ZambiëDie tuiste van die Wêreld Erfenis Gebied van die Victoriawatervalle en die Zambesirivier met volop wildlewe. Die eindelose afgesonderde en onontwikelde plattelande, gasvrye mense, karavaanparke en kampeerterreine, kuturele dorpies, vleilande en mere wat enorme gebiede bedek, maak Zambië 'n ware Afrika wildernis wat wag om verken to word.

Zambië

Zambië spog met 17 skouspelagtige watervalle, insluitend die Victoriavalle. Hierdie watervalle is van dié mees ongelooflikste watervalle in die wêreld. Die Zambesi Riveier, wat meer as 2 km wyd is by die waterval, stort met 'n gedruis neer tussen die basalt klowe en produseer 'n mis wat vir meer as 20km ver gesien kan word.

Zambië se Nasionale Parke en Wildreservate, sluit in Suid-Luangwa, Noord-Luangwa, Kafue, Laer Zambesi, Sumbu, Lochinvar, Nyika, Sioma Ngwezi, Kasanka, Bangweulu Vleilande, Liuwa Vlaktes, Mosi-oa-Tunya, Luambe- en Blue Strandmeer. Hierdie Nasionale Parke en Wildreservate is grootliks ongerep en besoekers moet voorsiening maak vir 'n 4x4 voertuig, genoeg drinkwater en brandstof.

Zambie Aanloklikhede

Avontuur Aktiwiteite is in oorvloed hier beskikbaar, van die legendariese Wandelpad Safari diep in die wildernis, tot riviervaart, abseil en kanosafaris.

Victoriavalle bied wandelpaaie, 'n kunsmark en 'n museum, Livingstone Eiland, Mosi-Oa-Tunya Nasionale park en die Mukuni Kultuurdorp aan. 

Kariba Meer se landskap is asemrowend, dit bied aan voëlkyk, wildbesigtiging, boothuise en van dié beste Kapenta en Tiervis hengel.

Die Zambesi Rivier bied 'n verskeidenheid watersport en wildbesigtigings geleenthede aan, sowel as visvang en talle avontuur aktiwiteite en toere. 

Wildbesigtiging in Zambië bied aan 'n ware, ongerepte Afrika Wildernis, geniet 'n begeleide wandelroete, dit is die beste manier om die ongelooflike wildernis eerstehands te ervaar.

Vanaf Livingston (km)
Reis Informasie

Reisvereistes:  
Alle besoekers wat Zambië besoek moet 'n geldige paspoort hê wat geldig is vir minstens 6 maande. Visas is 'n vereiste vir sekere lande. Kontak jou naaste reisagentskap of ambassade vir die nuutste inligting.

Geldeenheid: 
Zambië se geldeenheid is die Kwacha. Visa, MasterCard, American Express, Diners Club en kredietkaarte word by die meeste plekke aanvaar.

Wat om te bring: 
Inentings teen cholera, tetanus en geelsig word aanbeveel. Malaria voorbehoedmiddels, insek afweermiddels, 'n noodhulp tassie en sonskerm. Zambië het gemiddelde winters en  warm somer dae.

Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za