg van die Infanterieskool daar in Volstruisland oppad PE toe.

Uur en twee lifts later in die Langkloof -- heel voorspoedig.

Begin ook reen en loop toe maar tot by 'n plekkie Avontuur. Half-een die nag gee ek moed op en gaan slaap op een of anner plek se stoep.

Ligdag die volgende oggend weer langs die pad, maar so half-een loop ek oor die pad en hike terug Oudtshoorn toe.

Twee uur die middag terug in my Bungalow - dik die moer in en nog nooit weer probeer nie.

Het ek al gesê dit kan nie my personality wees nie. Dalk my "size and general appearance"

Ons wag in spanning vir die res van die trippie Somerset toe.

Groete

Andre, ryloop het ook nie so goed vir my uitgewerk nie. Gedurende die 80's besluit ek en 'n vriend dat ons huis toe gaan ryloop vanaf SWA na JHB toe, toe ons met bos verlof gaan. Ons wou nie by die deurgangs kamp in Grootfontein bly nie en wag vir die vlossie wat eers die volgende middag 4-uur vertrek Waterkloof toe nie. Ons besluit op ryloop. Alles goed gegaan tot en met Windhoek en gespog dat ons lank voor ons vriende in die states gaan wees. Alles loop verkeerd vanaf Windhoek, geld, kos en sigarette is klaar en geen karre of lorries wil ons duime raak sien nie. Ons het 3-dae so aangegaan tot 'n barmhartige samaritaan ons tegemoet kom en ons optel. Op die einde kom ons bykans 5 dae later as ons vriende in die states aan, dood moeg, nie eers lus vir party nie. Al wat ons na uitgesien het, was 'n sagte warm bed en slaapEmbarassed

I Wish I Could Turn Back Time......??
13 Jun 2014 @ 16:47:24 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2325
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Dagse manne,

Was vir 2 dae weg om te "werk" moerse interesante projek wat gedoen word, in Aghulas, binne die reservaat. Het gisteraand so bietjie geloer hier, maar nou brom my kom om die verslag wat ek moet doen in volgende week.
Elk geval my kleinkinders kom kuier, bring pa en ma ook saam, seker sodat my dogter vir my kan brekfis maak, skoonseun en ek sal karre gesels, hy is n "petrol head" en mal oor perdekrag, brandstof se hy,bly n "bargain".
Jurgie staan op die werf sodat die kleingoed lekker kan flieks kyk, ek het so hardeskyf boksie met klomp Cinderella en ander storietjies op vir die 2 prinsessies.

Dankie Frans dat jy vir my cover, ek skuld jou. Madagaskar is n lekker storie, maar gaan die naweek lekker kuier, verslag doen volgende week. Dan as die kop weer rustig is n wyntjie nader trek en kyk of ek regkom.

Al die pa's en oupas, geniet die naweek, deel baie liefde uit vir die wat vir ons omgee.
13 Jun 2014 @ 16:54:00 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2325
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Skuus Klonkie,
Ek lees lekker hoor, maar daai haarstyl!!!! Mense jy is braaf, daai jare was die Transkei seker maar n bietjie van n onwelkome plek , maar 2 deurmakaar haarstyl kerels was dalk as anders aanvaar.
13 Jun 2014 @ 19:09:24 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
Offline
Posts: 2099
Joined: 07 Feb 2012
Province: Other
First Language: Other
Second Language: Other

Herman, nee die saak is reg!!!, Ek self DV die 24ste oppad Namibië toe na kleindogter en haar ouers!!!!, sal dan hopelik by my stories uitkom!!, geniet die naweek met die hele kaboedel!!!!

13 Jun 2014 @ 19:51:54 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5711
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014
Jip,

As jy nognie die duim ry gedoen het nie, sal jy nie weet nie, dis hoekom ek my voertuig oppas en hom geniet.

dj, ek het self daai beret kenteken gedra. So jy was die een wat se naam 100 maal geroep is op die lughawe en wie se sitplek oop was, jou bogger. hahahaha. Laat bietjie van jou. Palagat!

Het ook van Grootfontein tot Windhoek geduim ry, girl gaan kuier, maar nie temoeg vir vry gewees nie, waar word n spoorsnyer moeg.

Ag .dit .was. lekker.

Okay vertel die Transkei storie verder. Dis beter as die huisgenoot se stories.

Staan vas.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
13 Jun 2014 @ 20:09:00 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5711
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014
Ekskuus dk die verdomde knoppies op die thatch skerm is so naby ek het jou n j gegee want die j en k is langs mekaar.

dk sorry,
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Oupa se Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
19 May 2017 @ 09:58:36 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE

As ek nou reg onthou het ons altesaam 3 weke aan die Transkei se kus spandeer.

