English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 022
Total Replies: 243 974
Total Views: 82 989 728
Your new topic has been successfully created.
topics: 972
replies: 13 571
views: 3 242 815
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

WilSur - Potte Enamel

replies: 24
views: 11037
07 Jun 2016 @ 11:03:50 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5764
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ok, ek het besluit om hierdie draad te begin onder "Produkte & Besighede"

"Ek het al ons gietyster potte laat doen" 

Surette het hulle (#4 drie poot, middel gtote plat boom en nog 3 kleiner plat boom potte) na 'n plek in Edenvale gevat (weet nie of hulle dit P/M/burg toe of iewers gestuur het nie) en hulle het dit als gedoen (net swart) vir so R800.00  Waar een van daat rooi/oranje potte jou meer as R1,000.00 kos.

Het hulle inligting gekry.

Continental Enamelling Pty (Ltd)
1 Lathe st
Isando, 1600
Tel: 011-974-1948
sales@vitreousworld.co.za
jackie@vitreousworld.co.za

Sal kyk of ek by die huis foto's het, anders sal ek neem.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 11:10:10 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Wilsur, behalwe dat dit natuurlik sal help dat die pot nie van binne roes nie en makliker gaan skoonmaak, wil ek graag weet?   Help dit dat kos nie maklik aanbrand nie?   Hou dit, of kan dit mettertyd afkom (soos Teflon)?  Ek dink swart is 'n goeie kleur.  Ek het een van die rooi potte in my huis, dit het 'n roomkleur aan die binnekant en dit vlek.  Ek sit Jik water in maar dit help nie daarvoor nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 11:18:54 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5764
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Nog geen probleem na al die gebruik tee gekom nie.  Die potte is binne en buite die selfde gedoen.

Moet net versigtig wees om hom nie te rof te hanteer nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 11:26:35 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 550
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Dankie Willem. Ek gaan hulle skakel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 11:55:08 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1145
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ja, ek het my braaipan en skottel laat doen by hulle, en dit werk baie goed.

Het selfs die braairooster vir my gasbraaier daar laat doen met goeie gevolge. Wees net bedag daarop dat die pot/pan/rooster materiaal van 'n goeie kwaliteit moet wees, aangesien dit moontlik gaatjies kan veroorsaak in die finale produk. Gaatjies sal veroorsaak dat die enamel (IS dit enamel of galvinisering? weet nou nie wat die korrekte beskrywing is nie) wel sal afdop. Hulle neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Dit help beslis om roes te voorkom. Sal dit beslis aanbeveel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 12:54:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15757
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
4 potte vir R800 is baie billik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 12:56:38 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Lyk baie mooi en sal daarvan hou om my aluminium potte so te kan doen. Hulle is baie ligter, en hulp baie vir die gewig storie wat die knaende probleem is met enige reis.
Wilsur, jammer om die thread te hijack.
Net 'n wenk vir die mense wat die swaar swart potte het.
Na gebruik en was van die potte, moet nie met "spray en kook" bedek nie. Dit los 'n laag taaierigheid in die pot.
Rol een of twee velle koerantpapier op en sit dit binne in die pot met die deksel op. Jou pot sal nie roes nie. Die koerant papier trek al die vogtigheid uit die lug, wat die roes voorkom.
Lekker kamp.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 14:07:01 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1145
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Campervan

Ek gebruik wel Spray en Cook in (en buite) beide my potte - een by die huis, een in "Pophuis". Moet erken myne word geensins taai nie, alhoewel ek die een van die karavaan wel met papier vul tussen gebruike (ek gebruik dit minder as die een by die huis) - mag moontlik die rede wees. Werk soos 'n bom! Voor ek dit gebruik vee ek dit wel uit met 'n skoon papier, maar andersins geen probleem nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2016 @ 20:12:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9026
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit lyk windgat.

