Noord-WesDie Noord-Wes is die tuiste van die fabelagtige Sun City, die Harbeepoortdam, Pilansberg Nasionale Park, Magaliesberg bergreeks en die Taung Erfenis Gebied. Verken hiedie opwindende provinsie en alles wat dit bied terwyl jy by een van die talle karavaanparke en kampeerterreine vertoef.

Bush n Buck Private Game Farm - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in North West South AfricaBoereplaas - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in North West South Africa Rustenburg Kloof - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in North West South Africa

North West Die wye oop spasies, prag en rustigheid van die Noord-Wes Provinsie, heet besoekers hartlik welkom. 'n Ander tempo is hiér teenwoordig en stadsmense, wat gewoond is aan die spanning en besige agenda's van die stadslewe, én opsoek is na die ideale bestemming vir 'n wegbreek, kan die rustige atmosfeer van die Noord-Wes geniet.

Die Noord-Wes is nie net 'n buitelug avontuurlustige se paradys met wandelpaaie, bergfiets roetes, kanovaart, rivier vaart, bergklim en abseil nie, maar bied baie ander aanloklikhede aan in hierdie ongelooflike omgewing.

Met uitstekende voël- en wildbesigtiging, die geleentheid om afgesonderde watervalle te verken, strome en varswater poele met welige plantegroei, kampeerterreine onder groot skadubome met luukse ablusie geriewe, bied die Noord-Wes aan vakansiegangers en toeriste, 'n wye verskeidenheid van interessante en diverse aktiwiteite aan wat aan ieder en elk se vereistes sal voldoen.

Die ongelooflike Sun City Dobbelhuis bestaan uit die 'Palace of the Lost City', wat gekoester is in die hartjie van die Afrika bosveld.  'n Wye verskeidenheid sport aktiwiteite, dobbel, ontspannings aktiwiteite en konferensie fasiliteite is beskikbaar. Ander fasiliteite sluit swembaddens, gholfbane en restaurante in.

Met sonnige klimaat reg deur die jaar, is die Noord-Wes, sonder twyfel, die mees opwindendste vakansie bestemming wat enige ontspanning in 'n opwindende wilde avontuur, tesame met die gasvryheid van Oord eienaars, aan besoekers bied.

Vir meer inligting, klik hier---->>

Vanaf Mafikeng (km)

Temperatuur Grafiek

Climate Chart PilansbergClimate Chart Potchefstroom

Die taal waarin bydraes vir Forums, Verkope, Oord Gradering, News Broadcast System en enige publieke insette, afdelings of artikels ontvang word, sal egter behou word en hierdie dele sal dus nie vertaal word nie.

Ek Verstaan