English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 804
Total Replies: 223 062
Total Views: 82 061 946
topics: 10 615
replies: 121 111
views: 38 708 613
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Pryse van karavaanstaanplekke.

replies: 31
views: 8873
30 May 2013 @ 16:11:27 pm
Wynand
New Member
29% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 10 Apr 2012
Hi Almal
Ek wil vandag 'n onderwerp aanroer wat seker die meeste mense in ons ekonomiese tye raak.
Toe ons 'n karavaan gekoop het was dit 'n goedkoop alternatief wat vakansies bekostigbaar gemaak het. Ja die karavaan het baie geld gekos maar dit is my vakansiehuis so ek het dit betaal. Vandag is dit selfs soms goedkoper om in 'n woonstel te gaan bly by die see want staanplekke het onbekostigbaar geword en dan vra hulle nog per persoon. As ek in die Julie vakansie Natalse kus toe gaan, dis gelukkig al wanner ons kan gaan kan ons skaars 'n week daar bly.
Karavaanparke langs die Natalse kus staan leeg oor daardie tyd of is gevul met pesioenarisse wat goedkoop betaal(Ek het nie daarmee n probleem nie het self ouers wat dit doen) maar die pryse is belaglik hoog. Om 'n karavaan af te sleep 1000km dan moet mens ten minste vir 14 dae staan. Doen berekening van daai koste, julle sal skrik.
Nou ja ek gaan weer TO Strand toe.
TO Strand julle is tops en julle pryse is Tops.
Groete Wynand
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2013 @ 17:14:08 pm
SOREN ZN
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 705
Joined: 13 Dec 2012
Experience: 21 years
Yes TO is a beautiful park and there are a lot of places to go and see in the vicinity.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2013 @ 18:31:22 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6326
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Wynand wat is hulle pryse

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2013 @ 18:33:19 pm
Braam
New Member
33% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 27 May 2013
Hi
Kan iemand my se wat is die sekuriteits risiko deesdae by Hennopspride?.Ons was n hele paar jaar gelede laas daar.

Sal enige terugvoer baie waardeer aangesien ons graag weer sal wil g
gaan.

Groete
Braam
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2013 @ 19:52:22 pm
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

Don't bother Braam, you will be very disappointed.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 05:52:42 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2900
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Wynand

Jy raak n teer punt hier. Ek stem heeltemal saam dat sommige oorde die dam onder die eend se "foefenjol" ruk.

Uit die aard van my werksomstandighede kan ek net Desember verlof neem. Ek vermy Natal HEELTEMAL! Die rede is dood eenvoudig. As jy daar is, is daar meer vekeer as in Gauteng (want al die Gautengers is daar). As jy met verlof is wil jy rustig verkeer. Die kus gebiede beskik oor die vermoee om enige mens se bloedruk die hoogte te laat inskiet, en dan betaal jy jou ore van jou kop af, van die staanplek tot kospryse!

Die binnelandse oorde is ook nie beter nie. Al waar jy hier spaar is dat jy nie so ver hoef te ry nie dus spaar jy slegs op brandstof. 2 jaar terug het 2 weke se staanplek my R7000 uit die sak geruk, net vir n staanplek. Dis meer as wat ek per maand vir n 3 slaapkamer huis betaal!

N Naweek buite seisoen is net so duur. Vir 2 mense, reken maar R1500.00+ vir n naweek, staanplek,kos,verversings ens.

MAAR.....soos die gesegde se.....al kos n bottel brandewyn R500....dit bly n bargain!!!!Laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 07:09:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wynand dit is 'n teerpuntjie wat jy hier aanraak maar dalk nodig om te noem.  Ons het elke jaar in April vakansie van 1997 tot 2006 Dolphin Holiday resort toe gegaan.  Op daai stadium redelik bekostigbaar, Maar hier teen 2007 toe raak hulle mal. R406 per staanplek en dit nog nie eers die gewildste seisoen van die jaar nie.

Ons kyk toe bietjie rond en vind toe met 'n skok uit dat dis wat almal in die omgewing se tarief was.  Nou kyk daar is regtig mooi oorde langs die Natal se kus maar om R406 te betaal vir 'n stukkie gras van 10m x 10m, 'n bietjie krag en 'n badkamer wat ek met iemand anders deel is nou nie wat ek noem waarde vir geld nie.

Dit is duidelik dat al die oorde deel was van 'n "oord eienaar kongres" of iets, want oorde wat nie naastenby dieselfde standaard gehad het as Dolphin nie het ook skielik die hoe tariewe gehad.  Hul uitgangs punt......... If all charges the same rates all holiday resorts will have the same income.