Ek lees hierbo van julle vra of dit 'n onwelkom plek was daai jare -    alhoewel ons nogal skrikkerig was aan die begin, het ons gou baie WELKOM gevoel en was ons meestal op hande gedra!

Nou enige gesonde mens sal dink dat 'n kus staproete soos hierdie seker van een kant na die ander kant aangepak moet word, maar ons het anders gedink en besluit toe om na die middel te gaan en daar te begin.    Ek onthou ons het erens langs 'n rivier tussen bosse tent opgeslaan die eerste aand (in vrees vir ons lewens).  Dag 2 het ons via Lusikisiki tot in Mboyti, vanwaar ons die eerste roete aangedurf het al die pad tot in Port Grosvenor via Cathedral Rock en Waterfall Bluff.

Van Port Grosvenor moes ons 'n weg uit kry en kon darem toe 'n lift vang met 'n brood trok weer tot in Lusikisiki.    OP hierdie stadium was die plan om tot in Port St Johns te kom, maar het ons goed geweet dat 'n besoek eers aan Umtata gerig moes word om ons permitte en slaapplek moet reel vir die volgende deel van die roete.

Kaart, permitte en als reg kon ons toe met rustigheid St Johns toe ryloop waar ons toe vir 2 aande ingebook het in die luukse Port St Johns Backpackers!

Van hier af was dit 6 dae se stap tot in Coffee Bay via Hluleka en die heuwel area's -   Ja heuwels wat beteken heeldag op en af en op en af.

Ons moes heelwat riviere oorgesteek het en op stadiums ook sonder basiese kos benodighede en tabak gaan sit, maar kon gou weer d.m.v. ruil handel genoeg suiker, soya, pap, rys, aartappels, uie en twak bymekaar kry om vir 'n paar dae weer verder te gaan.

OP vele geleenthede kon ons vars kos uit die see haal soos bv mossels en kreef en te danke aan ons rys voorraad dan heerlike seekos eet!    Elke oggend was begin met 'n groot bord pap en baie suiker en kon 'n mens maklik vir 4 ure stap totdat jy duidelik voel die energie raak minder -  dan was daar sommer gou gou 'n potjie water nader getrek om weer pap en suiker te maak vir energie om die laaste helfde van die dag se roete klaar te maak -   gmiddeld so 8 ure per dag gestap vannaf 8am tot 4 pm!

 

 

19 May 2017 @ 11:31:16 am
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4537
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Nou het ek lekker gelees aan die draad.  Anton, dit is nou 3 jaar later.  Gaan die storie nog verder aan?

19 May 2017 @ 14:04:44 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2325
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Weer van die begin af deurgelees. Klonkie, die keer hou jy op by die huis, en nie op Sedgefield nie !!
Kan nie onthou of ek toe die Madagaskar storie vertel het nie.
19 May 2017 @ 15:16:22 pm
dassie
Platinum Member
Offline
Posts: 250
Joined: 12 Feb 2017
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Klonkie baie dankie vir die storie dis nou rerig n plesier om te lees .Ek sien die manne praat so van duim gooi toe hulle in die Weermag was .Ek was op Voortrekker Hoogte gewees en het in Durban gewoon .Na-week pas gooi jy duim om by die huis te kom om tot in Harrismith te kom was maklik maar pappa dan staan jy by daai Harrismith plek op die N3 en niemand tel jou op .Was al 11 uur die aand in Harrismith ,4 uur die oogend stop daar so wrak van n kar langs my dis n swartman en sy hele familie .Hy soek die pad Ladysmith toe weet ek waar dit is .Ja se ek die ou se klim in dan wys jy my .Nou moet julle weet sy hele famdamily is in die kar ek sit so half op n ousie se skoot maar dis darem n "lift" tot by Ladysmith .Die ou se rammelkas kar loop skaars en die remme is ook nie van die beste .Mense ons gaan daai Van Reenen pas af soos weerlig daai aand of is dit vroee oggend het ek leer bid soos geen dominee my dit kon laat doen .Het darem Ladysmith gehaal en het sommer dadelik n geleentheid gekry Durban toe .
19 May 2017 @ 16:47:31 pm
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4537
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Herman, ek kan nie 'n storie van Madagaskar onthou nie.   Sien al lankal uit dat jy weer 'n lekker Herman storie pos.  Val weg!

