Kruger Nasionale ParkDie pronkstuk van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, 2 miljoen hektaar ongerepte natuur met 'n wye verskeidenheid van diere. Vertoef in een van die vele kampeerterreine en ervaar die natuur op sy beste.

The elusive Leopard relaxing in a tree ,National parkDie wêreldbekende Kruger Nasionale Park bied aan besoekers 'n wild-ervaring van 'n leeftyd.  Gevestig in 1898 om wild in die Suid-Afrikaanse Laeveld te beskerm, dek hierdie nasionale park amper 2 miljoen hektaar.  SANParks - Kruger Nasionale Park iis 'n bewaringsgebied en is die tuiste van verstommende hoeveelheid voëls, visse, amfibië, insekte, fauna en flora.

Waarlik die pronkstuk van die Suid-Afrikaanse Nasionae Parke, die Kruger is die tuiste van 'n indrukwekkende aantal spesies; 336 bome, 49 visse, 34 amfibië, 114 reptiele, 507 voëls en 147 soogdiere. Die mens se interaksie met die Laeveld omgewing oor die eeue heen is duidelik sigbaar aan die Boesmantekeninge in die park en die majestueuse argeologiese terreine van die Masorini en die Thulamela. Hierdie skatte verteenwoordig die kultuur, mense en gebeurtenisse wat 'n rol gespeel het in die geskiedenis van die Park en word bewaar saam met die res van die Park se natuurlike bates.

Die Kruger Nasionale Park is bekend vir die Groot 5: Leeu, Renoster, Olifant, Luiperd en Buffel. Die park is ook die tuiste van die wêreld se langste dier, die kameelperd, asook die wêreld se vinnigste dier, die jagluiperd. Die Klein 5 kom ook hier voor: Buffelvink, Klaasneusmuis, Luiperdskilpad, Mierleeu en Renosterbesie.

Wat 'n wonderlike belewenis is die Kruger Nasionale Park! Of dit nou jou eerste ervaring is en of jy keer op keer teruggaan, bly die Kruger Nasionale Park 'n onvergeetlike belewenis! Ons is bewus van families wat elke jaar in die Kruger Park gaan kamp en sê dat hulle nooit moeg word van hierdie kampsensasie nie. Daar is altyd iets opwindends aan die gebeur wat sorg dat die Kruger Nasionale Park deur die jaar 'n merkwaardige ervaring bly.

Jy kan met jou tent, karavaan, veldvoertuig, dak-tent of motorwoonwa uitkamp en alma kamppeer saam in die verskeie kampeerterreine van die park.  Daar is 13 kampeerterreine in die Kruger Nasionale Park waarvan elf voorsien is van elektrisiteit.  Die enigste kampe wat nie met elektriesiteit voorsien is nie, is Balule en Tsende.

Jy is in die Kruger Nasionale Park en jou reis gaan nou begin. Wat nou gemaak? Wat doen ment alles in die Kruger Nasionale Park? Natuurlik is ons hier om Leeus, Olifante, Buffels en Luiperds te sien! (Die GROOT 5) Enigiets anders is bloot 'n bonus. Die geheim van die Kruger Park is om te besef dat tyd hier heeltemal anders verloop as in jou plaaslike dieretuin. Alles wentel nie net om die seisone nie, maar ook om die tye an die dag. Die beste wildbesigtiging is vroeg oggend en laat middag. Inden jy dus die kamp vroeg verlaat wanneer die hekke opmaak, kan jou avontuur begin. Jy moet besef dat hoe stadiger jy ry, hoe beter is jou kanse om wild te sien. 'n Goeie verkyker, verkieslik10 x 50, is 'n vereiste vir goeie wildbesigtiging.

Die beste wildbesigtiging-basiskampe in Kruger is: Skukuza, wat bekend is as die beste kamp vir besoekers wat vir did eerste keer die park besoek, met 'n goeie kans om leeus naby die samevloeiing van die Sabie- en Sandrivier te sien. dit is ook luiperd en renostergebied, met olifante wat vroegoggend rondbeweeg. By Laer Sabie vind jy watebokke, veral op die walle van die Sabierivier. Kuddes wildsbokke en sebra is aangetrokke ot hierdie area en ook groot kuddes buffels en wildebeeste word hier aangetref. Satara kan dien as 'n uitstekende wildbesigtiging-basis. Groot troppe buffels, sebra, wildebeeste, ameelperde en olifante kom hier voor. Dit is ook goeie leeuwêreld en dis altyd moontlik day jy vroeg oggend leeus sal sien. Olifante word meer dikwels naby Letaba opgemerk en seekoeie word gereeld in die baie watergate aangetref. Die sien van 'n Bastergemsbok sal sekerlik jou dag ophelder. As jy nie olifante by Shihngwedzi sien nie, is jy beslis op die verkeerde plek, of dalk nog in die bed! Njala, bosbokke en koedoe is volop hier, met die moontlikheid van 'n luiperd.

Vir voëlkyk in die Kruger Park het voêlkykers 'n goeie verkyker nodig, 7 x 35 of 8 x 48. Alhoewel voëlbesigtiging in die kampe en om die watergate deur die jaar moontlik is, is die beste tye om voëls te besigtig gedurende Januarie en Februarie. Daar is meer as 500 opgetekende voëlspesies in die Kruger Park. Probeer gerus om almal te sien!

Meeste van die kampe bied begeleide staptoere asook wildrernisroetes aan. Die vroeë oggend staptoere bied die beste geleentheid om voëls te sien en wild soos renoters, rietbokke en self olifante en leeus te besigtig.

