-  Classifieds  -  Gypsey Royale 1994  -  CI Escape 1 1996  -  Jurgens Penta 2008  -  Sprite Tourer SW 2016  -  Forums  -  Lus vir kamp  -  GESOEK. BLINKSEIL  -  1992 Sprite Sport tent poles  -  Battery ontplof  -  News  -  Aluminium Table Slide  -  Ford Ranger  -  Toyota Hilux  -  SM130 Beverage Cooler
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 440
Total Replies: 206 470
Total Views: 81 029 919
topics: 9 898
replies: 111 070
views: 38 234 464
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

PRIVAATHEID IN ABLUSIEBLOKKE

replies: 10
views: 2951
05 Oct 2004
Glen
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 04 May 2007
Hoekom is dit so dat sommige oorde net dun, deurskynende stortgordyne voor die baddens en storte se deuropeninge het?† Sommige van die gordyne kan dan boonop nie eers ordentlik toemaak nie.†

Ons kamp nog net van verlede November af en het al 6 oorde besoek (naweke), maar twee van hulle se ablusiegeriewe was gladnie privaat nie.† Dink die eienaars van die oorde dat kampers mense sonder inhibisies is of dat hulle nie geregtig is op privaatheid nie?

Ek moet darem bysÍ dit lyk asof dit net by die goedkoper oorde voorkom (hopelik!), so jy kry seker maar waarvoor jy betaal.

Dit lyk my ons het nou 3 opsies:

1)† Kamp net by duurder oorde en vermy die res.

2)† Ek moet my skaamte in my sak steek.

3)† Of ons moet 'n Jurgens Exclusive koop wat sy
† † eie badkamer het!

Hoe voel julle mede kampers oor hierdie saak?† Is ek as vrou onnodig sensitief of pla die gebrek aan privaatheid julle ook?

Groete
Nadia









👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2004
Anonymous
Ja-nee ek stem saam, dis onaanvaarbaar dat daar verwag word om sulke geriewe te gebruik, ek hoop dat jy vir hulle gesÍ het dat dit onaanvaarbaar is, en dat hulle moet besef dat elke persoon geregtig is op sy privaatheid.†
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2004
Johan
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 18 Apr 2007
Ek is 'n man en ek dink dit is net plein onnodig en 'n skending van menseregte om so-iets aan te bied. Ek was al by 'n oord waar jy jou klere in die gang moet uittrek en ophang, dan gaan stort, en dan weer daar gaan aantrek.
Nodeloos om te sÍ, ek sal beslis nie meer my gesig daar of by enige ander soortgelyke oord wys nie.
Wonder nogal watter ander daar is?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2004
Anonymous
Nou kyk nou net daar!! Hier sit en mop ek omdat die Kaap nie sulke smart oorde soos die Transvalers het nie maar nou kla ek nie meer nie.† Ons het darem stortdeure !!!!!!(net n grappie hoor) Nee ernstig. Die oorde waar ons klub kamp het goeie ablusies en privaatheid word gerespekteer.† Kom maak n plan en boikot die spesifieke kamp en kyk hoe vinnig kry daai stort n deur.
Kaapse groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2004
Glen
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 04 May 2007
Ek voel self ook lus om die name van die oorde te noem Philip, maar ek is te bang dat ek raas gaan kry by Willie en Mark as ek dit doen.† Kyk na hulle briewe "Swakste 100 - Worst 100 parks" (Willie op Camp Talk) en Mark s'n "Complaints Forum" (bls. 7 op Advice).

Ek voel net dat ek graag sal wil weet watter oorde bied privaatheid in die ablusieblok en watter nie.† Mens het tog seker 'n keuse.

Die probleem is net dat ek nie vooraf kan weet hoe die ablusies gaan wees nie.† Elke oord se informasie i.v.m. hulle fasiliteite lyk pragtig op papier, maar daar word niks gesÍ van privaatheid in die ablusies nie.† Eers as jy daar instap, slaan die stortgordyn-sindroom jou tussen die oŽ.† Dis amper genoeg om die naweek waarna ek so uitgesien het, te bederf.

Lyk dit my mens moet liewers eers vra of daar stortgordyne of deure in die ablusies is voor mens bespreek by 'n oord.† Sodoende is mens verseker van 'n heerlike bad of stort in algehele privaatheid (wat elke mens se reg is, of hoe?)

Groete
Nadia
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2004
Prof
Moon Member
14% Profile Strength
Posts: 821
Joined: 14 Jul 2003
Willie Bromehead het al menigmaal in my teenwoordigheid 'n oord-eienaar of -bestuurder aangeraai om self hulle ablusiegeriewe te gebruik. Hulle sal dan gou agterkom watter aspekte aandag moet kry.

Ouer oorde kan natuurlik nie hulle geboue afbreek nie, maar ek sal enige voornemende oord-eienaar aanraai om eerste 'n goeie gehalte ablusieblok te bou wat individuele privaatheid bied. Dan eers moet 'n ontvangs, winkel, swembad ens. gebou word.

Laastens wil ek net noem dat om te kwalifiseer vir 'n 4- of 5-stergradering 'n oord aan die volgende moet voldoen: "Each bath, shower and toilet unit must be a private cubicle with a door that is lockable from the inside".†

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2004
Anonymous
Ek voel dieselfde as Philip...

Die bestuur van sulke oorde moet mos kennis neem van die gebreke... dan het hulself die geleŽntheid om dit reg te stel, of redes aan te voer waarom hulle dit nie wil/kan/sal regstel nie. - en ons weet waarheen om NIE te gaan nie!

Ekself is 'n baie selfbewuste mens en het weer 'n ernstige pyn oor die meeste "publieke" toilette waar die mure nie tot teen die dak gebou is nie! - Ek verstaan dat daar op boukoste bespaar word, maar dit kan regtig tot groot verleŽntheid lei.

Ek besef maar te goed dat my klagte nie aangehoor sal (kan) word nie, want daar is slegs enkele geriewe waar die mure wel tot bo reik - ek sÍ maar net.....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2004
Anonymous
Give me a door that locks, hooks or shelf for my stuff and loo paper, and I'll be happy. Oh and clean toilets, no spider webs over lights, doors etc . Yes its very important to me as well.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 19:33:53 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9984
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Ek verkies ook maar n stort met n deur....nie voorstaander van daai dun gordyne nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2018 @ 20:32:17 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Ek stem ook vir n stort met n deur. Dit is die bietjie privaatheid wat ek glo ek op geregtig is.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2018 @ 06:21:30 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10272
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

I think most people would vote for a proper private door as shower and loo doors.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First