Die einde van die saak was in 1997 was die oord vol gedurende die April vakansie en in 2006 was die park net 75% vol.

Laastens elke ou het maar sy perk wat hy sal betaal. Ek ondersteun maar die wat waarde vir geld gee volgens my redenasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 07:16:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terloops ek het laasjaar April Dolphin gebel vir hulle tariewe. R625 vir 'n dag in die April vakansie, R8750 vir 14 dae. Dis belaglik man.  Ek het Desember in Plettenbergbaai gestaan vir 18 dae teen R95 ppp dit het my 'n totaal van R3420 gekos.

Dis waarde vir geld.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 07:28:05 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 807
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years
Mense ek stem saam, toe ons begin kamp het baie jare terrug met n tent het ons by Palm Springs in Oos-Londen gestaan teen R17.50 per nag vir 4 mense, later by n oord Ronduvue teen R22.00 met jou eie ablusie geriewe. Weet nie wat die nou daar kos nie, laaste 15 jaar in Johannesburg. Kamp gereeld by Drie Berge wat vir ons waarde vir geld is.
Kamp Groete
Diederik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 08:01:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Diederik elke ou het seker maar sy prys wat hy sal betaal. Of kom ek stel dit so elke ou se waarde vir geld verskil maar van die ander. My oe het oop gegaan in 2006 toe my ouers in 'n vakansie woonstel goed koper per week betaal het as ek in die karavaanpark.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 08:59:59 am
Johan
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 01 Jan 2012
Experience: 22 years
Ek kamp baie en met baie navorsing kry jy nogal baie oorde wat goedkoop is.Ek het ook uitgevind dat oorde hulle pryse jaag omdat mense bereid is om baie te betaal. Dit is vir my gese deur oord personeel.

Kamp lekker.

Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 09:06:06 am
Jimmy
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 17 Nov 2012
Dagse Mede Kampers
Ek kom na elke sewe maande vir verlof vanaf Afghanistan vir n maand, ek het ook n karavaan n jaar terug gekoop omrede ek gedink het dir gaan my goedkoper uitwerk vir verblyf, maar ek was diudelik verkeerd, die oorde raak belaglik. jy gebruik net die toilets in die krag, jou eie bedegoed en breekware, dan kan ek maar in n chalets gaan inboek het. Ek wens iemand kan vir ons die kwessie aanvoer want kampers gaan uitsterf op die trant.

Groete
Jimmy
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 10:13:06 am
Mrs&Mr
New Member
29% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 31 Jan 2013
My man kan uit die aard van sy werk net Desember met verlof gaan. Ek het ook sommetjies gemaak en dit kos bykans dieselfde ('n verskil van R150 per dag) om vir 'n week 'n tyddeel woonstel te huur by 'n vyfster oord in Margate by die strand vir 6 persone (R7.000) per week sonder om enige punte te gebruik. Ek gebruik hul beddegoed, die woonstel word daagliks gediens het 'n balkon met n braai. Binneland is dit dieselfde storie, heerlike chalets by Drakensberge, Noord Wes naby Warmbad, om van die kaap nie eers te praat nie!
So, ek sien in ons toekoms dat ons Desember vakansie nie meer woonwa vakansies gaan wees nie.

Ek moet noem dat ons nie meer klein kinders het nie. Ek weet dat die ouens wat klein kinders het eerder by die kus in die woonwapark sal staan vir die vakansieprogram en die kinders het meer vryheid. Binneland is 'n ander storie want die tyddeel oorde is maar soos groot woonwaparke met vakansieprogramme vir die kinders.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 11:35:13 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Wynand en Braam,

Ek sien julle is albei relatief nuut hier - en van Noord Wes af .... kom sluit gerus by ons aan by Bloekompoort - NW is naby (hang natuurlik af aan watter kant van NW julle is)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 11:44:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Jimmy 'n mens moet maar so bietjie rond shop vir 'n goedkoper oord. hulle is wel daar en die fasiliteite eintlik puik. Dis maar die bekende oorde wat die sous trein so ry.

