Eswatini - SwazilandEswatini - Swaziland is 'n baie interressante land, met pragtige berge, welige ongerepte woude, wild, voëls en fantastiese wildtuine, karavaanparke en kampeerterreine. Die Koninkryk van Eswatini - Swaziland is kultuur ryk met gulhartige gasvryheid en volop aktiwiteite vir ieder en elk.

Eswatini - Swaziland Aanloklikhede

 Hierdie klein land is gekoester tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Met sy skouspelagtige berge, welige woude, wildlewe, voëls en fantastiese wildreservate, maak die Koningkryk van Eswatini - Swaziland 'n baie interessante land. Die ryk kultuur van die Eswatini - Swaziland inwoners en hul gasvryheid, laat besoekers ontspan en tuis voel. Toer na die Swazi Kultuurdorp en ervaar eerstehands die Swazi leefstyl, hul allerdaagse take, rituele, danse, musiek, volkverhale, tradisionele medisyne, kuns en kunswerke.

Eswatini - Swaziland is perfek vir 4x4 entoesiaste, stapers, voetslaners en perdryers. Daar is baie wandelpaaie wat na pragtige, versteekte gebiede in die berge en binneland lei. Ander avontuur aktiwiteite sluit in gholf, abseiling en riviervaart. By die "Cuddle Puddle" in die Ezulwini Vallei kan jy rustig 'n 'n poel onstpan. Hierdie poele is gevul met alkaliese natriumkarbonaat water, so vergeet van jou sorges, of bederf jouself by die Swazi Spa.

Algeheel, is dit 'n fasinerende land met interessante mense en pragtige landskappe. Wildreservate is volop wild, voëls en interessante insekte. Wanneer jy deur Suidelike Afrika toer, of dit per motor, 4x4, safari toere of motorwoonwaens is, is Eswatini - Swaziland besis 'n moet!

Eswatini - Swaziland Toerisme Raad




Eswatini - Swaziland Toerisme
Tel: +268 2404 9693

Die taal waarin bydraes vir Forums, Verkope, Oord Gradering, Nuus 24/7 Digitale Tydskrif en enige publieke insette, afdelings of artikels ontvang word, sal egter behou word en hierdie dele sal dus nie vertaal word nie.

Ek Verstaan