KwaZulu-NatalKilometers en kilometers goue strande, skouspelagtige bergreekse, die slagvelde en van die beste wildreservate en ongelooflike karavaan parke en kampeerterreine in die land, is dit duidelik dat KwaZulu-Natal die speelterrein van Suid-Afrika is.

Kwa-Rie Caravan Park - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in KwaZulu-Natal South AfricaMargate Caravan ParkMarlon Holiday Resort - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in KwaZulu-Natal South AfricaKosi Bay CabanasSilver StreamsPrairie Park - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in KwaZulu-Natal South AfricaBig Sky Safari - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in KwaZulu-Natal South AfricaMountain Splendour Eco Resort - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in KwaZulu-Natal South AfricaXaxaza Caravan Park - Caravan Parks, Camping Sites, Holiday Resorts in KwaZulu-Natal South Africa

Kwazulu-Natal Scuba DivingKwazulu-Natal se natuurlik prag word beklemtoon deur die Drakensberge, hierdie skouspelagtige bergreeks is beslis 'n besoek reg deur die jaar werd. Talle top oorde is in die omgewing beskikbaar wat aan al jou vereistes sal voldoen.

In die asemrowende Drakenberg bergreeks, kan besoekers van dié skouspelagtigste uitsigte, tesame met opwindende staproetes geniet, daar is ook talle sport aktiwiteite soos gholf, perdry en tennis, om net 'n paar te noem. 

Die KwaZulu-Natalse kus is reg deur die jaar 'n vakansie speelgrond met sonnige dae, 'n blou oseaan, goue strande en pragtige landskappe. Daar is 'n wye verskeidenheid vakansie oorde wat gekoester is in die subtropiese woude.  Hierdie vakansie oorde bied welige groen skuilings aan die ongelooflike voëllewe, hier word troppe blouapies gereeld gesien waar hulle hul akrobatiese lyfies ten toon stel.

Die kus bied ook van die beste hengel gebiede in die land aan.  Elke jaar gedurende Junie en Julie, migreer skole sardientjies vanaf die Kaap, wat bekend staan as die "Sardine Run", soos die sardientjies nader aan KwaZulu-Natal kom beweeg hulle met die seestrome nader aan die kuslyn. Kort op die sardientjies se hakke is talle sportvisse, dit bied wonderlike geleenthede aan hengelaars. Hier baljaar die sardientjie-koors op sy beste.  

Besoekers aan KwaZulu-Natal sal nooit verveeld wees nie, daar is tonne om te doen en sien.  Die vriendelike inwoners van die provinsie sal jou besoek aan KwaZulu-Natal 'n onvergeetlike ervaring maak. 

Vir meer inligting, klik hier---->>

Afstand vanaf Durban (km)

Klimaat Grafiek

Climate Chart, DurbanClimate Chart, Drakensberg

Die taal waarin bydraes vir Forums, Verkope, Oord Gradering, News Broadcast System en enige publieke insette, afdelings of artikels ontvang word, sal egter behou word en hierdie dele sal dus nie vertaal word nie.

Ek Verstaan