As iemand bereid is om daai geld te betaal "Hey go for it". Ek weet daars is oorde wat netso lieflik is teen selfs 'n sesde van die prys. Dis nou as ek Balito en Plet direk met mekaar vergelyk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 12:54:18 pm
Siegfried
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 15 years
Kampeer id die nuwe "IN" ding. Dit word deur tydskrifte baie eksoties uit gemaak, Daarom wil elke jan rap en sy maat skielik kamp. Natuurlik sal die oorde saam op die sous trein spring.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2013 @ 14:48:30 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1564
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Dit kos my goedkoper om kaap toe tery selfs met die exstar diesel. Ons kamp des 2013 vir 19 nagte teen R5960 vir 4 mense. die roete lyk soos volg

Reynkepark Bloem 1 nag

Karoo Nat Park  Buefortwes 2 Nagte

Kleinplasie oudshoorn 3 nagte

Imhoff Kommetjie 11 nagte

Steenbokkie Buefortwe 1 nag

reynikepark Bloem 1 nag

 

Laas jaar het ek R 4500 se diesel gebruik vir die vakansie

 

Gemiddelde prys op suid kus is tussen R 600 en R 700 n dag dan sal 19 dae my R 12350.00 kos net vir verbly teen R 650 n dag in des. Dan gaan jy nog steeds seker R 2000 se diesel gebruik

My 2C

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2013 @ 09:29:44 am
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years

Baie meer mense het die kamp storie betree en dus moet die mense wat chalet's verhuur iets doen om meer mense te trek. Dus gaan die pryse af, dit gaan dan weer vol raak en die vraag groter en daar gaan die kamp pryse weer af. Dit is maar 'n roller coaster effek.

Ek gaan basies net by een plek kamp, want ek kan myself nie sover kry om meer as twee ure op die pad te sit en tolhekke en duurkampe te ondersteun nie.  Ek kamp so 'n uur van die huis af en geniet die net soveel as die ver kampe.

Dan sit jy nog met verkeer en jy is moeg as jy tuis kom.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2013 @ 12:45:33 pm
hessie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 598
Joined: 02 May 2012
Experience: 52 years
Forever Resort Warmbad het "n spesiale aanbod die naweek van 7 - 9 Junie 2013. Dit is R50.00 pppn en geen ander fooie nie. Die TV sleep mense is ook daar die naweek. Wie stel belang? Hier is die telefoon 014736 8500 om jou bespreking te doen. Ek het klaar vir my en Elize bespreek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2013 @ 07:26:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Shoe dis 'n bargain. Ek gaan verseker met Ma praat al beten dit ons kamp twee naweke na mekaar in daai omgewing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2013 @ 07:51:55 am
Graham
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 181
Joined: 06 Jun 2012
Experience: 13 years
TO Strand op die suid kus bied ook so bargain aan vir die wat vir n week wil kamp;.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2013 @ 14:59:54 pm
hessie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 598
Joined: 02 May 2012
Experience: 52 years
Leon ons kamp ook nou 2 naweke na mekaar maar ai dit is darem lekker. Se Ma moet instem. Dan sien ons julle daar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2013 @ 22:42:15 pm
Zylie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 18 Dec 2012
Experience: 44 years
Ja, julle is almal nogal reg. Staanplek het onbekostigbaar geword. Het onlangs binne seisoen n huis wat 12 akkommodeer gehuur vir R1200 per dag teenoor nabygele karavaanparke se R585 vir slegs vier persone. Parke pronk met super ablusiegeriewe en decor daarin wat skrik vir niks. Dit maak dit ook duurder. Jy kampeer mos nie in die ablusie nie. Solank dit net skoon en netjies is. Verder is ek van mening dat R585 per dag nie balanseer met wat gebied word nie. Dooie gras, min skaduwee, opmekaar staanplekke (veral by die kus),modder en belaglike rels wat nie werklik toepasbaar is nie. So, hier sit jy in 'n konsentrasiekamp met veiligheidspolisie en jou buurman al die tyd op jou voorstoep. Hierdie geld ook vir die binnelandse oorde, spesifiek in Limpopo en Noord Wes. Hierdie probleme het ons egter oorkom deur te konsentreer op klein, stil maar behoorlik toegeruste privaatoorde en vermy oorde met 200 plus staanplekke en dus die gepaardgaande voete en 'n urinemonster in die swembaddens. Die verskoning van "wat moet die arme kinders doen" is nonsens. Ons het drie kinders met die woonwa grootgemaak en vir jare parke besoek waar slegs 'n swembad was. Kinders behoort hulself besig te hou met dit wat daar is en met mekaar.

Ons kamp steeds goedkoop, met ons drie kleinkinders, maar by geselekteerde parkies waar die werklikheid en voordele van kampeer nog geld.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2013 @ 07:15:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
My kinders het ook groot geword met kamp. Somtyds net by 'n dam waar ons gaan visvang en boot ry het. As jy wil he ander mense moet jou kinders besig hou moet jy seker maar bereid wees om te betaal.