Maak gebruik van die begeleide wildritte waar die sensasie van 'n vroegoggend of laatmiddag rit nie geëwenaar kan word nie. 'n Ervare en kundige gids verduidelik wat gebeur waar en wanneer en is ook daar om al jou vrae te beantwoord.

Al die restaurante in die Kruger Park bedien tradisionele maaltye en wegneemetes en hulle spesialiseer ook in wildsdisse. Na 'n lang dag van wildbesigtiging kan jy jou gunsteling dis bestel en rustig nuttig! Die winkels het 'n verskeidenheid voorraad van die basiese benodighede, aandenkings, curios, juwele en geskenke asook 'n redelike versameling wyne, sterk drank en mout. Uitstekende padkaarte en boeke oor die diere en voëls van die Kruger is beskikbaar by al die winkels in die kampe.

Gholf kan by Skukuza gespeel word op 'n 9-putjie, 18-penbaan wat 'n wonderlike belewenis sal wees. Die nabyheid van die natuur, wild en voëls is 'n ervaring wat nie mesgeloop mag word nie!

Malaria kan 'n risiko wees, veral tydens die somer reënseisoen. Voorsorgmaatreëls moet altyd voor 'n besoek aan die Kruger getref word ongeag die seisoen. Insek afweermidder moet te alle tye gebruik word terwyl jy in die Park is. Onthou, elke muskiet 'n is potensiële malariadraer.

Die Kruger National Park is 'n indrukwekkende wildreservaat; 'n reis deur hierdie ongelooflike erfenis is van onskatbare waarde. Geniet die Kruger Nasionale Park! 

Kruger Nasionale Park Redaksie

Kruger Park Editorial

Klik hier om die  
Kruger Nasionale Park Redaksie
te lees

Kruger Nasionale Park Informasie

Die Kruger Nasionale Park beslaan meeer as 20 000km² van Suid-Afrika se wildernis. Besoekers word gevra om die park se reëls en regulasies to volg vir hul eie veiigheid.

Toegangshek Ure
Kampterreine en toegangshekke word in die aand gesluit, maak asseblief seker dat jy genoeg tyd het om te reis en by jou bestemming uitkom voordat die kampeerterreine gesluit word.

  Kampe  Open Hekke Open Sluit
Jan 04:30 05:30 18:30
Feb 05:30 05:30 18:30
Mar 05:30 05:30 18:00
Apr 06:00 06:00 18:00
Mei 06:00 06:00 17:30
Jun 06:00 06:00 17:30
Jul 06:00 06:00 17:30
Aug 06:00 06:00 18:00
Sep 06:00 06:00 18:00
Okt 05:30 05:30 18:00
Nov 04:30 05:30 18:30
Des 04:30 05:30 18:30



Neem Kennis
Die spoedbeperking in die park is 50km per uur op die teerpaaie en 40km per uur op grondpaaie. Malaria behandeling is noodsaaklik voordat jy die park besoek. Moet asseblief nie rommel strooi nie, dit is teen die wet en is ook nadelig vir die wilde diere. Daar is geen televisie in die park nie, besoekers kan dus die omgewing en die wild geniet. Besoekers wat hul eie televisie toestelle saambring, mag nie ander besoekers in die park steur nie.

Vanaf die Pafuri Toegangshek (km)

Klimaat Grafiek

Reisvereistes vir Toeriste

Toegangsvereistes
'n Paspoort is geldig vir ses maande na datum van toegang. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade vir die nuutste inligting. Met aankoms word toegangspermitte uitgereik aan besoekers van baie Britse Statebondlande wat geldig is vir 90 dae.

Geldeenheid
Die Rand is Suid-Afrika se geldeenheid en word aangedui deur die R. Buitelandse geldeenhede kan by die meeste banke en Bureau de Changes gewissel word. Visa, MasterCard, American Express en Diners Club word aanvaar.

Belasting en Terugbetalings
Die prys op alle goedere en dienste is vasgestel om belasting op toegevoegde waarde van 14% in te sluit. Besoekers mag BTW terugeis by die punt van vertrek op voorwaarde dat hulle kwitansies kan voorsien. Die totale aankope moet meer as R250.00 wees om BTW terug te kan eis.

Klere
In die somer het jy ligte katoenklere en 'n ligte trui vir die koel aande nodig. In die winter kan jy warm klere en 'n trui of 'n baadjie vir die kouer oggende en aande inpak. Hoede, sonbrille, insek-afweermiddel en reënjasse vir die reënseisoen is noodsaaklik.

Tale
Daar is 11 amptelike tale in Suid-Afrika. Engels word oral in Suid-Afrika gebruik en die meeste besighede en banke kommunikeer in Engels.

Gesondheid
Daar is 'n wye netwerk van hospitale, staat sowel as privaat, wat uitstekende dienste lewer dwarsdeur die land. Dit is raadsaam vir internasionale besoekers om mediese versekering uit te neem vir finansiële ondersteuning van privaat hospitaalkostes. Indien jy beplan om 'n Malariagebied te besoek moet mediese voorsorgmaatreëls getref word. Raadpleeg 'n apteker vir meer inligting, insek-afweermiddel is ook noodsaaklik. Kraanwater is skoon en veilig om te drink.

Banktye
Banke is van Maandae tot Vrydae oop tussen 09:00 en 15:30 en Saterdae van 09:00 tot 11:00. Banke is geluit op Sondae en Publieke Vakansiedae.

Belangrike Telefoon nommers
Toerisme en Veiligheids nommer - 083 123 2345, Polisie - 10111, Brandweer - 1022, Ambulans - 10222

Die taal waarin bydraes vir Forums, Verkope, Oord Gradering, News Broadcast System en enige publieke insette, afdelings of artikels ontvang word, sal egter behou word en hierdie dele sal dus nie vertaal word nie.

Ek Verstaan