LesothoOmring deur die Drakensberge en die Maluti-berge, is hierdie ruwe land idiaal vir 4x4 en staproetes.  Die vriendelike plaaslike inwoners van Lesotho heet besoekers hartlik welkom. Kom en ontspan, geniet die suiwer lug, die plaaslike kultuur en die ongelooflike kampeerterreine.

Lesotho Aanloklikhede

Lesotho word omring deur die Drakensberge, in die ooste, en die Maluti Berge, wat die res van die land domineer. Die grootste deel van Lesotho is 1000m bo seevlak geleë en die vriendelike inwonders het hierdie ruwe land, hul tuiste gemaak. Die Basoetoe volk het 'n ryk kultuur en kan in amper elke dorpie aangetref word, met hul kunswerk markte en produk stalletjies met vars vruge, groente, daaglikse benodighede en kurio's.

Die berge bied aan 4x4 entoesiaste honderde opwindende roetes deur die landskap aan. Stap is een van die populêrste aktiwiteite in Lesotho.  Wandelpaaie oorkruis die landskap en bied aan stappers 'n ononderbroke uitsig oor die landskap. Die hoogste piek is Thabana Ntlenyana, teen 3482m hoog, is dit die hoogste piek in Suidelike Afrika en gretige bergklimmers kan met opgewondenheid hierdie majestueuse piek uitklim.

Daar is geen heinings in Lesotho teenwoordig nie, en wild het die vryheid om rond to dwaal soos hulle wil. Die mees algemeenste wild is rooiribbokke, grys ribbokke, elande, bobbejane, jakkalse, meerkatte en muishonde. Lesotho is beslis die bestemming waar jy van al jou sorges kan vergeet, die vars lug kan inasem en die vryheid van die omgewing kan ervaar saam met die vriendelike inwoners en hul kultuur.

Lesotho Toerisme Raad




Lesotho Toerisme Raad

Tel: 051 436 6766

Die taal waarin bydraes vir Forums, Verkope, Oord Gradering, Nuus 24/7 Digitale Tydskrif en enige publieke insette, afdelings of artikels ontvang word, sal egter behou word en hierdie dele sal dus nie vertaal word nie.

Ek Verstaan