My opinie is dat kamp reeds jou as gesin by mekaar moet bring en tye saam geniet. Daar is verseker 'n norm wat mens bereid is om te betaal vir 'n staanplek met krag en ablusie gerief wat ek miskien 30min van 'n dag gebruik. Daai norm le maar eintlik by elke individu.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 16:39:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12667
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Vandag sien ek hierdie personeel foto van Tshikwalo lodge en karavaanpark in Dinokeng....dan dink ek by myself, hoe groot is hulle uitgawes nie maandeliks net om daai personeel se salarisse te betaal nie. Ek weet nie of almal so n baie personeel het nie. Hulle het natuurlik restaurant wat hulle ook seker heelwat personeel voor moet hê...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 08:18:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Sekere oorde se uitgawes is seker meer as ander en dan moet jy maar daarvoor betaal of jy dit gebruik of nie.

Baie van die uitgawes is maar om voete na die oorde te lok.  Gelukkig is die internet daar en help mens om te bepaal wat werk vir jou en wat nie en wat verskaf 'n oord wat vir jou belangrik is.

So gebeur dit dat ons dalk meer by een oord gaan kamp as by 'n ander.  Gaan net oor wat die oord bied. Maak nie van hom 'n slegte oord in my oë nie.

So daar is seker 'n trade-off deur baie te bied in 'n oord teen die kostes daar aan verbonde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 08:23:44 am
Frikadel
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 33 years

Dan moet jy gaan staan by Matamba Lodge naby Vaalwater.

R300 pp, ons is vyf siele, R1500 per nag!!!!

Manne, die lewe is wat jy daarvan maak!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 08:27:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Eina! ! ! ! ! ! !

Nou wil ek weet wat bied die oord anders en meer as ander oorde teen die prys.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 21:54:43 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ou storie.. Hoekom sal iemand R400k vir 'n karavaan betaal en ander ou R1000 se tent koop en albei kamp by dieselfde oord... Die ou met die tent dink die man met karavaan is mal om soveel geld te spandeer........

Net so is die ou met karavaan heel gelukkig en spandeer maar sy geldjies op die kampgoedte.

As die kampmark regtig vol sulke suinige mense was, was die mark lankal dood


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 12:07:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dis seker so. Maar in 'n mate gaan dit seker maar oor eie keuse. Wat maak jou gelukkig as jy kamp.

Verskil kom in dat beide die oord wat R400 vra en die een wat R1000 hef wil die klandisie trek van of die tent kampeerder of die karavaan kampeerder.

Dis maar hoekom ek vra wat bied die oord wat R1000 hef per nag meer as die een wat R400 kos per nag.  Ek vat dit so dat waarmee ek soontoe gaan het niks te doen met wat die oord vir jou bied nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 19:36:22 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1668
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ons het alreeds bespreek by ń oord vir Desember vir 18-dae teen R300/nag.

Vandag google ek Club Amigos en Wawielpark.

Teen hulle tariewe sou ek vir die hoeveelheid dae betaal het 3x wat ek Desember betaal.

Die oord gedurende Desember is baie gewild in Parys en het staanplek gekry per geluk.

Net vir interesantheid: Gedurende my kamp by Weesgerus was Potjiekos staanplek vir tente totaal en al leeg en die sirkels beset.

Nou die vraag: Hoekom verneem oorde nie waarmee jy kom kamp nie??

Ons het al telkemale ń bloutjie geloop by Weesgerus waar daar nie staanplek is vir ń karavaan nie, maar dan kry jy ń tent of twee waar ń karavaan kon staan.

Respekteer my vraag, ek kyk nie af op tent kampering nie omrede ons nog self so nou dan ń tent staande maak en was ook vir baie jare tent kampeerders.

As die ouderdom nog reg was, sou ons nogsteeds aanhoudend tent gekamp het.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST, ESPECIALLY TO COMMUNICATE WITH ''SNOBS'', WHICH THINK THE SUN SHINE OUT OF THEIR ??????.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 06:59:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13095
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel Dennis dit is maar hoe 'n oord hulle plek bestuur wat so iets dan gebeur.

Sommige oorde het spesifiek staanplekke vir Tente en Karavane. Ek praat onder korreksie en wil Bagatla as voorbeeld noem.

Maar dan as ek met 'n tent kamp en bereid is om die tarief van 'n Karavaan staanplek te betaal is dit seker maar okay.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First