MosambiekMet kilometers tropiese strande omring met palmbome en kristalhelder water, is Mosambiek 'n ware paradys. Ongelooflike strandoorde, karavaanparke en kampeerterreine; en aktiwiteite soos snorkel-, skubaduik, diepsee visvang, 4x4 roetes en staproetes, is Mosambiek beslis 'n eersteklas touristebestemming.  

Die Wêrelderfenisgebied van die eiland Mosambiek en sy versterkte stad, 'n eertydse Portugese handelspos op die roete na Indië, het 'n besondere argitektonuiese eeneid as gevolg van die ooreenstemmende gebruik van dieselfde bou-metodes, materiaal en dekoratiewe tegnieke.

Nasionale Parke in Mosambiek sluit in Quirimbas, Gorongoza, Zinale, Bazaruto, Limpopo en die Banhine Nasionale Parke, swel as die Nasionale Reservate van Niassa, Gili, Marromeu, Chimanimani, Pomene en Maputo. Hierdie natuurlike parke en reservate bied 'n veilige hawe aan 'n groot verskeidenheid wildlewe, seelewe, voëls en broos ekosisteme, sowel as aktiwiteite wat wildbesigtiging, voëlkyk, 4x4 roetes, visvang en wandelpaaie insluit.

Mosambiek Aanloklikhede

Plekke om te snorkel word feitlik op elke strand gevind en daar is daaglikse ritte na die verskeie rotsbanke en duikplekke vir snorkel en skubaduik.

Die strande met hul tropiese palms bied son deurdrekte dae van swem, branderplankry, snorkel, visvang en die genot van die warm Indiese Oseaan.

Van Julie tot September is 'n bootrit om na dolfyne en walvisse te kyk, 'n moet.

Dit wil voorkom asof seekos die stapelvoedsel van die toeris is; vars garnale, vis, calamari, mossels en kreef kan van die plaaslike vissermanne gekoop word.

Markte wat alles van vrugte, groente en vars brood tot wyn, klere en kurio's verkoop, is op feitlik elke straathoek te vinde en die meeste verkopers is bereid om ruilhandel te dryf.

Mosambiek Toerisme Raad


Mosmbiek Toerisme Raad

Suid-Afrika: 
012 401 0300

Londen: 
+44 171 383 3800
Vanaf Maputo (km)
Mosambiek Reis Informasie

Toegangsvereistes
Alle besoekers wat Botswana besoek moet 'n geldige paspoort hê wat geldig is vir minstens 6 maande. Visas is 'n vereiste vir sekere lande. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade vir die nuutste inligting.

Geldeenheid
Mosambiek se geldeenheid is die Metical.  Visa, MasterCard, American Express, Diners Club en kredietkaarte word by die meeste plekke aanvaar.

Wat om te bring
In die somer het jy ligte katoenklere en 'n ligte trui vir die koel aande nodig. In die winter kan jy warm klere en 'n trui of 'n baadjie vir die kouer oggende en aande inpak. Gemaklike stapskoene en sandale/plakkies. Hoede, sonbrille, insek-afweermiddel, sonskerm, lipbeskermer, water suiwerings tablette en 'n basiese noodhulp tassie. Mediese voorsorgmaatreëls teen Malaria moet getref word.

Die taal waarin bydraes vir Forums, Verkope, Oord Gradering, Nuus 24/7 Digitale Tydskrif en enige publieke insette, afdelings of artikels ontvang word, sal egter behou word en hierdie dele sal dus nie vertaal word nie.

Ek Verstaan