Dassie, ek glo jy het gebid.  Ek sou ook.  Ek het nou lekker gelag.laughing

 

21 May 2017 @ 17:02:22 pm
Karoo Klong
Mars Member
Offline
Posts: 1358
Joined: 22 May 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 4 years
Vehicle: Tata Dubbelkajuit
Camping: Gypsey Caravette 4
Regte outydse nostalgie doet so voort
21 May 2017 @ 17:18:23 pm
neef Herman
Saturn Member
Online
Posts: 2325
Joined: 03 Mar 2014
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Land cruiser 76 sw/ Landrover 110 pu
Camping: tent / Jurgens 11a deluxe
Wag eers vir Klonkie se storie, dan vertel ek van n groot avontuur in Madagaskar, waar als
" pearshaped" geraak het.
21 May 2017 @ 21:18:16 pm
Hanz
Silver Member
Offline
Posts: 64
Joined: 19 Jun 2013
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: Nissan Xtrail 2006
Camping: Gypsey Rhapsody 2009
Mostert na die maal het ek ook nou op Klonkie se duimryery afgekom en dt met groot genot geniet. Dus wil ek ook hoor wat nog volg.Dankie manne, doe so voort!
Dis die LEWE!
21 May 2017 @ 21:18:47 pm
Hanz
Silver Member
Offline
Posts: 64
Joined: 19 Jun 2013
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: Nissan Xtrail 2006
Camping: Gypsey Rhapsody 2009
Mostert na die maal het ek ook nou op Klonkie se duimryery afgekom en dt met groot genot geniet. Dus wil ek ook hoor wat nog volg.Dankie manne, doe so voort!
Dis die LEWE!
23 May 2017 @ 07:50:42 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE

Nou waar het ek opgehou?  O Ja.   Koffie Baai.   Weet ek nie so mooi of ek verder moet vertel nie.  Ek verstaan hier is ordentlike mense op hierdie forum, saam met kinders, priesters, dominees en aanstaande lede van die samelewing!   Ek bevrees as ek in alle eerlikheid die res van die storie moet vertel, dan gaan mense die klein bietjie respek wat daar nog oor is vir my heeltemaal verloor -   Nou nie dat ek teveel worry oor wat ander van my dink nie, maar ek wil  nie alle lede van kampforum.co.za is een dag verloor nie!

hmmmmm....decisions decisions decisions

23 May 2017 @ 08:02:57 am
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4537
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Nou is ek so nuuskierig soos ek nog nooit in my lewe was nie!!!   Laat waai met die opvolg, Klonkie.    Ek is gelukkig nie 'n kind nie, of 'n priester, of 'n dominees, of 'n aanstaande lid van die samelewing nie.wink

23 May 2017 @ 09:23:00 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE

Onthou ek het vertel van die post dated cheques?  Wel teen die tyd wat ons Koffiebaai bereik het, was al ons fondse ook daarmee heen, en moes ons wag vir die volgende tjekkie om ryp te word.   Ons moes dus uit die transkei kom en nader aan die beskawing beweeg waar ons kan hiberneer in veiligheid todat ons weer kontant kon kry.

Hoekom preseies kan ek nie onthou nie, maar ons het besluit op Port Alfred.  Ai hoe wens ek nou ek het foto's gehad, maar soos genoem het ek my kamera vroeg in die verhaal verloor asgevolg van brein dood na die erge Swellendam sneeu en koue.

Voor ek afdwaal.   Van Traskei tot by Port Alfred is nie baie ver nie.  Ons moes vir 3 dae uitkamp by Port Alfred voor ons weer kontant kon kry om die avontuur verder voort te sit.  Nou as ek praat va uitkamp is dit nie in die tradisionele sin waar ons 'n lekker groot tent opslaan in 'n woonwa park nie!  Nee ek praat van in die bosse instap totdat daar 'n "veilige" en beskutte bos identifiseer word waar moeilikheidmakers nie sommer op ons sou afkom nie!

Ons het ons bos gekry in Port Alfred, en so is die twee tentjies weer opgeslaan en het ons deur die reen die tyd uitgewag totdat ons met vrymoedigheid die bank kon benader.

Alhoewel die eindbestemming Somerset-Wes was, voor 15 Desember, moes ons nog 'n bietjie aanhang, want ons moes teruggaan Transkei toe!   Wel nie ons altwee nie, maar wel ek, terwyl my broer in Port Alfred aangebly het om vir my terugkeer te wag!

(soos ek hier skryf wonder ek nou of ons baie gestink het?  Jy weet weens die tekort aan warm water en ordentilke wasgriewe - sal ek nooit weet nie!)

23 May 2017 @ 09:28:51 am
Klonkie
Silver Member
Offline
Posts: 73
Joined: 05 Jun 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 36 years
Vehicle: VW Caddy Maxi TDI
Camping: CAMPLITE

Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First