Het hulle dit in Pienk ook.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 06:10:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15837
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het 'n klein driekwart pojie wat ek graag blou sal wil maak en dan wonder ek of dit sal hou op 'n Alva Steakplaat. Net die gladdekant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 07:58:01 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 550
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Leon, toe Willem die adres gee onthou ek van die plek. ek het daar vir my seun so plaat laat maak met die sharks embleem op. dis nou nie die steakplaat wat jy van praat nie maar die een waarin ontbyt gemaak word. ek sien nou die dag hy het begin verkleur / dof word met so bruin aanslag op die wit agtergrond.

dalk gaan daai steakplaat te warm word vir die enamel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 11:36:02 am
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 11 Jun 2014
Experience: 59 years

Hier is van my potte. meeste van hulle is al jare deur hulle ge-enamel. Nog geen probleme gehad. Die ou grote (no 20) is nie geenamel.

Kamp groete

Kobus

 

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 12:06:11 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Kobus, dit is nou 'n mooi versameling potte daardie!  Met soveel potte moet 'n man weet van lekker potjiekos maak! smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 12:33:00 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5764
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek het 'n klein driekwart pojie wat ek graag blou sal wil maak en dan wonder ek of dit sal hou op 'n Alva Steakplaat. Net die gladdekant.

Leon

Daai mense doen net swart.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 12:45:28 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Dankie vir die inligting Willem. Gaan beslis twee van my potte laat doen.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 19:08:44 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek het vandag ge-google om te sien wie doen enammeling in die Baai.  Kry net mense wat baddens enammel.  Terug by die huis sal ek telefoonnavrae doen en sien of ek iemand kry. Die swart pot wat ons by die huis in die kombuis gebruik wil ek beslis laat doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2016 @ 19:41:17 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5764
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek het ons potte by Edenvale ingegee en hulle het dit weggestuur  Hoor by hulle dalk is daar mense naby wat dit instuur, as ek reg onthou is die oonde in P/M/Burg.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2016 @ 07:57:26 am
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 11 Jun 2014
Experience: 59 years

Dit is ongelooflik wat die enameling aan jou brood potte doen. Dit maak 'n groot verskil in die bak van die brood. Die potte word eers ge sand blast voor dit ge enamel word en gebak word. Dit maak die potte gladder. Ek het 'n ou rooi geroeste pot wat 'n paar jaar in iemand se tuin was vir hulle gegee. Hulle het hom goed ge sandblast en die pot het pragtig uitgekom.

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2016 @ 13:42:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15837
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon

Daai mense doen net swart.

Dankie Willem die swart sal ook werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2016 @ 20:38:04 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 600
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years

Continental Enameling doen nie aluminium nie - hul reken die enamel bak temperatuur is te naby aan Aluminium se smelt temperatuur en dan vervvorm die Aluminium potte/plate.

Bo-oor sweiswerk is die enamel laag ook nie baie effektief nie en as daar enige 'slag-holes' in die sweiswerk of gietyster is, dan maak die enamel daar 'n gaatjie/duikie.

Laat hul maar eers mooi kyk na jou pot/plaat en luister na hul advies - Tania is baie behulpsaam en waarsku vooraf van montlike 'flaws'.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 08:32:23 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

I asked Continental if they could re-enamel my Cobb plate (Which is steel) and they replied that they no longer enamel cast iron items.

 

 

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 09:46:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15837
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek wou die Ou weber braai weer laat oor doen het by hulle.  Weereens die verskoning van die temperatuur en flaws.

Ek kry die idee hulle wil mens nie help om sekere items te rcon nie.  Want dit is baie goed koper as om 'n nuwe pot bv te gaan koop.

Dis maar net 'n  observasie en is nie gebaseer op feite nie.  Want as almal vir 'n koste van R1000 'n paar potte kan Recon wie gaan nuwe potte koop want die ou een is dan nuut. 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 10:46:12 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15757
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sien by Checkers daar is maar n prysverskil van omtrent R220 van normale 3-been pot na swart enamel pot....so koop maar reg 1ste keer. Kleur enamel is duurder

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 11:16:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15837
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die gekleure enamel potte se pryse raak baie hoog.  Outdoor warehouse verkoop dit ook.

Dit is baie mooi en netjies vergeleke met die ou swart potte maar ja.  Dis maar vir elke ou om self te besluit of hy dit wil betaal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 13:55:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15757
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Groot nadeel van daai gekleurde potte is hy chip maklik terwyl daai swart enamel potte by Checkers nie kan chip nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za